Page 15 of 20
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Sun Mar 21, 2021 11:24 am
by Jean Marais
More manne
Ek is ook besig om die solar roete te gaan. Battery keuse is tussen Pylontech en Hubble Lithium (My boet het hulle) Wat is julle opinie oor die twee tipe batterye, en vir watter een sou julle gegaan het?
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Tue Mar 23, 2021 7:44 am
by Pvdw
Hi Jean. Ek gebruik hoofsaaklik Pylon. My groot rede daarvoor os dat hulle oral beskikbaar is en ek vertrou dat hulle nog jare hier sal wees. Ek as installeerder kan nie bekostig om iets in te sit wat oor 'n jaar of 2 selfs 3 van die mark is nie.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Sat Mar 27, 2021 5:17 pm
by Pvdw
Gister en vandag se werk.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Sat Mar 27, 2021 5:27 pm
by naas222
Jy maak mooi...
Ek volg nou nie die draad so aktief nie.
Wat sou julle sê is n goeie 105amp plus battery om in my kamp waé te sit..
Solar charge regulator het ek en paneel en dan n smart solinoid vanaf bakkie is in plek.
Daars soveel keuses ek soek net raad oor watter werk en watter is goor.
Dis lead acis en lead cristal en agm en li on en en en . Ek wil nie R10 000 n batery betaal nie maar ook nie R500 vir scrap nie.. n goeie kamp wa battery..
Dankie
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Sun Mar 28, 2021 6:52 am
by Nella
Baie netjiese werk soos altyd daar Pvdw.
naas222 wrote: Sat Mar 27, 2021 5:27 pm
Jy maak mooi...
Ek volg nou nie die draad so aktief nie.
Wat sou julle sê is n goeie 105amp plus battery om in my kamp waé te sit..
Solar charge regulator het ek en paneel en dan n smart solinoid vanaf bakkie is in plek.
Daars soveel keuses ek soek net raad oor watter werk en watter is goor.
Dis lead acis en lead cristal en agm en li on en en en . Ek wil nie R10 000 n batery betaal nie maar ook nie R500 vir scrap nie.. n goeie kamp wa battery..
Dankie
Al jou agm..gel...lead cristal ens ens werk op n lood suur basiese prinsiep.
Ware li -ion is absoluut in klas van hul eie.
Ek het al van vervaardiger A se gewone deep cycle batterye gekry wat baie langer en beter gewerk het as vervaardiger B en C se AGM en Gel battery. Net pleinweg omdat vervaardiger A se ontwerp en materiaal beter was.
Meeste verkopers het ook geen idee wat die verskil tussen n "high cycle" en n "deep cycle" battery is nie.
Dan het ek ook al "li-ion" batterye gekry wat gewone loodsuur battery is..baie slim het die naam "li-ion" in maar battery self gewone lood suur
Lang storie kort...
As ek nie behoorlike li-Ion batterye gebruik nie gebruik ek wêl enertech se 105A/h deep cycle batterye.
Nog altyd baie baie goeie diens uit hulle gekry in n "cyclic" applikasie.
Bly net baie vêr weg van Royal batterye.....en dan ook Willard se deep cycle ook nie fantasties nie.
Jou ware Li-ion kar tipe battery is wel ook n opsie....maar hulle R8000 plus en omdat hulle nie n "bms" op het nie kom hulle ook maar net met n 3jaar waarborg. Sodra n li-ion nie reg gelaai en ontlaai word nie verkort hul leef tydperk drasties en daarom net 3 jaar teen oor die standaard 10 jaar waarborg.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Sun Mar 28, 2021 7:49 am
by naas222
Nella dankie vir praktiese raad..
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Wed Apr 07, 2021 12:28 pm
by 30-06
Middag manne.
Ek wil graag weet wat is die norm of aanbeveling wat betref jou battery in die aand, settings gewys.
Gebruik jy hom uitsluitlik vir backup of gebruik jy saans ook n deel van hom om krag te spaar.
dit gaan dan n effek op sy leeftyd he.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Apr 08, 2021 11:42 am
by Toyrsi
More manne.
Het iemand dalk al so wifi module gebruik op n expert tipe inverter om die monitering te doen?
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Apr 08, 2021 6:27 pm
by Pvdw
30-06 wrote: Wed Apr 07, 2021 12:28 pm
Middag manne.
