Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by jdpretorius »

Hoop iemand kan dalk help met die identifikasie van die Husqvarna aksie (lyk soos Mauser 98 tipe). Ek soek na 'n ander sneller sodat ek hom kan stel om meer soos my Howa sin te breek. Na 'n bietjie op lees lyk dit of daar 'n paar verskillende modelle is en nou weet ek nie na watter een om te soek nie.
Dalk het iemamd nog een wat hulle wil verkoop, wat sal pas.
IMG_20190120_121634.jpeg
IMG_20190120_121834.jpeg
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by Carlc »

As jy regkom laat weet my ook asb. Ek het identiese dieselfde 270 Husqvarna en kon nog nie n ander sneller opspoor nie.
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by OosKaapJagter »

Ek ken nie die Husqvarna nie, maar het uit nuuskierigheid gaan oplees. Hulle het aanvanklik Mauser 98 aksies gebruik en toe later hul eie aksies gebou, gebaseer op Mauser aksies.
Hoop hierdie help dalk.
https://forums.gunboards.com/showthread ... ion-rifles
https://en.wikipedia.org/wiki/Husqvarna_Vapenfabriks
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by Frikkie Coetzee »

Daardie aksies sal enige K98 sneller vat.
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by Carlc »

As ek so na die fotos kyk en na die tyd wanneer dit vervaardig is sou ek sè dis n model 1640 FN aksie.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2157
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by Ds J »

Thor maak snellers vir Mauser aksies: https://docs.google.com/presentation/d/ ... ide=id.p48

Hulle kan dalk help.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by jdpretorius »

Baie dankie Ooskaap.
Van wat ek al kon gelees kry vermoed ek dit is 'n 1640 aksie.
Timney het voorheen vir hulle snellers gemaak maar dit klink nie meer nie. Die vabriek het ook blykbaar af gebrand so die "blue prints" het verlore gegaan. Huber het ook vir hulle snellers gemaak maar ek weet nie of hulle dit nog doen nie. Daar is blykbaar n paar dinge wat n goei geweer smid kan doen om die bestaand sneller te verbeter maar ver bo my kennis.
As ek reg ontdou is myne 'n 1956 270win.
Die oom (geweer smid) wat so 5 jaar terug hom vir my mooi deur gekyk (na ek hom gekoop het by n plaas omie van 77) hoef hom nie eers te de-copper het nie....in elk geval hy het 'n Timney vir hom gehaad maar op daardie stadium kon ek nie die ekstra gelkie by bring nie.
Dit is blykbaar moontlik om een van die huide Timney snellers te maak werk maar is biekie bang.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by jdpretorius »

Ds J wrote:Thor maak snellers vir Mauser aksies: https://docs.google.com/presentation/d/ ... ide=id.p48

Hulle kan dalk help.
Groot dankie, ek sal verseker

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by jdpretorius »

Frikkie Coetzee wrote:Daardie aksies sal enige K98 sneller vat.
Frikke, ek is dom met dit maar blykbaar is die veiligheids knip die bogger

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by jdpretorius »

Carlc wrote:As ek so na die fotos kyk en na die tyd wanneer dit vervaardig is sou ek sè dis n model 1640 FN aksie.
Ek sal dit ook biekie na spoor, dankie.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by jdpretorius »

Carlc wrote:As jy regkom laat weet my ook asb. Ek het identiese dieselfde 270 Husqvarna en kon nog nie n ander sneller opspoor nie.
Carlc, nou heeltemal van die punt af maar hy jy dalk al 140 gr AB in joune geskiet?

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by Carlc »

Nee nog nie. Ek het hom gekry om mooi te groepeer met 130gr accubonds en het vir my n voorraad punte gekoop. Ek het die 130s se trajek lekker leer ken en gooi hulle nou daar waar dit saak maak.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by jdpretorius »

Carlc wrote:Nee nog nie. Ek het hom gekry om mooi te groepeer met 130gr accubonds en het vir my n voorraad punte gekoop. Ek het die 130s se trajek lekker leer ken en gooi hulle nou daar waar dit saak maak.
Image, 140 gr Partitions en Sierra werk ook mooi

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by Carlc »

Ek het vir jare net met partitions gejag maar het op n stadium n "bad batch" gekry wat getuimel het en die lood voor en agter uitgegooi het. Dit was op die 308 en het my afgesit van partitions. Ek het toe oorgeslaan na e-tips en hulle het werklik baie goed perform, veral in die 270. Hulle het op n stadium onverkrygbaar geword en toe slaan ek oor na ABs. Nog nie n dag spyt nie maar ek het seker gemaak ek koop genoeg. My 338 hou ook baie van die 250gr ABs.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by jdpretorius »

