Page 11 of 20

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepas

Posted: Tue Feb 11, 2020 5:38 pm
by Hein M.
Thunderhead wrote: Mon Mar 11, 2019 7:49 am Goeie more ek wil maar ook weg beweeg van Eskom af het gas stoof en nou wil ek gas geyser koop maar nie seker wat se een nie. Enige raad?
Groete Pieter
Wil ook weet...

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Wed Feb 12, 2020 12:07 pm
by Plaashaas
Cyon wrote: Thu Jan 30, 2020 8:47 am Ek sien hoe daar geen voorraad gaan wees nie en ook pryse gaan klim.
Wat is julle sê hier oor?
Die Load shedding help verseker nie maar nou is daar nog n faktor, invoere vanaf China met die Corona Virus. ???

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Wed Feb 12, 2020 2:11 pm
by Blitzzz
Ek het self my tank geyser met n paloma vervang en was maar skepties oor die hitte en dan die water druk vooraf. Ek kan nie vir een oomblik kla nie. Die paloma hou die temperatuur en druk konstant.

Van hier af wil ek nou solar doen vir die res. Nou my vraag:

Ek bly in n ou huis met baie spasie in die dak en gedink om my inverter en batterye in die dak te stoor. Dink julle dit kan n probleem veroorsaak?

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Wed Feb 12, 2020 6:15 pm
by Nella
Blitzzz wrote: Wed Feb 12, 2020 2:11 pm Ek bly in n ou huis met baie spasie in die dak en gedink om my inverter en batterye in die dak te stoor. Dink julle dit kan n probleem veroorsaak?
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Inverters en batterye hou nie baie van warm kry nie.
Stof het ook n negatiewe inpak.

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Wed Feb 12, 2020 9:35 pm
by Pvdw
Nella wrote: Wed Feb 12, 2020 6:15 pm
Blitzzz wrote: Wed Feb 12, 2020 2:11 pm Ek bly in n ou huis met baie spasie in die dak en gedink om my inverter en batterye in die dak te stoor. Dink julle dit kan n probleem veroorsaak?
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Inverters en batterye hou nie baie van warm kry nie.
Stof het ook n negatiewe inpak.
Nella is 100% reg. Batterye se lewe en werksverrigting word gespeck op in gemiddelde temp van 25C. Vir elk 10 grage wat die gemiddelde temp opgaan halveer die lewens verwagting van die battery. So op 45grade gemiddelde temp het jy slegs 25% van die speck wat jy op 25grade gehad het.

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Wed Feb 12, 2020 10:01 pm
by Blitzzz
Dankie julle. Ek het so iets verwag.

Ek neem ook aan dat hoe verder ek my krag deur kabels vervoer hoe meer krag verloor ek?

Ek het redelike groot spasie onder my vloere wat koel bly en ek is seker ek kan n plan maak met die stof. Dink julle dit kan n opsie wees?

Met die ouer huis (1904) is die spasie beperk.

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Thu Feb 13, 2020 5:15 am
by Nella
n Goeie en geseënde more aan almal.
Blitzzz jou stelling is 100% korek. Maar gelukkig met die meeste inverters vandag wat se "voc" relatief hoog is , bv 450vdc op die kodak ogx5.48 is dit met die regte dukte dc kabel nie n probleem nie..binne perke natuurlik.
Indien jy maklike toegang tot onder jou vloere het en gereëld hulle skoon gaan maak dink ek onder die vloer sal werk.
Hou ook in gedagte dat jy n ac kabel moet deur kry na jou huis se hoof DB toe, en afstand daar beinvloed ook kabel dukte.

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Fri Feb 14, 2020 9:16 am
by Plaashaas
Nella wrote: Mon Jan 27, 2020 10:49 am Plaashaas.
Daai kodak king het n funksie spesefiek net vir die pylon.
Stel program 5 na pyl toe....konekteer jou kominikasie kabel tussen jou inverter en pylons .
Van daar hoef jy nie verder oor die laai/ontlaai waardes bekommerd te wees nie.
More manne.

Ek het nog 2x US3000 Pylontech gekry. Kan ek hul net in plug en die Master sal alles self uit fugure? Hul gaan sekerlik nie almal op dieselfde SOC wees aan die begin nie?

