Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Totaal vanoggend tesame met Henried se bydrae wat ek van weet is R 80 150

Slegs 2 dae


Hier op die voorlaaste dag van die kompetisie het ek dit goed gedink om net weer die pryse wat te wen is onder julle aandag bring.

PRYSE

Prys van kaartjies is R50 en om in aanmerking te kom vir 1 van die jagpryse moet 'n deelnemer 4 kaartjies koop, m.a.w R 200 koop vir 'n deelnemer 1 kans in die gelukstrekking vir een van die jagpryse. Onthou dat daar slegs 1 van elke jagprys beskikbaar is en as 'n prys reeds gekies is, kan 'n deelnemer nie weer die prys opeis nie. Al die eerste pryse is jagpakkete en nie 1 word bo die ander gestel nie omdat dit alles volgens ons baie goeie pryse is. Wenners sal in volgorde van trekkings kans kry om prys te kies en in rangorde van trekking voorrang geniet m.a.w eerste nommer getrek is 1ste plek en so voorts.

Die jagpryse is as volg:

1) Thwanejag, 2 x Blouwildebeeste (koeie) + 2 x Rooibokke (ooie) + 2 nagte se verblyf vir 2 jagters by die Lodge, Borg - Marius Barnard - Thwane lodge
2) Ribbokjag, 2 x Vaalribbokke te jag + etes en verblyf ingesluit - Calvinia - Borg: Cassie van Calvinia
3) Bergskaapjag, 1 x Bergskaap jag, dagfooie ingesluit maar verblyf en etes uitgesluit (Bergskaap nie gewaarborg) - Carnarvon - Borg: CF Roux - slegs vir fikse jagters wat kan stap!
4) Bosvarkjag, Oor honde (dagjag) skiet of steek (mes) Bosvarke dood, soveel as wat jy kan maar jy mag net 1 karkas gratis huistoe vat - Groblersdal, Marblehall of Settlers - Borg : Jaco Prinsloo + Slagskaap wat dieselfde tyd as wat jy die jag gaan doen afgehaal kan word by borg: Smitstertjies op Bronkhorstspruit
5) Blouwildebees jag, die wenner se verblyf, slag en jagfooi borg Hein Stander van Kalabaspan , dan gee Robbie van Die Wildshoekie die Bwb bul om te jag en doen die bewerking vir hom gratis m.a.w 1 BWB bul om te jag.
6) Rooibokjag, 1 x Rooibokram + 2 nagte se verblyf en 2 jagdae bygestaan deur Carl as gids met 1 Steak en rooiwyn ete vir 2 persone op jagplaas, Borg - Carl
7) Blesbokjag, 1 x Blesbok, dagjag naby Carltonville, borg - Eddie Cik

Julle sal oplet dat daar geen waardes hieraan gekoppel word nie omdat alles droomjagte is.

Na die afloop van die trekking van bogenoemde pryse sal daar nog ten minste 13 troosprys trekkings wees en elke R50 kaartjie wat 'n deelnemer gekoop het besorg aan hom een kans per trekking.

Troosprys trekkings

Hiedie trekking geskied op presies dieselfde manier as Jagprystrekking en kan jy wenners kies in rangorde van trekking watter een van die pryse hy kies en weereens kan elke prys net eenmaal gekies word.

