Wat gaan aan by Somchem?

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Post by tripodmvr »

Die probleem gaan nog steeds oor die volumes gaan. PMP en Somchem het mekaar gerugsteun met PMP se militêre verkope wat die groot inkomstebron was. Indien dit platgeval het sal dit moeilik wees om weer aan die brand te skop. Beide Somchem en PMP het kopers van hul produkte nodig en die uitvoer van dryfmiddel alleen dink ek nie gaan die pyp rook nie. Die mark is baie kompeterend en ons klagtes oor brandspoed gaan nie juis markte wen nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Iemand (betroubare bron) het my vertel dat PMP se masjiene so oud en stukkend is dat hulle nie meer herstel kan word nie. Hulle maak blykbaar al klaar sekere kalibers se doppe glad nie meer nie.
Mooi loop
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Post by Max Rossle »

Nee wat kêrels

Dit klink my ons moet maar net vasbyt en ander planne begin maak... Dit raak soos Eskom - "gebruik maar spaarsaam ons produk en moenie soos wat jy altyd het ons produk geniet nie - gebruik minder daarvan en jy sal okay wees"
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1893
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Post by Ratel »

Koos Barnard wrote:Dagsê
Iemand (betroubare bron) het my vertel dat PMP se masjiene so oud en stukkend is dat hulle nie meer herstel kan word nie. Hulle maak blykbaar al klaar sekere kalibers se doppe glad nie meer nie.
Mooi loop
Nou verstaan ek hoekom PMP se doppe so k$k is. Dis 'n dodelike kombinasie van Phillimon maak patrone plus ou masjiene.
Maak 'n verskil
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Post by Koos Barnard »

Ek is seker so 'n jaar gelede oortuig deur 'n baie patriotiese persoon dat die nuutste batch .308-doppe baie goed vergelyk met Norma en dies meer. Ek koop toe so wragtag 'n volle 100! Groot fout!!! Maar nou ja, so leer 'n mens.
Mooi loop
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Post by Armand Steenkamp »

Koos Barnard wrote:Ek is seker so 'n jaar gelede oortuig deur 'n baie patriotiese persoon dat die nuutste batch .308-doppe baie goed vergelyk met Norma en dies meer. Ek koop toe so wragtag 'n volle 100! Groot fout!!! Maar nou ja, so leer 'n mens.
Mooi loop
Ai dis jammer... 308 en 303 doppe het PMP noggal verstaan hoe om te maak! Ek het altyd goeie russeltate met pmp produkte gehad.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Post by tripodmvr »

Militere ammunisie is wat PMP aan die gang gehou het. Ons mark was maar baie klein.

In oorlogvoering is herlaai nerens in die prentjie so eenmaal se kaboom is wat vereis word en daarvoor was die ammunisie akkuraat genoeg. Dit het aan al die nodige spesifikasies voldoen.

Ons herlaaiers moet egter meer moeite met die doppe doen om beter resultate te verseker.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Post by Steppenwolf »

Sal gaaf wees as daar iemand is wat n tabel het wat aandui wat se ingevoerde (verkrygbare) kruit in die plek van somchem kruite gebruik kan word.

Net soos baie ander basiese produkte en dienste is Somchem lyk my ook nou in sy Mo3r in! "Hierdie land is so 3de wereld soos nog iets"
"the more I practice, the luckier I get'
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Post by Capt. Yoda »

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Post by Steppenwolf »

Thanks Capt. Ek moes geweet het GSC sal deliver!
"the more I practice, the luckier I get'
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7571
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wat gaan aan by Somchem?

Post by Wouter Roets »

Steppenwolf wrote:Thanks Capt. Ek moes geweet het GSC sal deliver!
Klink my dit is ook maar al wat hulle kan lewer. ;)
Post Reply