My maat reken jy konekteer hul net almal met mekaar (Sonder inverter,charger,load) sodat hul eers balance en almal se liggies "SOC" dieselfde is?

Op die master is die eerste Dip switch bo = "1000". Hoe maak ek met battery 2 en 3 in dieselfde bank?

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Wed Mar 11, 2020 1:30 pm
by Basjan123
Hallo al die slim manne !! Net 'n vraag vir julle...........

Ek het 'n 5 KVa Victron met 4 X 48 Volt Batterye wat ek oorspronklik eers as 'n groot UPS gebruik het om my kantoor van krag te voorsien met Loadshedding. Dit het my so 6 ure gemaklik gegee. Ek het toe sonpanele bygesit omdat Eskom die Munispalitiet op Beurt Krag wou sit a.g.v. wanbetaling. My stelsel het toe verander en ek was toe op die Sonpanele met Eskom as backup. Ons ervaar nou al 'n paar dae bewolkte weer so die panele wek nie genoeg krag op om blykbaar die batterye te laai en krag vir die kantoor te gee nie. So nou hardloop ons heeltyd op Eskom want die inverter wys "Mains on". Wat het met die krag gebeur wat die sonpanele gegee het vir die stelsel want die batterye wys al sedert vanoggend af 50 % ?My vraag nou hier is soos volg ( ek en die ou wat die stelsel ingesit het praat by mekaar verby) Kan die stelsel so werk dat indien daar nie genoeg son is om die batterye te laai nie die stelsel hulp van Eskom af kan kry om die batterye te laai? M.A.W. in die nag sal Eskom dan die batterye vol laai want die son skyn mos nie meer nie. Genade hoe meer ek hier lees hoe meer grieks klink dit vir my self!!!

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Wed Mar 11, 2020 7:44 pm
by Pvdw
basjan watse "asistant" het julle vir die opstelling gebruik? As jy op ESS opgestel is sal jy dit wat jy wil doen kan doen.

Die sisteem werk dan so dat pv eerste gebruik word en dan batterye en laastens Eskom. Mens kan hom egter ook stel om batterye altyd vol te hou en slegs te gebruik as grid wegval.

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Thu Mar 12, 2020 6:07 am
by Basjan123
Pvdw wrote: Wed Mar 11, 2020 7:44 pm basjan watse "asistant" het julle vir die opstelling gebruik? As jy op ESS opgestel is sal jy dit wat jy wil doen kan doen.

Die sisteem werk dan so dat pv eerste gebruik word en dan batterye en laastens Eskom. Mens kan hom egter ook stel om batterye altyd vol te hou en slegs te gebruik as grid wegval.
Hallo Pvdw, dankie vir reply, ekt egter geen idee en sal die man moet vra. Hyt wel gese hy sal rond "speel" met die settings en dit uitsort. Ek dink hy is nog miskien 'n bietjie nuut in die game en onervare of iets? Ek kan nie sy werk andersins fouteer nie, als pynlik netjies gedoen.

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Wed Mar 18, 2020 10:24 am
by Willie
Ek sien die Pylontech batterye is taamlik skaars. Watter alternatief stel julle voor ?

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Sun Mar 22, 2020 11:17 am
by Morkel
Nella wrote:Hiers n instelasie wat ek nou onlangs klaar gemaak het in Namibia.
30 x 280w Ja panele. ...2 x 5kw Kodak king inverters en 3 x 3.5kw pylons li-ion batterye.
Als in gesluit met 4000km se vervoer en invoer belasting ..R168 000.
Stelsel hardloop n koelkamar wat 2.2-2.6 kw trek gemaklik.
IMG-20200114-WA0014.jpg
IMG-20200114-WA0017.jpg
IMG-20200114-WA0009.jpg
More Nella, en al die slim mense wat kan saam praat. Ek bly op Sondags Rivier so 40km buite PE. My huis het hierdie masjien/ inverter in gehad maar ek het nie eens geweet wat dit is nie.
Getrek uit Jhb en die inverter saam gebring. Ek weet niks van die vak gebied.
Ek sit photo van inverter op.
My pel het in dorp vir hom tesla powerwl geinstaleer. Sy instalasie kos homR480k om sy huis te hardloop.

