madako, mens kry darem so tussen 12 en 17 ladings uit 'n blik uit, dit hang af watter koe?l en watter afstand verlang word. Die baantoetse word op 'n milit?re baan in die VSA gedoen en sodra fotos beskikbaar is sal ek hulle hier plaas.
vlakvark1, ek het laas by Longtom stilgehou op pad van Nelspruit af Tzaneen toe. Ek was teleurgesteld om te sien dat die geelkoper plate wat die geskiedenis op aangeteken was, gesteel is. Dit is seker die probleem wanneer mens met 'n klomp goed in die land sit wat net een dimensie sien: Die scrap waarde van wat hulle ookal kan steel.
Armand, die ontstekingstelsel van die dop is nie soos ons dit gewoonlik ken nie. Die lading word van voor af ontbrand in plaas van van agter af, soos gewoonlik. Hulle gebruik ook nie gewone slagdoppies nie, hulle is nie warm genoeg nie en 50BMG slagdoppies is nie konsekwent genoeg nie. Ek is nie seker of die lot doppe reeds so aangepas is nie maar dit was die plan. Die ide? is nie nuut nie.
Hou ook in gedagte dat die 40 grade skouer van 'n Ackley omskakeling nie gedoen word om ontbranding of die vloei van gas deur die nek van die dop te bevorder nie. Dit is slegs 'n gerieflike, eenformige syfer om die dop meer volume te gee en ter selfder tyd te verseker dat die nek/skouer aansluiting op dieselfde plek is as dit wat op die standaard kaliber gedoen is.
Die skouer wat op die dop in die foto is, se vorm is met groot omsigtigheid ontwerp maar mag dalk weer verander. Die skouer en die nek is so gevorm dat die ontbrandende gas die hoogste moontlike volume gas deur die nek sal vloei met die minste moontlike weerstand.
Dit is 'n baie interessante projek die want elke aspek van elke komponent word onder die vergrootglas geplaas.