Wie is ook oppad jagveld toe?

Post Reply
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Smith223 »

ghries wrote: Thu Jun 17, 2021 10:37 am Dit klink baie lekker, geluk met die mooi skote. Enige terugvoer oor die terminale gedrag van die Scenars op lyf skote?

Sent from my DUB-LX1 using Tapatalk
Met die agter die blad skote is die punt reg deur met minimale vleis skade. Het in beide gevalle albei ribbes getref, uitgangswond was so 30mm groot nie een van die bokke het verder as 10tree gevorder nie.
Die skoot wat my pel geskiet het op 280m het bladbeen getref, gedeflekteer en ‘n handpalm grote uitgangswond gelos.
My nekskoot op 350m het ek herwin onder die vel agter die blad(frontale nekskoot) die mantel en hulsel het die koeël het geskei en kon slegs die koper hulsel herwin.
My opinienis dat dienpunte goed werk vir agterdieblad skote op kleiner wild. Waar hy been tref gaan jy baie skade hê.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Ek het onlangs drie takbokke op Fairfield naby Napier gejag. Twee was ooie en een 'n jong rammetjie (alles vir die pot, daarom nie die groot stags nie). Ek het my .30-06 met GS Custom se nuwe 150gr-koeëls gebruik. Die lading wat ek gebruik het was 51gr S355 en wat die trompsnelheid is weet ek nie - skat dis in die omgewing van 2700vps. Wat wel saak maak, is dat ek weet waar die roer skiet tot op 300m met die koeëls. DIe eerste bok is op 170m geskiet in die laatmiddagskemer. Sy het skuins na my toe gestaan en die koeël is op die punt van die naaste blad in en op die verste rib uit (nie pens gevang nie). Sy het sowat 30m gehardloop en geval. Die tweede ooi (foto) is op 252m geskiet en ook skuins van voor (baie amper reg van voor). Die koeël is deur die blad maar het die bladbeen gemis, toe deur die regterlong en lewer asook die grootpens en daarna deur die boud sonder om been te vang waarna dit uit is. Die bok het seker sowat 40m of so gehardloop en dood neergeslaan. Uitgangswond was net groter as kalibergrootte en die skade aan die boud was gering, ons kon al die vleis gebruik. Waarvan ek gehou gehou het is dat die pens nie aan flarde geskiet is soos met loodkernkoeëls nie. Skiet jy 'n bok reg van voor of skuins van voor met 'n loodkern en tref die pens, is dit gewoonlik 'n helse gemors. Met hierdie bok was dit nie die geval nie en ek kon die pens in die veld uithaal sonder om die vleis vol pensmis te kry - effens groter as kalibergrootte gaatjie in en uit.

Die rammetjie is op 80m agter die kop geskiet wat natuurlik byna die helfte van die kopbeen verbrysel het.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by BenJacobs »

Aii oom Koos.
Ek ry seker so elke 2 weke daar verby. Sien omtrent elke keer die bokke teen die pad... Ek droom en "drool" elke keer!!!
Baie geluk.

Groete Ben
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Swys14 »

Middel-Augustus vat ons die pad Pearston/Somerset-Oos se kant toe. Kan nie wag nie. Dit bly maar 'n voorreg. Dit is altyd 'n baie lekker maar baie harde jag in daardie geweste se berge.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by tripodmvr »

Naby Boshof hierdie ram kon skiet met die 243AI en 85gr TSX koeël. Bakkiejag synde dit die reëls van die plaaseieinaar was.
Ribbokrant Jag 1 Junie 2021 Small.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1615
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Francoisv »

Vandag teruggekom van Kalahari, naby Kgalaghadi 2 springbokke geskiet, net met vel aan 28 en 29kg geweeg. Dikgatte!

2 daughters. Plenty guns.

Francois Vogel
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Diesel Dog »

Donderdag 04h00 ry ek en my krieke BIGWATER toe.
Gemsbok ,eland,kudu en blouwildebees op die menu.

DD
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by PWV »

tripodmvr wrote: Sun Jun 20, 2021 7:48 pm Naby Boshof hierdie ram kon skiet met die 243AI en 85gr TSX koeël. Bakkiejag synde dit die reëls van die plaaseieinaar was.

