PMP Probleme in die algemeen

Post Reply
Kokkie
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Mon Jun 20, 2011 4:00 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Kokkie »

Ek het gister saam 'n vriend sy 6mm musgrave gaan inskiet,1ste 2 skote 100%.Daarna het ek 2 skote geskiet en als was reg,die 5de
patroon wat ons uit die boksie haal het toe amper in 'n groot ongeluk maak,hy het die skoot afgedruk en ek sien net rook,sy gesig het gebloei!Die primer het ontplof en die hele dop het gebars,sy wang was toe net gebrand van die kruit wat uit die slot gekom het,ek het nou net die pakkie PMP terug gevat en die handerlaar,hy meen dat daar 'n fout is met die goed.Dinge kon baie leliker gewees het,maar PMP het nou nog 'n klient verloor! Is dit tekens van teveel druk of wat?
Push to test....Release to detonate
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by BLOK »

Nee dis tekens van Philamon Maak Patrone
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Louis Kriel »

Ek wou nou 'n paar goed oor PMP gese het, maar dit lyk my nie dis nodig nie, julle vat lekker vas hierso.  Die feit bly staan PMP voel vere vir sy plaaslike mark want ons is te klein. Amerikaners kry Winchester en Remington ammo teen spot goedkoop pryse, maar ons moet hoes vir PMP se gemors want ons is te "min" skieters. Sies PMP ek vermy julle waar ek kan.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Otto
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 93
Joined: Tue Nov 30, 2010 10:29 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Otto »

Is nou hoog die moer in.

Kry Maandag my nuwe Howa 243 by S&O en Vra vir ammo. Stefan se hulle het PMP en Remington. Ek vat die Remingtons want ek het al reeds 'n stel afgetrap met PMP op my 30.06. Gaan vandag baan toe om my teleskoop in te stel. Geniet my gate uit maar het net 20 patrone saam ge vat. Koop by die skietbaan toe 'n pak 100gr PMP's. Laai 5 en begin skiet. Eerste skoot slot sukkel om oop te maak, 2de skoot selfde, 3d, 4de en 5de dieselde. Net daar op gehou en opgepak. Vergelyk die doppe met die remingtons, al die primers plat geslaan. Sal nooit weer PMPS koop nie, dit is die grootste .

Daars hy nou voel ek beter
8x60S (1928 Oberndorf Mauser Special African Model)
30.06 (Musgrave)
243 (Howa 1500)
12 Br (Maverick)
9mmP (CZ 75)
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by KalahariKlong »

Otto, ek verstaan jou frustrasie.
Ek het presies dieselfde ondervind met my 7x64 en dit nogal met pro amm.
Die manne reken my toe dis omdat my loop nog "tight" is en en en.
Kry nie groepe geskiet met die goed nie en sukkel, lyk later soos n beginner.
Plat primers, slot maak moeilik oop.
By die huis die ogive op die koeels gemeet tot op lengte en net daar besluiit ek sal nooit weer pmp gebruik nie.
Die hele lot se ogive het van mekaar verskil.

MAAR dan moet ek noem dat my pa net met proamm JAG en die ou man roer.
So ja dalk maar vir n bok of twee maar nie vir my nie dankie.

Groete
KK
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Gerrit Visser »

Otto kyk gou vir ons wat die lot no. van jou pakkie patrone is en s? ook sommer of dit pmp of pr-amm is.
G Gert
Otto
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 93
Joined: Tue Nov 30, 2010 10:29 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Otto »

Gert,

Dit is gewone pmp Lot 152.

