Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by JOHANNIC »

Ons het so rukkie terug n "gong challenge" op Robertson gehad met van die 2" en die 200mm(normale groote) jy kon kies of jy die groote of die kleintjie wou pot,2" 2 punte en groote net 1 punt,hier het die manne wat altyd die storie van die 400m kopskoot springbok vertel taamlik "huilerig" weggestap ;D ;D,
Gonge was tot op 350m en man was dit nou lekke oefening.(wenner het 28 uit 29 gepot)

Moet ook darem se dat van die klein gonge driehoeke was en die tref oppervlak nog kleiner is as 2" ;D

Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Rooies »

christo
jy kan nie vir my dalk se wie die persoon van van wyksvlei is wat daar was nie.

rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Christo »

Rooies

Ons kan die name by Dawie (Kojak ) kry.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Dankie Christo vir die verslag,  jy't net een foutjie gemaak en dis daai ghongetjie is darem 4" / 100mm
tafjak wrote: Goeie plan van Kojak, ek sou net meer hou van so 3duim plaatjie. Vanuit die skietstoele seker darem so 4duim plaat. :D
Taffie

My beplanning is van jou skietstoel/raam af na 4" Ghong,  3 skote als raak en jy's deur,  mis een van die 3 en jy moet nog 2 raak skiet,  maw 4/5 en jy's ook deur.  So spaar ou 2 skote as jy raak skiet.....Happy?  ;)

Ek wil net noem die vereistes kom eintlik van Heinrich af wat ges? het ou moet 4" groepering op 200m 85% kan skiet.  Ek het dit net bietjie eenvoudiger gemaak.

Kojak
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Christo »

Dawie

Daai gong was so ver dit het gevoel soos 2"

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
tafjak

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by tafjak »

Kojak
tafjak wrote: Goeie plan van Kojak, ek sou net meer hou van so 3duim plaatjie. Vanuit die skietstoele seker darem so 4duim plaat. :D
My voorstel was net om myself te help kwalify, die 2" plaat sou seker reg wees vir die ander manne.
Dawie wrote: My beplanning is van jou skietstoel/raam af na 4" Ghong,  3 skote als raak en jy's deur,  mis een van die 3 en jy moet nog 2 raak skiet,  maw 4/5 en jy's ook deur.  So spaar ou 2 skote as jy raak skiet.....Happy?  ;)
Baie happy, sal ook seker kans staan om te pass. Dankie man! :D Ja, ou Heinrich sal goed weet wat nodig is om die skiet baas te raak. Dit is goeie toets/oefening om jouself en die roer skerp te hou sou ek ook reken.

Pretty walk
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Hallo Kaapjag manne

Net om solank te laat weet.

Daar word 'n roep kursus deur Hendrik van Rensburg beplan vir. 9 Oktober 2010.  Ons wil dit graag naby Durbanville hou.  Die venue ens. word nog uitgesorteer. 

Cheers

Kojak
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Ponkie »

Oom Dawie

Ek swot mos op maties en die kursusse is altyd buite my bereik. Ek sal graag een wil bywoon en durbanville toe ry ek vir 'n grap, al is petrol skaars vir 'n student! ;D

Kan ek maar hierdie post dophou vir verdere inligting rakende die kursus?

Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Kaapjag Probleemdier Belangegroep

Roepkursus deur Hendrik van Rensburg ?????9 Oktober 2010

Tyd ??..08h30
Waar?Groot Phesantekraal,  Durbanville?.

Vannaf Durbanville oppad skietbaan toe ongeveer 1.5km uit Durbanville en 1km voor die skietbaan Links in.

GPS: S 33? 47" .766
GPS: E 18? 40" .156
Klipheuwel Way ( R302 )
Durbanville
South Africa

              Koste: R700 per lid    ???????. betaal asb kontant by kursus

Dit sluit???Notas deur Hendrik, 'n Ete+ pampier eetgoed sal  verskaf word tussen kursus en demo so +-16h00...


Bring saam?.

Kaapjag Lidmaatskapkaart en Aktiwiteitskaart
Jou probleemdierjagtoerusting?bakkie, skietstoel, roepers, ligte,  GPS ens. sodat  Hendrik kan kyk waar ons kan verbeter of dalk iets by jou kan leer.
Warm klere
Iets om aantekeninge op te maak.
Eie drinkgoed en middag ete?nie braai nie


Lw.  Maximum van 20 kursusgangers.