My vraag aan julle,
Kan ek die inverter gebruik huis is enkel fase.
Wat is tipiese instalasie behoefte
En wat sal dit kos om nie op Eskom te vertrou

Tx
IMG_9199.jpg
IMG_9200.jpg

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Sun Mar 22, 2020 1:14 pm
by Heinds
Willie wrote:Ek sien die Pylontech batterye is taamlik skaars. Watter alternatief stel julle voor ?
Jy kan dyness ook gebruik. Selfde ding basies.

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Mon Mar 23, 2020 7:38 am
by Plaashaas
Blazer wrote: Sun Mar 22, 2020 11:17 am My vraag aan julle,
Kan ek die inverter gebruik huis is enkel fase.
Wat is tipiese instalasie behoefte
En wat sal dit kos om nie op Eskom te vertrou
Daai inverter het nie die opsie vir Son panele nie. Dus n UPS. Jy gaan jou batterye charge met eskom of Generator so daar is geen opsie van besparing nie. Slegs gemak gedurende beurt krag

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Mon Mar 23, 2020 7:42 am
by Willie
Heinds wrote: Sun Mar 22, 2020 1:14 pm
Willie wrote:Ek sien die Pylontech batterye is taamlik skaars. Watter alternatief stel julle voor ?
Jy kan dyness ook gebruik. Selfde ding basies.
Dankie. Ek is maar net versigtig om enige "vreemde" batterye te koop, want dit is 'n groot deel van die belegging wat lank sal moet hou.

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Mon Mar 23, 2020 7:50 am
by Plaashaas
Willie wrote: Mon Mar 23, 2020 7:42 am
Heinds wrote: Sun Mar 22, 2020 1:14 pm
Willie wrote:Ek sien die Pylontech batterye is taamlik skaars. Watter alternatief stel julle voor ?
Jy kan dyness ook gebruik. Selfde ding basies.
Dankie. Ek is maar net versigtig om enige "vreemde" batterye te koop, want dit is 'n groot deel van die belegging wat lank sal moet hou.
Ek is maar n "Pylontech fanboy". Wat my sal bekomer is die integrasie met inverters. Meeste Inverters se software maak nou al voorsiening vir Pylontech met die regte kabels en port. Die Pylontech se BMS werk dan mooi saam met die inverter

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Mon Mar 23, 2020 9:37 am
by Willie
Lyk my my 2de keuse vir beskikbare batterye is die Blue Nova. Ek hoop nou maar dit gaan goed saam met die Kodak Axpert King werk. Wonder of iemand al die kombinasie probeer het ?

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Mon Mar 23, 2020 10:42 am
by Vleisie
Wat is julle opinie oor die Revov 2nd Life Batterye wat nou so die rondte doen? Ek vind hulle baie as mens na Lithium batterye soek online en ek sien ook baie van die verskaffers gee 10 jaar waarborg op daardie batterye.
Interme van R/kwh is hulle baie goed geprys, wat my laat wonder oor die 10 jaar waarborg.

Sover ek kan vind is die algemeenste batterye Pylontech,Solar MD, Blue Nova, Dyness en Shoto.

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Mon Mar 23, 2020 4:20 pm
by Nella
Blazer wrote: Sun Mar 22, 2020 11:17 am
Nella wrote:Hiers n instelasie wat ek nou onlangs klaar gemaak het in Namibia.
30 x 280w Ja panele. ...2 x 5kw Kodak king inverters en 3 x 3.5kw pylons li-ion batterye.
Als in gesluit met 4000km se vervoer en invoer belasting ..R168 000.
Stelsel hardloop n koelkamar wat 2.2-2.6 kw trek gemaklik.IMG-20200114-WA0014.jpg
IMG-20200114-WA0017.jpg
IMG-20200114-WA0009.jpg
More Nella, en al die slim mense wat kan saam praat. Ek bly op Sondags Rivier so 40km buite PE. My huis het hierdie masjien/ inverter in gehad maar ek het nie eens geweet wat dit is nie.
Getrek uit Jhb en die inverter saam gebring. Ek weet niks van die vak gebied.
Ek sit photo van inverter op.
My pel het in dorp vir hom tesla powerwl geinstaleer. Sy instalasie kos homR480k om sy huis te hardloop.

