Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post Reply
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

boeta wrote: Wil ma hoor wat hy se,want,ek het nou ook vi my so een gekoop,is nog oppad.

Wat kos daai Zeiss ???Het al voorheen met die Zeiss gesukel maar dit was ni n Diavari nie.

Myne het 8400 Nam Dollars gekos,in Windhoek le hy vi 22 000 en in safari and outdoor vi 15 000
Boeta

Ek trek sommer bietjie been oor die Leopoldt.  Waarskynlik gaan hy jou groot vreugde bring.  Oor die prys van die Zeiss praat ek nie uit nie - netnou hoor my vrou!  Praat met Hendrik by Safari & Outdoor. (kyk ek gaan jou 'n PM stuur)

Groete
Louis
Last edited by Louis102 on Thu Aug 06, 2009 10:08 am, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Janjak »

Jacques,
my eerste Lynx was een van die ouer Professional reeks 6-24x42 en hy doen nog steeds diens op my 300WM wat my baan geweer is, ek skiet so 40+ skote elke maand met hom en ek draai my turrets heeltyd vir my afstande. Ek het plakkers op van 100m tot 500m en hy is altyd reg. Ons skiet gereeld 300m op die baan en daar kan mens gou agterkom as n teleskoop nie lekker is nie.

Oom Leeu,
ek praat nou maar goedkoper goed want ek kan allegeval nie daai duur handelsname by die baas verby motifeer nie. Meeste van die langafstand kompitisie ouens skiet die Nightforce in America, sekere gevalle Leupoldt. In die Europese lande weer S+Bender of Swarofski. Hierdie Nightforce is egter ook by die R25000.
Hierdie skrywe kom van hulle webblad af.

?I purchased a Nightforce 5.5-22 x 56 in 2001. I used it to put 12,500 shots through two .50 BMGs.
I fired another 4000 shots with it on an AR10. Then, I mounted it on a 14.5/114mm Russian (570 gr. of powder propelling a 1000 gr. bullet at 3300 fps) and fired 970 rounds. Most scopes break within one to ten shots on the Russian?not the Nightforce.
 
Then I used it for another 47 rounds through a 25mm Hotchkiss, 3000 through a Barrett M90, and 6000 rounds from a Savage M250.

?After six years and all this punishment, the zero settings on the 5.5-22 have never changed and it still works perfectly.

?Nightforce is the best I have ever used.?

?Kent A. Lomont
  Manufacturer and dealer of
  machine guns and
  destructive devices
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Janjak wrote: ?Nightforce is the best I have ever used.?
Janjak

Duidelik kan daardie Nightforce 'n paar stampe en stote hanteer!  Het Mr Lomont nie 'n bietjie uitgebrei oor die die kwalitiet van die optics in die nag ook nie?  Ek sou darem ook graag wou hoor wat sy kritiek op die Zeiss Diavari Victory onder bespreking is en of hom al op soortgelyke maniere beproef het.

Ek stem saam dat die S & Bender uitstekend is - myne het my nog net vreugde gebring.  Ek het egter nog, ongelukkig, nie die kans gehad 'n goeie Swarofski te besit nie - miskien eendag!

Groete
Louis

(Toevallig vandag met Safari & Outdoor gepraat.  Hulle reken die plaaslike agente van Zeiss het hulle so kwaad gemaak dat hulle dit nou nie meer gaan verkoop nie!  Hulle kon blykbaar nie voorraad kry nie.  Hulle het egter beaam dat die Zeiss onder bespreking die beste scope op die mark is vir Jakkals jag - hulle het blykbaar al die bestes deur 'n relevante toetsproses gesit voor hulle by daardie besluit gekom het.  O ja, en blykbaar is Leopoldt se plaaslike agente nog swakker as die van Zeiss!  Weet nie of dit nou skinder is nie, maar mens moet sulke goedjies seker weet voor jy koop.  Gelukkig is Duits vollop in hier in Nam as ek oorsee moet praat om diens te kry.)
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

Boeta en oom Louis

Ek's baie gelukkig met die teleskoop ook vir die nag. Het egter nog nooit werklik hom vergelyk teen die ander premium glase nie.
Die turrets is ook lekker met die papierskiet of indien mens nie die varmint reticle wil gebruik nie. Identifiseer maklik op 350m plus.

