Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Lategan1 »

Klein Karoo wrote: Mon Aug 03, 2020 3:26 pm Manne goeie-middag, hoop dit gaan goed.

Met die jag seisoen het die kommer weereens by my opgekom, hoe volhoubaar is Koedoe jag?

Al hoe meer hoor jy stories en sien ek self hoe baie daar uit geskiet word in die jag seisoen , koeie met hulle kalfies uitgeskiet en dan sommer die bul ook, bakkie vragte wat geskiet word wat die manne dan verkoop om geld te maak.

En dan is dit uitsluitlik jagters wat gedurende die winter jag seisoen slegs koedoes wil skiet en dan die gewere bere tot volgende jaar se jag waar hulle dan dringend gewere moet laat regmaak want daar word glad nie deur die jaar gejag of geskiet nie.

Manne dit laat n bitter smaak in my mond, is ek oor sensitief hier?

Groete,

Klein- Karoo
Ek is aangenaam verras met die vraag en die hoorsê wat aangehaal word ter stawing. Uitsonderings gaan daar seker wees, tog glo ek mede-jagters is oor die algemeen ook natuurbewaarders net soos ons landbouers. Ironies word die vraag gevra en jou ‘handle’ is Klein Karoo! Baie dele van die waarheid is deur lede hier genoem en ek vertrou jy is opreg in jou vraag, nie net vir potroer nie!

My 2c.
Dit is goed gedokumenteer hoe wildgetalle toegeneem en hoe wild versprei het in RSA, hetsy natuurlik of hervestig. Koedoes in die besonder word die laaste dekade of wat weer opgemerk en gejag waar dit vir baie jare nie moontlik was nie. Lees die jagtydskrifte van die laaste 10 jaar of gesels met plaasmense hieroor. Koedoes loop weer in die Klein Karoo tot amper by Worcester, rivierlangs! Boksoorte soos Duiker en Steenbok is ook weer volop, in die Kaap.

Lusern en Koedoes, is soos ‘n mag-n-eet, netso aartappels en Duikers ens. Tot die landbouers se ergenis. Dit beteken nie die plaas sal toelaat dat hulle uitgeskiet word omdat hulle maklik geskiet kan word nie. Ek weet en ken ‘n boer wat een jaar oorleef het tydens ‘n droogte met Kudugeld, hy kon daarna nog vir baie jare boer. Waar het hy hulle geskiet? Oppad of vanaf die lusernlande, nie op nie.

Dit sal ‘n belediging vir ons boere/landbouers/natuurbewaarders wees as ons enigsins op hierdie draad wil insinueer en sinspeel daarop, of dit in die lug laat hang dat dit dalk gereelde praktyk is soos hier gemeld. Hulle verdien baie beter as dit, deur hulle goeie bewarings- en bestuurspraktyke en kapitale insette kan so baie van ons wel nog Koedoes jag. Ons goeie wildteel en wildpraktyke - is dit werklik nodig om enige iets daaroor te sê? Hetsy vry of in kampe?

Konteks: Ek jag die Ooskaap en Karoo vir meer as 40 jaar(geen claim to fame nie). Enige persoon wat al die berge en dale daar op en af gestap het, sal weet mens voetspore is baie skaars in baie groot dele van ons land.(dink aan ’n woestyn) My familie en etlike vriende boer en leef daar, die groei in Koedoegetalle stem hulle tot verbasing. Jaar op jaar, na groot droogtes en vrektes en weer vinnige herstel. Aberdeen se bulle het ek al gejag daar waar die 3 Britse kloktente gestaan het, hoog met verkyker uitsig op onse Boere. Lusernlande is algemeen daar, maar bulle laat hulle nie anker deur ‘n lusern nie, hoogtes op gaan hy.

In my boek is die sukses/treftempo(yield) van jagters tydens Koedoejag kleiner as 50%. Voeg ook by dat geld om die menere teen 4 per jagter te skiet ook maar skaars is! Baie skiet eerder 4 of 6 Springbokke as 1 Koedoe.

Indien daar ongewenste of onwettige dinge gebeur, laat jou stem hoor, daar waar dit werklik saak maak. Waak teen persepsies.

Werklikwaar, of die wild inkomste gaan vir ‘n nuwe bakkie of Landcruiser of vrou se ‘perm en make-up’ of kinders se skoolgeld, maak dit saak?

