Page 2 of 2

Re: Nuwe loop vir 223

Posted: Mon Jul 30, 2018 6:01 pm
by 308Win
Blink Stefaans wrote:Ek verstaan dat n vark taai is. Het ook al n klomp geskiet met die boog en die roer. dit vat die vark dalk 5 sekondes om te vrek, maar in daai 5 sek hardloop hy heeltyd flat taps tot hy in die hardloop vrek en n paar meter deur die sand ploeg .
Altwee van julle het goeie punte daar beet. Skootplasing en puntkeuse.
Ek het swaarder kalibers waarmee ek gewoonlik skiet. Ek wil vir my laitie iets maak waarmee ook sy eerste bok kan skiet...ek het n 22 hornet gehad het baie bokke en varke geskiet met hom en die 223AI is heelwat frisser as daai roer. Dan wil ek hom gebruik om n paar jakke te klap.
Ek dink die 62gr TSX sal die job doen op die otte en die 53gr Vmaxs vir ongediertes
Ek het eenmaal ene van agter af (vrystaatse hartskoot) met die 308 en 'n 130gr Impala geskiet. Selle storie. Hy het net gehol en gehol. ek het hom in die driedorings verloor. Ek kon hoor hoe hy steunend aanbeur, maar kon hom net nooit kry nie. Ander keer het ek hom nie genoeg gelei vir die spoed wat hy gehol het nie. En skiet hom toe in die pens met die 30-06 180gr. Die ene het heeltemal uit sy ingewande uit gehol. Soos hy deur die driedorings gevleg het sy derms stuk vir stuk uitgeskeur. Toe ons hom na 30 min se soek kry, was hy dood. Maar sonder 'n enkele derm.
Skootplasing bly maar vir my een van die enigmas van jag.

Re: Nuwe loop vir 223

Posted: Tue Jul 31, 2018 8:21 pm
by johans
savage(P Coetzer) wrote:Arnold daar is n klein korrelasie tussen twist en spoed maar wat in my opinie eerder die bepalende faktor gaan wees is dat ligte koeels se jackets onder vrek groot druk gaan kom as hulle vinnig uit n vinnige twist loop geskiet gaan word. Ek weet Turner Wilkinson se SLR met n 8 twist moet hy briek aan draai indien hy 87gr vlds skiet omdat die jackets afgooi. Ek weet n slr en 223 is wyd van mekaar maar indien n 8 twist loop in n 223 sy jare begin wys en nie meer so glad is nie en daar word n ligte koeel teen n relatiewe hoë spoed geskiet kan die loop die mantels genoeg beskadig om op te breek.
julle praat nou van n ding hier wat ek nie weet nie.ek skiet met my 22-250 met n 9twist 55gr vmax @3550fps.is dit nou n slegte idee?hoe gaan ek weet waneer die loop die mantels beskadig?
ek weet julle gaan nou dink jou fool hoekom koop jy n 9twist as jy 55gr wil skiet,maar toe ek die geweer gekoop het het ek my nie veel gesteur aan twist nie.my jakkals geweer(223) se loop was klaar en ekt n veranger vir hom gesoek

Re: Nuwe loop vir 223

Posted: Tue Jul 31, 2018 9:27 pm
by Alwin
johans wrote:

Jy sal sien as die koeëls hulle mantels verloor. Eerstens gaan akkuraatheid skade ly. Jy kan ook soms sien dat die koeël 'n wit streep deur die lug trek soos die lood uit"spuit". As hulle mooi groepeer is daar niks om oor te stres nie. Die .224" V-max se mantel is dalk dik genoeg vir die tipe mishandeling.

Re: Nuwe loop vir 223

Posted: Mon Aug 27, 2018 3:06 pm
by Blink Stefaans
Dagse manne.
Die loop vervanging gaan nou gebeur. Ek moet net n paar goedjies bevestig voor dit gebeur.
Advanced Guntech in Potch gaan dit vir my doen. Hulle dra net 1:10 en 1:8 lope.
Ek dink daaraan om die 1:8 te vat.
Ek wil die 70gr tsx skiet asook ligter vmaxe vir ongediertes.
Die smid wil weet watse "freebore" hy moet sny. Kan iemand my asb help...al wat ek weet van freebore is dat dit n woord is wat ek al raakgelees het op die interwebs

Re: Nuwe loop vir 223

Posted: Mon Aug 27, 2018 7:44 pm
by Rudie
Gaan 8 twist van die begin af. Freebore vir 'n 223 met swaarder pitte soos die 75gr amax is gewoonlik 0.070" . Daar is ander faktore soos lead angle ens wat Freebore beïnvloed.

Beste is om 'n gelaaide rondte vir jou wapensmid te stuur met jou koel so 0.020 geseat voor die skouer en dan die kamer daarvolgens te sny. Freebore word deur die reamer bepaal, so as jou smid vra vir Freebore dan sny hy met 'n zero Freebore reamer en gebruik dan net 'n throuter reamer om Freebore te sny. Op die manier kan jy hom presies reg sny volgens die gelaaide rondte.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Nuwe loop vir 223

Posted: Mon Aug 27, 2018 8:35 pm
by Blink Stefaans
Baie dankie
Die probleem is as volg. Ek het nog geen komponente vir die roertjie nie en hy is klaar in potch.
Die ander faktor is my magesyn lengte. Maksimum lengte wat gelaai kan word is so 57,5 meskien 58mm.
Die is goed wat ek glad nie in ag geneem het toe ek vir hom die geweertjie gestuur het nie.
Hy het voorgestel dat hy die freebore korterig/ standaard sal sny en dan kan hy altyd bietjie langer maak as ek vind dit is nodig. Eerder te kort as te lank want jy kan nie yster terug sit nie
Ai...moet dit so ingewikkeld wees

Re: Nuwe loop vir 223

Posted: Mon Aug 27, 2018 9:01 pm
by Fanie Nel
Ek al paar varke omgedom met 50vmax in engin kamer hy gaan net so paar tree.
Daai 53gr vmax baie lekker koeeltjies.
Groete

Re: Nuwe loop vir 223

Posted: Sat Dec 15, 2018 5:30 pm
by Blink Stefaans
So die roer is gebou.
223 Ai
27" Shilen stainless match #6 1/10
Smoking gun kolf.
Nou gaan ons bosbrakke soek
223Ai https://imgur.com/a/wyKmkhv

Re: Nuwe loop vir 223

Posted: Sat Dec 15, 2018 9:00 pm
by geelslang
Spoggerig!!
Watse scope en mounts gaan jy op die geweer gebruik?

Re: Nuwe loop vir 223

Posted: Sun Dec 16, 2018 10:42 am
by Blink Stefaans
Soek nog iets
Gaan solank net iets opgooi vir lading ontwikkeling