1 - 1 stel Predator camo klere Langbroek, hemp, baadjie en n pet. - Borg: Berkeley Geer - Predator
2 – Gonge stel en raam - borg : Jungle Julian
3 – Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
4 – Silent Striker Silencer - Borg Peet Malherbe
5 – R500 S&O Voucher - borg S&O Pretoria
6 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
7 – Verstelbare wangstuk - borg : Jungle Julian
8 – Lapping tool 25mm of 30 mm - borg: Monrique
9 – Reaktiewe teiken - .22 - borg : Jungle Julian
10 – Reaktiewe teiken – 9mm - borg : Jungle Julian
11 - Numenor Reflex Supressor - borg - Numenor - gereel deur G-Force
12 - Numenor supressor - borg: Numenor - gereel deur G-Force
13 - Spotlight dimmer - borg: Pitsmit + 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason asook - 1 x Hunt Buddy Silencer - borg: Silent hunting
14 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
15 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
16 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
17 - 'n stel van Louis102 se Pikante Roepklanke met 2 bonus klanke sowel as Black Jack vol 1 van Jason
18 - Geno en G-Force (G&G VARMINTING) borg 'n "guided" jakkalsjag ( bosvark/vlakvark/rooikat) 1 nag op 'n plaas met 'n hoë jakkalspopulasie, wat nog nooit geroep is nie. Snacks, koeldrank, gewere, ammo ingesluit. Die prys is geldig vir 1 jaar vanaf trekking. Waarde: R1500.00


AANSPORINGSPRYSE

1) Eienaar van kaartjie nommer 125 kry 2 bottels Fleur du Cap Cabernet Sauvignon - Borg: JacovdW - Distell Kelders
2) Eienaar van kaartjie nommer 250 kry 2 bottels Fleur du Cap Merlot - Borg: JacovdW - Distell Kelders
3) Eienaar van kaartjie nommer 375 kry 'n Bottel Baines Cape Mountain Whiskey in 'n geskenkblik (Baines is aangewys as die beste graan whiskey in die wêreld op die World Whiskey Awards) - Borg: JacovdW - Distell Kelders
4) Die eienaar van kaartjie nommer 500 sal die gelukkige wenner wees van 'n Jaracal, Jaghemp en Pet - Petrie - Borg: Greyghost gear
5) Die eienaar van Kaartjie 600 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
6) Die eienaar van Kaartjie 700 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
7) Die eienaar van Kaartjie 800 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
8) Die eienaar van Kaartjie 900 sal die gelukkige wenner wees van 3 bottels van Loveren Chenin Blanc 2012 en 3 Bottels VL Pinotage 2013
9) Die eienaar van kaartjie 1000 wen 'n jag by Kliplaat (springbok en Koedoe) manlike diere geborg deur Tafjak
10) Die eienaar van kaartjie no 1200 wen 'n Blesbok om te jag by Henry tussen Smithfield en Edenburg.
11) Die eienaar van kaartjie no: 1500 wen 'n gong geskenk deur Monrique
12) Die persoon wat die heel laaste kaartjie wen sal dan die wenner wees van Taffie se Steenbok / Springbok jag saam met die eienaar van kaartjie no 1000.
13) Sou ons by R 100 000 in totaal uitkom skenk Robbie 4kg biltong en droewors gesamentlik aan die persoon wie se deposito ons op R 100 000 te staan bring.
14) Die prys vir die deelnemer wat die grootste bydra maak is as volg:

Kombinasie van voorsit skietstoel - borg: Jungle Julian en Silent hunting Hunt Buddy - borg: Silent hunting waarde geskat op ongeveer R2000 hierdie is goeie kombinasie vir manne wat in die volgende seisoen bietjie voorsitjag wil doen.



DATUMS EN DUUR VAN KOMPETISIE

Die kompetisie begin amptelik op Vrydag, 1 November 2013 en sluit op Sondag, 15 Desember 2013 om 23h59
Last edited by Jakkalsgat on Sat Dec 14, 2013 10:26 am, edited 1 time in total.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Buyskop

Jan en Theresa Nel van Buyskop Lodge by Bela Bela is dan ook een van ons borge met 'n naweek se verblyf vir 4 mense in een van hulle selfsorg eenhede.

www.buyskop.co.za

Kyk gerus na hulle webtuiste.

Groete
Jaco
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Smiley »

Patroon is in die geweerkamer. Wonderlike kersfees almal.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

R 83 150 met nog net 2 dae oor!!!!!