Ek is baie gerus, die Koedoegetalle groei onder ons uit, volhoubaar.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Tue Aug 04, 2020 11:42 am, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 764
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Springkudu »

Dankie vir die onderwerp!!! Julle sal nie glo nie maar ek het ook hierdie week aan dit gedink. Ek is van die Ooskaap en probeer elke jaar om daar te gaan jag (Bly in Kaapstad). Ons is ‘n groep pelle wat van skool af al saam gaan jag, en ja ons jag, ons suip nie net nie!!!! Ons jag tans op ‘n plaas wat besit word deur een van die jagmaats se tannies, daar is slegs trek Koedoes beskikbaar. Ek persoonlik het nog geen sukses gehad, tussen die hele groep het daar 6 Koedoes geval in 3 jaar, dus 2 per jaar tussen 6-8 jagters. Die plaas waar daar 40 Koedoes in ‘n oggend geskiet word sal ek ook graag wil besoek, dit is nou as die pryse reg is!!! Ek self is baie bekommerd oor die Koedoe se bestaan, en ek stem saam met een van die manne wat gesê het dat die Ooskaap se Koedoe jag miskien moet toe maak vir ‘n jaar of twee. Sekerlik gaan die manne wat ‘n moerse bok of trofee geskiet het verskil met my. Dit voel net vir my of die Koedoe getalle net nie meer daar is nie, my opinie.

My vrou se familie het ‘n jag plaas in Kirkwood (Ooskaap) wat slegs vir uitlanders cater en hulle het my verseker die “Koedoe is iets wat jy nooit in jou lewe sal uitroei nie”. Ongelukkig verskil ek daarmee.

Lekker om almal se opinies te hoor
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2598
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by JohanvB »

Al die kommentaar, oor die baie koedoes, wie van julle het die jaar Koedoes gejag in die Oos Kaap, of Klein Karoo, boys, dit gaan regtig sleg in terme van die droogte wat defnitief die wild benadeel.

Ek was daar middel Junie.
Grobbieb
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Fri Jun 15, 2018 10:25 pm

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Grobbieb »

Jag 6 jaar in die Oos Kaap. Soek elke jaar Koedoes, 6 tot 8 jagters. Almal soek een. In totaal het ons maar 12 bulle en 1 koei geskiet. Baie ander gesien.

Laas jaar was baie droog in Steytlerville , maar die jaar klaar beter. Plaas waar ons jag mag ons net groter bulle jag. 3 Bulle geskiet die jaar. Boer reken jy skiet nie die fabrieke nie. Sy plaas loop oor van koeie.

Die bulle is daar, maar hulle is baie skelm. Kruip goed weg.

Sal graag wil sien wat die regte wilds getalle is.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by win270 »

Johan, jy het hulle probeer bekruip en was onwetend bokant die wind!! ;D Sommer net 'n grappie.

My waarneming is dat koedoe-getalle verder die binneland in in die Oos-Kaap fluks groei. Droogtes laat beslis vrektes voorkom. Hulle getalle herstel weer vinnig daarna. Lusernlande is beslis 'n groot trekpleister en dan digte bosse teen die rivierlope.

Soos met enige ander wildsoort, het ons 'n verantwoordelikheid om getalle dop te hou en nie te maai onder hulle nie. Jagters wat jong diere skiet, moet weer dink of dit die regte ding is om te doen.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Lategan1 »

‘Met die jag seisoen het die kommer weereens by my opgekom, hoe volhoubaar is Koedoe jag?’

Voordat hierdie gesprek ontspoor. Bg. Aanhaling was sy inleidingsparagraaf.

Johan ek stem saam, maar hierdie en of laasjaar se droogte is deel van die langtermyn siklus. Terugslae is deel hiervan, volhoubaar het ‘n langer betekenis. Hierdeur ontken ek nie dat sekere streke swaarder kry as ander nie, dit is gegewe, maar eerder siklies.

Die feit dat selfoon foto’s die werêld vol vlieg, dra beslis by tot die persepsie en dalk menings op hierdie draad en elders, waarmee ek nie eens is nie. Pasop vir onkunde en onwaarhede/halwe waarhede, dit raak die waarheid!

Ter inligting, ek was ook in Junie in Karoo - B’Wes/Nelspoort. Een dag een Koedoe tussen 6 jagters. (Ander dae suksesvol Springbok geskiet) Ons was die 4de jaggroep vir seisoen en het by verre die swakste gedoen. Koedoes uitgeskiet, nee, hulle raak vinnig slim en of die weer het nie saamgespeel nie.