RSVP asb voor 4 Oktober 2010 by

Dawie van der Vyver ?.          dvdv@lantic.net  verkieslik
of 0833817281
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Daar's al 9 Kursusgangers  Maw plek vir nog 11
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Op 9 Okt 2010 was ons 2 de Roepkursus,  wat deur Hendrik van Rensburg aangebied is, gehou op die plaas Groot Phisantekraal,  Durbanville, van Oubaas Brink.  Daar was 18 kursus gangers waarvan 2 nie lede was nie en een 'n lid se seun.  Die kursus het tot ongeveer 16h30 geduur waarna heerlike potjiekos opgedis is.  Daarna toe dit donker was is die gebruik van die elektroniese roep apparaat en ligte prakties gedemonstreer in 'n roep-demonstrasie,  niks is geskiet nie.

Ek het reeds positiewe terugvoering van kursusgangers ontvang.


Ons beplan 'n Langafstand Bobbejaanskiet/jag aanbieding deur Colin Saunderson en Simon Carstens.  Ek wil dit graag op of naby Stellenbosch hou en is reeds in gesprek om 'n "venue" te organiseer.  'n Datum moet nog vasgestel word en die prys sal rondom R300.00 per lid wees.  Het lede gepols oor aanbieding en daar blyk heelwat belangstelling te wees.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Dawie wrote: Ons beplan 'n Langafstand Bobbejaanskiet/jag aanbieding deur Colin Saunderson en Simon Carstens.  Ek wil dit graag op of naby Stellenbosch hou en is reeds in gesprek om 'n "venue" te organiseer.  'n Datum moet nog vasgestel word en die prys sal rondom R300.00 per lid wees.  
20 November 2010 op Neethlingshof plaas,  Stellenbosch.

Sal Maandag die voledige kennisgewing opsit.....

Kojak
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Bobbejaanbeheer & Langafstandskiet aanbieding


deur Colin Saunderson en Simon Carstens

Lees asb noukeurig deur??.

Datum??.. 20 November 2010

Tyd ??..08h30

Koste??. R300 per lid,  NIE-lede R400,  Juniors Halfprys,  Betaalbaar kontant by Aanbieding

Plek???? Neethlingshof Wynlandgoed Stellenbosch

Vannaf die treinstasie 5 km op Polkadraaipad rigting Kuilsrivier (Wes uit Stellenbosch op R310 dan M12),  draai regs(Noord) by hek in,  hou aan tot by parkeerarea waar aanwysings sal wees.

GPS:
S 33? 56' 28.2" E 018? 48' 6.7"


Bring saam??

STOEL!!!!!!  (Aanbieding word in ?n stoor gehou)
Iets om op notas te maak
Kaapjag  Lidmaatskapkaart en Aktiwiteitskaart
Belangstelling en vrae

Eetgoed?.

Bring jou eie drinkgoed,  eetgery en braaipak saam (Maw bring en braai)  Daar sal  hout,  roosters en braaidrom wees. 

As jy nie lus is om te braai nie,  bring iets anders saam om te eet. 

RSVP asb voor 15 November 2010 by

Dawie van der Vyver ?.          dvdv@lantic.net  verkieslik (met selnommer en Kaapjag lidnommer) 
of 0833817281


Ns.  Niemand weet hoe lank die aanbieding gaan aanhou nie,  en onthou jou stoel!!!!!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Het al 30 name  ;D
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Net so vinnig hoe die bojaan en v?rgooi aanbieding op Stellenbosch geloop het....

Daar het toe 21 manne opgedaag,  ek was baie op my senuwees aagesien ek nie geweet het hoe dit gaan afloop nie.  Forumlede teenwoordig was Baboonstalker en JMB.  Safari& Outdoor het ons van die toerusting geleen,  ek het aanvanklik gesukkel om die handjies van af te hou.

Mites,  bojaan gedrag, kamoflering, veiligheid,  toerusting ens. is behandel deur Colin.  Simon het toe oor die geweer,  en herlaai gepraat.  Die info was baie en daar was vrae gevra....

Ek reken so 13h30 het ons opgehou,  toe ek vra of die ouens wil braai het omtrent almal op die vlug geslaan.  Paar ouens het agter gebly en nog vrae gevra.

Ek het dit baie interessant en leersaam gevind en goeie terugvoering sover gekry.

Dankie  Kojak

Ps.  Ek wil nog graag in die toekoms 'n praatjie van Niel Viljoen re?l,  ek weet nie of dit gaan moontlik wees nie.  Op die oomblik bestuur ek die belangegroep op my eie en sal gedagtes en insette baie waardeer.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Dis noggie uitgestuur deur Kaapjag nie....

Beenhou Toestel Kursus 14-15 de Maart 2011
Wanneer??
09h00 14de Maart     
Sal ophou +- 17h00 15de Maart

Waar??.
Van der Lindeskraal,  Laingsburg distrik
Vannaf Laingsburg rigting Beaufort-Wes 40km by Merweville pad links (Regoor Koupstasie) af.
18km oppie kop op regs.

