Page 11 of 50

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Wed Feb 17, 2021 6:53 pm
by OosKaapJagter
Artikel 24(4) van die Vuurwapenwet 60 van 2000 bepaal uitdruklik dat indien jou hernuwingsaansoek betyds (minstens 90 dae voor vervaldatum) ingehandig is, bly jou lisensie geldig totdat die aansoek oorweeg is.

Hou dus jou ou lisensie byderhand, saam met die kwitansie of SMS dat jou hernuwingsaansoek ingedien is. Indien jy wil, kan jy ook 'n uittreksel van artikel 24 uitdruk en byderhand hou.

Indien 'n hardekwas polisielid jou steeds wil arresteer, kan jy begin sommetjies maak oor die bedrag waarvoor jy vir hom en die minister met die hoed gaan dagvaar.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Wed Feb 17, 2021 7:14 pm
by JDKey
Het hernuwing van 30-06 Oct 2020 ingedien en kaartjie begin Feb 2021 ontvang. Ook 2 nuwe aansoeke saam ingegee maar geen woord daarvan tot dusver.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Feb 18, 2021 9:16 am
by PWV
Het altyd hierdie skakel gebruik om die vordering van my aansoek te volg. Nou wil die ding skielik nie oopmaak nie. Sabotasie???

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Feb 18, 2021 10:10 am
by hotklou
PWV wrote: Thu Feb 18, 2021 9:16 am
Het altyd hierdie skakel gebruik om die vordering van my aansoek te volg. Nou wil die ding skielik nie oopmaak nie. Sabotasie???

Hy werk nou weer. seker maar besig gewees met opdatering.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Feb 22, 2021 5:32 pm
by Cobus(Cobb)
Manne...wees geduldig...
Ek vandag twee kaartjies gaan haal.....my dag was sommer net lekker van daar af.

Cheers

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Wed Mar 03, 2021 7:39 am
by Lapua
Desember 2020 is daar 3 van my nuwe lisensie aansoeke goedgekeur. Gister was ek ingelig dat my kaartjies nognie by die DFO is nie. Hoe lank nog was my vraag. " Seker nog so paar maande, ons is nie in beheer van die kaartjies nie." Was die antwoord. Dit is net verkeerd!

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Wed Mar 03, 2021 8:46 am
by Riaan Kriel
Riaan Kriel wrote: Wed Jan 06, 2021 2:31 pm
Johan Nel wrote: Wed Jan 06, 2021 2:12 pm
Capt. Oblivious wrote: Wed Dec 09, 2020 12:39 pm Klink my hulle is so 18 000 aansoeke agter
Dis tyd dat hulle nou begin opvang! >:D >:D
Ek het in September 'n aansoek ingehandig wat op 18 Nov by die CFR se kantore ontvang is. Sederdien sit dit net daar...
Ek het 'n aansoek 31 Julie 2020 ingegee.. is die 7de augustus op die stelsel enkodeer... op 20 augustus by provincial gewees en op 1 oktober ontvang by cfr.... niks gebeur of status update sedert 1 oktober nie.. :'(
Sien op die stelsel die lisensie is vrydag 26 februarie 2021 goedgekeur... Nou die wag vir die kaartjie

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sat Mar 13, 2021 4:12 am
by Klein Chris
Soek raad asb
My 30-06 se hernuwings kaartjie gister gekry. Met navraag oor waar my bevoegdheid kaart is, is ek vertel dat dit nog nie uitgereik is nie. Ek het die bevoegdheid saam met die lisensie hernu. Ek benodig die bevoegdheid om vir n 303 aansoek te doen
Wat nou? Moet ek her aansoek doen vir die bevoegdheid of nog wag?

Hoor graag

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sun Mar 14, 2021 7:32 am
by Johan Nel
Is die bevoegdheid goedgekeur? Indien wel dan moet jou DFO vir jou 'n uitdruk gee wat jy dan hou en gebruik soos die kaartjie.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sun Mar 14, 2021 8:52 am
by OosKaapJagter
Ons DFO het onlangs aangedui dat daar nie meer bevoegdheidskaartjies uitgereik word nie. Die uitdruk vervul die rol wat die kaartjie gedoen het. Dit is glo 'n kostebesparingsmaatreël.
Het enigiemand anders al sulke inligting gekry?
Indien wel so is dit dalk 'n idee om die uitdruk te laat lamineer. Dit hou ten minste langer so.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sun Mar 14, 2021 9:35 am
by Lategan1
Soos Johan sê, jy vra vir A4 uitdruk.

Ons kantoor doen dit reeds vir 3-jaar+ so. Ek was onder die indruk dit geld vir die hele land.

My drukstuk het geen vervaldatum op soos die kaartjies nie, vreemd.

Beste.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sun Mar 14, 2021 12:40 pm
by afrikanerbloed
Ons DFO het onlangs aangedui dat daar nie meer bevoegdheidskaartjies uitgereik word nie. Die uitdruk vervul die rol wat die kaartjie gedoen het. Dit is glo 'n kostebesparingsmaatreë

Dieselfde hier.
Lyk my hulle het op ink ook probeer spaar.Dit is so n vaag, dowwe storie dat jy amper dit nie kan lees nie.
Sit hom maar mooi erens weg.
Ek glo darem jy sal nog n print out kan kry.
Johan

