Page 2 of 3
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Thu Aug 11, 2016 11:12 am
by CMH
So bietjie terugvoer.... Ons het besluit om een van ons land se voorste veldskiet skuts, en ook paar wat gereeld SA Jagters en soortgelyke tabel skiete doen te benader om veral ons Super Sling hard te bahandel en te se waarvan hulle hou en ook natuurlik waarso ons dalk verder kan verbeter..
Ek glo ons sal binnekort op die draad of elders dalk van die manne spesefiek af hoor, maar in kort het hulle gepraat en ons het geluister - dis mos hoe n bedryf soos die veronerstel is om te werk.
Die kort van die lank is 2 (add-on) opgraderings wat tans in die finale toetsfase is. Sodra ons experts 100% tevrede is met die opgraderings gaan ons hulle hierso aan julle bekend kom maak.
Elke nuwe Super Sling sal met hierdie 2 opgraderings saam verkoop word, en diegene wat reeds n beld het maar tog beide van hullle, of miskien een van die 2 kan ons gerus kontak om hulle te koop vir dit waarvoor ons hulle laat maak.
Ons is voorwaar opgewonde oor die hope goeie terugvoer wat ons reeds oor CMH produkte ontvang en wil elke een van ons kliente opreg vir jul ondersteuning bedank. Ons rus verseker nie op ons louwere nie, en werk konstant aan nuwe idees en moonltike verbeterings. Indien enige van julle so iets vir ons mag he wil ek groot asb vra dat julle ons sou kontak en dit met ons sou kom deel.
CMH Groete
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Thu Aug 11, 2016 12:25 pm
by Arnold
Voorspoed, dit is regtig goed oom hierdie te lees!
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Thu Aug 11, 2016 1:04 pm
by Machann
Netjies Herme. Lekker om dit te hoor...
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Thu Jan 12, 2017 9:09 pm
by phb
Van waar verspei julle die produkte of waar is CMH gebaseer?
Groete
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Mon Feb 06, 2017 8:11 am
by Eugene
So bietjie terugvoering oor die Tier One Bi-pod. Ek het einde verlede jaar die Tier One bi-pod aangeskaf by CMH en is bitter tevrede daarmee. Ja, dis 'n paar rand meer as ander soortegelyke bi-pods, maar die kwaliteit en werksverrigting regverdig die prys gemaklik. Die bi-pod is geweldig stabiel en skiet bitter gemaklik. Jy hoef ook nie op 'n tennisbaan te lê en skiet om die bi-pod te gebruik nie, want dit is baie verstelbaar, al slaan die pote amper 700mm oop. Op en af hellings behoort ook nie 'n probleem te wees nie, weens die lekker verstelbaarheid daarvan. Ek het dit nog nie in die veld onder jagtoestande getoets nie, maar aangesien mens nou nie op die eerste en beste plek gaan platval om dit te gebruik nie, voorsien ek nie 'n enorme probleem om daarmee te jag nie.
Hier is 2 fotos waar ek die Tier One suksesvol ingespan het:
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/16426114_10154987292047250_7097154260313769777_n_zpse0aasexb.jpg
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/16298964_10154987230967250_4877043113093459776_n_zpsrtuhauyu.jpg
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Mon Feb 06, 2017 12:02 pm
by Capt. Yoda
Netjies Eugene, ek kani wag vir my Tier One bipod nie
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Mon Feb 06, 2017 12:09 pm
by andre007
Eugene wrote:So bietjie terugvoering oor die Tier One Bi-pod. Ek het einde verlede jaar die Tier One bi-pod aangeskaf by CMH en is bitter tevrede daarmee. Ja, dis 'n paar rand meer as ander soortegelyke bi-pods, maar die kwaliteit en werksverrigting regverdig die prys gemaklik. Die bi-pod is geweldig stabiel en skiet bitter gemaklik. Jy hoef ook nie op 'n tennisbaan te lê en skiet om die bi-pod te gebruik nie, want dit is baie verstelbaar, al slaan die pote amper 700m oop. Op en af hellings behoort ook nie 'n probleem te wees nie, weens die lekker verstelbaarheid daarvan. Ek het dit nog nie in die veld onder jagtoestande getoets nie, maar aangesien mens nou nie op die eerste en beste plek gaan platval om dit te gebruik nie, voorsien ek nie 'n enorme probleem om daarmee te jag nie.
Hier is 2 fotos waar ek die Tier One suksesvol ingespan het:
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/16426114_10154987292047250_7097154260313769777_n_zpse0aasexb.jpg
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/16298964_10154987230967250_4877043113093459776_n_zpsrtuhauyu.jpg
Hoe lyk daai bipod Eugene?
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Mon Feb 06, 2017 12:10 pm
by Riaan Kriel
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Mon Feb 06, 2017 12:14 pm
by Eugene

Dankie Riaan, ek het dit gaan regmaak!

Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Mon Feb 06, 2017 12:15 pm
by CMH
Dankie vir die gawe terugvoer Eugene, moet darm ook noem dis nie net die bipod se werk daai nie...jy is n besondere skut maat!!