Carlc wrote:Ek het vir jare net met partitions gejag maar het op n stadium n "bad batch" gekry wat getuimel het en die lood voor en agter uitgegooi het. Dit was op die 308 en het my afgesit van partitions. Ek het toe oorgeslaan na e-tips en hulle het werklik baie goed perform, veral in die 270. Hulle het op n stadium onverkrygbaar geword en toe slaan ek oor na ABs. Nog nie n dag spyt nie maar ek het seker gemaak ek koop genoeg. My 338 hou ook baie van die 250gr ABs.
ImageImage, wenner kombinasie... 270 & 338

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 959
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by OosKaapJagter »

User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by Frikkie Coetzee »

Ja. Die sneller en veiligheidsknip kan met mekaar lol. Bere jou oorspronkile sneller mooi
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by jdpretorius »

Baie dankie OosKaap, ek wardeer.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by jdpretorius »

Frikkie Coetzee wrote:Ja. Die sneller en veiligheidsknip kan met mekaar lol. Bere jou oorspronkile sneller mooi
Frikkie, ja ek is al meer oortuig dat dit nie die regte ding is om te veel te karring nie, tensy ek n "drop in" vervanging kan kry sonder om mods te doen. So die Thor voorstel is dalk nog 'n moonlikheid.
Die sneller is seker nie rerig so erg nie maar dit sal lekker wees om hom naaby die Howa sin te kry wat taamlik lig kan stel

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by jdpretorius »

Ds J wrote:Thor maak snellers vir Mauser aksies: https://docs.google.com/presentation/d/ ... ide=id.p48

Hulle kan dalk help.
Weer eens dankie Ds J, ek sal die wapen vir hulle moet vat om te kyk, maar dit klink posetief

Carlc
Dit lyk amper of die een kan werk, maar sal meer weet as ek by hulle was
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by Carlc »

Dit lyk na goeie nuus. Ek hou duim vas hy werk. Met n lekker fyn sneller gaan daai roer darem baie lekker skiet. Laat weet asb as jy reggekom het.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by jdpretorius »

Carlc wrote:Dit lyk na goeie nuus. Ek hou duim vas hy werk. Met n lekker fyn sneller gaan daai roer darem baie lekker skiet. Laat weet asb as jy reggekom het.
Sal verseker. Gaan dalk net 'n paar weke wees voor ek by hulle kan uitkom op 'n Saterdag.
Het vir hulle 'n paar fotos gestuur, hoop dit help
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by Carlc »

Johan,
Nie goeie nuus as jy n verstelbare sneller wil opsit nie. Ek het my husqvarna by Chrisjan gehad om te sien of hy hom kan stel. Ongelukkig kan dit nie veilig gedoen word nie. Daar kan wel n ander sneller opgesit word maar nie een van die wat huidiglik op die mark is ,is versoenbaar met die husqvarna se veiligheidsmeganisme nie. Dit gaan dus baie onverantwoordelik en onveilig wees om n baie fyn sneller sonder n werkende veiligheidheid knip op te sit. Hy het wel my howa 338 se sneller "getune" en hy werk soos n droom.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by jdpretorius »

Carlc wrote:Johan,
Nie goeie nuus as jy n verstelbare sneller wil opsit nie. Ek het my husqvarna by Chrisjan gehad om te sien of hy hom kan stel. Ongelukkig kan dit nie veilig gedoen word nie. Daar kan wel n ander sneller opgesit word maar nie een van die wat huidiglik op die mark is ,is versoenbaar met die husqvarna se veiligheidsmeganisme nie. Dit gaan dus baie onverantwoordelik en onveilig wees om n baie fyn sneller sonder n werkende veiligheidheid knip op te sit. Hy het wel my howa 338 se sneller "getune" en hy werk soos n droom.
Hi Carlc, dit wou lyk of daar meskien iets anderkant die groot dam te kry is.
Ek moet nog net eendag tyd kry om by Erhard van Thor uit te kom, dit het geklink of hy al voorheen dalk iets kon doen. Lank terug het ek die "cam" op die sneller laat poets, wat hom wel lekker crisp laat breek en 'n groot verbetering is, maar sy "trek" is nog bietjie stram. Daar is 'n Oom Tom in Krugersdorp wat dit vir my gedoen het.
Ek't al gewonder of mens dan nie net 'n slapper veer vir die "sear" kan in sit nie
Die Howa se sneller is baie lekker gestel.
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Identifikasie van Mauser/Husqvarna aksie - ander sneller

Post by Carlc »

Ek het myne ook al voorheen laat poets en hy is glad nie sleg nie maar ek sou hom graag fyner wou hè. Dis nie dat ek sukkel met hom nie maar jy weet mos as n man daai jeuk kry. Soos hy is is hy elk geval meer as goed genoeg vir n jaggeweer so ek gaan nie verder aan hom peuter nie.
Post Reply