Of kontak my (Dawie) vir saamry vannaf Laingsburg

Wie???
Lesings deur Josef Le Roes
Prakties deur Jan Mondsinger of Josef le Roes

Bring Saam??..
Ten minste 5 beenhou toestelle en siffie (as jy het)
Eie kos en drinkgoed
Slaapsak en Kussing
Kaapjag Aktiwiteitskaart

Koste???
R600 KJ lede
R500 AgriWeskaap lede
R1000.00 nie lede

Wat kry jy??..
Jagsak met graaf, pik en grondseil  (Siffie miskien)

Besprekings by??.
Dawie van der Vyver ?.         

dvdv@lantic.net      verkieslik
(met selnommer en Kaapjag lidnommer) 
Of bel my by 0833817281
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Beenhou toestel kursus terugvoering

Dit was toe net ek en 4 plaasmanne op die kursus,  baie geleer veral hoe om die ysters te diens en reg te verstel.  Jan het glo by sy oupa geleer om te jag en ek moet s? dis mooiste wat ek nog in my lewe gesien het hoe 'n ou die grondhond begrawe. 

Daar het van Kaapjag se lede voorheen onoffisie?l die kursus bygewoon.



Ek sien in die Kaapjag Nuus Maart 2011 bl 10.......'n Ou stem nie lekker saam met my nie....

woordjies soos ...

"emotional issue with many farmers"  en

"attempt to create a popular belief that certain predators are totally unacceptable and must be removed at all costs"
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Roofdierkursus / Inligtingsdag aangebied deur Niel Viljoen


Hiermee nooi ons graag alle belangstellendes uit na ?n Roofdierkursus / Inligtingsdag aangebied deur Niel Viljoen in samewerking met die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV).

Datum: 13 Desember 2011
Plek: Nouga (Touwsrivier)
Tyd: 8:00
Koste: R50 (Koffie/Tee en ligte middagete is hierby ingesluit)

Ons versoek belangstellendes om ons teen so 6 Desember te laat weet indien u van plan is om die dag by te woon. Ons wil graag getalle bepaal vir die ete en stoele wat aangery moet word. Ons hoop ons sien u in groot getalle daar.

Vir enige navrae kontak ons asseblief.

Johan Hanekom (082 453 4726)
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Geno »

Dawie wrote: aangebied deur Niel Viljoen
Daai kursus sal absolute GOUD werd wees!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Monrique (SJ) »

Dawie

Waaroor presies gaan hierdie dag handel en wat gaan bespreek word en gedoen word?? Tot hoe laat gaan dit min of meer aanhou?

Ek stel dalk belang. Sal net na my skof rooster gaan kyk!

Groetnis
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Hallo SJ

Ek is ongelukkig nie by die re?lings betrokke nie.  Weet nie eers waar dit is nie.

Sal vir Niel vra om op die forum te beantwoord.  Andersins kan jy vir navrae vir Oom Johan b?l sy nommer is 082 453 4726

Cheers

Dawie
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Roofdierkursus / Inligtingsdag aangebied deur Niel Viljoen


Hiermee nooi ons graag alle belangstellendes uit na ?n Roofdierkursus / Inligtingsdag aangebied deur Niel Viljoen in samewerking met die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV).

Datum: 13 Desember 2011
Plek: Nouga (Touwsrivier)
Tyd: 8:00
Koste: R50 (Koffie/Tee en ligte middagete is hierby ingesluit)

Ons versoek belangstellendes om ons teen so 6 Desember (later in die week is ook nog reg) te laat weet indien u van plan is om die dag by te woon. Ons wil graag getalle bepaal vir die ete en stoele wat aangery moet word. Ons hoop ons sien u in groot getalle daar.

Vir enige navrae kontak ons asseblief.

Johan Hanekom (082 453 4726)

Ns.  Onthou jou Kaapjag Aktiwiteitskaart!!!!!!
Die aanbieding gaan so 5 ure duur en dan nog ?n praktiese demonstrasie.  Plaasarbeiders is welkom. 

Latitude. -33.45?, Longitude. 20.05?
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by tafjak »

Dawie

En ek hoor jy gaan nie teenwoordig wees, as 'n man moet werk, moet hy werk. Soos dinge nou loop is ek verseker daar.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Dawie »

Taffie

Het my planne verander,  sou in Stilbaai wees.

Ek kon dit nie hou nie,  sal daar wees.....paar van die manne wat op Leeu-Gamka was kom ook. ;)

D
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kaapjag Probleemdierbeheer Belange Groep

Post by Christo »

Ek sien julle ook.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply