Page 2 of 7
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 9:15 am
by tau
Man met hond (Harrier)en drink-O-Pop. Armoede is die regte toets van smaak, jou smaak raak vinnig mak.
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 9:37 am
by Lourens Potgieter
Ek self 'n nuwe bourbon drinker. Om julle te help om stout te wees, kyk na die volgende site...is legit, ek het al deur hulle gekoop....
https://www.whiskybrother.com/ en ook
https://www.bottegawhiskey.com/product- ... y-bourbon/
As jy van die Woodford Reserve gehou het, probeer gerus die Woodford Double Oaked.....tonne beter.
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 10:02 am
by Desperatezulu
Some 'middle of the road' in terms of flavour that are worth a try are Highland Park, The Singleton, Aberlour, Jura, Glenfarclas
Some other peaty single malts to consider are Talisker, Bowmore, Bruichladdich, Lagavulin and Caol Ila. I'm also a fan of Aarbeg - nicer than Laphroaig because of its smokiness rather than medicinal taste.
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 10:24 am
by cassie_calvinia
nee manne...
klein ysie, of 'n teelepel water
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 10:25 am
by cassie_calvinia
Desperatezulu wrote: Tue Feb 15, 2022 10:02 am
Some 'middle of the road' in terms of flavour that are worth a try are Highland Park, The Singleton, Aberlour, Jura, Glenfarclas
Some other peaty single malts to consider are Talisker, Bowmore, Bruichladdich, Lagavulin and Caol Ila. I'm also a fan of Aarbeg - nicer than Laphroaig because of its smokiness rather than medicinal taste.
yes, the highland park is on my list aswell.
the viking ilands of scotland
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 11:20 am
by toxicsox
+1 op die Bowmore. As jy hou van Laphroig sal jy hou van Bowmore.
Nie mal oor Bains of Monkey Shoulder nie.
EK neem aan ons almal praat van Whiskey met ys en dalk klein bietjie water.
Enige iets anders, Soda, Coke, %%^* Tonic etc. verander die Whiskey in iets anders.
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 11:36 am
by PWV
"Serious drinking!!" Waar val ek uit met Jakkalas & Bolf? Vra 'n ou toe mos vir my hoekom ek J&B drink, toe sê ek omdat die prop so lekker afdraai!
Manne, julle praat van goed waarvan ek nog nie gehoor het nie. Het al 'n springbok se blaas in 'n bottel leeggemaak, koud gemaak en saam met 'n bietjie J&B en soos Joe Rocket hier genoem het, na die 5de of 6de, het sommiges dit nogal geprys!!!
Laat weet as julle skietgoed wil verkoop om die Whisky-kultus staande te hou!

Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 11:56 am
by PWV
Jare gelede sit ek in 'n ou, obskure pub in Linlithgow in Skotland. Op daardie stadium was ons geld, R7 = ₤.
Sê ek is van Suid-Afrika en wil 'n dubbel van hulle beste Skotse whisky hê. Plaas die glasie voor my en stap weg. Ek sê, "Sir, ice please." Hy gooi 'n blokkie ys, so groot soos 'n pringbokdrol in, en loop. Ek sê, " Sir can I have some more ice." Hy gooi nog 'n kleiner ysie by. Ek vra nog ys. Hy storm met die ysbak op my af en plak dit so hard neer dat jy net sien ys spat en bulder: "Take the whole f...ken bucket!!!"
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 12:01 pm
by cassie_calvinia
PWV wrote: Tue Feb 15, 2022 11:56 am
Jare gelede sit ek in 'n ou, obskure pub in Linlithgow in Skotland. Op daardie stadium was ons geld, R7 = ₤.
Sê ek is van Suid-Afrika en wil 'n dubbel van hulle beste Skotse whisky hê. Plaas die glasie voor my en stap weg. Ek sê, "Sir, ice please." Hy gooi 'n blokkie ys, so groot soos 'n pringbokdrol in, en loop. Ek sê, " Sir can I have some more ice." Hy gooi nog 'n kleiner ysie by. Ek vra nog ys. Hy storm met die ysbak op my af en plak dit so hard neer dat jy net sien ys spat en bulder: "Take the whole f...ken bucket!!!"
Nou sien
die storie sal mos mooi loop saam met 'n dram
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 12:19 pm
by tau
Ek bly mos hier in die hartjie van die wyn wêreld en ek dog wyn snobs is vreeslike, maar lyk my die whiskey manne drink ook agter prys en naam aan. En die skotte. jitte boys hulle drink hom daar net so op ys, maar sy glas is -8 celsius oor dit so koud is in die Highlands. Nou wil jy hom in 'n warm WW glas glas van mammie drink met een blokkie ys terwyl die kwik op 38Celsius tik op jou sinkdak.
Ek het al sien hoe sit teeg 'n Oom van GP aan 'n warm glas Shiraz oor hy nie glo hy moet koud nie. Toe ek sien sy oë dop om van die tanniene wat teen 29 Celsius sy slukderm ontmoet maar hy bly staan sonder om te gril besef ek hy dink aan die prys en sê vir homself "is duur hy is lekker".
P.S: alles is geel as jy dit uit fluit.
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 12:48 pm
by DWB
Duur Whiskey is altyd op daai fyn lyn van duur p#s of p#s duur

Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 3:02 pm
by Methos
tau wrote: Tue Feb 15, 2022 12:19 pm
Ek het al sien hoe sit teeg 'n Oom van GP aan 'n warm glas Shiraz oor hy nie glo hy moet koud nie. Toe ek sien sy oë dop om van die tanniene wat teen 29 Celsius sy slukderm ontmoet maar hy bly staan sonder om te gril besef ek hy dink aan die prys en sê vir homself "is duur hy is lekker".
P.S: alles is geel as jy dit uit fluit.
Ek eenkeer met my vrou en 2 vriende gestry. Hier by ons in Provence raak dit warm. Warm soos wat ek selde beleef het in SA. Die dag temp slaan hier by tussen 40 en 42 grade en dan in die aande gaan die temp af na so tussen 25 en 28 grade en dit bly so vir 2 maande. Vriende kom kuier van Bordeaux af en hulle bring St Emilion wyn saam. Ek sit die wyn in die yskas voor on dit oopmaak - hulle kry amper 'n kleintjie. Ek moet dit onmiddelik uithaal. Ek vra waarom - hulle sê dit moet teen kamer temp gedrink word. Ek sê nee - nie as die kamer temp 35 is nie! Haal hom toe dan maar uit en laat hulle hom drink - gaan haal my wyn termometer en lees die temp - 32 grade. NIe pille vir domgeit nie...
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 3:58 pm
by cassie_calvinia
Quote uit Wilber smith se boek.
He went to his desk and brought out a bottle of Laphroaig malt whisky from the bottom drawer. He placed the bottle on the desk top and set two glasses beside it. ‘Can I tempt you?’ he asked, but she shook her head.
‘Don’t blame you. Even the Scots themselves admit that this brew should only be drunk in sub-zero weather on The Hill, in a forty-knot gale, after stalking and shooting a ten-point stag. May I offer you something a little more ladylike?’
so ja, temprature verskil.
en dan, something more lady like...vir die dames wat nie laphroaig kan drink

Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 4:07 pm
by tau
cassie_calvinia wrote: Tue Feb 15, 2022 3:58 pm
Quote uit Wilber smith se boek.
He went to his desk and brought out a bottle of Laphroaig malt whisky from the bottom drawer. He placed the bottle on the desk top and set two glasses beside it. ‘Can I tempt you?’ he asked, but she shook her head.
‘Don’t blame you. Even the Scots themselves admit that this brew should only be drunk in sub-zero weather on The Hill, in a forty-knot gale, after stalking and shooting a ten-point stag. May I offer you something a little more ladylike?’
so ja, temprature verskil.
en dan, something more lady like...vir die dames wat nie laphroaig kan drink
Skaakmat

