Page 18 of 20
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Fri Jul 08, 2022 8:07 am
by LDV
DD
My huis was ook 3 fase met 40 Amp breakers maar niks in my huis gebruik 3 fase nie.
Slegs die bedrading by die hoof db is verander dat net daar net 1 fase die huis inkom.
Enkel fase gaan jou goedkoper uitwerk.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Fri Jul 08, 2022 11:50 am
by Apie
Albert_7 wrote:More Manne
Self besig om te kyk na 'n 10kw stelsel hier by ons huis in Joburg. Die loadshedding maak ons dood met die hele werk van die huis af ding en teen die tempo wat eletrisiteits pryse styg dink ek dis 'n goeie belegging.
Kan iemand 'n betroubare persoon/besigheid aan beveel waarmee hulle al gewerk het in Gauteng?
Lyk my of solar installeerders nou oral op duik so om die kaf van die koring te sky raak al moeiliker.
Enige voorstelle sal waardeer word
Groete
Albert
Hi Albert
Kyk op Facebook/Web vir Gro Power
https://gropower.co.za
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Fri Jul 08, 2022 12:26 pm
by Toyrsi
Albert_7 wrote: Thu Jul 07, 2022 9:24 am
More Manne
Self besig om te kyk na 'n 10kw stelsel hier by ons huis in Joburg. Die loadshedding maak ons dood met die hele werk van die huis af ding en teen die tempo wat eletrisiteits pryse styg dink ek dis 'n goeie belegging.
Kan iemand 'n betroubare persoon/besigheid aan beveel waarmee hulle al gewerk het in Gauteng?
Lyk my of solar installeerders nou oral op duik so om die kaf van die koring te sky raak al moeiliker.
Enige voorstelle sal waardeer word
Groete
Albert
Jy kan my n PM stuur dan gee ek jou n persoon se kontak besonderhede.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Fri Jul 08, 2022 4:07 pm
by Diesel Dog
[quote=LDV post_id=870185 time=1657260430 user_id=7784]
DD
My huis was ook 3 fase met 40 Amp breakers maar niks in my huis gebruik 3 fase nie.
Slegs die bedrading by die hoof db is verander dat net daar net 1 fase die huis inkom.
Enkel fase gaan jou goedkoper uitwerk.
[/quote]
Dankie , as dit by krag kom is niks eenvoudig nie.
DD
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Fri Jul 08, 2022 4:14 pm
by Diesel Dog
[quote=Pvdw post_id=870170 time=1657219755 user_id=417]
[quote="Diesel Dog" post_id=870155 time=1657215106 user_id=11453]
Met n begroting van 200K watse stelsel sou jy koop om die loadsheding meer draaglik te maak. My plaas huis is drie fase 40 AMP BREAKERS en het gas stoof 2x200lt elektrise geysers twee x diepvries 1x nuwe groot yskas 3x rekenaars met groot skerms 1X wasmasjien 1x tuimeldroer en led beligting die goed moet verkieslik saam kan werk.
DD
[/quote]
Die 3ph is effe van 'n probleem. As jy al 3 wil backup het jy 2 keuses. Of 3 los enkel fase inverters wat opgestel kan word as 3ph of 'n enkel 3ph hybride eenheid. In die enkel eenheid se geval is jou keuse baie beperk. DEYE/Sunsynk se 3ph eenheid is slegs 12kW dus 4kW/fase. Dit kan vinnig uit kapasiteit raak as jy kyk na goed soos geysers.
Alternatief is om jou huis se bedrading si te verander dat die krietiese goed alles van 1 fase af loop en jy backup dan net daai fase. Hier sal die 8kW met 10-15kW batterye en 8kW se panele jou baie vêr vat. Dit gaan egter meer as 200k wees as jy 15kW batterye gaan insit.
[/quote]
Dankie, ek was verkeerdelik onder die indruk dat 12kw 3 fase inverter tot 6kw op een fase kan trek.
DD
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Fri Jul 08, 2022 4:56 pm
by Lategan1
Verlede week gejag op verafgeleë plaas. Niks geweet van loadshedding nie en lekker Wifi gehad.
Jaghuis, werkershuise x4 en produksieskuur vir bok en skaap op stelsel + nog. Sekuriteitskamera’s werk deur wifi. Lidmaatskap by Evkom kanselleer. Voorsien en Installasiekoste saam panele was R298 000.00, Mrt 2022.
Landbouer het enkelfase 2 paralelle stelsels 8kVA elk met solar panele op 3 sye van die huis.
