Page 17 of 20
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Fri Apr 15, 2022 10:15 am
by Andre308
Apie wrote: Fri Apr 15, 2022 7:42 am
Dag Manne
So bietjie ‘n update gee!
Ek is nou vir 150 dae op Solar
My vrou werk van huis af en ek so nou en dan.
Met beurtkrag en ons lieflike dorp se konstante elektriese en water probleme moet mens planne in plek sit.
My stelsel
10kw panele
12 KW 3 phase Sunsynk inverter
4 x 5kw FreedomWon E Tower battery.
Nogsteeds aan Eskom gekoppel vir hierdie rowwe bewolkte dae.
Ons het in 150dae minder as R1300 se elektrisiteit gebruik, ons kan aircons aan en afsit soos ons wil. Dis ‘n absolute vreugde!
My ek het 2x150liter Geysers in Serie gekoppel(dankie LDV)
Hulle het sommer hulle normale elemente in.
Koue water kom in in nommer 1 en sy warm water voer nommer 2.
Nommer 2 voer die badkamers.
Nommer1 is op sy warmste gestel en skakel 11:00 tot 13:00 aan
Nommer 2 skakel 13:00 tot 15:00 aan op sy warmste en dan weer 04:00 tot 06:00 op 48Celsius vir ‘n lekker oggend stort.
Voorspoed!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Daai 12kW Sunsynk is n monster van n inverter vir sy geld. Hy lewer in sekere omstandighede beter werk verrigting as n 3 fase stelsel met 3 x 8kW Sunsynk inverters.
Ek dink daai 12kW gaan nog baie gewild word.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Sun Apr 17, 2022 9:24 pm
by B Five
Ek het ook nou n sisteem gekoop en het “voorlopig” op die drie fase 12kw Sunsynck besluit. My reeling met die verskaffer is dat ek so bietjie sal aanhang want daar is glo n drie fase 16kw invereter oppad…?
My rede vir dit is omdat ek n 7.5kw drie fase voermenger het…., ek is net bang dat die 12kw, 3fase nie die pyp gaan room nie en dat ek dalk my vrou sal moet se om die radio en die warm matras af te sit as ek die voermenger start,……?
Of dink julle manne die 12kw sal die ding doen?
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Mon Apr 18, 2022 10:08 am
by Apie
Die 12kw kan op ‘n enkel fase 6kw lewer maar nooit meer as die som totaal van 12kw nie.
Dis as jou voermenger 7.5kw(3fase)/3= 2.5kw per fase.
Dit gaan dit effe moeilik maak as die eletriese ketel en mammie se haardroeër gelyk aanskakel.
Ek dink die 16kw sal die veiliger opsie wees maar die 12kw sal kan werk met die regte bestuur.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Wed Jul 06, 2022 10:51 am
by saswart
Dagse manne,
Met al die loadshedding het ek nou eers besef hoe lekker die solar is! Vir my in middel Mei 'n sisteem laat opsit gelukkig voor al die rowwe loadshedding. Die sisteem is nog kleinerig maar hy werk soos 'n bom en sal hom nou kan aanpas soos ek wil. Het 'n Deye 8KW inverter, 2x 3.8 Kw batterye en so 4kw se panele.
Op die oomblik gebruik ek nog so 3-6 Kwh vanaf Eskom per dag, dit was so 25-30 eenhede per dag voor die tyd. Tans het ek die sisteem gestel dat panele eers die load/gebruik voer, dan batterye laai. Geyser op timer eers van so 12-16Hr, teen die tyd is batterye ook al 100% gelaai.
My grootste sondebokke op die oomblik is die honde se rooiligte, die geyser wat aansit in vroe oggende vir warm stort in oggende en nogsteeds die oond, gelukkig is plate gas. Sou ek aanpas en nie geyser aansit in oggende en rooiligte verwyder sal my Eskom verbruik tien teen een verdwyn behalwe vir oond.
Oorweeg wel dalk gebasseer op huidige winter gebruik dat nog 'n battery en 2KW se panele en dalk die serie geyser sisteem soos bo genoem deur Apie, dat dit my amper heeltemal van Eskom sal verlos.
Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Wed Jul 06, 2022 11:03 am
by Apie
Ja watse beurtkrag!!!
Interessante waarneming is dat ek in 231 plus dae op Solar nog net 1 gloeilamp vervang het by my huis.
In 231 dae ook net R1500 se Eskom prepaid nodig gehad het met daai bewolkte weke.
@ R2.41/eenheid is dit maar 622 eenhede of 2.7 eenhede per dag of R6.50/dag vs my somer gemiddeld van 31-33 eenhede per dag.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Wed Jul 06, 2022 2:10 pm
by LDV
Apie jou eskom prepaid is daar enige lynkoste?
Ek het met eskom gepraat oor prepaid.
20A predaid met geen lyn koste is net oor die R5 n eenheid.
Ek oorweeg dit om weg te kom van generator en duur brandstof.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Wed Jul 06, 2022 4:33 pm
by Apie
LDV wrote:Apie jou eskom prepaid is daar enige lynkoste?
Ek het met eskom gepraat oor prepaid.
