Invessteer in premuim koeels

User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Invessteer in premuim koeels

Post by Kalahari »

Geno wrote:
Kalahari wrote: Sou ek egter op 'n ander plaas gaan jag met die huidige wildpryse, sal ek egter ook heeltemal anders daarna kyk. Prys of te not
So op jou eie plaas sal jy met standaard gehalte ammo jag, net omdat jy nie vir die wild betaal nie?
Onthou, eintlik betaal jy vir daai bokke, want 'n klient sou hom kon skiet, wat geld in jou sak sou sit, maar nou skiet jy hom en die geld is nie meer in jou sak nie. So JY betaal die bok.

Almal moet/wil/probeer 'n dier so gou moontlik dood kry, so hoekom sukkel met ammo wat dit nie effektief/konstant kan regkry nie?

Groete,
Eugene
Geno
Ek verstaan almal se sentiment rondom premium punte, laat ek net my situasie beter verduidelik. Ek laat nie jag op ons plaas deur kliente nie, dit is uitsluitlik vir eie gebruik en 'n vriend of twee. Huidiglik jag ek met 30 06 155gr pmp matchpunte, 22 250 sierra 50 gr vir die springbokke. Ek gaan uitsluitlik net vir kop en hoe nekskote, het 'n broer dood aan stukkende en bloederige vleis werk. Ek skiet baie mis ook met hierdie metode maar die wat raak is is dood en die vleis is heel. Dus is die pryse van premium punte en of ammunisie vir my te duur om op die manier te jag. 

Sou ek dan wel 'n slegte kopskoot skiet is die kamp 700ha groot waarin gejag word en het ek nog nie 'n bok verloor nie, oop kalahariveld en duine met strate. Ek hoop die verduideliking help om te verstaan.

Groete
Kalahari
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: Invessteer in premuim koeels

Post by Andy »

'n vriend van my het verlede week R205 per rondte betaal vir 'n .505 African elite. Die prys was op whole sale gebasseer. Ek weet van geweer winkels wat meer as 100% wins op die wholesale prys sit.

Ek het egter R900 vir 'n pakkie Hornaday van 20 vir my .375 Ruger betaal. Die rede was my dies het nog nie gekom nie en skiet wil ek skiet.

Ek kan darrem 'n buffel skiet met dit en teen R45 'n rondte reken ek dis regverdig.

Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Invessteer in premuim koeels

Post by Wouter Roets »

Dokkie

Ek tik hierdie boodskap deur trane! Dit is so goed om van jou te hoor! Ek het gedink dit was darem nou tyd om al terug te wees van Mos af maar het nou net met Babaleeu gepraat wat my die nuus vertel het. Word sterk en kom gou uit die siekeboeg uit my ou maat! Ek het ook op die eiland my voet op n koraalrif gekrap en hy is nou nog nie gesond nie! Wys jou ons hoort nie daar in die waters nie. Ons moet eerder met koolbrande op ons voetesole sit van die kampvuur as die !

Andy is dit nie dalk Norma se PH ammo waarvan jy praat nie eerder as PMP se African Elite nie? Dink nie PMP maak vir die 505 nie. Bel my oor die sneller 0833784147.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: Invessteer in premuim koeels

Post by Andy »

Wouter,
Andy is dit nie dalk Norma se PH ammo waarvan jy praat nie eerder as PMP se African Elite nie?
Jammmer jy is reg, ek dink nie meer so lekker nie. :-[

Sal jou bel sodra ek by die huis is en die geweer voor my het.

Dankie

Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
Post Reply