Ek het my verdere jagbeplanning vir die seisoen kanselleer, weens redes wat direk verband hou met Covid! Ook verkies party plase dat ons hierdie jaar verby hou. Volhoubare oorlewing!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2598
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by JohanvB »

Die manne met lusern trek verseker voordeel...daar waar ek jag, jare was ook lusern lande..maar so het die ondergrondse water opgedroog, NOOIT weer herstel nie...

So ja..dit neuk maar..
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13628
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Capt. Yoda »

Springkudu wrote: Mon Aug 03, 2020 11:01 pm Dankie vir die onderwerp!!! Julle sal nie glo nie maar ek het ook hierdie week aan dit gedink. Ek is van die Ooskaap en probeer elke jaar om daar te gaan jag (Bly in Kaapstad). Ons is ‘n groep pelle wat van skool af al saam gaan jag, en ja ons jag, ons suip nie net nie!!!! Ons jag tans op ‘n plaas wat besit word deur een van die jagmaats se tannies, daar is slegs trek Koedoes beskikbaar. Ek persoonlik het nog geen sukses gehad, tussen die hele groep het daar 6 Koedoes geval in 3 jaar, dus 2 per jaar tussen 6-8 jagters. Die plaas waar daar 40 Koedoes in ‘n oggend geskiet word sal ek ook graag wil besoek, dit is nou as die pryse reg is!!! Ek self is baie bekommerd oor die Koedoe se bestaan, en ek stem saam met een van die manne wat gesê het dat die Ooskaap se Koedoe jag miskien moet toe maak vir ‘n jaar of twee. Sekerlik gaan die manne wat ‘n moerse bok of trofee geskiet het verskil met my. Dit voel net vir my of die Koedoe getalle net nie meer daar is nie, my opinie.

My vrou se familie het ‘n jag plaas in Kirkwood (Ooskaap) wat slegs vir uitlanders cater en hulle het my verseker die “Koedoe is iets wat jy nooit in jou lewe sal uitroei nie”. Ongelukkig verskil ek daarmee.

Lekker om almal se opinies te hoor

Pasop maar waar voor julle wens, ek praat dalk nou nonsens so manne help my reg maar ek sou dink sodra jy druk op n dier sit gaan hy probeer meer en vinniger teel? Natuurlik hang dit ook van getalle en kos af. Kyk maar n trop springbokke sodra jy hulle los vir n jaar of 3 is dit amper of die trop stagneer en nie regtig in nommers groei soos hy moet nie. Skiet n paar ramme en dinge begin weer aan die gang kom
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Klein Karoo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Klein Karoo »

Lategan1 wrote: Mon Aug 03, 2020 10:42 pm
Klein Karoo wrote: Mon Aug 03, 2020 3:26 pm Manne goeie-middag, hoop dit gaan goed.

Met die jag seisoen het die kommer weereens by my opgekom, hoe volhoubaar is Koedoe jag?

Al hoe meer hoor jy stories en sien ek self hoe baie daar uit geskiet word in die jag seisoen , koeie met hulle kalfies uitgeskiet en dan sommer die bul ook, bakkie vragte wat geskiet word wat die manne dan verkoop om geld te maak.

En dan is dit uitsluitlik jagters wat gedurende die winter jag seisoen slegs koedoes wil skiet en dan die gewere bere tot volgende jaar se jag waar hulle dan dringend gewere moet laat regmaak want daar word glad nie deur die jaar gejag of geskiet nie.

Manne dit laat n bitter smaak in my mond, is ek oor sensitief hier?

Groete,

Klein- Karoo
Ek is aangenaam verras met die vraag en die hoorsê wat aangehaal word ter stawing. Uitsonderings gaan daar seker wees, tog glo ek mede-jagters is oor die algemeen ook natuurbewaarders net soos ons landbouers. Ironies word die vraag gevra en jou ‘handle’ is Klein Karoo! Baie dele van die waarheid is deur lede hier genoem en ek vertrou jy is opreg in jou vraag, nie net vir potroer nie!

