Nuwe loop vir 223

Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Nuwe loop vir 223

Post by Blink Stefaans »

Dagse manne
Het n lekker deal gekry by n wapen smid en ek gaan n nuwe loop op my mini mauser aksie sit.
Dit gaan n Shilen loop van my keuse wees.
Wil by julle manne hoor.
As julle n 223 kon bou vir jakke, varke rooibokke en so bietjie teiken skiet. Watse profiel, lengte en groefdraai sou julle kies.
Het gedink om 55gr vir die jakke te gooi maar sal daarvan hou om die langer monolitiese punte ook te kan skiet....maw stywer as 1:12
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by savage(P Coetzer) »

Stefaans my 223 het n 1:12 loop op. Ek skiet hoofsaaklik 53gr vmaxe. As jy wil monolities ook skiet is n 1:10 dalk n beter roep maar ek hou persoonlik nie van n stywe twist op n 223 nie. Die lekker ding van die 223 is juis sy bekostigbaarheid en met die langer hoër bc koeels verdubbel koste sommer vinnig. Die ander nadeel van bv n 1:8 twist loop is dat indien jy wel die goedkoper 55gr klas koeels wil skiet gaan jy redelik spoed verloor teenoor n 12 twist.
User avatar
Raditipa
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 87
Joined: Wed Aug 03, 2016 4:44 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by Raditipa »

As daar hoofsaklik met 60gr en ligter geskiet word sal ek n 24 duim, 1-10 twist vat. As daar mono's of so nou en dan 65-75gr punte geskiet word sal ek n 1-8 twist vat. Ek sal ook ernstig dink oor om hom te laat Ackley. Daai klein ackley doppie met n 75gr eld-m lyk darm nice jong!
.22 Ruger 10-22
223 NEF Handi
223 MSR15 Recon
22-250 Rem Winchester
260 Rem Savage LRP
7x64 Musgrave
300WSM Tikka T3
375 H&H Ruger no1
357 Marlin 1894
44 Marlin 1894
44 Ruger Red Hawk
45-70 Govt Ruger no1
9mm M&P Shield
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by Arnold »

savage(P Coetzer) wrote:Stefaans my 223 het n 1:12 loop op. Ek skiet hoofsaaklik 53gr vmaxe. As jy wil monolities ook skiet is n 1:10 dalk n beter roep maar ek hou persoonlik nie van n stywe twist op n 223 nie. Die lekker ding van die 223 is juis sy bekostigbaarheid en met die langer hoër bc koeels verdubbel koste sommer vinnig. Die ander nadeel van bv n 1:8 twist loop is dat indien jy wel die goedkoper 55gr klas koeels wil skiet gaan jy redelik spoed verloor teenoor n 12 twist.
Interessant ... hoeveel spoed verloor?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by Arnold »

Ek skiet n 8 twist Tikka Varmint met 600mm loop en stoot n 75gr ELDM teen so 2920fps. Die acley wen so bietjie maar ek wou nie daai roete gaan met die roer nie.

Kies die twist volgens die langste koeël wat jy wil skiet. Kies die loop lengte volgens hoe vinnig jy wil skiet en kies die profiel volgens hoe swaar jy wil dra ;)
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by Blink Stefaans »

Ek dink aan di3 Ackley maar die dies kos n arm en n been.
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by savage(P Coetzer) »

Arnold daar is n klein korrelasie tussen twist en spoed maar wat in my opinie eerder die bepalende faktor gaan wees is dat ligte koeels se jackets onder vrek groot druk gaan kom as hulle vinnig uit n vinnige twist loop geskiet gaan word. Ek weet Turner Wilkinson se SLR met n 8 twist moet hy briek aan draai indien hy 87gr vlds skiet omdat die jackets afgooi. Ek weet n slr en 223 is wyd van mekaar maar indien n 8 twist loop in n 223 sy jare begin wys en nie meer so glad is nie en daar word n ligte koeel teen n relatiewe hoë spoed geskiet kan die loop die mantels genoeg beskadig om op te breek.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by savage(P Coetzer) »

By die Wereld skiet laas week in Bloemfontein het n forum lid se 22 Dasher ook jackets afgegooi. Dit was nie eers teen hoë spoed gewees nie maar dit was uit n stywe loop wat nog nie eers 1300 skote geskiet het nie.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by savage(P Coetzer) »

O ja. My 12 twist 24” loop skiet 53gr vmaxe teen 3360ft soos gemeet deur n lab radar.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by Arnold »

Savage die spoed wat mens verloor met n stywer twist is irrelevant so min is dit. Die spoed verskil tussen lope is dalk meer.

Oor die stywe twist en die stress op ligte koeëls stem ek heeltemal saam mee. Ek het nognie ligte koeëls in my geweer geskiet nie want dit is nie hoekom ek hom gekoop het nie.

