Wat gaan aan by Somchem?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wat gaan aan by Somchem?
Die probleem gaan nog steeds oor die volumes gaan. PMP en Somchem het mekaar gerugsteun met PMP se militêre verkope wat die groot inkomstebron was. Indien dit platgeval het sal dit moeilik wees om weer aan die brand te skop. Beide Somchem en PMP het kopers van hul produkte nodig en die uitvoer van dryfmiddel alleen dink ek nie gaan die pyp rook nie. Die mark is baie kompeterend en ons klagtes oor brandspoed gaan nie juis markte wen nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Wat gaan aan by Somchem?
Dagsê
Iemand (betroubare bron) het my vertel dat PMP se masjiene so oud en stukkend is dat hulle nie meer herstel kan word nie. Hulle maak blykbaar al klaar sekere kalibers se doppe glad nie meer nie.
Mooi loop

- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: Wat gaan aan by Somchem?
Nee wat kêrels
Dit klink my ons moet maar net vasbyt en ander planne begin maak... Dit raak soos Eskom - "gebruik maar spaarsaam ons produk en moenie soos wat jy altyd het ons produk geniet nie - gebruik minder daarvan en jy sal okay wees"

Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1893
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Wat gaan aan by Somchem?
Nou verstaan ek hoekom PMP se doppe so k$k is. Dis 'n dodelike kombinasie van Phillimon maak patrone plus ou masjiene.Koos Barnard wrote:Dagsê
Iemand (betroubare bron) het my vertel dat PMP se masjiene so oud en stukkend is dat hulle nie meer herstel kan word nie. Hulle maak blykbaar al klaar sekere kalibers se doppe glad nie meer nie.
Mooi loop
Maak 'n verskil
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Wat gaan aan by Somchem?
Ek is seker so 'n jaar gelede oortuig deur 'n baie patriotiese persoon dat die nuutste batch .308-doppe baie goed vergelyk met Norma en dies meer. Ek koop toe so wragtag 'n volle 100! Groot fout!!! Maar nou ja, so leer 'n mens.
Mooi loop
Mooi loop
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3530
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Wat gaan aan by Somchem?
Ai dis jammer... 308 en 303 doppe het PMP noggal verstaan hoe om te maak! Ek het altyd goeie russeltate met pmp produkte gehad.Koos Barnard wrote:Ek is seker so 'n jaar gelede oortuig deur 'n baie patriotiese persoon dat die nuutste batch .308-doppe baie goed vergelyk met Norma en dies meer. Ek koop toe so wragtag 'n volle 100! Groot fout!!! Maar nou ja, so leer 'n mens.
Mooi loop
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Wat gaan aan by Somchem?
Militere ammunisie is wat PMP aan die gang gehou het. Ons mark was maar baie klein.
In oorlogvoering is herlaai nerens in die prentjie so eenmaal se kaboom is wat vereis word en daarvoor was die ammunisie akkuraat genoeg. Dit het aan al die nodige spesifikasies voldoen.
Ons herlaaiers moet egter meer moeite met die doppe doen om beter resultate te verseker.
In oorlogvoering is herlaai nerens in die prentjie so eenmaal se kaboom is wat vereis word en daarvoor was die ammunisie akkuraat genoeg. Dit het aan al die nodige spesifikasies voldoen.
Ons herlaaiers moet egter meer moeite met die doppe doen om beter resultate te verseker.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Steppenwolf
- Sr. Member

- Posts: 274
- Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm
Re: Wat gaan aan by Somchem?
Sal gaaf wees as daar iemand is wat n tabel het wat aandui wat se ingevoerde (verkrygbare) kruit in die plek van somchem kruite gebruik kan word.
Net soos baie ander basiese produkte en dienste is Somchem lyk my ook nou in sy Mo3r in! "Hierdie land is so 3de wereld soos nog iets"
Net soos baie ander basiese produkte en dienste is Somchem lyk my ook nou in sy Mo3r in! "Hierdie land is so 3de wereld soos nog iets"
"the more I practice, the luckier I get'
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Wat gaan aan by Somchem?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Steppenwolf
- Sr. Member

- Posts: 274
- Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm
Re: Wat gaan aan by Somchem?
Thanks Capt. Ek moes geweet het GSC sal deliver!
"the more I practice, the luckier I get'
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7571
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wat gaan aan by Somchem?
Klink my dit is ook maar al wat hulle kan lewer.Steppenwolf wrote:Thanks Capt. Ek moes geweet het GSC sal deliver!