Vir diegene wat in die mark is vir een van die spesifieke Evo carbon bipods...die nuwe besending sal binnekort hier wees.
Aanvraag is oorweldigend so kontak ons gerus as jy betyds ene wil vasmaak.
CMH Groete
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Mon Feb 06, 2017 12:34 pm
by CMH
Ingeval iemand hier nog wonder hoe die TierOne Evo bipod lyk
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Mon Feb 06, 2017 1:06 pm
by LoopSoosStroop
Sho, lyk na 'n netjiese ding!
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Mon Feb 06, 2017 1:40 pm
by Toyrsi
Netjies. Prys op so Evo Bipod?
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Mon Feb 06, 2017 2:02 pm
by Marc
Dis n masjien pod daai
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Tue Mar 14, 2017 4:04 pm
by Capt. Yoda
Daars hy nou, soos Marc se dis n masjien
http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/DSC_0082_zps4kjlkug2.jpg
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Tue Mar 14, 2017 5:28 pm
by Nico Harris
Baie nice!!
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Tue Mar 14, 2017 7:12 pm
by Trompie
Eugene wrote:So bietjie terugvoering oor die Tier One Bi-pod. Ek het einde verlede jaar die Tier One bi-pod aangeskaf by CMH en is bitter tevrede daarmee. Ja, dis 'n paar rand meer as ander soortegelyke bi-pods, maar die kwaliteit en werksverrigting regverdig die prys gemaklik. Die bi-pod is geweldig stabiel en skiet bitter gemaklik. Jy hoef ook nie op 'n tennisbaan te lê en skiet om die bi-pod te gebruik nie, want dit is baie verstelbaar, al slaan die pote amper 700mm oop. Op en af hellings behoort ook nie 'n probleem te wees nie, weens die lekker verstelbaarheid daarvan. Ek het dit nog nie in die veld onder jagtoestande getoets nie, maar aangesien mens nou nie op die eerste en beste plek gaan platval om dit te gebruik nie, voorsien ek nie 'n enorme probleem om daarmee te jag nie.
Hier is 2 fotos waar ek die Tier One suksesvol ingespan het:
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/16426114_10154987292047250_7097154260313769777_n_zpse0aasexb.jpg
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/16298964_10154987230967250_4877043113093459776_n_zpsrtuhauyu.jpg
Jis Eugene mar jy kan daai roer mooi bestuur!!! 0.21 MOA op 1000 m is dnnrs impressive! Well done
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Tue Mar 14, 2017 7:37 pm
by Andre308
Capt. Oblivious wrote:Daars hy nou, soos Marc se dis n masjien
http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/DSC_0082_zps4kjlkug2.jpg
Jislaaik Cappie.
Jy het darm baie moeite gedoen met die foto!!!
Lyk of alles met n maatband en level uitgepak is vir n tydskrif prentjie
ps. Dit is n baie smart bipod wat julle het!!!
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Tue Mar 14, 2017 7:51 pm
by Hein (Haan)
Alles wat ek al gebruik en gesien het van Tier One kompeteer met die beste op die mark. Ek dink daar is min bipods wat saam daai bul loop.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Tue Mar 14, 2017 7:58 pm
by jankraay
Herme
Baie dankie vir julle puik produkte. Julle sit baie moeite en aandag in alles in en julle bydrae tot die skiet gemeenskap word opreg wardeer.
Manne ek skiet self met al die CMH Produkte van ringe,mat,rear bag, bipod en HBN. Julle kan maar gerus in dit bele.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Wed Mar 15, 2017 10:59 am
by Konrad308
Ek gebruik self CMH se ringe en skiet mat. Puik diens en produkte. Well done Herme!
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Wed Mar 15, 2017 11:15 am
by dawiec
sopas my skietmat en rear bag gekry...voorwaar beindruk met die produk. Goeie kwaliteit inderdaad
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Wed Mar 15, 2017 11:16 am
by CMH
Manne die vorreg is ekslusief ons sin...
Dankie vir die mooi terugvoer hierso en elders ook, word opreg waardeer.
Ons is hard opsoek na nog maniere om jul skietgenot te verhoog en indien ons kan jul resultate verder te verbeter.
Die TierOne manne kom kuier die jaar saam met ons by Huntex, hulle bring genoeg voorraad en paar nuwe produkte so kom kuier gerus.
Daar sal natuurlik mooi specials wees ook
Vat Fyn,
CMH Groete
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Mon Jun 03, 2019 12:21 pm
by CMH
Email ons vir ons nuutste sakkies en promosielys.
herme@cmhprecision.co.za[IMG]
//uploads.tapatalk-cdn.com/201906 ... d75449.jpg[/IMG]
Sent from my Lenovo TB-X304L using Tapatalk
Re: CMH Precision Custom Equipment
Posted: Mon Jun 03, 2019 1:36 pm
by Toyrsi
CMH wrote:Email ons vir ons nuutste sakkies en promosielys.
herme@cmhprecision.co.za//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/83bc5639fd4fcf43626e85233bd75449.jpg
Sent from my Lenovo TB-X304L using Tapatalk