Ultimate probleemdier beheerder

User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by JACQUES BOTHA »

Oom leeu:
Ek voel nou meer skuldig dat ek so lank weg was....
Ek het niks hiermee te doen nie...
Net Bly OM MET VARS NUUS IN DIE HUIS IN TE VAL..
mooi bly...
JB
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by Louis102 »

JACQUES BOTHA wrote: Oom leeu:
Ek voel nou meer skuldig dat ek so lank weg was....
Ek het niks hiermee te doen nie...
Net Bly OM MET VARS NUUS IN DIE HUIS IN TE VAL..
mooi bly...
JB
Jakes

Nee man, ons mis jou geselsskap.  Jy kan mos nie so dros sonder taal of tyding nie!!  Het jy regtig niks interessante nuus daar by UOVS opgetel nie?  Kan nie glo die manne hou dinge so waterdig nie!

Groetnis
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by JACQUES BOTHA »

Taffie.
Soos ek hom ken beproef en beplan en bevoel hy eers deeglik nuwe idees en innovasies...
so ek wag in spanning om die man se toestelle , uitvindsels ens  te sien hoor ens..
groete ou taffie
JB
Shoot straight and tell the truth!
tafjak

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by tafjak »

Louis/Ambessa en ander

Die roker kom nou die dag met die stuk ding hier aan. Watse gedoente is dit nie. Kon darem so paar jakkalse en een kat die dag daar omrol.

Freddie

Daar in Tarkastad sal die honne huil. Die gedoente gebruik 'n tipe van konkoksie wat dwemlmiddel in aas vrylaat. Die dier kry dit in en is dan gedisori?nteerd en glo vreeslik dors. Die toets word gedoen met verskillende aas vir sekere tye van die jaar. Die afgelope 7weke is dit gebruik in 'n 42 000 hektaar reservaat en die getal diere(jakkalse en katte) gedood staan op 143 vir die 42 000 hektaar. Dit is terselfdertyd ook nader aan die Sondagsriviermond beproef en daar was die dodetal rondom 180(kan presies onthou nie, was nie self daar nie). Wou toe weet hoekom daar so min improvement was, hulle antwoord toe dat die tenk so gou leeg geword het met die ho? populasie van roofdiere daar, dat meer van die toestelle per 1000hektaar daar aangewend behoort te word en dit meer besoek moet word om voorraad in die tenkie aan te vul. Wat interresant is, daar was tot bruin hyenas tussen die dooie diere.

Hoe meer dae hoe meer dinge.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by Louis102 »

tafjak wrote: ...Die roker kom nou die dag met die stuk ding hier aan. Watse gedoente is dit nie...
Tafjak

Die man het nie miskien laat val waar die geld vir die projek vandaan kom nie?  Ek het 'n vo?ltjie hoor fluit, maar is nie seker of dit kan waar wees nie?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by Dawie »

Taffie

Ek en my broer wil graag ten minste 50 van daai goed bespreek as dit nie te duur is nie,  wanner die ding nou eers getoets en goedgekeur is natuurlik.  Moet my asb nie vergeet nie,  as julle agente soek hier onder moet my ook nie vergeet nie.

Dwelmmiddel s? jy ipv gif?  So die diertjies vrek op 'n plak,  maw  lei nie.

Kojak
tafjak

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by tafjak »

Kojak
Dawie wrote:
Dwelmmiddel s? jy ipv gif?  So die diertjies vrek op 'n plak,  maw  lei nie.
Die een enkele aspek wat die wettigheid van die projek laat deur seil het!
Dawie wrote: van daai goed bespreek as dit nie te duur is nie,  wanner die ding nou eers getoets en goedgekeur is natuurlik.
Die projek op sig self is al in vroeg Februarie goedgekeur, die toestel se sticker is op en kos nie veel nie(na wat ek verneem). Dieselfde as met rekenaar printers, die printer kos feitlik niks, maar die refill is so ietsie duurder. Die effektiewiteit van die lok/delmmiddel is die die uiteindelike wenner. My voete maak al vuiste van lekkerkry!

Louis

Ja, dit is 'n teer sakie. Ek kyk eers daar verby en wil nie in politiek betrokke raak nie, soos die slimmanne altyd s? "As die ding voordele inhou, vra jy nie waar die fondse vandaan kom nie en wie daarby so ietsie gaan maak nie." Sal jou PM, maar kan die ander manne so ietsie voer. Dit het met manne soos Schaik en Zoem-Zoem te doen. Glo die een se kinders se voordeel.