Bankbesonderhede

E Harmse/Jaracal Kersfonds
FNB Wilkoppies
Rekeningno: 6243 721 2179
Takkode: 250-053


Met inbetalings gebruik asb jou Jaracal naam as verwysing anders sal dit gesien word as skenking
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Eugene »

Manne, ons staan op R 86000!!!

Ons kort R 14 000 om by R 100 k uit te kom en daar is 2 dae oor!

Baie dankie by voorbaat vir julle ondersteuning hierin!!!
Aim small, miss small
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by ROBBIE1 »

Manne dit is net 280 kaartjies, 70 wat elk 4 koop dans ons daar!!!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Pvdw »

Sopas nog 4 gekoop so nog net 276 oor.
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3629
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Fanta300 »

Nog 4 vir my ook! ;D
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

R87 150


Laaste dag!!!!!!
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Lourens Potgieter »

My 4 kaartjies gekoop!!!

Jaco, die bewys word na jou toe gemail......
chrisman
Full Member
Full Member
Posts: 133
Joined: Tue Sep 24, 2013 2:05 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by chrisman »

My 4 X 4 kaarjies gekoop
Bewyse gemail Jaco....
Israeli 7.62 (.308)
Marlin 30-06
Mauser .22
Taurus .40 S&W
Ou windbuks
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Deeg en Chrisman dankie ek het gekry.

Vir die res maak asb vandag spesiaal seker dat julle bewys van betaling stuur.

Groete
Jaco
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Gesamentlik R 88 150
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by tafjak »

Jaco

Dit sal darem nice wees om die personeel van Loeriehuis ook te kan bedank, die kinders sal okay wees as die personeel okay is. Dink nogal dat die personeel die helde is as dit goed gaan in die huis en lyk dit vir my of alles klopdisselboom daar gaan.

Mooiloop en voorspoed met die verrigtinge verder.
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Taffie

Ek praat later met jou sodat ons dit kan bespreek.

Groete
Jaco
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by cassie_calvinia »

goeie plan Oom!

hoe laat is die trekking more?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Heinf
Full Member
Full Member
Posts: 141
Joined: Thu Mar 22, 2012 10:22 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Heinf »

Daarsy my bydra van 8 kaartjies is ook nou in .

Kom manne kom ons maak Dit tot by 100 000
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Spanner »

Kom manne, ek het so pas weer kaartjies gekoop, kom ons probeer hom druk tot by R100 000

Spanner
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by tafjak »

Ai manne

Dis darem die lekkerste lees deur hierie topic.

Spanner(Moersleutel klink egter beter vir my hahaha)

Jou voet nota is so gepas hier.

What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight in the dog !............ paar van die amper 3 000 lede wat so groot verskil kan maak. Joe, manne - dis kwaai!

Mooiloop

Ps. Aag ek glo nie hierie hond se fight is klaar nie.
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Rooies »

RIGHT my volgende 4 is ook in, as ons net hierdie 90 hekkie oor is gaan die 100 kom voor middernag.

Komaan manne gooi nog vir laaste in.
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

12) Die persoon wat die heel laaste kaartjie koop sal dan die wenner wees van Taffie se Steenbok / Springbok jag en hierdie wenner sowel as die eienaar van kaartjie 1000 en lyk vir my Petrie van Greyghost gaan saam jag daardie naweek en Petrie skenk hemde vir elkeen.

Ons staan tans op R89 350 en my persoonlike opinie is dat ons by 100 kan uitkom.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Beretta »

KOM MANNE KOOP DIE TICKETS ONS KAN DIT DOEN KOOP KOOP KOOP KOOP ASB VERKOOP JOU SKOON MA EN BETAAL DIE GELD IN ;D ;D ;D ;D
Beretta
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Pvdw »

Sou haar smous as sy soveel werd was.
AntonF
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 97
Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by AntonF »

Manne kan ek so bietjie van die geld leen ek moet in betaal vir my skoonma :'( ;D
.22 BRNO
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Post by Jakkalsgat »

Ons hak vas net so voor R 90 000, daar het sover 114 lede deelgeneem
Post Reply