Ek is aangenaam verras met die vraag en die hoorsê wat aangehaal word ter stawing. Uitsonderings gaan daar seker wees, tog glo ek mede-jagters is oor die algemeen ook natuurbewaarders net soos ons landbouers. Ironies word die vraag gevra en jou ‘handle’ is Klein Karoo! Baie dele van die waarheid is deur lede hier genoem en ek vertrou jy is opreg in jou vraag, nie net vir potroer nie!Klein Karoo wrote: Mon Aug 03, 2020 3:26 pm Manne goeie-middag, hoop dit gaan goed.
Met die jag seisoen het die kommer weereens by my opgekom, hoe volhoubaar is Koedoe jag?
Al hoe meer hoor jy stories en sien ek self hoe baie daar uit geskiet word in die jag seisoen , koeie met hulle kalfies uitgeskiet en dan sommer die bul ook, bakkie vragte wat geskiet word wat die manne dan verkoop om geld te maak.
En dan is dit uitsluitlik jagters wat gedurende die winter jag seisoen slegs koedoes wil skiet en dan die gewere bere tot volgende jaar se jag waar hulle dan dringend gewere moet laat regmaak want daar word glad nie deur die jaar gejag of geskiet nie.
Manne dit laat n bitter smaak in my mond, is ek oor sensitief hier?
Groete,
Klein- Karoo
My 2c.
Dit is goed gedokumenteer hoe wildgetalle toegeneem en hoe wild versprei het in RSA, hetsy natuurlik of hervestig. Koedoes in die besonder word die laaste dekade of wat weer opgemerk en gejag waar dit vir baie jare nie moontlik was nie. Lees die jagtydskrifte van die laaste 10 jaar of gesels met plaasmense hieroor. Koedoes loop weer in die Klein Karoo tot amper by Worcester, rivierlangs! Boksoorte soos Duiker en Steenbok is ook weer volop, in die Kaap.
Lusern en Koedoes, is soos ‘n mag-n-eet, netso aartappels en Duikers ens. Tot die landbouers se ergenis. Dit beteken nie die plaas sal toelaat dat hulle uitgeskiet word omdat hulle maklik geskiet kan word nie. Ek weet en ken ‘n boer wat een jaar oorleef het tydens ‘n droogte met Kudugeld, hy kon daarna nog vir baie jare boer. Waar het hy hulle geskiet? Oppad of vanaf die lusernlande, nie op nie.
Dit sal ‘n belediging vir ons boere/landbouers/natuurbewaarders wees as ons enigsins op hierdie draad wil insinueer en sinspeel daarop, of dit in die lug laat hang dat dit dalk gereelde praktyk is soos hier gemeld. Hulle verdien baie beter as dit, deur hulle goeie bewarings- en bestuurspraktyke en kapitale insette kan so baie van ons wel nog Koedoes jag. Ons goeie wildteel en wildpraktyke - is dit werklik nodig om enige iets daaroor te sê? Hetsy vry of in kampe?
Konteks: Ek jag die Ooskaap en Karoo vir meer as 40 jaar(geen claim to fame nie). Enige persoon wat al die berge en dale daar op en af gestap het, sal weet mens voetspore is baie skaars in baie groot dele van ons land.(dink aan ’n woestyn) My familie en etlike vriende boer en leef daar, die groei in Koedoegetalle stem hulle tot verbasing. Jaar op jaar, na groot droogtes en vrektes en weer vinnige herstel. Aberdeen se bulle het ek al gejag daar waar die 3 Britse kloktente gestaan het, hoog met verkyker uitsig op onse Boere. Lusernlande is algemeen daar, maar bulle laat hulle nie anker deur ‘n lusern nie, hoogtes op gaan hy.
In my boek is die sukses/treftempo(yield) van jagters tydens Koedoejag kleiner as 50%. Voeg ook by dat geld om die menere teen 4 per jagter te skiet ook maar skaars is! Baie skiet eerder 4 of 6 Springbokke as 1 Koedoe.
Indien daar ongewenste of onwettige dinge gebeur, laat jou stem hoor, daar waar dit werklik saak maak. Waak teen persepsies.
Werklikwaar, of die wild inkomste gaan vir ‘n nuwe bakkie of Landcruiser of vrou se ‘perm en make-up’ of kinders se skoolgeld, maak dit saak?
Ek is baie gerus, die Koedoegetalle groei onder ons uit, volhoubaar.
Beste.