KK

Daai storie het hulle(PMP) ook vir my vertel toe ek dit met my Musgrave 30.06 opgetel het. Twee verskillende lotte. Hulle het nogal die doppe gehou om dit te ondersoek

Otto
8x60S (1928 Oberndorf Mauser Special African Model)
30.06 (Musgrave)
243 (Howa 1500)
12 Br (Maverick)
9mmP (CZ 75)
HUNTER
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Mon Oct 18, 2010 8:39 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by HUNTER »

Mens wonder net of daar nog behoorlike gehaltebeheer toegepas word by PMP op elke lot wat vervaardig word. Daardie storie van hulle van 'n nuwe geweer wat nog te tight is, is hondebollie anders moet hulle hul patrone bemark met die byskrif dat dit net geskik is vir ou uitgeskiete gewere. Was en is nog steeds nie 'n groot aanhanger van PMP en nie sonder rede nie. Indien iemand PMP punte koop vat bietjie daardie 100 punte en weeg hulle elkeen en kyk die variasies. Uit 500 sal jy so 200 kry wat naastenby dieselfde gewig is. Ek het self by Swartklip gewerk en glo my die beste lotte word uitgevoer miskien is dit dieselfde by PMP as hul nog uitvoer.

Hunter
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by BLOK »

Ek wonder is daar nie iemand wat die post vir ons by die ander een kan gaan aanlas nie, so is daar n databasis op die forum van soortgelyke probleme met PMP.

http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=3
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by FE »

Ek het op my pa se 30 06 waarvoor ek ook laai, agter gekom die pmp doppe rek ook baie meer as al die ander soorte. Moet hulle elke keer terug sny voor jy weer kan laai, anders sit hulle in die kamer vas en lyk die musgrave soos 'n ou voorlaaier, soos ek sukkel om die doppe uit te kry.
Born to hunt, but forced to work!
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Lourens »

+1 Blok, ek het destyds post gestig oor die #@# produkte wat PMP vervaardig. Eks nie verbaas om te sien hier is alweer manne wat kla oor PMP nie, dis nie lank nie dan gaan ons 'n fatale geval he en dan hoop ek die manne vat hulle cleaners toe. Dis tyd dat ons behoorlike plaaslike kompetisie vir PMP kry. Dis siek, daar is sommige ingevoerde ammunisie wat beter is as PMP en dan is dit nog goedkoper ook! ??? ???

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Geno »

Ek, my Pa en my Broer gaan skiet hier in Mei rond by Sahara se skietbaan.
Daar kom 'n ou en sy pa in met identiese Musgrave .308 gewere, hulle skiet die bruin pakkies 150gr PMP ammo.
Die seun kon gladnie onder 5 Duim op 100m groepe kry nie. Naderhand is die man erg moedeloos, want hy het toe net die lisensie gekry.
So skiet die man omtrent 40 patrone uit, sonder enige sukses.
Ek grou toe in my skietkas, en kry so 12 of 14 Federal 150gr Fabrieksrondtes wat ek oor gehad het, en gee vir hom om te probeer. Daar skiet hy toe nie 3 nie, maar 5 skote deur dieselfde gat!

Selfde storie by die Huntex Pro-Amm komp hierdie jaar.
Ek het met my .25-06 'n groep van +-42mm geskiet, maar met Winchester ammo gooi hy deur dieselfde gat.
Met my .308 het ek 150 en 168gr geskiet, konnie onder 28mm kom nie, maar met Federal 150's gooi hy ook in een gat!
Ek het ook agtergekom dat hulle druk baie hoog in my .308 is, al die primers is plat, met kraters waar die slagpen slaan.

PMP is en klaar. My gewere sal nie so gestraf word deur die strooi deur hulle lope te skiet nie!
Hulle doppe is ook ORAAIT om te herlaai, maar gladnie die beste op die mark nie.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Lourens »

+ 1000 000 000 Geno!!!!
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Henk01

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Henk01 »

Ai van waar PMP een was is dit darem redelike slegte nuus.

