Pad woede..... Kyk hierdie idioot

User avatar
Trompie
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Post by Trompie »

whahahahahaha ek sal my doodlag as ek die ou in die polo was. As hy nie uitgeswaai het nie het daai BMW hom gestamp. Dink net hoe stupid voel hy na dit!
If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
JK
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Post by JK »

Ek raak ook die moer is as iemand in die regter laan sit en vrek, maar as ek 126 kpu (of wat ook al die spoed grens is) ry en hy kom van agter moet hy maar wag tot ek kan links gaan.

Ons sit deesdae maar borde op wat se 'stadige verkeer hou links en gaan regs verby', want dis wat die padreels bepaal omdat party mense dink as hy op dubbel pad kom hy moet nog steed so na as moontik n die middellyn van die pad wees :)
User avatar
Barry Loock
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Sat Jan 02, 2016 10:05 pm

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Post by Barry Loock »

In KZN is die geel streep al dees dae ook n verby gaan opsie. Niks van hou links gaan regs verby nie. Dit is eerder n kwessie van bly regs en ons gaan jou dan links verby in 5de rat met ons TT (Toyota Tazz)

Aim small, hit big.
Jaco123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 325
Joined: Sun Feb 10, 2013 7:24 pm

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Post by Jaco123 »

henning wrote: Ek is n redelike versigtig bestuurder maar het amper n slegte ding vandag oorgekom. Drie baane , groot trok in die middle baan,
ek in linker baan, ander bakkie heel regter baan.
Altwee ry vinniger as die trok en beweeg op dieselfde oomblik na die middel baan nadat ons die trok verby gegaan het.
In so n geval kan jy nie die ander voertuig in jou tru-spieel sien nie. Het amper groot samekoms gehad in die midddel baan.
Ongeluk gebeur so maklik maar gelukkig was ons altwee wakker.

Groete
Henning
Henning, ek dink dit is hoekom dit onwettig is om in die linkerbaan verby te gaan. Ek doen dit ook.

Nee kyk, daai BMW bestuurder is n boks en het gekry waarvoor hy gesoek het. Groot moeilikheid. Hopenlik was sy vrou saam hom en het hom een teen die oor gegee.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Post by henning »

Jaco ek weet nie van onwettig verbygaan in die linker baan maar ek het vanaf die afrit of te wel die aanrit by die snelweg aan gesluit toe ek die trok verbygaan.

Groete
henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
Jaco123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 325
Joined: Sun Feb 10, 2013 7:24 pm

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Post by Jaco123 »

Ek was altyd onder die indruk dat mens nie links mag verby gaan nie. Nou bietjie gaan oplees en lyk my mens mag op n deurpad/highway. So leer n mens elke dag iets nuut.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Post by Gawie(13mm) »

Jaco123 wrote:Ek was altyd onder die indruk dat mens nie links mag verby gaan nie. Nou bietjie gaan oplees en lyk my mens mag op n deurpad/highway. So leer n mens elke dag iets nuut.
K53 het in die 26 jaar wat ek my lisensie het nog nooit verander nie.
Jy mag 'n ander voertuig aan die linkerkant verbysteek indien;
1. Die voertuig aantoon dat hy regs gaan draai of besig is om dit te doen.
2. Waar daar meer as een baan in dieselfde rigting is.
3. Die belangrikste; as dit veilig is.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1878
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Pad woede..... Kyk hierdie idioot

Post by Alwin »

Ek was al 'n paar keer lus om 'n plakker op die F250 se agterste spoorstaaf aan te bring:

"BMW AIRBAG ACTIVATOR".

++>:
Post Reply