Page 11 of 11
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Posted: Tue Sep 03, 2013 2:44 pm
by Arnold
Jy kan hier so vinnig 'n idee kry
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=140&t=23812
Gong skiet op afstande wat wissel tussen 500 en 1300m

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Posted: Tue Sep 03, 2013 2:51 pm
by Jean Marais
Dankie Arnold
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Posted: Tue Sep 03, 2013 3:09 pm
by Kalahari
Arnold wrote:Kalahari, ja en nee. Ammo temperatuur beinvloed die trompsnelheid maar nie die koeëlbaan nie. Jy mag dalk dieselfde trompsnelheid kry maar as die eksterne kondisies verskil gaan jy om daai rede op 'n ander plek skiet met dieselfde ammo.
Dankie Arnold, dan sal dit tog sekerlik werk om soveel moontlik jou ammo temp te probeer reguleer en beheer om dan een veranderlike uit te skakel? Ek weet dit is bietjie mogge troffe, maar dit kan seker gedoen word.
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Posted: Tue Sep 03, 2013 3:11 pm
by Arnold
Dit is baie makliker om daarvoor te kompenseer as om dit te probeer reguleer. Hoe stel jy voor reguleer jy jou ammo temperatuur?
Prakties is dit nie haalbaar nie.
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Posted: Tue Sep 03, 2013 3:29 pm
by Kalahari
Arnold wrote:Dit is baie makliker om daarvoor te kompenseer as om dit te probeer reguleer. Hoe stel jy voor reguleer jy jou ammo temperatuur?
Prakties is dit nie haalbaar nie.
Nee, ek stem Arnold, dit sal moeilik wees. Koelhouer met ysblokke in ens, thermometer. Ammo in lap toegedraai om nie direk met die ys kontak te maak nie? Soos ek gesê het: mogge troffe
Hoe jy gaan kompenseer: moet jy die trompsnelheid gaan meet in die verskillende temp wisselings? maw jy moet met skommelings in temp gaan skiet om by elke sê 5 grde verskil 'n trompsnelheid lesing te kry en die dan by jou ballistic app invoer? Of is dit info wat jy uit jou ballistic app kan kry?
Verskoon maar as dit na simple vraag klink, ek leer (probeer) nog die langafstand ding so meegaande met die lesery.
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Posted: Tue Sep 03, 2013 3:46 pm
by Arnold
Jy moet die verskil in trompsnelheid teenoor temperatuur meet ...
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Posted: Tue Sep 03, 2013 6:07 pm
by Kalahari
Dankie Arnold
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Posted: Tue Sep 03, 2013 6:59 pm
by Chrisjan
Ek stem saam, maak 'n lys van dinge wat jy onseker is, en gaan toets dit een dag op die skietbaan.
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Posted: Wed Sep 04, 2013 11:17 am
by Hercules Louw
Goeie môre manne
Ek het die resultate van die afgelope langafstand skietkompetisie op die SA Jagters Skietforum onder die Jongste Nuus opskrif geplaas.
Kliek hier om te besigtig.
http://www.sahunters.co.za/shootingforu ... &Itemid=55
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Posted: Wed Sep 04, 2013 11:19 am
by Eugene
Dankie Hercules!
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Posted: Sun Aug 31, 2014 12:25 pm
by Jan Nel
Enige nuus oor gister se kompetisie? Uitslae ens?
Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis
Posted: Sun Aug 31, 2014 10:26 pm
by Vaalboer
Weereens n lekker dag gewees! Dankie vir die reelings Hercules!