My vraag aan julle,
Kan ek die inverter gebruik huis is enkel fase.
Wat is tipiese instalasie behoefte
En wat sal dit kos om nie op Eskom te vertrou

TxIMG_9199.jpg

IMG_9200.jpg

Sent from my iPhone using Tapatalk
Middag Blazer.
Daai is n "tranformer base inverter" van MLT
Baie goeie produk.
Dis n 12kw eenheid wat n 48v battery bank benodig.
Hy het n ontsaglike groot ac charger in so jy kan groot bank battery laai met hom.
Jy gaan n aparte regulator/charger eenheid benodig om solar panele op hom te Koppel maar daai is ook maklik.
In kort n baie goeie inverter...net otter swaar🤣

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Thu May 14, 2020 4:06 pm
by Willie
Ek sien grendeltyd hou die draad ook vas. Ek hoop iemand het ondervinding van GoodgWE en kan dit met my deel groot asb.
Ek kyk na die GW5048D-ES. Volgens die funksies wat dit kan doen is dit grootendeels wat ek benodig (grid-tide, grid-assist en onafhanklik, met of sonder batterye). En dan is dit NOU beskikbaar. Klink amper te goed om waar te wees.
Enige raad voor dit uit verkoop is of voor ek geld mors ????

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Thu May 14, 2020 4:36 pm
by Pvdw
Willie wrote: Thu May 14, 2020 4:06 pm Ek sien grendeltyd hou die draad ook vas. Ek hoop iemand het ondervinding van GoodgWE en kan dit met my deel groot asb.
Ek kyk na die GW5048D-ES. Volgens die funksies wat dit kan doen is dit grootendeels wat ek benodig (grid-tide, grid-assist en onafhanklik, met of sonder batterye). En dan is dit NOU beskikbaar. Klink amper te goed om waar te wees.
Enige raad voor dit uit verkoop is of voor ek geld mors ????
Willie ek het presies daai GOODWE in my eie huis. Werk soos 'n droom!! Die alternatief is die KODAC Hybride 4.6kW eenheid. Beide kos basies dieselfde. Ek ondervind net dat die KODAC invoerders de backup diens en onderdele effe beter hanteer word as die GOODWE sin.

Ek sal beide met 'n smile insit.

Gee my 'n lui dan gesels ons. Ek kan ook beide vir en alle komponente vir jou kry as jy sou belang stel.

Peet

Nul82 nege203 978

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Mon Jun 08, 2020 7:41 pm
by Willie
Ek het n Kaco 20 kw 3 fase inverter met 36 X 360 wat panele op gesit so maand terug. Dit spaar so omtrent die helfte van my Eskom gebruik vir my boorgat pompe.

Daarna is die Goodwe GW5048-EM nou so 'n dag (aan en af) in met 11 X 360 kw panele. Daarmee hoop ek om 'n groot gedeelte van my huisverbruik ook aan te spreek . Wanneer daar ordentlike batterye by die outjie is behoort beurtkrag ook geen impak op ons te maak nie.

Dankie vir almal wat raad en bystand gegee het .

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Mon Jun 08, 2020 9:09 pm
by Pvdw
Willie wrote: Mon Jun 08, 2020 7:41 pm Ek het n Kaco 20 kw 3 fase inverter met 36 X 360 wat panele op gesit so maand terug. Dit spaar so omtrent die helfte van my Eskom gebruik vir my boorgat pompe.

Daarna is die Goodwe GW5048-EM nou so 'n dag (aan en af) in met 11 X 360 kw panele. Daarmee hoop ek om 'n groot gedeelte van my huisverbruik ook aan te spreek . Wanneer daar ordentlike batterye by die outjie is behoort beurtkrag ook geen impak op ons te maak nie.

Dankie vir almal wat raad en bystand gegee het .
Willie man maar jy vorder.

Ja as jy so tussen 7 en 10kW se litiums daar bysit maak daai paket sommer baie sin. Geniet dit.

Re: Kom ons gesels bietjie solar/son krag stelsels en toepasings

Posted: Tue Jun 09, 2020 9:31 am
by Willie
Ek het gedink die Pylontec us2000b (2.4 kWh) sal vir nou genoeg wees as Eskom net 2 ure per dag beurtkrag het ?
Kan mos later 'n 2de en derde 2.4 by sit. Lyk my die 2.4 is so +- R500 duurder per kWh maar sielkundig is dit makliker om 18000 uit te gee eerder as R25000