Mooiloop
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by Louis102 »

tafjak wrote: ...My voete maak al vuiste van lekkerkry!...
Tafjak

N.a.v. die aanhaling hierbo het ek gewonder of jy nie ook van die lokmiddel/dwelmmiddel ingekry het nie?  Jy't nie ook bietjie ingeasem om die effek op die mens te toets nie?  En as jy het, het jy ook baie dors geword?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by tafjak »

Louis
gewonder of jy nie ook van die lokmiddel/dwelmmiddel ingekry het nie?
Nee, aan darie goed snuif/lek ek nie. As ek lus vir 'n bier is, eet ek sommer sout.

Ek sien hulle sit/plant die toestel in 'n dooie prooidier(springbok, steenbok, ribbok en skaaplam) met die uitlaat/vloeistoffie net-net aan die buitekant. Die skaaplam het die beste resultate gelewer, maar die manne reken dat wild darem goedkoper sal wees. Omdat ek glo dat katte en jakkalse nie sommer aas nie, die middel baie goed die nuuskierigheid van die roofdier prikkel en vandaar die groot sukses van die projek.

Die vooruitsigte vir die toestel is ook goed. As die roofdiere 'n weerstand teen dit begin bou, verander jy slegs die middel. Glo nog baie moontlikhede beskikbaar. Ou Louis! hier kom 'n ding.

Mooiloop
Ambessa

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak / Louis102 / almal
tafjak wrote:...sit/plant die toestel in 'n dooie prooidier... ...die uitlaat/vloeistoffie net-net aan die buitekant. Die skaaplam het die beste resultate gelewer... ...vooruitsigte vir die toestel is ook goed. As die roofdiere 'n weerstand teen dit begin bou, verander jy slegs die middel.
Terloops, ek verneem die persoon wat dit hanteer moet as voorsorg wel te alle tye 'n sekere "antidote" by hom/haar dra, want die lokmiddel kan sekere mense wel aantas. Amper iets soos 'n spontane allergie wat glo baie vinnig ontwikkel? Die perd wou egter nie te veel oor die beginsels praat nie. Dat die "toestel" effektief is, daaroor was die perd baie uitgesproke. Wou bittergraag self die toestel sien en bekyk, maar daar het die perd weer vinnig toegeslaan en geheimsinnig geword.

Wat gaan julle jagters met al die koele maak wat nou nie meer gebruik hoef te word nie? Smelt en sinkers maak is seker die beste praktiese oplossing vir die baie lood en koper - julle is mos nou besig om in te oefen as vistermanne of hengelaars of party oorweeg om light duty te doen as oppassers van die koelbokste?

Ambessa
Last edited by Ambessa on Thu Mar 18, 2010 12:57 pm, edited 1 time in total.
tafjak

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by tafjak »

Ambessa
Ambessa wrote:Wat gaan julle jagters met al die koele maak wat nou nie meer gebruik hoef te word nie?
Sal maar die koele hou vir wanneer die lokmiddel te duur word. Weet mos dat daar iewers 'n stok in die speek gesteek sal word.
Ambessa

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak
tafjak wrote:...die koele hou vir wanneer die lokmiddel te duur word. Weet mos dat daar iewers 'n stok in die speek gesteek sal word.
Kan nog nie mooi verstaan waarom die lokmiddel(s) nie as 'n gif beskou word nie. Iewers is daar seker deur iemand op die papierwerk geslip?

Ambessa
Last edited by Ambessa on Thu Mar 18, 2010 1:04 pm, edited 1 time in total.
tafjak

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by tafjak »

Ambessa
Ambessa wrote: Kan nog nie mooi verstaan waarom die lokmiddel(s) nie as 'n gif beskou word nie. Iewers is daar seker deur iemand op die papierwerk geslip?
Dit is verseker nie geklassifiseer as "gif" nie, jy moet nog self die "bedwelmde" opspoor en vankant maak. Gelukkig dwaal hulle om die naaste water rond en gevolglik baie maklik om in die hande te kry. Die rede is om onskuldige diere oor te laat om self weer hul pad te vind. Die mooiheid van die middel spreek dan vanself en daarom die maklike wettig maak daarvan.

As die diere die middel inkry, bly dit aktief vir omtrent 18ure op jakkalse en katte. By groter roofdiere soos hyenas, leeus, luiperde ens. sal dit 'n korter "lewensduur" h?. Dit blyk ook dat daar geen newe-effekte oor gehou word nie en sodoende word nie met enige ritmes ingemeng nie.