20A predaid met geen lyn koste is net oor die R5 n eenheid.
Ek oorweeg dit om weg te kom van generator en duur brandstof.
Nee, geen lynkoste , bly in dorp
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Wed Jul 06, 2022 6:53 pm
by Vleisie
LDV wrote: Wed Jul 06, 2022 2:10 pm
Apie jou eskom prepaid is daar enige lynkoste?
Ek het met eskom gepraat oor prepaid.
20A predaid met geen lyn koste is net oor die R5 n eenheid.
Ek oorweeg dit om weg te kom van generator en duur brandstof.
Ek is nou besig met die proses om my plaas lyn oor te sit na prepaid toe 60A Landlight, hulle praat van R6.19/eenheid.
Aangesien ek in die laaste 63dae met baie bewolkte weer net iets soos 60units se Eskom moes gebruik ,weens my elektriese geyser wat nog vervang moet word.
Die koste vir die 60 units is rofweg R370 teen die Landlight tarief van R6.19/kwh, maar met die huidige brandstof prys werk die 6.5kva kragopwekker uit op R9.60/eenheid as ek laas my somme reg gemaak het, wat dan die verhoogde eenheid koste van Eskom steeds goedkoper maak as die kragopwekker en aansienlik meer gerieflik.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Jul 07, 2022 9:24 am
by Albert_7
More Manne
Self besig om te kyk na 'n 10kw stelsel hier by ons huis in Joburg. Die loadshedding maak ons dood met die hele werk van die huis af ding en teen die tempo wat eletrisiteits pryse styg dink ek dis 'n goeie belegging.
Kan iemand 'n betroubare persoon/besigheid aan beveel waarmee hulle al gewerk het in Gauteng?
Lyk my of solar installeerders nou oral op duik so om die kaf van die koring te sky raak al moeiliker.
Enige voorstelle sal waardeer word
Groete
Albert
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Jul 07, 2022 10:30 am
by Yogi
Wat dink julle kenners van die Deye inverters?
Ek het nou al baie teenstellende opinies gekry, maar dit lyk na goeie kwaliteit? of is ek verkeerd.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Jul 07, 2022 11:14 am
by Pvdw
Yogi wrote: Thu Jul 07, 2022 10:30 am
Wat dink julle kenners van die Deye inverters?
Ek het nou al baie teenstellende opinies gekry, maar dit lyk na goeie kwaliteit? of is ek verkeerd.
Koop hom en kry klaar. DEYE is die moeder maatskapy wat Sunsynk maak. Ek sit 90% net Sunsynk en DEYE in. Ek verkies Sunsynk omrede hul app beter werk.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Jul 07, 2022 2:45 pm
by Francoisv
Ek het 'n vraag. So 12 jaar gelede het ek een van die National Luna battery packs gekoop met 'n deep cycle battery. Die battery het nou die gees gegee. Ek gebruik dit met 'n 500w inverter en kamp LED ligte vir beurtkrag
My vraag is moet ek die R2500 spandeer op dieselfde deep cycle battery of is daar beter en nuwer tegnologie? More bang for my buck.
My behoefte is net beligting, WiFi router en dalk die TV.

Shoot straight
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Jul 07, 2022 2:52 pm
by Pvdw
Francoisv wrote: Thu Jul 07, 2022 2:45 pm
Ek het 'n vraag. So 12 jaar gelede het ek een van die National Luna battery packs gekoop met 'n deep cycle battery. Die battery het nou die gees gegee. Ek gebruik dit met 'n 500w inverter en kamp LED ligte vir beurtkrag
My vraag is moet ek die R2500 spandeer op dieselfde deep cycle battery of is daar beter en nuwer tegnologie? More bang for my buck.
My behoefte is net beligting, WiFi router en dalk die TV.

Shoot straight
Daai stelsel is ontwerp op loodsuur te gebruik. Bly daarby.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Jul 07, 2022 5:15 pm
by Francoisv
Pvdw, seker dom vraag, maar as die stelsel van 'n eksterne laaier gebruik maak, maak dit saak wat se tipe battery gebruik word?
Shoot straight
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Jul 07, 2022 7:31 pm
by Diesel Dog
Met n begroting van 200K watse stelsel sou jy koop om die loadsheding meer draaglik te maak. My plaas huis is drie fase 40 AMP BREAKERS en het gas stoof 2x200lt elektrise geysers twee x diepfries 1x nuwe groot yskas 3x rekenaars met groot skerms 1X wasmasjien 1x tuimeldroer en led beligting die goed moet verkieslik saam kan werk.
DD
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Jul 07, 2022 7:52 pm
by LDV
Diesel Dog wrote:Met n begroting van 200K watse stelsel sou jy koop om die loadsheding meer draaglik te maak. My plaas huis is drie fase 40 AMP BREAKERS en het gas stoof 2x200lt elektrise geysers twee x diepvries 1x nuwe groot yskas 3x rekenaars met groot skerms 1X wasmasjien 1x tuimeldroer en led beligting die goed moet verkieslik saam kan werk.
DD
Diesel my sisteem was net oor die 200.
10kw panele
8kw deye inverter
20kw batterye.