!!!! Man moet Wilbur Smith boeke lees om die goed te drink. Ek lees Ruiter in swart en Die franse vreemde legion, dan drink ek sommer uit die Vat 69 uit en brakwater met twee blokkies soutlek vir die gevoel en hy kling ook teen 'n glas se kant.
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 4:24 pm
by Capt. Yoda
Klomp ongepoetse tappets julle. Laat die manne nou Whiksy praat
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 5:05 pm
by KSV
Capt. Oblivious wrote:Klomp ongepoetse tappets julle. Laat die manne nou Whiksy praat
Haha
Sent from my SM-N770F using Tapatalk
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Tue Feb 15, 2022 9:35 pm
by finch
Ek het ook al die Devon Valley hotel se whiskey proe gedoen. Dit is die moeitewerd al is jy nie n groot fan nie. Ek self kon twee van daai whiskeys nie verby my neus kry op pad na my mond toe nie. En het heeltyd onder my skoen gekyk of ek nie in een van my brakke se sponsdorings getrap het nie.
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Wed Feb 16, 2022 12:24 pm
by Chevvy SS
Geen lojaliteit teenoor ons plaaslike wynboere nie.....ek drink hom daai lekker wyn, brannewyn.
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Wed Feb 16, 2022 12:44 pm
by win270
Julle whisky-drinkers moet passop . . . julle name gaan gelys word by die duurste jagplase waar julle dan nie kan frons as die bokke aan die duur kant is nie.

Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Wed Feb 16, 2022 1:03 pm
by Ratel
Lekker lag ek nou. Hierdie laat my dink aan een van my oud kollegas wie altyd First watch gedrink het maar sodra iemand anders koop drink hy J Walker. Ek het baie dae gewonder of hy die verskil ken.
Ek moet se 'n Jameson met ys loop glad.
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Wed Feb 16, 2022 9:19 pm
by Frikkie Coetzee
Ek het messte van die whiskeys hier genoem al probeer
My gunsteling is Talisker en Lagavulin. Bietjie goedkoper en sagter Glen Morangie.
Ek is nie mal oor Glenfiddich nie. Hier staan paar bottels want almal gee dit vir my as hulle hoor ek drink single malts.
As iemand belangstel in TCP vir visvang. Ek bet n bottel Coal Ila 18 jaar. Ek kan dit nie in my lyf kry nie.
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Wed Feb 16, 2022 9:30 pm
by Supacow
Ek sal hom neem
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Thu Feb 17, 2022 7:39 am
by Toxxyc
win270 wrote: Wed Feb 16, 2022 12:44 pm
Julle whisky-drinkers moet passop . . . julle name gaan gelys word by die duurste jagplase waar julle dan nie kan frons as die bokke aan die duur kant is nie.
Ek moet sê, whisky is nogals 'n duur hobby. Dis ook my eerste hobby wat gekalf het na ons COVID-eskapades. Nou maak ek dit maar self, alhoewel dit baie werk is vir maar 'n klein hoeveelheid produk. Dis eerstens hoekom ek nou maar bourbon drink as ek whiskey drink - dis goedkoper, en tweedens maak ek nou maar eerder rum. Dis baie vinniger en die goed is giftig lekker na net 'n paar weke.
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Thu Feb 17, 2022 8:35 am
by KalahariKlong
Klink baie interresant. Ek het al probeer maar kan net nie aan daai smaak gewoond raak nie.
My gunsteling Whisky is Brandewyn.
Re: WHISKY LOUNGE
Posted: Thu Feb 17, 2022 9:14 am
by cassie_calvinia
KalahariKlong wrote: Thu Feb 17, 2022 8:35 am
Klink baie interresant. Ek het al probeer maar kan net nie aan daai smaak gewoond raak nie.
My gunsteling Whisky is Brandewyn.
Was in daai boodjie. nogsteeds. brandewyn en braai musiek.
maar deesdae moet ek bieg, begin Whisky en Nessun Dorma my baie meer genot gee.