Rede vir dubbelstelsel is moontlike afwesige of stadige “back-up” dan kan hy ten minste aangaan as een breek. Hy is so adviseer.
Ek hou van die dubbelstelsel konsep.
Beste.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Mon Jul 11, 2022 2:22 pm
by sako 30-06
En so begin ek ook kyk na n solar sisteem vir die huis.
Ken enige iemand hierdie maatskappy en is die sisteem voldoende en billik geprys?
https://solaradvice.co.za/product/hybri ... -power-kit
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Mon Jul 11, 2022 2:33 pm
by Dawie Malan
Voor enige iemand besluit om ten volle of gedeeltelik van 'n netwerk af te gaan, maak eers 100% seker wat jou huidige kragverspreider, soos Eskom of munisipaliteit aan jou gaan of kan doen. Die kragverbruik op 'n rekening is besig om al kleiner te word.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Tue Jul 12, 2022 8:29 am
by marthinus100
More, weet enige iemand waar ek n 8kW sunsynk inverter kan aankoop? Meeste plekke is verwag eers teen einde Augustus voorraad.
Ek sien op party webtuistes hulle het voorraad, maar ek ken glad nie die plekke nie.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Tue Jul 26, 2022 1:00 pm
by Jean Marais
Hallo Manne
Ek's uiteindelik ook nou aan die panele opsit.
10x600W Canadian solar
1x8kW Mecer Max 2 inverter
2 x 5.5kW Hubble Li batterye
Wat ek graag wil weet is of die Mecer 8kW 'n hybrid inverter is of nie. Ek kry nie regtig iets raakgelees op die web nie.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Fri Jul 29, 2022 9:40 pm
by JohanvanZyl
Jean Marais wrote:Hallo Manne
Ek's uiteindelik ook nou aan die panele opsit.
10x600W Canadian solar
1x8kW Mecer Max 2 inverter
2 x 5.5kW Hubble Li batterye
Wat ek graag wil weet is of die Mecer 8kW 'n hybrid inverter is of nie. Ek kry nie regtig iets raakgelees op die web nie.
Ek het n 8kw RCT inverter. As ek reg is, is dit dieselfde. Soek bietjie voltronic op die web net anders gebrand. Axxpert inverters. En as bedoel word met hybrid dat hy gebruik maak van pv, utility en battery dan is hy so.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Fri Jul 29, 2022 9:41 pm

Posted: Thu Aug 04, 2022 9:33 pm
by Jean Marais
Dankie Johan. Ek is nog in die proses van opkoppel. Was eers bietjie siekerig met sinus wat my nie wou los nie.
Wat ek eintlik wou weet is of die ding kan krag terugstoot in die utility.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Fri Aug 26, 2022 9:24 am
by Jean Marais
Hallo solarmanne
Het enige iemand al sulke los draadjies op solar panele opgemerk. Dis HiKu7 600W Canadian solar. Gaan dit vir my pyn veroorsaak, of is ek verniet bekommerd?
1661497551435.jpg
1661497551040.jpg
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Fri Aug 26, 2022 9:37 pm
by Pvdw
Jean Marais wrote: Fri Aug 26, 2022 9:24 am
Hallo solarmanne
Het enige iemand al sulke los draadjies op solar panele opgemerk. Dis HiKu7 600W Canadian solar. Gaan dit vir my pyn veroorsaak, of is ek verniet bekommerd?
1661497551435.jpg1661497551040.jpg
Nog nooit so iets gesien nie. Ek sal nie gemaklik wees met so iets nie. Sit die paneel direk in die son en short die + en - met mekaar. Gebruik dan 'n DC tester om die amps te bepaal. Indien dit goed vergelyk met die data blad agter op die paneel behoort hy reg te wees.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Sat Aug 27, 2022 5:48 am
by Apie
Battery Sagteware
Sommer net bietjie info.
My stelsel het 4 X Freedom Wone E Tower batterye.
Sunsynk 12KW 3 fase inverter.
Soos tyd aanstap het hy elke dag minder volgelaai.
Dag 1 99%
Dag 3 97%
Dag 5 95%
Ens.
Dan as hy op 86% rond kom het ek die stelsel gereset en dan was alles weer reg.
Het net Freedom Wone se manne gesels en hulle het die sagteware aanlyn vir my ge’update’ en nou is die stelsel beter as ooit.
Gewoonlik was my batteryvlak 7 uur in die oggende maar 25-35% en nou sommer maklik 50% plus na die opdatering.
