iets interessants 5000m geweer

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by Hein M. »

Gerard wrote: [img width=360 height=480]http://www.gsgroup.co.za/15mmrifle1.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://www.gsgroup.co.za/15mmrifle2.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://www.gsgroup.co.za/15mmriflebreak.jpg[/img]

Die GSC deklaag is 'n kombinasie van drie metale en 'n koue plateer proses.  Dit is heeltemal omruilbaar met kaal koe?ls en die beste manier om ons deklaag te hanteer is om te maak of jy dit nie gesien het nie.  Dit is nie nodig om anders as met kaal koe?ls skoon te maak of enigiets anders te begin doen nie.
Dus is dit in orde om die loop "skoon te skiet"?  As die deklaag so onbeduidend is, hoekom is dit daar?

Skuus, net my dom vrae, Gerard...

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by Marc »

Hein M. wrote: As die deklaag so onbeduidend is, hoekom is dit daar?

Skuus, net my dom vrae, Gerard...

Mooiloop!

Hein
Nou wonder ek ook  ??? ??? ??? Aai die forum is 'n lekker plek  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Gerard

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by Gerard »

Dus is dit in orde om die loop "skoon te skiet"?  As die deklaag so onbeduidend is, hoekom is dit daar?
  Hoe kom jy daarby uit?  Ek sukkel om te verstaan waarom jy daardie twee afleidings maak.  Wat het ek ges? wat sou aandui dat lope nie hoef skoongemaak te word waar GSC koeels gebruik word nie?  Hoekom sou 'n deklaag wat geen nadele het (soos vele ander) maar net voordele, onbeduidend wees?
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by Hein M. »

Gerard wrote:
Dus is dit in orde om die loop "skoon te skiet"?  As die deklaag so onbeduidend is, hoekom is dit daar?
  Hoe kom jy daarby uit?  Ek sukkel om te verstaan waarom jy daardie twee afleidings maak.  Wat het ek ges? wat sou aandui dat lope nie hoef skoongemaak te word waar GSC koeels gebruik word nie?  Hoekom sou 'n deklaag wat geen nadele het (soos vele ander) maar net voordele, onbeduidend wees?
Gerard,

Ek maak (weereens) verskoning vir die dom vraag... Ek probeer ook nie opsetlik of snaaks wees nie...

Wat beteken hierdie in Afrikaans vir stadiges:

Dit is heeltemal omruilbaar met kaal koe?ls en die beste manier om ons deklaag te hanteer is om te maak of jy dit nie gesien het nie.  Dit is nie nodig om anders as met kaal koe?ls skoon te maak of enigiets anders te begin doen nie. 

Mooiloop!

Hein
Last edited by Hein M. on Fri Mar 09, 2012 5:08 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Biltongjagter

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by Biltongjagter »

Wat beteken hierdie in Afrikaans vir stadiges:

Dit is heeltemal omruilbaar met kaal koe?ls en die beste manier om ons deklaag te hanteer is om te maak of jy dit nie gesien het nie.  Dit is nie nodig om anders as met kaal koe?ls skoon te maak of enigiets anders te begin doen nie.


Ek lees hierdie
Dit is heeltemal omruilbaar met kaal koe?ls en die beste manier om ons deklaag te hanteer is om te maak of jy dit nie gesien het nie
as:
'Of jy met GSC se geplateerde koe?ls skiet en weer daarna met ongeplateerde koe?ls skiet en andersom, is daar geen merkbare afwyking in die punt van impak met elke tipe koe?l, wat deur moontlike aanpakking van enige aard in die geweerloop sou plaasgevind het nie.'
S?, maak of jy die platering nie gesien het nie!

Dit is nie nodig om anders as met kaal koe?ls skoon te maak .....

Weens geen of bitter min aanpakking wat GSC se geplateerde koe?ls meebring, is dit nie nodig om juis anders as gewoonlik skoon te maak as waar jy ongeplateerde koe?ls in jou geweer geskiet het nie.