Ek wil graag weet wat is die norm of aanbeveling wat betref jou battery in die aand, settings gewys.
Gebruik jy hom uitsluitlik vir backup of gebruik jy saans ook n deel van hom om krag te spaar.
dit gaan dan n effek op sy leeftyd he.
Dit hang af watse batterye en inverter jy het. Met my eie sisteem het ek 14kW se batterye. Hiervan cycle ek daagliks 60% na sononder. Dit laat my met 20% vir backup as ons laat die nag of vroeg oggend loadshedding het. Die laaste 20% bly in die battery agter.
Die Axpert reeks inverters het nie die vermoeë on ongrid en offgrid settings vir discharge te stel nie.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Apr 08, 2021 6:30 pm
by Pvdw
Toyrsi wrote: Thu Apr 08, 2021 11:42 am
More manne.
Het iemand dalk al so wifi module gebruik op n expert tipe inverter om die monitering te doen?
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Nella kom in?!?! Ken jy die WI Fi dongle vir die Axpert reeks?
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Apr 08, 2021 6:34 pm
by Pvdw
Gister en vandag die Alpha 5kW as sub kontrakteur in Nylstroom gaan insit. Die eenheid vertoon regtig mooi. Ek is egter nie mal oor die setup en funksies nie. Vir dieselfde geld dink ek dat Goodwe en SunSync 'n beter opsie is.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Apr 08, 2021 6:35 pm
by Pvdw
Laaste foto.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Apr 08, 2021 6:37 pm
by Toyrsi
Pvdw wrote:Toyrsi wrote: Thu Apr 08, 2021 11:42 am
More manne.
Het iemand dalk al so wifi module gebruik op n expert tipe inverter om die monitering te doen?
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Nella kom in?!?! Ken jy die WI Fi dongle vir die Axpert reeks?
Het vir Nella gevra.
Hy ken net die Rasberry 1.
Groete
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Apr 08, 2021 8:12 pm
by Gian_dP
Toyrsi wrote:Pvdw wrote:Toyrsi wrote: Thu Apr 08, 2021 11:42 am
More manne.
Het iemand dalk al so wifi module gebruik op n expert tipe inverter om die monitering te doen?
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Nella kom in?!?! Ken jy die WI Fi dongle vir die Axpert reeks?
Het vir Nella gevra.
Hy ken net die Rasberry 1.
Groete
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Ek is glad nie expert nie, maar heel gukkig met my Pi en ICC sagteware. Kan monitor op rekenaar en selfoon, Kan ook verstellings deur "virtual network" doen. Koppel lekker mer Mecer inverter en Pylontech batterye.
Ek is nie rekenaar/tegnologie kenner nie, maar kon heel maklik stelsel meer "customise" met die Pi. Het sover ook baie goeie naverkoopdiens van CenturionSolar af gekry.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Apr 08, 2021 8:22 pm
by Toyrsi
Hulle stelsel lyk goed net redelik duur.
Die wifi module gaan vir so R1700
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu Apr 08, 2021 10:00 pm
by 30-06
Pvdw wrote: Thu Apr 08, 2021 6:27 pm
30-06 wrote: Wed Apr 07, 2021 12:28 pm
Middag manne.
Ek wil graag weet wat is die norm of aanbeveling wat betref jou battery in die aand, settings gewys.
Gebruik jy hom uitsluitlik vir backup of gebruik jy saans ook n deel van hom om krag te spaar.
dit gaan dan n effek op sy leeftyd he.
Dit hang af watse batterye en inverter jy het. Met my eie sisteem het ek 14kW se batterye. Hiervan cycle ek daagliks 60% na sononder. Dit laat my met 20% vir backup as ons laat die nag of vroeg oggend loadshedding het. Die laaste 20% bly in die battery agter.
Die Axpert reeks inverters het nie die vermoeë on ongrid en offgrid settings vir discharge te stel nie.
Ek het n 3.5 kwh batterry en n 5kw deye inverter met 8 panels.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Fri Apr 09, 2021 5:10 am
by Nella
Pvdw wrote: Thu Apr 08, 2021 6:27 pm
Die Axpert reeks inverters het nie die vermoeë on ongrid en offgrid settings vir discharge te stel nie.