Stelsel laai ook baie vinniger vol.
Sommer gedink ek deel dit met julle manne
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Sat Aug 27, 2022 1:03 pm
by Lategan1
Dankie Apie, goeie info.
Beste.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Mon Aug 29, 2022 6:22 am
by Jassie
Apie wrote: Sat Aug 27, 2022 5:48 am
Battery Sagteware
Sommer net bietjie info.
My stelsel het 4 X Freedom Wone E Tower batterye.
Sunsynk 12KW 3 fase inverter.
Soos tyd aanstap het hy elke dag minder volgelaai.
Dag 1 99%
Dag 3 97%
Dag 5 95%
Ens.
Dan as hy op 86% rond kom het ek die stelsel gereset en dan was alles weer reg.
Het net Freedom Wone se manne gesels en hulle het die sagteware aanlyn vir my ge’update’ en nou is die stelsel beter as ooit.
Gewoonlik was my batteryvlak 7 uur in die oggende maar 25-35% en nou sommer maklik 50% plus na die opdatering.
Stelsel laai ook baie vinniger vol.
Sommer gedink ek deel dit met julle manne
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sjoe Apie, kan mens dan enigsins die lesings en syfers, oud of nuut, vertrou?
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Mon Aug 29, 2022 8:26 am
by Drenalinjunkie
Ek het self n stelsel ingesit so twee weke terug. Ons krag probleme gaan nie beter word nie.
2 x 5kW Sunsynk Inverters
1 x 10/8 Freedom Won Battery (Tweede battery is al bestel, wag net vir hom)
20 x 460watt JA Solar PV panels.
Beste dag sover is 36kW se produksie, met die tweede battery sal dit nog meer opgaan. Hardloop alles behalwe geyser en stoof.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Sun Oct 09, 2022 2:15 pm
by KalahariKlong
Middag almal, die is nou so effe va die onderwerp af maar glo die manne met die kennis sal hier wees.
Ek wil graag n snowmaster yskas off grid loop.
So vir 3 tot 4 dae op n slag.
Wat gaan die beste/bekostigbare opsie wees?
Sal n 100w sonpaneel en 105a battery die ding doen?
Groete
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Tue Mar 21, 2023 1:22 pm
by Willie
www.icomenergy.co.za
Het iemand al met die mense besigheid gedoen ?
Goed of sleg ?
Of ken iemand die produkte ?
Ek sien net een omsetter en een battery - produk reeks is dus maar klein ?
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Tue Mar 21, 2023 9:42 pm
by Andre308
Willie wrote: Tue Mar 21, 2023 1:22 pm
www.icomenergy.co.za
Het iemand al met die mense besigheid gedoen ?
Goed of sleg ?
Of ken iemand die produkte ?
Ek sien net een omsetter en een battery - produk reeks is dus maar klein ?
Ken hulle nie, maar die inverter is maar n Axpert rebrand. Die batterye lyk so op die oog af ook na n rebrand.
Groete
Andre
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Tue May 16, 2023 2:51 pm
by Joe13
Wat genereer julle manne se panele op n goeie dag? Se ook hoeveel panele en wattage.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Tue May 16, 2023 2:53 pm
by Joe13
Drenalinjunkie wrote: Mon Aug 29, 2022 8:26 am
Ek het self n stelsel ingesit so twee weke terug. Ons krag probleme gaan nie beter word nie.
2 x 5kW Sunsynk Inverters
1 x 10/8 Freedom Won Battery (Tweede battery is al bestel, wag net vir hom)
20 x 460watt JA Solar PV panels.
Beste dag sover is 36kW se produksie, met die tweede battery sal dit nog meer opgaan. Hardloop alles behalwe geyser en stoof.
Is daar n rede hoekom jy nie jou geyser en stoof op het nie, jy genereer meer as genoeg krag.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Tue May 16, 2023 5:13 pm
by Vleisie
Joe13 wrote: Tue May 16, 2023 2:51 pm
Wat genereer julle manne se panele op n goeie dag? Se ook hoeveel panele en wattage.
Ek het n Oos Wes konfigurasie van wee my dak uitleg, 24x400watt panele.
Oos: 16x400watt panele
Wes: 8x400watt panele
Gemiddeld wek my sisteem so tussen 25-30kwh/dag op, dan is my batterye vol en die sisteem idle vir n paar ure, maar as mamma wasgoed was, tuimeldroer laat loop ens dan kom ons in die winter so by 36kwh uit en in die somer het ons al 44kwh gesien.