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Mar 15, 2021 2:59 am
by Klein Chris
Johan Nel wrote: Sun Mar 14, 2021 7:32 am Is die bevoegdheid goedgekeur? Indien wel dan moet jou DFO vir jou 'n uitdruk gee wat jy dan hou en gebruik soos die kaartjie.
Met my laaste navraag in Februarie was alles in orde
Sal n lisensie uitgereik word as daar fout is met die bevoegdheid?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Mar 15, 2021 8:30 am
by Blink Stefaans
Ek het n aansoek ingehandig die 18de Desember.
Die aansoek is nog nie eers op die sisteem gelaai nie.
kan ek aandring dat hulle die 3 maande aftrek van die 120 dae?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Mar 15, 2021 12:30 pm
by heywillie
Aansoek vir 375 Ruger ingegee 6 Augustus 2021.
93 werksdae lank by CFR gelê.
Sopas SMS ontvang dat hy goedgekeur is.
Hele proses het 153 werksdae gevat.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Mar 15, 2021 12:42 pm
by Hennie van der Merwe
heywillie wrote: Mon Mar 15, 2021 12:30 pm Aansoek vir 375 Ruger ingegee 6 Augustus 2021.
93 werksdae lank by CFR gelê.
Sopas SMS ontvang dat hy goedgekeur is.
Hele proses het 153 werksdae gevat.
Baie geluk. Jy is ook baie gelukkig.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Mar 15, 2021 12:55 pm
by Frederik
Manne by Garsfontein DFO, my 3 hernuwings is begin November goedgekeur geen SMS oor kaartjies nie vat toe 'n kans vandag mors 1 1/2 uur van my lewe om te kyk vir my kaartjies. Al 3 was daar en is al daar vanaf 23 Desember 2020.
Geen sms ontvang oor een van die kaartjies nie en daar is bokse vol wat afgehaal moet word.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Mar 15, 2021 4:20 pm
by Johan Nel
Klein Chris wrote: Mon Mar 15, 2021 2:59 am
Johan Nel wrote: Sun Mar 14, 2021 7:32 am Is die bevoegdheid goedgekeur? Indien wel dan moet jou DFO vir jou 'n uitdruk gee wat jy dan hou en gebruik soos die kaartjie.
Met my laaste navraag in Februarie was alles in orde
Sal n lisensie uitgereik word as daar fout is met die bevoegdheid?
Chris,
Ek moes hernuwing doen van my bevoegdheid saam met 'n aansoek vir 'n nuwe lisensie vir 'n geweer. Die lisensie is goedgekeur voordat die heraansoek goedgekeur is, altans op die stelsel. Ek het 'n uitdruk van die bevoegdheid gekry op navraag, en my lisensie vir my geweer gekry. "n Maand of wat later het ek weer gaan navraag doen oor my bevoegdheid se kaartjie en toe was dit ook daar by die stasie. Volgens my inligting word kaartjies vir bevoegdheid nog steeds uitgereik. Daar is geen vervaldatum op die uitdruk of die kaartjie nie, slegs 'n uitreikdatum.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Mar 16, 2021 6:16 am
by Klein Chris
Dankie Johan
Nou bietjie meer gerus

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Mar 16, 2021 4:10 pm
by Blink Stefaans
Ek het van vanoggend die dfo gereeld probeer bel. Vanmiddag antwoord hulle die foon.
Ek vra toe wat die storie is met my aansoek wat nog nie eers op die sisteem gelaai is ni3. Hulle vertel my dat hulle drie maande agter is. Ek se toe vir hulle dat die aansoek al reeds drie maande by hulle lê. Dis toe n geskarrel om die aansoek te vind. N rukkie later bel ek weer toe vertel hulle my dat hulle nou besig is met my aansoek.
Dit is nou al langer as drie maande en die aansoek is nog nie eers op die sisteem nie. Is daar iets wat mens kan doen daaromtrent? Dit is al klaar 65 werks dae

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Mar 16, 2021 5:18 pm
by Carlc
Byt op jou tande want hulle vee hulle sterre aan ons af. Pasop net vir te hard raas met jou dfo. Hulle het ongelukkig nog die hef in die hand en kan jou aansoek net laat verdwyn.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 26, 2021 8:24 am
by Riaan Kriel
Riaan Kriel wrote: Wed Mar 03, 2021 8:46 am
Riaan Kriel wrote: Wed Jan 06, 2021 2:31 pm
Johan Nel wrote: Wed Jan 06, 2021 2:12 pm
Dis tyd dat hulle nou begin opvang! >:D >:D
Ek het in September 'n aansoek ingehandig wat op 18 Nov by die CFR se kantore ontvang is. Sederdien sit dit net daar...
Ek het 'n aansoek 31 Julie 2020 ingegee.. is die 7de augustus op die stelsel enkodeer... op 20 augustus by provincial gewees en op 1 oktober ontvang by cfr.... niks gebeur of status update sedert 1 oktober nie.. :'(
Sien op die stelsel die lisensie is vrydag 26 februarie 2021 goedgekeur... Nou die wag vir die kaartjie
Vanoggend die SMS gekry dat die lisensiekaartjie is by die DFO.. sopas gaan haal ++>:

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 26, 2021 12:14 pm
by J le Roux
Ek het Dinsdag 'n aansoek ingedien vir nog 'n 30-06 . Na mooipraat het ek 'n bergingspermit vir 1 jaar gekry, die DFO het gese ons moet maar hoop dit is lank genoeg...

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 26, 2021 2:51 pm
by Pierre1
My aansoek het darem gister beweeg na "consideration" en ek het ingedien op 02 Sep 2020...

Hulle hanteer blykbaar nou Sep/Okt 2020 se aansoeke.

Vasbyt manne en maninne.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Mar 26, 2021 3:47 pm
by Theunodb
Myne ook gister in consideration ingegaan! En sopas die APPROVED sms gekry


Sent from my iPhone using Tapatalk