Ek is heeltemal van eskom af en het 2 geysers 3 frieskaste en 2 yskaste.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Jul 07, 2022 8:03 pm
by Joe13
Naand kêrels. Ek sit en krap kop.
Ek het 2 geysers, moet ek solar/tube op hulle sit met hulle eie panele/tube wat werk met my huidige element.
of
Moet ek eerder die geld en meer spandeer op n solar sisteem vir my huis?
Vir my maak dit sin om die geysers apart te koppel, dit gaan al klaar omtrent R34k wees, ek kan dalk die geld gebruik en op batterye, panele neer te sit?
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Jul 07, 2022 8:43 pm
by Pvdw
Francoisv wrote: Thu Jul 07, 2022 5:15 pm
Pvdw, seker dom vraag, maar as die stelsel van 'n eksterne laaier gebruik maak, maak dit saak wat se tipe battery gebruik word?
Shoot straight
Die sisteem wat jy daar het is 'n 12V sisteem. Litium 12V is skaars en hulle het spesiale laaier nodig wat seker meer gaan kos as om eerder net 'n ander loodsuur te koop en klaar te kry. Ek glo jy sal dit kan maak werk maar dit gaan omslagtig raak.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Jul 07, 2022 8:49 pm
by Pvdw
Diesel Dog wrote: Thu Jul 07, 2022 7:31 pm
Met n begroting van 200K watse stelsel sou jy koop om die loadsheding meer draaglik te maak. My plaas huis is drie fase 40 AMP BREAKERS en het gas stoof 2x200lt elektrise geysers twee x diepvries 1x nuwe groot yskas 3x rekenaars met groot skerms 1X wasmasjien 1x tuimeldroer en led beligting die goed moet verkieslik saam kan werk.
DD
Die 3ph is effe van 'n probleem. As jy al 3 wil backup het jy 2 keuses. Of 3 los enkel fase inverters wat opgestel kan word as 3ph of 'n enkel 3ph hybride eenheid. In die enkel eenheid se geval is jou keuse baie beperk. DEYE/Sunsynk se 3ph eenheid is slegs 12kW dus 4kW/fase. Dit kan vinnig uit kapasiteit raak as jy kyk na goed soos geysers.
Alternatief is om jou huis se bedrading si te verander dat die krietiese goed alles van 1 fase af loop en jy backup dan net daai fase. Hier sal die 8kW met 10-15kW batterye en 8kW se panele jou baie vêr vat. Dit gaan egter meer as 200k wees as jy 15kW batterye gaan insit.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Jul 07, 2022 8:50 pm
by Francoisv
Dankie, loodsuur is dit.
Shoot straight
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Jul 07, 2022 8:54 pm
by Pvdw
Joe13 wrote: Thu Jul 07, 2022 8:03 pm
Naand kêrels. Ek sit en krap kop.
Ek het 2 geysers, moet ek solar/tube op hulle sit met hulle eie panele/tube wat werk met my huidige element.
of
Moet ek eerder die geld en meer spandeer op n solar sisteem vir my huis?
Vir my maak dit sin om die geysers apart te koppel, dit gaan al klaar omtrent R34k wees, ek kan dalk die geld gebruik en op batterye, panele neer te sit?
Ek stel al die installasies wat ek doen so op dat die geysers op die non essentials is. Maar ek sorg dat 'n timer die geyser aan skakel rondom 11-2 in die dag. Dis die tyd wat die batterye reeds vol is en daar ekstra krag van die panele kom wat gewoonlik nie gebruik word nie. So maak jy jou elektriese geyser warm met sy eie element sonder om hom na solar te verander.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Jul 07, 2022 9:11 pm
by Diesel Dog
Is hierdie toerusting betroubaar en die prys goed of kan mens beter doen.
https://phase-energy.co.za/product/69-1 ... y-storage/
DD
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Jul 07, 2022 10:03 pm
by Pvdw
DD dis baie moeilik om te sê of dit goeie prys is of nie. Daar is nog baar bokse vol ondredele wat kort om so sisteem in te sit en hulle noem niks daarvan nie. As mens meer duidelikheid daaroor het kan mens 'n beter call maak.
Hulle is egter BAIE optimisties met hul 69kW daaglikse opwekking. Met daai 8.64kW se panele is 45-50kW op mooi dae meer realisties.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Jul 07, 2022 10:09 pm
by Pvdw
Pvdw wrote: Thu Jul 07, 2022 10:03 pm
DD dis baie moeilik om te sê of dit goeie prys is of nie. Daar is nog baar bokse vol ondredele wat kort om so sisteem in te sit en hulle noem niks daarvan nie. As mens meer duidelikheid daaroor het kan mens 'n beter call maak.
Hulle is egter BAIE optimisties met hul 69kW daaglikse opwekking. Met daai 8.64kW se panele is 45-50kW op mooi dae meer realisties.
Skuus, ek kon die ad nou mooi oop maak en kyk wat daar alles is. Dis net die inverter, batterye en panele. jy gaan nog so 30k of meer, +arbeid spandeer as jy die stelsel wil volledig maak en installeer.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Fri Jul 08, 2022 7:58 am
by Diesel Dog