Page 2 of 12

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Sun Mar 11, 2012 11:35 am
by ghoon
FREEK HET INBETAAL ,HOOP EK HET REG  PM GESTUUR.

DANKIE
GHOON

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Wed Mar 14, 2012 7:14 am
by Freek
Manne, manne, manne... ek is weer terug na 'n laaaang draai in KZN - Suidelike Drakensberg omgewing. Baie mooi w?reld gesien... ;)

Cassie + Ghoon, julle kaartjie nommers is ge-PM. Baie sterkte!


Huidige stand van sake m.b.t die kompetisie is soos volg:

- Totale deelnemers tot dusv?r = 11 (SA = 9; Namib = 2)
- Totale kaartjies verkoop = 16

Die tyd loop stadig maar seker uit met 18 dae oor voor die kompetisie afsluit. Soos aanvanklik genoem het ek begroot om ten minste 90 kaartjies verkoop te kry wat beteken dat 3 skietstoele uitgeloot gaan word. Met ander woorde vir elke 30 kaartjies wat verkoop word, word een skietstoelstoel uit geloot. Ek spook nog om die eerste stoel se kaartjies te swaai...

Weeereens baie dankie aan die manne wat betrokke geraak het en deel geneem het.

Groete
Freek

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Wed Mar 14, 2012 7:30 am
by Geno
Jis Freek!
Ek het ook so ietsie in jou rekening gegooi. Kry ons 3de jaar deelnemers darm iets vir getroue deelname? ;D

Kom nou manne, ondersteun asb die kompetisie, dis vir 'n goeie doel, en dis great stoele!
Freek maak geen sent hier uit nie, hy doen elke jaar baie moeite met die kompetisie.

Groete,
Eugene

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Wed Mar 14, 2012 8:03 am
by the kid
Het ook in betaal :)

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Mar 16, 2012 8:08 am
by Geno
Waar's die ander 69 mense wat gestem het op die poll?

[img width=560 height=115]http://dl.dropbox.com/u/49750262/Miscellaneous/poll.jpg[/img]

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Mar 16, 2012 8:10 am
by marno
Asb manne.  Ondersteun die kompetisie.

Nog net helfte van die maand oor.

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Mar 16, 2012 8:40 am
by Pvdw
Geno jy slaan die spyker op die kop!! Ek wou ook die vraag vra maar het dit maar gelos. Ek is seker meer diplomaties as jy?? Meer ernstig nou,Geno het reg om die vraag te vra. Komaan manne, kom julle beloftes na en laat ons die 'n groot een maak.

Peet

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Mar 16, 2012 8:44 am
by Geno
Peet,
Ja mater, jy't nog altyd beter maniere as ek gehad! :D
Ek hoop nie ons sit met 'n klomp ja-broers op die forum nie....

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Mar 16, 2012 9:39 am
by Beer (Christo)
My geldjies is in betaal

Geno, Peet - ek het net gewag vir die lucky nommers.... ;D

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Mar 16, 2012 9:45 am
by Freek
Geno en "The Kid", julle kaartjie nommers is ge PM. Baie dankie vir jul bydrae ook!

Update op die deelname:

- Totale deelnemers tot dusv?r = 13(SA = 11; Namib = 2)
- Totale kaartjies verkoop = 18
- Meeste kaartjies per deelnemer = 3
- 15 dae oor voor die kompetisie sluit

Weeereens baie dankie aan die manne wat betrokke geraak het en deel neem. Ek hoop om meer reaksie te sien nader aan die afsluit datum.

Groete
Freek

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Mar 16, 2012 9:52 am
by the kid
Hey Freek my Kaartjie is dan No 22?

Btw ouens, hoe meer ouens deelneem hoe kleiner is my kans!!! hou nou op om die ding so te adverteer ;D ;D ;D

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Mar 16, 2012 10:02 am
by Freek
The Kid, jy's nie veronderstel om jou nommer so oop en bloot te adverteer nie. Asb manne, hierdie is konfedensiele inligting vir die trekking - slegs myself en die kaartjie houer weet watter naam loop saam met watter kaartjie nommer. Die trekking gaan live op die forum gedoen word deur 'n onafhanklike party.

"The kid", die rede hoekom jou nommer vooruit is, as dat 2 potensiele deelnemers my gevra het om die nommers wat tussen in volg vir hulle te reserveer - hulle het nog nie hulle inskrywings gelde oorbetaal nie, daarom het hulle in my boek nog nie deel aan die kompetisie nie.

Dit daar gelaat.


Beer jou kaartjie nommer is ook ge PM.

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Mar 16, 2012 10:26 am
by the kid
:-[ :-[ :-[ OOOPS  Sorry, ek het nie geweet hoe dit werk nie as dit 'n probleem gaan wees kan jy maar vir my 'n ander no gee.

Lekker stupid voel ek nou :-[

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Mar 16, 2012 11:16 am
by Freek
Alles reg ou maat - ek gaan vir jou 'n ander kaartjie nommer uitreik. Ek moes dit seker meer duidelik gestel het met die aanvanklike kompetisie aankondiging. No hard feelings... ;D. Hierdie is seker 'n nodige "eye opener" gewees vir die ander ook. ;)

Jammer as ek so bietjie kras geklink het, die boere oorlog was erger.