Hierdie draad is nie n "potroer" nie, ek het werklik gekommer , Klein Karoo, baie lief vir daai plek.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by tripodmvr »

Ek herinner my aan 'n soortgelyke plasing waar groot getalle vlakvarke getoon is op fotos wat deur Spaanse en Portugese jagters geskiet is. Ek het baie jare laas in die Jansenville omgewing in die Karoo gejag . Nie al die boere is bewaringsbewus nie en met die oop plase skiet hulle wat beskikbaar is tydens 'n jagtog. Die baie wegkruipplek is egter ten gunste van die kudus.

Ons het ook net bulle geskiet.

Gekweste wild is nie altyd opgevolg nie. Ons het 'n bloedspoor gekry wat vanaf die buurplaas gekom het en daar was geen kennisgewing rondom dit nie.

Op ander jagtogte naby Drie Susters het die kudus ons goed ore aangesit en ons groep het in 3 jaar slegs een kudu geskiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 960
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by OosKaapJagter »

Daar waar ek elke jaar gaan jag raak die koedoes nie minder nie, maar meer! Ek verkies die takbokke se vleis, maar die familie moedig my aan om deesdae koedoes te jag omdat hulle al hoe meer raak. So klompie jare gelde het koedoes net in die gebied begin inbeweeg en ons het doelbewus besluit om hulle nie te skiet nie. Dit is nou vir hulle moeilik om koedoes uit hawerlande te hou, selfs as dit met hoë heinings toegespan word.

Daar word egter nie kommersieël gejag nie.

Ek kan net noem dat daar 'n boer in dieselfde omgewing was wat vir almal op die boerevereniging gesê het, toe die koedoes net daar begin inbeweeg het, dat hulle eerder nie moet skiet onder daardie koedoes nie. Die dag toe hy uitverkoop het om af te tree sien die ander toe hoe sy skuur vol koedoehorings was!
User avatar
30-0Kwes
Full Member
Full Member
Posts: 136
Joined: Wed Nov 21, 2012 10:06 am

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by 30-0Kwes »

Jammer, maar ek dink jy soek maar net iets om oor te kla. Of dit nou kudu jag, jag self of jhb traffic is, maak nie saak nie.
Klein Karoo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Klein Karoo »

Dit is baie ver van sommer net klae, ek het n mening gevrae oor die volhoubaarheid, bo is baie waardevolle insette gelewer.

Klae en bekommerd wees oor die stand van sake is baie ver verwyderd van mekaar.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by tau »

Ek is baie lief vir Kudu jag en op oop plase nog beter. Ek jag die Oos-Kaap nou vanaf 2011 elke jaar en vanaf 2014 Jansenville area. Ek is gelukkig om by 'n Boer te jag wat nie sy Koedoes mors nie. Sy getalle suid van Jansenville het verseker verhoog. Vanaf die bakkie en manne wat gevaarlik skiet sal jy maklik 20 plus perdag kon skiet, veral as jy Noorse sny en hulle daar inwag of ambush. MAAR HY BESKERM SY DIERE.

As ons in die aande om die vuur sit is dit net ligte om jou soos mense om jou jag. Wettig onwettig ek weet nie. Ons skiet nie jong bulle of koeie nie, tensy hy vra ons moet so hier en daar ouer koeie uithaal. By my in Namibië het ek totaal ophou koedoes skiet en my skoonmense se wildsplaas het ons ook Koedoe jag verbied. Op die oop kampe met vee drade raak dit ongelukkig " of ek skiet hom of die buurman". My drade is laag en my bure kan seker lekker die Koedoes wat by my wegkruip skiet as hulle oor die draad gaan, maar ek los hulle.
Image

Koeodoe se verspeiding het verseker opgetel en daar is baie meer. Die Tankwa Karoo spog al met Koedoes en ek weet van 6 wat skaars honderd kilometer uit Ceres rondloop. Koedoes wat te hard gejag word spring oor 'n draad en vreet al met die rivier blare tot hy in nuwe rante of berg kom en daar bly hulle. So ja 'n man gaan sy plaas "leeg skiet " van Koedoes verseker, maar die wat oorleef gaan jou beurman se aanwins raak of nog verder trek.

