Boeta en oom Louis
Ek's baie gelukkig met die teleskoop ook vir die nag. Het egter nog nooit werklik hom vergelyk teen die ander premium glase nie.
Die turrets is ook lekker met die papierskiet of indien mens nie die varmint reticle wil gebruik nie. Identifiseer maklik op 350m plus.
As mens egter nie die teleskoop naby hoef te monteer nie, gaan mens eerder vir die vx-3 minimum, as dit leupold moet wees.
Die top prima keuse van Leupold wat ook laag gemonteer kan word is die VX-7. Maar heelwat duurder, R25k plus.
Hier's 'n kortpad.
http://www.leupold.com/hunting-and-shooting/products/scopes/vx-7-riflescopes/vx-7l-4-5-18x56mm-long-range/
Mens het ook spesiale ringe (leupold natuurlik) nodig aangesien hy 'n 34mm buis het en nie die standaard 30mm nie.
Het gedink om die suisie op die 243 te sit, en die VX-L 6.5-22x56 op die nuwe geweer te sit, wat hoofsaaklik net daglig sal sien.
Ek s? vir geen oomblik dat die vx-L nie dit kan doen nie.
As jy nie regkom nie Boeta, en jy moet die vx-L vat, en dringend ook, praat met my. My geweer gaan nog lank vat om te bou.
Hy gaan jou net R14k kos, swart aluminium flip-back covers (R1000+) en ringe ingesluit, sommer die ligmontering nog op, en lewenslange waarborg.
As jy egter twyfel oor sy kwaliteit met akkuraatheid, kyk bietjie rond erens op die forum vir 'n kiekie.
Grte
Ja3
ps- oom Louis, ek wonder hoe gaan oom Leupold voel met sy naam gespel met 'n t agteraan..
boeta wrote:
Ja3
Daai Leupold vxl wat jy op jou 243 het,is jy nog vrede met hom en hoe loop hy in di nag
Boeta