'n 12 twist vir 223 is nie n slegte keuse om daai 53gr Vmaxe mee te skiet nie.
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by Blink Stefaans »

Het nou maar besluit om n Ackley te bou.
Safari het redding dies vir R2400...maar terwyl ek wag vir die geweer om klaar gebou te word kan ek dalk soek vir n 2e handse stel.
Ek dink n 1:9 24" light varmint loop gaan mooi werk
Gaan die ombouing doen by Advanced Guntech in Potch
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by tripodmvr »

Jy kan moontlik vind dat 'n 223 Lee Nekmatrys die AI ook sal kan regdruk. Dan kort jy net 'n "bump die" as jy die skouers effe wil terugdruk. Kan dalk goedkoper opsie wees.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Nuwe loop vir 223

Post by 470rigby »

Net vir interessantheid. As jy 'n gewone 223 wil skiet, gebruik die 53 V-Max of 52 Custom Competition met 25gr H4895. Ken Waters van Handloader faam het lank terug gese dis die akkuraatste kombinasie in gevangeskap, en glo my hy was reg!

H4895 is duur, maar jy gebruik min. Ek weet nie van nodes en sweet spots nie, maar dit werk
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Nuwe loop vir 223

Post by LUAN »

Die ouens wat S321 laai in hulle 223's kry julle n redelike lae ES met die balkruit? Of is S335 maar die pad om te gaan? Ek sukkel met balkruite.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by tripodmvr »

My Howa 223 met dikloop hou meer van S321 as S335. Ek het snaakse drukpieke met S335 verkry.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by Jaco v Zyl »

Arnold wrote:Ek skiet n 8 twist Tikka Varmint met 600mm loop en stoot n 75gr ELDM teen so 2920fps. Die acley wen so bietjie maar ek wou nie daai roete gaan met die roer nie.

Kies die twist volgens die langste koeël wat jy wil skiet. Kies die loop lengte volgens hoe vinnig jy wil skiet en kies die profiel volgens hoe swaar jy wil dra ;)
Sorry vi die halwe hi -jack.
Arnold hoe maak jy met magesyn met dai 73 gr.Of skiet jy enkelskoot.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by Arnold »

Jaco v Zyl wrote:
Arnold wrote:Ek skiet n 8 twist Tikka Varmint met 600mm loop en stoot n 75gr ELDM teen so 2920fps. Die acley wen so bietjie maar ek wou nie daai roete gaan met die roer nie.

Kies die twist volgens die langste koeël wat jy wil skiet. Kies die loop lengte volgens hoe vinnig jy wil skiet en kies die profiel volgens hoe swaar jy wil dra ;)
Sorry vi die halwe hi -jack.
Arnold hoe maak jy met magesyn met dai 73 gr.Of skiet jy enkelskoot.
Ek gebruik n MDT AICS magesyn
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Nuwe loop vir 223

Post by Armand Steenkamp »

LUAN wrote:Die ouens wat S321 laai in hulle 223's kry julle n redelike lae ES met die balkruit? Of is S335 maar die pad om te gaan? Ek sukkel met balkruite.

Met S335 kry jy nie genoeg kruit in die dop om spoed goeie spoed te kry nie. S321 is maar die kruit vir die 223
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by Blink Stefaans »

Ek het nnou gesien dat die magesyn van die geweertjie net net n militere rondte vat met baie min spasie om te spaar. Sal die TPL seker met so 2mm kan verleng, maar dit gaan tight wees
Is daar n manier om die magesyn te verleng wat my sal toelaat om langer punte te skiet?
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by Alwin »

Blink Stefaans wrote:Ek het nnou gesien dat die magesyn van die geweertjie net net n militere rondte vat met baie min spasie om te spaar. Sal die TPL seker met so 2mm kan verleng, maar dit gaan tight wees
Is daar n manier om die magesyn te verleng wat my sal toelaat om langer punte te skiet?
Ek glo nie dis nodig nie. Die langer koeëls rondom 75-80gn pas gerieflik in 'n 57mm TPL. As jy 'n AI dop het is daar ook nie 'n probleem met dopspasie nie. Die 223 Rem kan dalk sukkel met sekere ladings en S321.

As jy 'n vinnige groefdraai het, soos bv. 1:8", dan kan jy papier, staal en jakkalse met die sagter "varmint" en teikenkoeëls (75-80gn) skiet en die varke en rooibokke met 55gn monolitiese koeëls. Die monolitiese jagkoeëls gaan uitstekende penetrasie gee en nie uitmekaar val weens die vinnige groefdraai soos wat ligte (50-55gn) varminters dalk kan doen nie.