Hoe bedoel mnr dan nou mnr?

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Fri Apr 09, 2021 5:19 am
by Nella
Pvdw wrote: Thu Apr 08, 2021 6:34 pm
Gister en vandag die Alpha 5kW as sub kontrakteur in Nylstroom gaan insit. Die eenheid vertoon regtig mooi. Ek is egter nie mal oor die setup en funksies nie. Vir dieselfde geld dink ek dat Goodwe en SunSync 'n beter opsie is.
Soos altyd...n baie netjiese instelasie.
Lyk amper asof daai unit buite staan, ek neem aan daars n polycarbonate dak oor?
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Fri Apr 09, 2021 6:30 am
by Pvdw
Nella wrote: Fri Apr 09, 2021 5:10 am
Pvdw wrote: Thu Apr 08, 2021 6:27 pm
Die Axpert reeks inverters het nie die vermoeë on ongrid en offgrid settings vir discharge te stel nie.
Hoe bedoel mnr dan nou mnr?
Hennie, die paar Axperts wat ek al mee gewerk het(met die klem op paar) kan jy die cutoff Volts vir die batterypak stel net op 1 plek. Dit sê vir my dat die stelsel die batrerye na sononder begin gebruik tot en met 'n sekere punt ongeag of die grid aan of af is. Dus kan hy nie die batterye gebruik tot op 'n sekere punt terwyl die grid nog aan is en dan die res gebruik slegs as die grid wegval nie. Help my as ek verkeerd is asb?
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Fri Apr 09, 2021 1:40 pm
by Nella
Ek en Peet het klaar gesels...maar net om die vraag op die forum ook te beantwoord.
Jou Mercer/Axpert/kodak inverter se verstellings werk as volg
Op sy programering onder verstelling 12 is die opsie daar om te besluit op watse battery spanning wil jy hê die inverter moet terug skakel na eskom of selfs n kragopwekker toe. ( ja hulle het n funksie om n kragopwekker te kan aanskakel)
Onder verstelling 13 stel jy weer op watse battery spanning die omsetter moet terug gaan battery krag toe.
Nou die funksie werk volgens jou waardes slegs solank daar bv eskom beskikbaar is.
Indien daar nie eskom beskikbaar is nie ..val verstelling 12 weg en dan word die waardes toegepas wat jy dan onder verstelling 29 moet doen.
Maar Peet is in n mate reg met sy oorspronklike stelling.
Dit kan gestel word maar nie naastenby so fyn soos n sunsynk bv nie
Die genoemde omsetter op verstelling 12 en 13 se waardes spring met 1volt op die 5kw eenhede. En daai is n masiewe sprong vir n li-ion battery.
Die verstelling op 29 stel wêl met 0.1volt op n slag wat baie beter is.
Lang storie kort
Jy kan die omsetter opstel om bv nie die battery laer as 52volt te trek nie maar sodra eskom weg val dan sal die "low dc cut off value " op verstelling 29 in werking kom.
Hoop dit maak sin.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Mon Apr 26, 2021 7:08 pm
by Nella
IMG-20210426-WA0020.jpg
Baie dankbaar teenoor ons VADER vir die "stelseltjie"

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Mon Apr 26, 2021 7:18 pm
by Toyrsi
Magtig Hennie. Besig met n meneer van n instalasie.
Wys as jy klaar is
Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Wed May 05, 2021 3:55 pm
by Bosvark34
Goeie Dag Mnre,
Ek is opsoek na so 'n paneel. Die fisiese grootte is van kardinale belang.
is daar iemand op die forum wat kan help?
Groete.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Thu May 06, 2021 1:34 pm
by Pvdw
Bosvark34 wrote: Wed May 05, 2021 3:55 pm
Goeie Dag Mnre,
Ek is opsoek na so 'n paneel. Die fisiese grootte is van kardinale belang.
is daar iemand op die forum wat kan help?
Groete.
Nie 1 van my verskaffers het so iets nie.
Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings
Posted: Tue Jun 01, 2021 2:46 pm
by JJV
Ek wil graag weet of mens 48v DC van die nuwer lithium batterye kan trek? Ons het tans 36v sisteem met led DC ligte, wil net weet of ek met die DC ligte sal kan aangaan as ek oorskakel Lithium toe?
Sent from my iPhone using Tapatalk