As mens egter nie die teleskoop naby hoef te monteer nie, gaan mens eerder vir die vx-3 minimum, as dit leupold moet wees.
Die top prima keuse van Leupold wat ook laag gemonteer kan word is die VX-7. Maar heelwat duurder, R25k plus.
Hier's 'n kortpad.
http://www.leupold.com/hunting-and-shooting/products/scopes/vx-7-riflescopes/vx-7l-4-5-18x56mm-long-range/
Mens het ook spesiale ringe (leupold natuurlik) nodig aangesien hy 'n 34mm buis het en nie die standaard 30mm nie.
Het gedink om die suisie op die 243 te sit, en die VX-L 6.5-22x56 op die nuwe geweer te sit, wat hoofsaaklik net daglig sal sien.
Ek s? vir geen oomblik dat die vx-L nie dit kan doen nie.
As jy nie regkom nie Boeta, en jy moet die vx-L vat, en dringend ook, praat met my. My geweer gaan nog lank vat om te bou.
Hy gaan jou net R14k kos, swart aluminium flip-back covers (R1000+) en ringe ingesluit, sommer die ligmontering nog op, en lewenslange waarborg.
As jy egter twyfel oor sy kwaliteit met akkuraatheid, kyk bietjie rond erens op die forum vir 'n kiekie.

Grte
Ja3

ps- oom Louis, ek wonder hoe gaan oom Leupold voel met sy naam gespel met 'n t agteraan.. :o

boeta wrote: Ja3

Daai Leupold vxl wat jy op jou 243 het,is jy nog vrede met hom en hoe loop hy in di nag ???

Boeta
Last edited by Ja3 on Thu Aug 06, 2009 4:59 pm, edited 1 time in total.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Ja3 wrote: ps- oom Louis, ek wonder hoe gaan oom Leupold voel met sy naam gespel met 'n t agteraan.. :o
Ja3

Jammer oor die spelfout.  Dit moes eintlik 'n dubbele "tt" gewees het en was dit as groot kompliment bedoel.  Sien, die "t" staan eintlik vir "terrific telescopes"  ;) 

Wil nie graag die verkeerde indruk skep nie.  Sal probeer om dit in die toekoms weg te laat.

Totsiens T
Jammer Leupold
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Ja3 wrote: As jy egter twyfel oor sy kwaliteit met akkuraatheid, kyk bietjie rond erens op die forum vir 'n kiekie.
Dis darem lekker as 'n man rede het om windgat te wees!
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Julle gaan nou so te kere oor teleskope, sommer lus en ruil my Zeiss vir 'n Leupold of vir darie matter 'n Nikko Sterling. As ek dit doen het darem 'n rede vir al die misskote. Scopes is net soos bakkies, almal werk, ander werk net langer en beter as party. Jy like die bakkie of jy like hom niks. :D

Daar is net een ding wat ons nie uit die oog moet verloor nie en dit is om die jakkalse en katte op hulle baadjie te gee.

Taffie

N.S. Omdat Landrover so goeie en betroubare voertuig is het ek sommer 'n Toyota gekoop dat ek ook in alle kringe van die lewe aanvaar kan word.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by JACQUES BOTHA »

SIR TAFFIE
HET JY N NIERBELT SAAMGEKRY?
EK HOOP NIE JY HET DAAI LORRIE OP BEAFORT WES GEKOOP NIE, EK SUKKEL OM GELD BYMEKAAR TE MAAK VIR HOM....
Shoot straight and tell the truth!
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

Oom Louis
Oom het nog 'n goeie sin vir humor vir iemand in sy laat 30's, en nog skerp ook daarby... :)

Taffie
Ek weet hoe jy voel. ..maar ek's bekommerd dat jy nou begin agteruit boer. Koop eerder 'n Mahindra man >: ;D(, dan hoef jy nie te kompeteer nie),
en boonop hou dit mens nederig want al die bakkie eienaars (veral die met daai dik bande) kyk neer op 'n mens so by die robotte. Man dis lekker, mens voel
soos 'n miljoen?r.  :P
Maar ek verstaan, partykeer moet mens bietjie budge onder die groepsdruk, en die ....... boere beindruk ;D
Jis sir, nou buig ek jou loop erg ne...