Dit nou nie om namens Gerard te antwoord nie, maar my praktiese ervaring oor 8+ jare se skiet met GSCHV koe?ls in al my gewere, het my baie duidelik gewys dat skoonmaak van hierdie gewere se lope nog nooit so maklik was soos met GSC koe?ls se gebruik nie.

By ges?, ek gebruik natuurlik net M98.

Groete,
Koos.
Last edited by Biltongjagter on Fri Mar 09, 2012 8:49 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by Hein M. »

Koos,

Dankie vir die verduideliking, pel.  Het hom nou ;)

Groetnis!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Gerard

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by Gerard »

Die projek kom mooi aan.  Vir skaal is daar 'n 308Win op links.

[img width=560 height=477]http://www.gsgroup.co.za/1690spdies.jpg[/img]
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by DawieKotze »

Liewe Ouers Oom Gerard!!!!!!!!!!!! :o :o

Daai rondte vat amper 'n hele blik kruit!! ;) ;)

Dit sal darem lekker wees as jy ons gaan wys waar julle die "ding" uit toets
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by vlakvark1 »

Oom Gerhard
Dit is baie interesant maar dit lyk meer na n kanon :o amper soos die ''Longtomkanon'' hier in Lydenburg-- net baie meer modern ;)
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by Armand Steenkamp »

Oom Gerhard,hoekom is daai longtom nie ge ackley nie??  ;DEk sien sy skouers lyk soos n weatherby se skouers in plaas van 40graade ?? ;)

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Gerard

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by Gerard »

madako, mens kry darem so tussen 12 en 17 ladings uit 'n blik uit, dit hang af watter koe?l en watter afstand verlang word.  Die baantoetse word op 'n milit?re baan in die VSA gedoen en sodra fotos beskikbaar is sal ek hulle hier plaas.

vlakvark1, ek het laas by Longtom stilgehou op pad van Nelspruit af Tzaneen toe.  Ek was teleurgesteld om te sien dat die geelkoper plate wat die geskiedenis op aangeteken was, gesteel is.  Dit is seker die probleem wanneer mens met 'n klomp goed in die land sit wat net een dimensie sien:  Die scrap waarde van wat hulle ookal kan steel.

Armand, die ontstekingstelsel van die dop is nie soos ons dit gewoonlik ken nie.  Die lading word van voor af ontbrand in plaas van van agter af, soos gewoonlik.  Hulle gebruik ook nie gewone slagdoppies nie, hulle is nie warm genoeg nie en 50BMG slagdoppies is nie konsekwent genoeg nie.  Ek is nie seker of die lot doppe reeds so aangepas is nie maar dit was die plan.  Die ide? is nie nuut nie.

Image

Hou ook in gedagte dat die 40 grade skouer van 'n Ackley omskakeling nie gedoen word om ontbranding of die vloei van gas deur die nek van die dop te bevorder nie.  Dit is slegs 'n gerieflike, eenformige syfer om die dop meer volume te gee en ter selfder tyd te verseker dat die nek/skouer aansluiting op dieselfde plek is as dit wat op die standaard kaliber gedoen is.

Die skouer wat op die dop in die foto is, se vorm is met groot omsigtigheid ontwerp maar mag dalk weer verander.  Die skouer en die nek is so gevorm dat die ontbrandende gas die hoogste moontlike volume gas deur die nek sal vloei met die minste moontlike weerstand. 

Dit is 'n baie interessante projek die want elke aspek van elke komponent word onder die vergrootglas geplaas.
Last edited by Gerard on Sat Jun 09, 2012 9:35 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by Armand Steenkamp »

Jissie nee dis intresand! Sou nooit kon raai dat die kruit kolom van voor af brand gesteek kan word nie!