Dis omdat die baas weg is dat dit so gaan, my 2c
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by BLOK »

Lourens

Dis juis wat ek bedoel ons moet die twee posts kombineer, as iemand seerkry sit jy met genoeg bewyse hier op die forum onder een post.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
PvR
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Wed Sep 28, 2011 11:53 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by PvR »

Ek het so 5 jaar gelede besef Phineas maak ammunisie agv die selfde redes genoem in al die ander posts asook van die feit dat daar nou nog n trofee eland bul in Thabazimbi rondhol met n PMP 180 greiner in sy enjinkamer. Dit was n duur lewensles.
Na die petalje het ek besluit nooit weer nie. Het toe verskillende "brands" premium ammunisie probeer in my 30-06 en het die laaste paar jaar met Remington Safari Grade (lees Swift A Frame) en Barnes VOR-TX geskiet.
Volgens my maak Phineas nie net patrone nie, ek glo ook hy bevark die SA jagter met sy pryse.
PMP African Elite 180gr: R700.00
Remintonton Safari Grade 180gr: R700.00
Barnes VOR-TX 180gr: R680.00

Ek is nie die slimste jelliemannetjie in die pakkie nie maar ek sukkel om die "costing" te verstaan.

Groete
Paul.
Last edited by PvR on Fri Oct 21, 2011 9:39 am, edited 1 time in total.
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by henslin »

Laat my regtig dink  ??? - moet met elke herlaai my 308 doppe sleg trim ( terugsny ) Dan is ek nog nie naastenby op maks. ladings nie.
Het van my doppe nou 3 keer herlaai en moes elke keer trim - seker ook maar aanbeweeg.
Ek ruik 'n rot !!!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by KalahariKlong »

PvR, net om te beaam wat jy noem van die eland bul. My broer het vroeer die jaar 'n gemsbok bul met my 7x64 geskiet met 150gr pmp pro amm. Perfekte bladskoot op 150m, bloedkol sit maar na kilos se stap nie die bul gekry nie. R2500 in die water omrede dit swak ammo is wat nie perform soos dit moet nie.

KK
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by .::Alwyn-U::. »

Geno

Ek kan bylas by jou storie, my 243 kan ook glad nie groepeer met PMP nie, ek skiet nou maar die pakkie uit en gaan oorskuif na ander, iets soos federal...  Ongelukkig is ek nog besig om herlaai toerusting te versamel so ek moet nog fabriek ammo gooi..

Glat nie beiindruk met PMP nie.

Groete
Alwyn
Boerseun123
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 89
Joined: Wed Aug 04, 2010 9:07 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Boerseun123 »

Dag almal

Ek self herlaai en bly redelik ver weg van PMP. My swaer op Douglas skiet net PMP en hy skiet regtig baie en goed. So 2 weke terug met Sako .243 Springbok op 360m nekskoot gegee en ek het saam met hom in Askham geskiet waar hy elke skoot op die nommer geskiet het. Daar het hy ook 'n Springbok op so 260m (met rangefinder gemeet) 'n kophou toegedien. Is hy dalk net gelukkig...?

Wat my dalk die bangste maak is hoeveel beter hy gaan skiet as hy dalk herlaai of ander ammo gebruik...! ;)

Dan sal ek moet uithaal en wys om by te bly!
"It is better to light one small candle than to curse the darkness."

Confucious
Arnold van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Arnold van Wyk »

Hoe vergelyk Norma met PNP.
Voorheen as Bywoner, 308 Sako
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by BLOK »

Bywoner

Hoe vergelyk Mercedes met fiat ;) ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Arnold van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Arnold van Wyk »

Blok SO verkoop nie Norma, wat is julle mening oor beste patrone van die rak af vir 308.

Dankie
Voorheen as Bywoner, 308 Sako
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by BLOK »

Search net Norma en nosler dar is nie lank terug nie dit in detail bespreek.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: PMP Probleme in die algemeen

Post by Louis Kriel »

Manne manne, hoe lekker lag ek nou, maar dis eintlik bleddie hartseer.  PMP se 174gr 303 patrone was nog altyd baie lekker, ek het nou nog van die ligblou bokse, toe oom Jan hulle nog gemaak het. Phineas gooi deesdae te min dryfmiddel in en die goed skiet baie bont. Laai maar self ;)
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Post Reply