Verseker is daar mense wat alles voor die voet skiet, dit is soos om jou ooie te slag. Partymense hou net nie van wild op 'n vee plaas nie. Veral in droogte.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13628
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Capt. Yoda »

Ek kan dink as jou inkomste hawer of een of ander gewas is wat n koedoe van hou kan jy dalk anders na n koedoe kyk as n man met n jag bedryf. As ek geld verloor weens 40 koedoes wat elke aand my hawer kom eet kan hy ook heel moontlik skuif van biltong na ondier
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Klein Karoo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Sat Mar 19, 2016 12:04 pm

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Klein Karoo »

tau wrote: Thu Aug 06, 2020 12:15 pm Ek is baie lief vir Kudu jag en op oop plase nog beter. Ek jag die Oos-Kaap nou vanaf 2011 elke jaar en vanaf 2014 Jansenville area. Ek is gelukkig om by 'n Boer te jag wat nie sy Koedoes mors nie. Sy getalle suid van Jansenville het verseker verhoog. Vanaf die bakkie en manne wat gevaarlik skiet sal jy maklik 20 plus perdag kon skiet, veral as jy Noorse sny en hulle daar inwag of ambush. MAAR HY BESKERM SY DIERE.

As ons in die aande om die vuur sit is dit net ligte om jou soos mense om jou jag. Wettig onwettig ek weet nie. Ons skiet nie jong bulle of koeie nie, tensy hy vra ons moet so hier en daar ouer koeie uithaal. By my in Namibië het ek totaal ophou koedoes skiet en my skoonmense se wildsplaas het ons ook Koedoe jag verbied. Op die oop kampe met vee drade raak dit ongelukkig " of ek skiet hom of die buurman". My drade is laag en my bure kan seker lekker die Koedoes wat by my wegkruip skiet as hulle oor die draad gaan, maar ek los hulle.
Image

Koeodoe se verspeiding het verseker opgetel en daar is baie meer. Die Tankwa Karoo spog al met Koedoes en ek weet van 6 wat skaars honderd kilometer uit Ceres rondloop. Koedoes wat te hard gejag word spring oor 'n draad en vreet al met die rivier blare tot hy in nuwe rante of berg kom en daar bly hulle. So ja 'n man gaan sy plaas "leeg skiet " van Koedoes verseker, maar die wat oorleef gaan jou beurman se aanwins raak of nog verder trek.

Verseker is daar mense wat alles voor die voet skiet, dit is soos om jou ooie te slag. Partymense hou net nie van wild op 'n vee plaas nie. Veral in droogte.
Dankie Tau, dit is verblywend dat jy noem die getalle en verspreiding raak meer.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by tau »

Klein Karoo wrote: Thu Aug 06, 2020 3:49 pm
Dankie Tau, dit is verblywend dat jy noem die getalle en verspreiding raak meer.
Jy is nie verkeerd oor jou kommer nie. Partyouens dink eerder met hulle komkommer en skiet alles wat bewe. Ek was ook al op sulke plekke en jagte. Kruger hier op die forum het grond redelik versprei in die area en van sy Bure is nie so vriendelik teenoor die Koedoes nie. "n buurman wat tussen jou en die berg of Koedoes se trek roete is gaan jou populasie ook seermaak. Die ontploffing van wildsplase en wildsverkope het wel Koedoes nou weid versprei.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by projagter »

in dele in die karoo/bokaroo/hantam/roggeveld waar 15 jaar gelede geen koedoes was nie is nou skielik sommer heelwat. boere kry permitte en skiet sommer heelwat op hul lande in die nag. Wat veroorsaak verspreiding in gebiede waar hul voorheen onbekend was.
Dewitt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Dewitt »

projagter wrote: Sun Sep 13, 2020 1:15 pm in dele in die karoo/bokaroo/hantam/roggeveld waar 15 jaar gelede geen koedoes was nie is nou skielik sommer heelwat. boere kry permitte en skiet sommer heelwat op hul lande in die nag. Wat veroorsaak verspreiding in gebiede waar hul voorheen onbekend was.
Ek sal dit ook graag wil weet. Hier in Williston waar ek boer was ook voorheen geen koedoes en nou is hul al redelik vollop. Permitte word nou al uitgereik, maar net so baie val sonder permitte en ondanks dit neem hul getalle net toe.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Lategan1 »

Dankie vir feitlike terugvoer. Verblydend.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13628
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Capt. Yoda »

Hoeveel meer lodges en jag plase is daar nou in daai area gevestig die laaste 15 jaar?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by projagter »

versprei hulle na ander gebiede asgevolg van oorvloei van getalle digdheid? Droogte? Besproeing en aangeplante weidings in nuwe omgewings? Laasgenoemde beslis. In die Hantam, Boesmanland en aanliggende Karoo is Gasteplase nog algemene toerisme tendens. Jagplase asgevolg van hierdie koedoe verspreiding daar nog nie werklik faktor.
Last edited by projagter on Mon Sep 14, 2020 9:57 am, edited 2 times in total.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2958
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Lategan1 »