Baie geluk, ek hoop jy geniet hom  baaie.
Groete
Ja3
Last edited by Ja3 on Thu Aug 06, 2009 6:33 pm, edited 1 time in total.
tafjak

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by tafjak »

Jakes

Nee, ek het hom nie gekoop nie, bietjie duur vir my en gedink iemand met pitte kan hom koop. Los hom toe vir jou.

Gelukkig kry ek toe 'n kidneybelt saam met hierdie ene.

Groetnis
Taffie
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Jaco Bezuidenhout »

Louis, Ja3 en Janjak

Wat dink julle van KHALES? Ek sien Kalahari Arms bemark hulle.Prys min of meer in Leopold se klas,e kan verkeerd wees.

Jaco
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

tafjak wrote: ....het ek sommer 'n Toyota gekoop...
Ja3

Ek sien, jy het gesien, wat die manne wat weet doen.  Groot "T" in die begin en klein "a" oppie einde.  Ek sal maar nie sout in die wonde vryf nie, net omdat jy bereid is om my ouderdom so te onderskat.

Louis
Last edited by Louis102 on Thu Aug 06, 2009 8:56 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

kieterkat wrote: ...Wat dink julle van KHALES?...
Jaco

Ek kan ongelukkig nie kommentaar lewer nie.  Ek ken daardie scopes glad nie.

Jammer
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

Jaco

Dis ook top glase sover ek verstaan, maar ek dink dis miskien bietjie styf geprys vir wat jy kry. Kalahari Arms is die agente vir hulle ja.
Het nie self ondervinding van Kahles, maar het al goeie kommentaar gehoor.

Ja3
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by JACQUES BOTHA »

NIEMAND KLA OOR DN DUUR SCOPE NIE..
GELUKKIG OF ONGELUKKIG MAAK NIE SAAK NIE..
AS HY NIE GELUKKIG IS NIE, VERTEL HY JOU NET HOE DUUR DIE DING IS ,,,
AS HY GELUKKIG IS VERTEL HY JOU NET HOE GOED HY IS...
AS ALLES IN JOU ROER REG IS,SNELLER, SKROEWE,PAKWERK, LOOP, MOUNTS,  RINGE, LADINGS, PUNTE, AKURAATHEID TOP NOU MAAR DIE DINGETJIE MET N OORDINTLIKE POEDING...
MOET NIE TERUGHOU MET DIE NAGEREG,,,DIE TELESKOOP NIE..
VRA VIR OOM LEEU.....DAAI ZEIS IS ELKE SENT WERD EN KOMPLIMENTEER ENIGE OORDINTLIKE ROER..EN SY BOER
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Janjak »

Jaco,
Kahles is sover ek weet ook een van die beter name. Ek het self nog nie een gehad nie maar almal praat goed van hulle.

Iets van hulle webblad af.
"Kahles Rifle Scopes is the oldest rifle scope manufacturer in the world. - Beginning in 1898, Karl Robert Kahles manufactured, by hand, one of the first rifle scopes. Working in his "Optical Manufactory" located in Vienna, Austria, it did not take long before the new device became very well known among hunters everywhere and gained a very strong reputation. The Kahles family managed and ran the company until 1974. With no heir in the family to take over the company, an ailing Fredrich Kahles sold the business to his friend Daniel Swarovski. From 1974 through 1988 Kahles was a subsidary of Swarovski. In 1989, Kahles Limited G.M.B.H. was registered as an independent company within the Swarovski Optik Group.
Now marketed in the United States as a brand within the Swarovski Optik North American product line, Kahles products have a Lifetime Warranty, are price competitive and offer the consumer many new riflescope models!"

Hiers nou te veel handelsname en ons gaan net deurmekaarder raak.
Iemand moet maar n Zeiss koop en n jakkals met hom kap en dan terugvoer gee. As daai iemand hom nie self wil toets nie sal een van ons wel bereidwillig wees om die werk te doen.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Ja3 »

true...
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

projag wrote: Ek het 'n Nikon Monarch Gold gehad. Verkoop hom toe om 'n Leupold VX111   4.5 - 14 x 40 SF LR Fine Duplex te koop vir Fklas baanskiet en teen 'n R2000 duurder as die nuwe Monarch, want my gat jeuk toe mos ook en tot vandag kan ek myself skop daar waar ek gejeuk het.
Projag