Ribbokrant Jag 1 Junie 2021 Small.jpg
Tot hoe naby kon jy hom "bekruip"?

Baie geluk en welkom in die klub!!!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by tripodmvr »

Daardie skoot op so 200m geneem. Selfs met min mense op die voertuig is dit nie 'n goeie platform om vanaf te skiet nie. Die bok effens hoog getref en hy het nie juis gewys dat hy geraak is nie.

Hy het aanvanklik oor 'n lae randjie verdwyn en my effens bekommerd gehad. Ons het om die randjie gery en terug geloop. Hom maklik bo die kniehoogte gras gesien. Nie watwonderse horings nie, maar so 37,5kg uitgeslag. Mooi diknek ram.

Die koeël is regdeur. Barnes het weereens sy werk perfek gedoen
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by tripodmvr »

Ek het ook tyd in skuilings deurgebring om springbokke voor te sit. Die het egter nooit nader as 500m aan my gekom nie.

Ek het egter heelwat besoekers gehad. Beide waaierstert en stokstert meerkatte gewaar. Die voël spesies was 'n verrassing. Rooibors en gewone laksman, mikstert byevanger, spegt, ringnekduif en koringvoël het naby my kom kuier. Iets om te waardeer en die tyd om te kry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by PWV »

tripodmvr wrote: Mon Jun 21, 2021 12:41 pm Ek het ook tyd in skuilings deurgebring om springbokke voor te sit. Die het egter nooit nader as 500m aan my gekom nie.

Ek het egter heelwat besoekers gehad. Beide waaierstert en stokstert meerkatte gewaar. Die voël spesies was 'n verrassing. Rooibors en gewone laksman, mikstert byevanger, spegt, ringnekduif en koringvoël het naby my kom kuier. Iets om te waardeer en die tyd om te kry.
Driepoot, dit is die lewe!!! Hier in die betonoerwoud waar ons vasgevang is, waardeer ons daardie natuurlewe ongelooflik. Soos hier by ons, sien ons nie meer die berge raak nie, maar as 'n vlakteman hier kom, bewonder hy/sy dit.

Smaak my jy is nog nie lekker vertroud met bakkiejag nie. As die gasheer nie 'n goeie skietkussing op sy bakkie het nie, het ek my skietarm ('n produk van Heinz Petersen) in my voertuig om te gebruik. En, as die donners op die bakkie nie wil stilstaan nie, help 'n paar gruwelike knope om die situasie te beredder!!!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Capt. Yoda »

Julle jag saam amateure op bakkies lyk dit my. As daai Cruiser stop word daar net genominate, afstand gegee en een man maak n aanmerking oor die wind dan klap die skoot, niks van stil staan en sulke nonsies nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1378
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Toxxyc »

Cappie jy spot maar ek het al gekyk hoe 'n man op 'n bewegende bakkie "die een links" skiet dan val een 'n goeie paar meter regs van hom.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by PWV »

Capt. Oblivious wrote: Mon Jun 21, 2021 1:04 pm Julle jag saam amateure op bakkies lyk dit my. As daai Cruiser stop word daar net genominate, afstand gegee en een man maak n aanmerking oor die wind dan klap die skoot, niks van stil staan en sulke nonsies nie
Almal het nie altyd die voorreg om drie pro's agter op 'n bakkie te he nie!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Capt. Yoda »

PWV wrote: Mon Jun 21, 2021 5:31 pm

Ons was al 9 saam agter op n Cruiser, Oom moet sien hoe gaan dit dan
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by PWV »

Capt. Oblivious wrote: Tue Jun 22, 2021 8:19 am
PWV wrote: Mon Jun 21, 2021 5:31 pm
Capt. Oblivious wrote: Mon Jun 21, 2021 1:04 pm Julle jag saam amateure op bakkies lyk dit my. As daai Cruiser stop word daar net genominate, afstand gegee en een man maak n aanmerking oor die wind dan klap die skoot, niks van stil staan en sulke nonsies nie
Almal het nie altyd die voorreg om drie pro's agter op 'n bakkie te he nie!
Ons was al 9 saam agter op n Cruiser, Oom moet sien hoe gaan dit dan
In my geestesoog sien ek: Een wat skiet, een wat range, een wat wind aandui en ses met een hand op die reeling en ander hand met 'n bier om lekker te balanseer. ++>:
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Capt. Yoda »

hahaha hoe lus is ek darem nou vir bakkie jag
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Wouter Roets »

Oom Pieter

Daai ses manne wat Oom van praat se uitsluitlike werk is om Cappy in toom en natuurlik regop te hou.

