Ek is op die selfde bladsy en dalk moet ek hom maar los soos hy is....wil nog by Thor ook kyk vir 'n 20 MOA picatinny rail. Die geweertjie het nog sy staal visier op en wil dit nie graag af haal nie. Dalk gaan gewone hoe' stud ringe my nie genoeg plek gee vir 'n x50 scope nie.Carlc wrote:Ek het myne ook al voorheen laat poets en hy is glad nie sleg nie maar ek sou hom graag fyner wou hè. Dis nie dat ek sukkel met hom nie maar jy weet mos as n man daai jeuk kry. Soos hy is is hy elk geval meer as goed genoeg vir n jaggeweer so ek gaan nie verder aan hom peuter nie.
Het iemand dalk al na soe iets gekyk om te kan weet of 'n FN of K98 Mauser picatinny rail sal pas ?....ek ken die goed nie so mooi nie ....want dan praat hull van "large" ring of "small" ring Mauser en my tor kies weer hase pad. Ek weet mens kan hul koop sonder gate, so dit is 'n ander opsie, maar as ek dit sommer self kan op sit is dit eerste prys.
