Page 17 of 21

Re: Vleisprysse

Posted: Tue Feb 18, 2014 6:24 pm
by Willie_calvinia
Watse brandewyn drink jy oom cassie?

Re: Vleisprysse

Posted: Wed Feb 19, 2014 7:17 pm
by johans
ek sien ons is darm nou weer skoon van bek en klou so ons mag weer vleis uitvoer,hopelik help dit bietjie

Re: Vleisprysse

Posted: Mon Apr 07, 2014 8:53 pm
by Gert Odendaal
Cassie, hier in Witbank is die manne wat hulle beeste vendusie toe ry net so moedeloos, die beeste word vir `n appel en ui verkoop, daar het nou die dag mooi koeie vir R2300 gegaan, `n baie mooi skaap ram vir R600, my ou vriend Chris Moolman is moedeloos, hulle maak die beeste vet en voer dat dit bars maar wanneer dit by verkope kom word die beeste letterlik "verniet" verkoop....dit is sekerlik net die abbatoir/slaghuise wat baat by die verkope.... :'(

Re: Vleisprysse

Posted: Wed Apr 09, 2014 6:59 am
by Flip Fouche
Slagbees prys: 9 April 2014

A2-4 R34.50
AB2-4 R28.00
B2-4 R26.00
C2-6 R23.50
Bulle R23.50

Lekker dag.

Flip

Re: Vleisprysse

Posted: Fri Sep 05, 2014 11:13 am
by tau
Manne Speenkalwer prys is nooi darem mooi. Net jammer my goed is te klein. Laasweek so deurglip bulletjie gaan aflaai op 250kg R19.20/kg. Hoop dit bly daar.

http://www.vleisprys.co.za/vleisprys/report/show

Intersant om die webwerf se pryse te kyk. Die Kaap se pryse kom darem nader aan die noorde se pryse.

Re: Vleisprysse

Posted: Sun Feb 15, 2015 8:55 pm
by CHRIS
yes lanklaas hier gewees, sommer vir interassantheid, hier rond Middelburg en omgewing prys so R54 vir lam en R37 vir ooie
smaak my speenkalf R20

groetnis

Re: Vleisprysse

Posted: Wed Feb 18, 2015 5:16 pm
by tau
Het gister R19.92/kg vir 270kg gemiddeld bulletjies gekry. Kan nie kla nie.

Re: Vleisprysse

Posted: Wed Feb 18, 2015 5:43 pm
by Hein (Haan)
Ek het gister so paar bulle laat slag A2 R32.50 en AB2 R27.00
Hoop die pryse hou, die veld raak nou droog hier om Vryburg

Re: Vleisprysse

Posted: Mon Mar 02, 2015 12:18 pm
by Eduard Venter
tau wrote:Het gister R19.92/kg vir 270kg gemiddeld bulletjies gekry. Kan nie kla nie.


Ons het donderdag R18 gekry vir ons bulletjies pryse het bietjie afgegaan teenoor 2 weke terug waar hulle so R20 gegaan het by ons. Darem goeie pryse gekry vir verse wat ons verkoop het vir iemand wat begin boer.

Re: Vleisprysse

Posted: Thu Mar 12, 2015 1:32 am
by StadBobejaan
My kakebeen hang op die grond, daar is maar n helse verskil tussen boer en Spar se pryse, hel man hoe hou julle moed.
Dink ek gaan ma n klomp vrieskaste koop, en met die boere hier gesels om hom vol te hou.

Ek lief darm maar n skaap choppie.

Sal graag wil weet of boere wat hier kuier, self slag geriewe het.

Re: Vleisprysse

Posted: Wed May 06, 2015 5:18 pm
by tau
Het gister R20.41/kg gekry 240kg bulletjies.

Re: Vleisprysse

Posted: Wed May 06, 2015 5:27 pm
by Eduard Venter
tau wrote:Het gister R20.41/kg gekry 240kg bulletjies.
Weet jy dalk wat het die 200kg bulletjies gegaan min of meer? Asook groot koeie.

Groete

Re: Vleisprysse

Posted: Fri May 08, 2015 3:12 pm
by tau
Eduard Venter wrote:
tau wrote:Het gister R20.41/kg gekry 240kg bulletjies.
Weet jy dalk wat het die 200kg bulletjies gegaan min of meer? Asook groot koeie.

Groete
Sorry sine nou eers.

Weet nie van die 200kg kalwers nie, maar ek het wel 'n 12 jaar oue koei verkoop wat maar swak was en het R11.66/kg gekry.Sy was wel nie vet nie het laasjaar gesukkel om te kalf en het maar swaar gekry die laaste tyd.

Re: Vleisprysse

Posted: Fri May 08, 2015 4:49 pm
by Eduard Venter
Dankie waardeer.

Re: Vleisprysse

Posted: Wed May 27, 2015 3:49 pm
by Eduard Venter
2 weke terug R22.20 gekry vir 216 kg bulletjies.

Re: Vleisprysse

Posted: Tue Jun 02, 2015 3:19 pm
by Eduard Venter
Donderdag weer so net oor die R22 gekry vir 170kg bulletjies

Re: Vleisprysse

Posted: Tue Jun 02, 2015 4:12 pm
by Gernie
Waar is jy Eduard?

Re: Vleisprysse

Posted: Tue Jun 02, 2015 5:36 pm
by Eduard Venter
Dwaalboom

Re: Vleisprysse

Posted: Mon Jul 13, 2015 8:52 pm
by Eduard Venter
6 koeie 512kg R7500 (vet)

3 koeie 507kg R5700 (bietjie maer kalwers gespeen 2 weke terug)

4 koeie 464kg R5300 (oud)

Re: Vleisprysse

Posted: Sun Aug 02, 2015 9:38 pm
by muishond
Goeie naand

Het iemand al pryse vir die week op afgeskeerde vet lammers sowel as stoorlammers?

Groete

Re: Vleisprysse

Posted: Sun Aug 30, 2015 7:59 am
by Eduard Venter
10 tollies 170kg R21

Re: Vleisprysse

Posted: Sat Jan 16, 2016 11:56 am
by Eduard Venter
Ons verse 221kg het gegaan R19,80 en koeie 460kg was R15,10 donderdag op veiling

Re: Vleisprysse

Posted: Sun Jan 17, 2016 2:40 pm
by Citfield
Eduard sal julle beeste aan ons kan verkoop?

Re: Vleisprysse

Posted: Sun Jan 17, 2016 2:43 pm
by Eduard Venter
Citfield wrote:Eduard sal julle beeste aan ons kan verkoop?
Goeie middag.

Waar is julle gelee? Ons het nou baie verkoop maar sal kyk hoe lyk die situasie met die reen. Soek julle koeie, verse of bulletjies? Ek sal hoor wat se my pa.

Groete

Re: Vleisprysse

Posted: Sun Jan 17, 2016 2:45 pm
by Citfield
Ek is in Pta. Ons sal graag bietjie iets wil kry om te slag.