Kies eers die koeëls wat jy wil skiet en kies dan 'n loop met die groefdraai wat by jou koeëls pas.
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by Blink Stefaans »

Ek het gedink:
53gr Vmax vir die jakke
75gr Eldm vir teiken
62gr of 70gr TSX vir bokke
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
User avatar
Werner Prinsloo
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Mon Nov 17, 2014 10:03 am

Re: Nuwe loop vir 223

Post by Werner Prinsloo »

Blink Stefaans

Ek vermoed jy gaan sukkel om van 53 tot 75gr uit dieselfde loop te skiet.

Dink ook aan die volgende:
3 keer lading ontwikkeling;
3 trajekte;
3 scope verstellings of zero's, en
in die hitte van die oomblik moet jy onthou watter kombinasie is in die kamer;

Ek weet nie van jou nie maar ek raak soms deurmekaar as ek met verskillende gewere skiet en vinnig moet berekening hoeveel om te verstel of watter hold over om te gebruik.

Jy kan dalk beter af wees om een goeie gemiddeld te kies en jou geweer te ken.
Groete
Werner

Die lewe is vol risiko's, vat 'n kans!
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by 308Win »

Blink Stefaans wrote:Dagse manne
Het n lekker deal gekry by n wapen smid en ek gaan n nuwe loop op my mini mauser aksie sit.
Dit gaan n Shilen loop van my keuse wees.
Wil by julle manne hoor.
As julle n 223 kon bou vir jakke, varke rooibokke en so bietjie teiken skiet. Watse profiel, lengte en groefdraai sou julle kies.
Het gedink om 55gr vir die jakke te gooi maar sal daarvan hou om die langer monolitiese punte ook te kan skiet....maw stywer as 1:12
Ek het al baie varke geskiet. Baie keer op volle vaart. Daardie varkmasjien val nie sommer met 'n 223 nie. Tensy jy hom in die brein (nie net in die kop nie) skiet. Ek het eenmaal op ene wat op 40 tree in die hart geskiet is se spoor geloop. Op 300 tree het ek ophou tree tel, want ek dog ek gaan hom nooit kry nie. Ek het toe. Maar ek kan nog steeds nie glo hy kon so ver hol nie. Met 'n GS holpunt.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by Alwin »

308Win wrote:
Blink Stefaans wrote:Dagse manne
Het n lekker deal gekry by n wapen smid en ek gaan n nuwe loop op my mini mauser aksie sit.
Dit gaan n Shilen loop van my keuse wees.
Wil by julle manne hoor.
As julle n 223 kon bou vir jakke, varke rooibokke en so bietjie teiken skiet. Watse profiel, lengte en groefdraai sou julle kies.
Het gedink om 55gr vir die jakke te gooi maar sal daarvan hou om die langer monolitiese punte ook te kan skiet....maw stywer as 1:12
Ek het al baie varke geskiet. Baie keer op volle vaart. Daardie varkmasjien val nie sommer met 'n 223 nie. Tensy jy hom in die brein (nie net in die kop nie) skiet. Ek het eenmaal op ene wat op 40 tree in die hart geskiet is se spoor geloop. Op 300 tree het ek ophou tree tel, want ek dog ek gaan hom nooit kry nie. Ek het toe. Maar ek kan nog steeds nie glo hy kon so ver hol nie. Met 'n GS holpunt.
Vlakvarke is oor die algemeen baie taaier as wat hulle hoogte of gewig sou suggereer. Dit is seker moontlik om hulle met 'n 223 te jag, ek het dit al self gedoen, maar daar is risikos. Skootplasing moet perfek wees en selfs dan wil hulle nie altyd saamspeel nie. As jy hulle met 'n 223 MOET skiet, gebruik die beste monolitiese holpunt-koeël wat jy kan kry.

Maak ook seker dat jou gekose koeël behoorlik gestabiliseer is. 'n Sg (giroskopiese stabiliteitsfaktor) van 1,5 of meer is wenslik.
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Nuwe loop vir 223

Post by Blink Stefaans »

Ek verstaan dat n vark taai is. Het ook al n klomp geskiet met die boog en die roer. dit vat die vark dalk 5 sekondes om te vrek, maar in daai 5 sek hardloop hy heeltyd flat taps tot hy in die hardloop vrek en n paar meter deur die sand ploeg .
Altwee van julle het goeie punte daar beet. Skootplasing en puntkeuse.
Ek het swaarder kalibers waarmee ek gewoonlik skiet. Ek wil vir my laitie iets maak waarmee ook sy eerste bok kan skiet...ek het n 22 hornet gehad het baie bokke en varke geskiet met hom en die 223AI is heelwat frisser as daai roer. Dan wil ek hom gebruik om n paar jakke te klap.
Ek dink die 62gr TSX sal die job doen op die otte en die 53gr Vmaxs vir ongediertes
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
Post Reply