Dit wys jou net, plaas jy koop toe maar die Zeiss Diavari Victori, dan het jy nounog met 'n glimlag rondgeloop!  ;D

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

projag wrote: ---hy s? net LOOK AT THE SCOREBOARD...
Projag

Jy's duidelik 'n ou wat kan skiet! Verder raak jy sommer nie onsin kwyt nie.  Wat jy s? is baie waar, niemand moet aan 'n wen resep verander nie.  Onnodig!  Die glimlaggie agter my laaste "post" aan moet jy asb. vertolk as tergery.  Ek het nog nie die Nikon Monarg Gold self onder hande gehad nie, maar na wat ek van jou verneem gaan ek doodseker moeite doen om te sien waar ek daardie geleentheid kan kry.  Die opinie wat ek oor die betrokke Zeiss onder bespreking het, is ook my eie en het dit gegee omdat daaroor gevra is.  Ek het al deur vele Zeiss teleskope gekyk wat hoegenaamd nie die selfde soort kwaliteit is nie.  Na wat ek op die forum gelees het, blyk dit ook dat jy moet seker maak wat jy koop.  Ek is seker (en ly dit uit jou skrywes af dat alle Nikons ook nie van die selfde standaard is nie)  Ek het 'n groot getal jakkalse met 'n tasco en met verskeie Lynx teleskope morsdood geskiet.  Geen Zeiss of Nikon sal hulle dooier kry nie.  Ek was egter nog geen oomblik spyt oor my Zeiss nie.

So, laat elke man vir homself besluit en net soos met ons voertuie, glo ek nie daar is een handelsmerk waarmee elkeen tevrede gaan wees nie.  Soos ek ges? het in 'n vorige "post" - Goeie waade vir geld is relatief en een regte antwoord sal daar beslis nie vir almal wees nie.  Tog het die bespreking wat gevloei het sekerlik vir almal wat 'n nuwe scope oorweeg, stof tot nadenke gegee.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Chris101 »

As n ou soveel geloof in n scope het soos jy dink ek dit is die moeitewerd
om my night force in te ruil vir die zeiss.
Hy het my dam nou 4 jr se goeie diens gegee.
Ek persoolik dink dam dat vandag se tegnologie dietjie beter is as 4 jr terug.

Baie dankie Louis
Knou die gediertes AF.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by JACQUES BOTHA »

PROJAG , OOM LEEU
VRYDAG Middag die kan gehad om deur die top of the range nikon te kyk , baie mooi duidelik, het sommer Saterdag die hele nikon reeks katalogus ook gekry..scopes verkyker en spotting scopes.. hulle verkykers begin by R900 en gaan dan op tot hier by R9000.
Die mon. gold top of the range is hier om en by R10000 .
Maar hulle optics is helder en netjies en bekostigbaar en reeks is lekekr wyd om uit te kies.
Ek moet ook die volgende onthul. Die Burris kyk nog steeds biki meer helder as nikon ek het albei op 300m na gaatjies in die teiken gekyk (MY EIE OORDEEL)
Jy gaan nog steeds nie beter skiet omdat jy duur scope het nie. Maar jy  sal darem mooier kan sien wat jy skiet... As ek na die top 20 ouens in die jaggeweer sport kyk, gebruik hulle almal baie duur scopes...meestal swarovski en leupoldt ens. Dit kan wees omdat dit hulle sport is en daarom nie omgee om dollars te spandeer nie...Hulle skier tog net op die verste tot op 350 meter.. Die F-klas manne skiet tog baie verder en het al geloer wat hulle gebruik....
maar ek dink vir jag sal 6X 42 bv genoeg wees vir 90% jagters. Gebruik wat jy het of koop wat jy graag wil he...die roer is mos joune so jy kan opsit wat jy wil...
oom leeu daar was 2 manne met jou scope ook en ek het gevra om te kyk asb....
my comment ---NO COMMENT .......bakgat helder kristalhelder en ek is stout oor die recticle..so as die testament nog nie voltooi is nie,,,ek sal nie protesteer as jy nou so lyntjie byvoeg van wie die scope mag erf nie........ ;) ;) ;) ;) ;)  
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by JACQUES BOTHA »

Christo.
Jy het jou koper gekry....!!!!!!!!!!
Jy het my nommer...
groetnis
JB
Shoot straight and tell the truth!
Calldo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:49 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Calldo »

Projag

Het na die Nikon gekyk op die net. Sal graag wil weet watter kruisdraad jy aanbeveel? Sien hul is in 2 beskikbaar, Nikoplex en german #4.