Oom gerhard hou ons asb op hoogte van hoe hy vorder
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by vlakvark1 »

Gerard wrote:
vlakvark1, ek het laas by Longtom stilgehou op pad van Nelspruit af Tzaneen toe.  Ek was teleurgesteld om te sien dat die geelkoper plate wat die geskiedenis op aangeteken was, gesteel is.  Dit is seker die probleem wanneer mens met 'n klomp goed in die land sit wat net een dimensie sien:  Die scrap waarde van wat hulle ookal kan steel.
Ja oom Gerard dit is hartseer hoe ons land agteruit gaan :(. Deesdae is dit so erg as jy gaan jag moet jy voor jy sneller trek om die bok te skiet eers weer gou die geweer se slot oopmaak om te kyk of die petroon nie dalk uit die loop gegaps is nie. :o ;)
vlakvark en bosvark Bvk
Gerard

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by Gerard »

[img width=319 height=480]http://www.gsgroup.co.za/5851690SP011rifle.jpg[/img]
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by VdWalt »

;D Daai geweertjie is nie vir walk en stalk gebou nie....
User avatar
BenG
Full Member
Full Member
Posts: 209
Joined: Fri May 11, 2012 1:53 pm

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by BenG »

vGerard,

Baie geluk met die projek en die goei vordering. Ek neem aan jou werk is nou klaar? Dit sal jammer wees, want ek het die gereelde poste oor die projek geniet.

Wat die laaste foto betref, ek het elders op die forum gelees jy noem dat die wapen in die man se regterhand 'n kolf op het wat "hulle" ook bou. Ek hou nogal van die kolf, hy lyk lig en verstelbaar. Wie is die "hulle" wat die kolwe bou?

Dan 'n ander ding waaroor ek gewonder het, vir wie het jy die wapen gebou?
Weihrach HW97K
.22 Brno
Beretta A300
308 Howa 1500 Varmint
6.5 x 55 Howa (wag vir SAP)
9mm Glock 17
Roni....
Gerard

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by Gerard »

Hallo Ben,
Ek het nie die geweer gebou nie, net die spec vir die loop vasgemaak en toe die koe?ls gedoen.  Die geweer is in die VSA gebou deur verskeie plekke wat elk 'n spesialis op hulle gebied is.  Die projek is nog aan die loop.  Hulle het toetse gedoen met verskillende ladings en druk probleme opgetel 100gr bokant waar hulle begin het.  Iets op die slot het gebreek en dit word nou herstel.

Die produksiekoe?ls word verder deur GS Custom USA gemaak. 

Die kolwe word deur XLR gemaak en beide die kolf en aksie is 'free floating'.  Hulle het onlangs eers 'n webwerf begin bedryf en is nog besig om te bou daaraan.  http://www.xlrindustries.com/

Die projek is onder die vlerk van Monolithic Munitions.  http://monolithicmunitions.com/

Soos wat inligting beskikbaar word sal ek dit hier bysit.
User avatar
Johnnie De Wet
Hero Member
Hero Member
Posts: 550
Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by Johnnie De Wet »

Watse scope sit jy op om 5000m te skiet?
Johnnie
Gerard

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by Gerard »

Die ouens maak teleskope vir enige aanwending.  Deur nog 'n lens element by te voeg kan die vermo? van die teleskoop verdubbel word sodat 10 tot 42 20 tot 84 word.  Vir proewe gebruik hulle huidig 'n gewone Nightforce x42 teleskoop.

http://www.usoptics.com/optics/sn-9.html

Die foto is van 'n herwinde koe?l.  Stadige internet konneksies moet geduldig wees, die foto is groot.

http://monolithicmunitions.com/wp-conte ... 050083.jpg
Gerard

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by Gerard »

Dit was die eerste skoot met 'n verminderde lading van net onder 2000vps om te kyk of daar nie verrassings is nie.

http://www.youtube.com/watch?v=ua1xM8-Bj5s
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: iets interessants 5000m geweer

Post by BLOK »

Magtag daai is nou n skoot. Ek wonder net moet oom nie dalk Clarence se nommer vir hulle stuur nie. n Terminator sal dalk help dat die skut deur die stof sal kan sien. hahaha

Verder sien ek ook uit om soos Ludwig te sien wat maak hy op 5km
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Post Reply