Ek dink die ontwerp is "fool proof" en sal moeilik teenkanting kry van ouens soos Bool en sy maters. Teenkanting sal ook dan nie enige wetgewing kan beinvloed nie, omdat dit beheerbaar is en geen onskuldige diere die onderspit sal delf nie.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by Mac »

Taffy,
en sal moeilik teenkanting kry van ouens soos Bool en sy maters.
Wanna bet?
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by JACQUES BOTHA »

TAFFIE
mmmm die nuwe toestelle kan n man n paar bestel en dan weer uithuur aan die boere en so vergoed word vir jou dienste,As ek kyk na die boubedryf waar die manne groot geld maak met uithuur van toerusting ens, Ek wil 25 bestel ...uithuur en laat die boer dan die jakkalse self van kant maak en jou net die huur betaal. Sodoende gaan my loop langer hou en ek nie sleg voel as ek jong jakkalse moet van kant maak nie...
Groetnis
JB 
Shoot straight and tell the truth!
Ambessa

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak
tafjak wrote:...Dit is verseker nie geklassifiseer as "gif" nie, jy moet nog self die "bedwelmde" opspoor en vankant maak... ...rede is om onskuldige diere oor te laat om self weer hul pad te vind... ...die ontwerp is "fool proof" en sal moeilik teenkanting kry van ouens soos Bool en sy maters. Teenkanting sal ook dan nie enige wetgewing kan beinvloed nie, omdat dit beheerbaar is en geen onskuldige diere die onderspit sal delf nie.
Amper lus om my laaste sent te wed ou bs gaan hiervan uitvind en dan is alle hel los. Hy en sy pelle gaan iets vind om baie stof op te skop. Geen wonder die perd met wie ek gepraat het, het so vinnig toegeslaan nie.

Hoop die ouens gaan hulle "toestel" patenteer?

Ambessa
Last edited by Ambessa on Fri Mar 19, 2010 2:13 pm, edited 1 time in total.
tafjak

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by tafjak »

Ambessa
Ambessa wrote:Amper lus om my laaste sent te wed ou bs gaan hiervan uitvind en dan is alle hel los. Hy en sy pelle gaan iets vind om baie stof op te skop. Geen wonder die perd het so vinnig toegeslaan nie.
Jy is moontlik reg, maar kan jy die trane in my o? sien.
Ambessa

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by Ambessa »

Hallo JACQUES BOTHA
JACQUES BOTHA wrote:...n paar bestel en dan weer uithuur aan die boere en so vergoed word vir jou dienste,... .. loop langer hou en ek nie sleg voel as ek jong jakkalse moet van kant maak nie...
...klaar die gap gesien en ook gevat... ;D

Ambessa
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by MEERKAT »

Taffie

Wil voorkom asof 'n tipe van voorlopige patent in wording kan kom.

Die goeie vraag is wat gaan word van al ons tools, met daardie bedwelmde goggas sal jy seker nie veel meer nodig het as 'n skippertjie hondjie om hulle uit te snuffel nie.

Binnekort sal daar "snuffel honde topic" moet kom op die forum.

Good luck en jag maar lekker vir die tydjie wat jy nog kan :'( :'( :'(
Knou goggas af
MEERKAT
:'( :'( :'(
tafjak

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by tafjak »

Meerkat
Die goeie vraag is wat gaan word van al ons tools, met daardie bedwelmde goggas sal jy seker nie veel meer nodig het as 'n skippertjie hondjie om hulle uit te snuffel nie.
Ja, lyk my ek sal self 'n pakkie honde moet aanskaf(reeds al 2 van die bonzai waentjies gekry). Kyk maar onder "Jack Russel".
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by Freddie101 »

Tafman
lees nou eers weer hier. Tarkastad kan versker van daardie tools gebruik maak. Sal graag meer  wil weet. So nog meer rede om n draai by my te maak as jy kansie kry. Jy maak my baie nuuskierig.
freddie
yol bolsun
tafjak

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by tafjak »

Freddie

ImageImageImage
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by britsman »

Taffie,
          Boet ----- nou kan ek sien dat daarie goed werk :o :o.Onthou jy het belowe jy sal vir my kry.Groot asseblief.
                HAPPY TIMES ARE HERE AGAIN

    mooi loop,
                  brits
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
tafjak

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by tafjak »

Britsman

Ja, lyk of dit werk. So 3weke gelede se opbrengs in Wild Reservaat en 'n pal van my nie te v?r van die wildplaas nie. Die manne is nogal besig om so paar(toestelle) aanmekaar te slaan, want dit lyk of die goed in aanvraag sal wees.

Mooiloop
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Ultimate probleemdier beheerder

Post by Mac »

Taffie,

Het ek nie erens daardie onderste foto iewers al gesien nie?, een v/d torre se pote begin iewers 'n haartjie raak vat.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Post Reply