Capt. Oblivious wrote: Mon Sep 14, 2020 9:00 am Hoeveel meer lodges en jag plase is daar nou in daai area gevestig die laaste 15 jaar?
Oblivious, die antwoord op vraag is deel van die sukses met hoër wildgetalle in die algemeen. Die kern van my skrywe vroeg in die draad. Ou nuus vir baie, maar tog verbasend waar oral en hoe baie hulle voorkom, soos jy weet en deur ander lede hier gemeld.

Ek ht elders verwys na die wegraak van die Kudu’s in B’Wes/ Nelspoort distrik tydens ons jag as die 4de groep van die afgelope seisoen. Dit was op twee plase.

Interessant en ook ou nuus vir die ou hande in die bedryf. My vriend, beroepsjagter, het einde van seisoen besluit hy gaan die menere, bergop waar min mense kom, soek. Hulle kan nie net verdwyn nie! Hy neem ‘n dag en begin vroegoggend stap.

Hy vind toe die grootste bulle wat hulle feitlik nooit sien nie, bo in die berge en plato’s. Verbaas en tevrede draai hy om, met groot afwagting vir die nuwe seisoene se aanwas. Die plaaseienaar en bekende landbouer, was heel opgewonde oor die goeie - finansiële - nuus. :laugh:

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by projagter »

Toename van boomdigdheid in nie standhoudende rivierlope beslis bydraend tot verspreiding.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13628
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?

Post by Capt. Yoda »

IMO is dit bitter eenvoudig hoekom daar nou so baie wild is en dit is omdat hulle aan gery word en dan aan teel en daar oor genoeg kos is op die besproeings plase. Die wild kan nie meer self vry trek nie want elke 3de plaas is n wildsplaas in meeste gebiede met hoe heinings so die enigste manier vir wild om op n plek te kom is om daar heen gery te word. As daar kos is en daar is n koei en n bul sal daar n baba kom dit is maar hoe die natuur werk en hoe meer kos daar is beter gaan dit.

Ek het groot gewoord in die kalahari bo teen die Botswana grens en daar was nie n vark of n Koedoe wat ek van weet nie (daar was vroer jare so een deel om n rivier wat die ou mense altyd stadig deur n dip gery het want daar was glo vroer jare koedoes maar ek het nie in die eerste 18 jaar wat ek daar gekom het een gesien nie). Laat 2000 toe die manne daar begin speel het met wild was die eerste groot Wildsplaas/lodge daar Barrangee. As ek reg onthou is die plaas so by die 12000 hektaar en die oorspronike deel was ook vroer familie grond van ons waar my pa nog gebore was. Binne 3 jaar van daai eerste wildsplase was daar om elke hoek en draai Koedoes en varke, daar was/is so baie varke laat elke ou tannie n "mak" een op ha erf het, hoe het hulle daar gekom? Hulle is aar aan gery

My X vrou se neef het een ogend op sy grond gery daar (Plaas se naam is Cullinan in daai selfde area) en die volgende oomblik staan daar n span Goue of Witgemsbokke in die kamp, nou wa kom hulle vandaan?
Cbird hier op die forum se pa het op hul grond so 100km nader aan Kuruman n Wit/goue gemsbok geskiet toe die mense net begin praat het van die kleure en hulle het hom nie self daar af gelaai nie so hy moes van erens af kom. Ons het al daar gery op n plaas dan is daar Rooihartbeeste wat rond hardloop wat die boer in sy lewe nie self gekoop het of eers van geweet het nie, so groot trop kan moontlik van Botswana af in kom as dit erg droog daar is maar die Koedoes en goue gemsbokke weet ek nie van nie.

Kyk watse tiepe varke skiet Ben Remington nou in Kuruman en as kind het jy nou en dan gehoor van iemand wat n vark gesien het vroeg ogend nou skiet die manne bakkies vol.

Wild het ook natuurlik baie meer waarde nou so alles word nie net vrek geskiet vir Biltong nie, daai dae het manne somer n bot Brannas geruil vir n Koedoe so daar was nie regtig n rede om hulle op te pas nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply