Hier op die voorlaaste dag van die kompetisie het ek dit goed gedink om net weer die pryse wat te wen is onder julle aandag bring.
PRYSE
Prys van kaartjies is R50 en om in aanmerking te kom vir 1 van die jagpryse moet 'n deelnemer 4 kaartjies koop, m.a.w R 200 koop vir 'n deelnemer 1 kans in die gelukstrekking vir een van die jagpryse. Onthou dat daar slegs 1 van elke jagprys beskikbaar is en as 'n prys reeds gekies is, kan 'n deelnemer nie weer die prys opeis nie. Al die eerste pryse is jagpakkete en nie 1 word bo die ander gestel nie omdat dit alles volgens ons baie goeie pryse is. Wenners sal in volgorde van trekkings kans kry om prys te kies en in rangorde van trekking voorrang geniet m.a.w eerste nommer getrek is 1ste plek en so voorts.
Die jagpryse is as volg:
1) Thwanejag, 2 x Blouwildebeeste (koeie) + 2 x Rooibokke (ooie) + 2 nagte se verblyf vir 2 jagters by die Lodge, Borg - Marius Barnard - Thwane lodge
2) Ribbokjag, 2 x Vaalribbokke te jag + etes en verblyf ingesluit - Calvinia - Borg: Cassie van Calvinia
3) Bergskaapjag, 1 x Bergskaap jag, dagfooie ingesluit maar verblyf en etes uitgesluit (Bergskaap nie gewaarborg) - Carnarvon - Borg: CF Roux - slegs vir fikse jagters wat kan stap!
4) Bosvarkjag, Oor honde (dagjag) skiet of steek (mes) Bosvarke dood, soveel as wat jy kan maar jy mag net 1 karkas gratis huistoe vat - Groblersdal, Marblehall of Settlers - Borg : Jaco Prinsloo + Slagskaap wat dieselfde tyd as wat jy die jag gaan doen afgehaal kan word by borg: Smitstertjies op Bronkhorstspruit
5) Blouwildebees jag, die wenner se verblyf, slag en jagfooi borg Hein Stander van Kalabaspan , dan gee Robbie van Die Wildshoekie die Bwb bul om te jag en doen die bewerking vir hom gratis m.a.w 1 BWB bul om te jag.
6) Rooibokjag, 1 x Rooibokram + 2 nagte se verblyf en 2 jagdae bygestaan deur Carl as gids met 1 Steak en rooiwyn ete vir 2 persone op jagplaas, Borg - Carl
7) Blesbokjag, 1 x Blesbok, dagjag naby Carltonville, borg - Eddie Cik
Julle sal oplet dat daar geen waardes hieraan gekoppel word nie omdat alles droomjagte is.
Na die afloop van die trekking van bogenoemde pryse sal daar nog ten minste 13 troosprys trekkings wees en elke R50 kaartjie wat 'n deelnemer gekoop het besorg aan hom een kans per trekking.
Troosprys trekkings
Hiedie trekking geskied op presies dieselfde manier as Jagprystrekking en kan jy wenners kies in rangorde van trekking watter een van die pryse hy kies en weereens kan elke prys net eenmaal gekies word.
1 - 1 stel Predator camo klere Langbroek, hemp, baadjie en n pet. - Borg: Berkeley Geer - Predator
2 – Gonge stel en raam - borg : Jungle Julian
3 – Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
4 – Silent Striker Silencer - Borg Peet Malherbe
5 – R500 S&O Voucher - borg S&O Pretoria
6 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
7 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
8 – Lapping tool 25mm of 30 mm - borg: Monrique
9 – Reaktiewe teiken - .22 - borg : Jungle Julian
10 – Reaktiewe teiken – 9mm - borg : Jungle Julian
11 - Numenor Reflex Supressor - borg - Numenor - gereel deur G-Force
12 - Numenor supressor - borg: Numenor - gereel deur G-Force
13 - Spotlight dimmer - borg: Pitsmit + 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason asook - 1 x Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
14 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
15 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
16 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
17 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
18 - Geno en G-Force (G&G VARMINTING) borg 'n "guided" jakkalsjag ( bosvark/vlakvark/rooikat) 1 nag op 'n plaas met 'n hoë jakkalspopulasie, wat nog nooit geroep is nie. Snacks, koeldrank, gewere, ammo ingesluit. Die prys is geldig vir 1 jaar vanaf trekking. Waarde: R1500.00
AANSPORINGSPRYSE
1) Eienaar van kaartjie nommer 125 kry 2 bottels Fleur du Cap Cabernet Sauvignon - Borg: JacovdW - Distell Kelders
2) Eienaar van kaartjie nommer 250 kry 2 bottels Fleur du Cap Merlot - Borg: JacovdW - Distell Kelders
3) Eienaar van kaartjie nommer 375 kry 'n Bottel Baines Cape Mountain Whiskey in 'n geskenkblik (Baines is aangewys as die beste graan whiskey in die wêreld op die World Whiskey Awards) - Borg: JacovdW - Distell Kelders
4) Die eienaar van kaartjie nommer 500 sal die gelukkige wenner wees van 'n Jaracal, Jaghemp en Pet - Petrie - Borg: Greyghost gear
5) Die eienaar van Kaartjie 600 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
6) Die eienaar van Kaartjie 700 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
7) Die eienaar van Kaartjie 800 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
9) Die eienaar van kaartjie 1000 wen 'n jag by Kliplaat (springbok en Koedoe) manlike diere geborg deur Tafjak
10) Die eienaar van kaartjie no 1200 wen 'n Blesbok om te jag by Henry tussen Smithfield en Edenburg.
11) Die eienaar van kaartjie no: 1500 wen 'n gong geskenk deur Monrique
12) Die persoon wat die heel laaste kaartjie wen sal dan die wenner wees van Taffie se Steenbok / Springbok jag saam met die eienaar van kaartjie no 1000.
13) Sou ons by R 100 000 in totaal uitkom skenk Robbie 4kg biltong en droewors gesamentlik aan die persoon wie se deposito ons op R 100 000 te staan bring.
14) Die prys vir die deelnemer wat die grootste bydra maak is as volg:
Kombinasie van voorsit skietstoel - borg: Jungle Julian en Silent hunting Hunt Buddy - borg: Silent hunting waarde geskat op ongeveer R2000 hierdie is goeie kombinasie vir manne wat in die volgende seisoen bietjie voorsitjag wil doen.
DATUMS EN DUUR VAN KOMPETISIE
Die kompetisie begin amptelik op Vrydag, 1 November 2013 en sluit op Sondag, 15 Desember 2013 om 23h59