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Fri Mar 16, 2012 4:14 pm
by visstok
Goeie middag manne, ek het met oom Freek gereel en sal my kaartjie kry voor die einde van die maand! Groete visstok

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Mar 19, 2012 9:58 am
by Marc
Freek wrote: Geno en "The Kid", julle kaartjie nommers is ge PM. Baie dankie vir jul bydrae ook!

Update op die deelname:

- Totale deelnemers tot dusv?r = 13(SA = 11; Namib = 2)
- Totale kaartjies verkoop = 18
- Meeste kaartjies per deelnemer = 3
- 15 dae oor voor die kompetisie sluit

Weeereens baie dankie aan die manne wat betrokke geraak het en deel neem. Ek hoop om meer reaksie te sien nader aan die afsluit datum.

Groete
Freek
Freek

Ek het ook nogal gedink dit gaan baie vinniger verloop hier, dalk is dit so goeie stoel almal hier het al die outjie agter op hul trokkies  ???

Elk geval, my bydrae gemaak  ;D Ek hoop die nommers gaan warm wees  :o

Mooiloop
Marc

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Mar 19, 2012 11:55 am
by Freek
Marc, baie dankie - jou nommers is ge PM. Bevestig net vir my jou keuse op die laaste 2 nommers(op PM asb.  ;))

dalk is dit so goeie stoel almal hier het al die outjie agter op hul trokkies 
  Ja dit meng beslis in hier ... ;D  Sien jy's sommer om die draai van my, wys bietjie o?. Die stoel se raam werk en meganiese dele word daar by jou aan mekaar gesit...




Manne, dinge is besig om spoed op te tel. Die  batch kaartjies op die 1ste stoel is so te s? 95% geneem. As dit vorder soos dit nou vorder gaan ons binnekort die groep kaartjies beginne beskikbaar stel op die 2de stoel. Julle ouens se betrokkenheid is die hoof bepalende faktor op die kompetisie se sukses.

Ek s? weereens GROOOOT dankie aan die manne wat reeds hul kant gebring het, julle is staat makers.

Score board lyk soos volg:

- Totale kaartjies verkoop = 24

- Totale deelnemers tot dusv?r = 15 (SA = 13; NAMIB = 2) Sien die Namib manne l? laag die jaar - mark is seker versadig daar  8)

- Meeste kaartjies gekoop per deelnemer = 4 (Daar is 2 van hulle, manne baie geluk julle weet wie julle is - PM asb. vir my jul hemp grootes S, M , L, XL, XXL, XXXL of XXXXL   Wil graag reel dat die verskaffer solank begin werk aan julle hemde.

- 12 Dae oor vir kompetisie sluit.

Die kompetisie wil, wil so beginne reg skuif vir die finale pyl vlak en die wat nog wil deelneem moet hulle skuiwe beginne skuif... 8)

Groetnis!

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Mar 19, 2012 12:40 pm
by ghoon
FREEK

MY HEMP GROOTE  XL

DANKIE

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Mar 19, 2012 12:57 pm
by Janneman
Middag Freek,

Ek het vir jou `n pm gestuur oor die inbetaling wat ek gemaak het.

Groete

Jan

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Mar 19, 2012 1:15 pm
by Freek
Janneman baie dankie. Kyk jou PM.

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Mon Mar 19, 2012 4:17 pm
by Sarelss
Freek, sal volgende week my kaartjie koop. Net so na my verjaarsdag, dalk bring dit my 'n gelukkie....
ss

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Mar 20, 2012 9:04 pm
by Johan04
Freek ek betaal my geld binne 5 min in.

Johan.
Johan04 sal my verwysing wees.

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Tue Mar 20, 2012 9:12 pm
by Johan04
Nee wat Freek,blykbaar is daar nou eers weer 'n probleem by my bank en die internet.Sal anderdag weer probeer.

Groete

Johan

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Thu Mar 22, 2012 6:42 am
by Freek
Sarel en Johan, dankie vir julle komitment - laat weet maar as julle reg is.

Manne punte stand op deelname lyk soos volg:

- Totale deelnemers = 16
- Kaartjies verkoop = 30
- Meeste kaartjies gekoop per deelnemer = 4 (3 deelnemers wat hierdie bydrae gelewer het) Baie geluk aan julle manne, julle kry elkeen 'n Jaracal hemp ook!
- 10 dae oor om deel te neem voor kompetisie sluit.

Manne van my kant af wil ek net s? baie dankie vir julle toegewyde betrokkenheid by die kompetisie, hierdie jaar is in my o? reeds 'n sukses aangesien die kaartjie verkope met hierdie kompetisie meer is as al die ander kompetisies wat hier gehou is. As ons nog 25 kaartjies verkoop kry gaan ek 'n 2de stoel ook beskikbaar stel as prys. Komaan k?rels as dit kan gebeur is die totale waarde van die hoof pryse wat uitgedeel gaan word R16000.00 (R8000 per skietstoel). Indien ons 'n 2de stoel ook kan uitloot, saam met al die hemde, kepse, sleutelhouers waarvoor  die deelnemers reeds kwalifiseer sal die prys waarde 'n finominale R20750 wees.

Ek dink nie R250 is 'n sleg prys om te betaal om in aanmerking te kom vir die hoof prys nie.

Sterkte! ;)

Re: 2012 SKIETSTOEL KOMPETISIE

Posted: Thu Mar 22, 2012 4:33 pm
by Hugo
Ek sal binne kort n paar koop as die bank net sy strooi op sy wil skuif.