Page 2 of 2

Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?

Posted: Wed Sep 19, 2018 9:59 am
by figjam
Dalk het ek dit gemis op die draad iewers, maar watter winkel is DS?

Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?

Posted: Wed Sep 19, 2018 10:09 am
by Stephan86
Ek was nou onlangs by so 'n nuwe klein winkel wat daar in die ooste van Pta oopgemaak het (Sable Arms) en die diens was puik. Mens stap met so warm gevoel daar uit, ek weet nie of dit die kredietkaart is wat brand of die persoonlike diens is nie.

Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?

Posted: Wed Sep 19, 2018 10:42 am
by heywillie
figjam wrote:Dalk het ek dit gemis op die draad iewers, maar watter winkel is DS?
Dave Sheer

Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?

Posted: Wed Sep 19, 2018 10:43 am
by heywillie
Stephan86 wrote:Ek was nou onlangs by so 'n nuwe klein winkel wat daar in die ooste van Pta oopgemaak het (Sable Arms) en die diens was puik. Mens stap met so warm gevoel daar uit, ek weet nie of dit die kredietkaart is wat brand of die persoonlike diens is nie.
Is dit nie waar Sethunya was nie ?
Dink Gys Prinsloo was die eienaar ?

Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?

Posted: Wed Sep 19, 2018 10:48 am
by Stephan86
heywillie wrote:
Stephan86 wrote:Ek was nou onlangs by so 'n nuwe klein winkel wat daar in die ooste van Pta oopgemaak het (Sable Arms) en die diens was puik. Mens stap met so warm gevoel daar uit, ek weet nie of dit die kredietkaart is wat brand of die persoonlike diens is nie.
Is dit nie waar Sethunya was nie ?
Dink Gys Prinsloo was die eienaar ?
Gys het ongelukkig die shop toe gemaak, daar is nou 'n nuwe shop met 'n nuwe eienaar.

Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?

Posted: Wed Sep 19, 2018 3:13 pm
by JohanvB
Wel as S&O jou R420 vra vir 365, en die kleinwinkel R344, sien S&O my nooit weer nie, en ek hou van skiet...

Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?

Posted: Wed Sep 19, 2018 6:43 pm
by jdpretorius
die groot winkels lok ons mos lekker in met specials veral aan die begin ... en dan sien ons al die ander blink goed, wat jy eintlik ook nodig het (will hĂȘ) onder die mooi beligting en net daar verloor jy kop en max die kridiet kaart

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?

Posted: Thu Sep 20, 2018 11:18 am
by DawieKotze
JohanvB wrote:Wel as S&O jou R420 vra vir 365, en die kleinwinkel R344, sien S&O my nooit weer nie, en ek hou van skiet...
Ek het nou 2 blikke S365 by VGK gekoop teen R350 per blik.

Wakker slaap Johan - daai vooraad is sommer vandag al weg!

Groetnis

Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?

Posted: Thu Sep 20, 2018 12:14 pm
by jdpretorius
DawieKotze wrote:
JohanvB wrote:Wel as S&O jou R420 vra vir 365, en die kleinwinkel R344, sien S&O my nooit weer nie, en ek hou van skiet...
Ek het nou 2 blikke S365 by VGK gekoop teen R350 per blik.

Wakker slaap Johan - daai vooraad is sommer vandag al weg!

Groetnis
Nee wat ek het nog genoeg ..... van die laaste keer toe daar ander specials was in een van daaaai winkels >:D
Ek is besig om oor te beweeg na Vv & dalk Hodg, het nou moeg geraak vir al die karring met Somchem

Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?

Posted: Fri Oct 19, 2018 2:39 pm
by jdpretorius
Ek wil net vir die manne by CMH Precision baie dankie se vir hulle mooi diens, en in besonder vir Johan (en ek is seker Herme) wat die ekstra myl gestap het
Geno, ook dankie aan jou vir die goei verwysing na CMH

Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?

Posted: Sun Oct 21, 2018 6:15 am
by RevA
Ek is mal daaroor om die klein/onafhanklike winkels te ondersteun, maar as jy soos ek 60km van die naaste wapen winkel bly, raak mens effe geirriteerd wanneer jy uitvind hulle het nie bv kruit of primers bestel die kwartaal. Dan ondersteun ek maklik eerder Wildman wat goeie diens het en amper altyd voorraad aanhou.