Groetnis
Wout
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by PWV »

Wouter Roets wrote: Wed Jun 23, 2021 11:01 am Oom Pieter

Daai ses manne wat Oom van praat se uitsluitlike werk is om Cappy in toom en natuurlik regop te hou.

Groetnis
Wout
Ha..ha..ha..Iemand moet 'n video neem! Dit gaan die "jag-video" van die jaar wees!!!
Ajviljoen260rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Tue Jan 26, 2016 8:29 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Ajviljoen260rem »

Capt. Oblivious wrote: Mon Jun 21, 2021 1:04 pm Julle jag saam amateure op bakkies lyk dit my. As daai Cruiser stop word daar net genominate, afstand gegee en een man maak n aanmerking oor die wind dan klap die skoot, niks van stil staan en sulke nonsies nie

Net soo🤣🤣
Tikka SuperVarmint 260 Rem
Tikka SuperVarmint 300 WinMag
Howa 243 Win
Howa 22-250 Rem
BRNO Mod 2 .22
Tikka GRTech 22-250 Rem
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by PWV »

Ajviljoen260rem wrote: Wed Jun 23, 2021 11:38 am
Capt. Oblivious wrote: Mon Jun 21, 2021 1:04 pm Julle jag saam amateure op bakkies lyk dit my. As daai Cruiser stop word daar net genominate, afstand gegee en een man maak n aanmerking oor die wind dan klap die skoot, niks van stil staan en sulke nonsies nie

Net soo🤣🤣
Net so, Viljoen, dan word die bok se handbriek opgetrek deur sy regter agterpoot af te skiet en dan die linker voorpoot en om dit mee af te rond, 'n pensskoot met 'n 270 dan is die pens ook sommer getrek! Niks nonsies nie!! ++>:
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote: Wed Jun 23, 2021 11:01 am Oom Pieter

Daai ses manne wat Oom van praat se uitsluitlike werk is om Cappy in toom en natuurlik regop te hou.

Groetnis
Wout
++>: ++>:

You cut me deep...maar ou Stompe hanteur daai gewoonlik
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Ajviljoen260rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Tue Jan 26, 2016 8:29 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Ajviljoen260rem »

PWV wrote: Wed Jun 23, 2021 11:52 am
Ajviljoen260rem wrote: Wed Jun 23, 2021 11:38 am
Capt. Oblivious wrote: Mon Jun 21, 2021 1:04 pm Julle jag saam amateure op bakkies lyk dit my. As daai Cruiser stop word daar net genominate, afstand gegee en een man maak n aanmerking oor die wind dan klap die skoot, niks van stil staan en sulke nonsies nie

Net soo🤣🤣
Net so, Viljoen, dan word die bok se handbriek opgetrek deur sy regter agterpoot af te skiet en dan die linker voorpoot en om dit mee af te rond, 'n pensskoot met 'n 270 dan is die pens ook sommer getrek! Niks nonsies nie!! ++>:

Net soo Oom🤣🤣🤣
Tikka SuperVarmint 260 Rem
Tikka SuperVarmint 300 WinMag
Howa 243 Win
Howa 22-250 Rem
BRNO Mod 2 .22
Tikka GRTech 22-250 Rem
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Diesel Dog »

Gooi more oggend los op my 29ste agtereenvolgonde springbok jag op die selfde plaas met die selfde kern groepe manne. Met die jare het ons al 14 van ons jagmaats onder die langbome ingespit my wens is om die 30jaar vol te maak.

DD
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Wie is ook oppad jagveld toe?

Post by Mellies »

Ons ry die oggend van die 14de weer NK toe. Eers twee makkers in Bloem optel.

Kudu
RHB
Spb
Rooirib
BWB
Blesb
Takbok

Daar moet minimum 10 blesbokke en 10 takbokke se bekke weggevat word.

Ek slaap reeds sleg en hoor die gedruis vanuit my kluis soos die roere stoei onder mekaar.

Hoop almal kan uitsien na n lekker trip of twee.

Met n vleisie...
Post Reply