Groete
Calldo
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Freddie101 »

Projag, louis, Jacques, en ander
Ek hou die bespreking met belangstelling dop. Ek jag met lynx 8 by 56 en ek moet se hy doen sy werk, maar as ek sien hoe die manne praat van koeelgate en vliee sien op 200 - 300 m dan dan word ek lus vir een van die duurder scopes. Dan moet ek ook erken dat n stamp of so en die scope is uit so ek hou daarvan om n skoot te skiet voor ek uitgaan om tesien of hy reg is. Kan dalk iets anders wees soos mounts(ook Lynx).

Dit is  goed as ons die scopes spesifiek vir probleemdierjag so bespreek.  So n vergelyking in die nag met die kaart waarvan projag praat sal baie leersaam wees.
Groete freddie 
yol bolsun
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Zeiss victory diavaria 6=22=56

Post by Louis102 »

Freddie101 wrote: Dit is  goed as ons die scopes spesifiek vir probleemdierjag so bespreek.  So n vergelyking in die nag met die kaart waarvan projag praat sal baie leersaam wees. 
Freddie

Wees gewaarsku dat 'n beter scope nie noodwendig beter resultate op die teiken bring nie.  Jy kan maar vra hoe ek weet!  Natuurlik het ek ook al in daardie slagyster getrap.  As jy seker is daai skope stel uit, is dit miskien goedkoper om eers seker te maak geweer is reg gepak (is dit die term?) Die bedding moet reg wees, die mounting van die scope moet ook reg wees en jou loop moet darem nie te uitgeskiet wees nie.  Daar is nog honderd en tien ander faktore ook vir swak groeperings, waarvan die grootste seker 'n skut sonder selfvertroue agter die roer.

Praat met een van die baanbrekers van roep-en-skiet in SA.  Hendrik van Rensburg vam Safari & Outdoor kan jou vertel van toetse waar hulle verskeie scopes met mekaar vergelyk het.  Is dit nodig dat ons dit weer moet doen?

Ek wil jou net waarsku, soos reeds ges?, daar is sekere dinge wat jy inboet as dit kom by goeie 56mm lense voor.  Almal het omtrent paralaks verstellings waarop jy noukeurig ag sal moet agslaan.  Dan is ek oortuig dat gedurige verstelling in vergroting nie noodwendig beter resultate in die jagveld bring nie - slaggaatjie wat jy moet probeer vermy.  Wat ek wil s? is, hierdie "fancy" scopes met die baie goed wat kan verstel, vat tyd om gewoond te raak en is nie noodwendig altyd bevorderlik vir goeie resultate nie.  Maak seker dat jou scope by jou persoonlikheid pas - anders raak dit 'n duur fout - jy sal weer moet koop.

As jy jakkalse skiet tot 'n maksimum van 200m,  is daar baie meer gebruikers vriendelike scopes in die omgang.  Ek het nut van die Zeiss Diavri Victori 6-24 x 56 om redes wat nie vir elke jagter belangrik is nie.  Voorbeelde; Die 24 vergroting is uitstekend om ladings te toets - sal egter nooit met met 24 vergroting jag nie - baie paralaks sensitief - ek jag maar op 8x vergroting.  Ek waag dan en wan laaang skote, waarvoor die "open turrets" baie gerieflik is.  Dit verg egter baie oefening en is nie vir enige iemand nie.  Die "open turrets" mag dalk nie aanloklik wees vir die gewone jagter nie, wat sal verkies om proppies op te draai (jy moet maar gedurig jou Zero merkers dophou om te kyk dat daar nie ongevraagde verstellings was nie.)  Dit is om maar net een of twee voorbeelde te noem ter verduideliking.

Hoop jy maak die regte keuse.  As jy op die Zeiss besluit en jy het probleme om reg te kom, praat met my.  Ek het ook tyd nodig gehad om sy temprament te verstaan en sal dalk 'n tip of twee kan gee.

Groetnis
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Post Reply