Invessteer in premuim koeels
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Invessteer in premuim koeels
Ons kom nou van n jagtrip die naweek af en dit was vir my weereens opvallend die gebrek in kennis in kalibers en koeelkonstruksie/werksverigting. Ek maak n punt daarvan om deesdae maar eerder stil te bly om die kampvuur as die manne oor hierdie goed begin praat. Niemand hou van n alwetende karakter nie!
Die patrone wat oorrals rondegele het was hoofsaaklik Poep My Plat variteit. Die manne wat meer ernstig oor hulle jag was sin was blou! Daar was gelukkig twee opgeleide honde op die plaas en as dit nie vir hulle was nie was daar defnetief n klomp dikgesigte die week! Gepaard van swak skootplasing wat die meeste darm weet is die belangrikste was daar wel goeie skootplasing waar die koeel nie by die vitals kon uitkom agv van been vang of onvoldoende penetrasie agv van swak koeelkonstuksie nie.
Op die skote waar ek by was op die bakkie is daar sonder uitsondering gevra waar hy moet mik as die afstand enige iets oor 80m was! Ek voel soms of ek al een is wat ernstig oor die jagding is tussen my vriende! Die eerste ding waaroor altyd gesanik word is die kostes van amunusie. Die R7500 koedoebul wat sou wegkom as dit nie vir die honde was nie word nie n woord oor gese nie. Daar was ook n man wat sy 375 by die huis gelos het en sy 270 saamgebring het. Toe vir hom gevra word of hy n blouwildebees wil skiet was sy antwoord dat hy skrikkerig vir hulle is met die 270 maar hy sal n elandkoei skiet as hy een kry! Hierdie einste persoon het n plankdwars vark op 30m solid in die pens geskiet en toe die baas van die plaas hom met die honde wou gaan soek toe die man by die kamp aankom was sy woorde hy kan maar voorgaan sonder hom want die wil eers bietjie relax! Ek is toe maar saam en die vark is 70m verder gekry en geskiet. Jammer dat ek hier braak maar weet nie waar om hierdie furstrasie te deel nie.
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- MJK
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Thu Mar 11, 2010 5:19 pm
Re: Invessteer in premuim koeels
Wouter
Ek is nie die beste skut nie maar as mens kyk na selfs ouens wat jagverenigings se skietdae bywoon en hoe sleg hulle skiet dan is daar ernstige probleme onder ons nasie se skietvermoe. Nie eens om te praat van die "jagters" wat een of 2 skote skiet in jaar met ander man se geweer nie. Die ergste is dat daai manne praat van daai 350m kopskoot op springbok in die hardloop.... En dit is hulle wat ons as JAGTERS slegte naam gee!

Nou hoe gemaak - die boere moet geld maak om te oorleef maar erens moet hulle die streep trek en se dit is die minimum vereistes wat skuts op sy plaas moet voldoen. Die gong op 100m is nie teken dat die skut kan skiet nie.

Wat se julle manne - wat kan ons doen?

- Andy
- Full Member

- Posts: 175
- Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm
Re: Invessteer in premuim koeels
Wouter,
Ek het vir my Hornaday DGS ammuniesie vir my .375 ruger gekoop. Het enige iemand al met die tipe ammuniesie gejag?
Andy
Hy sou defnitief 'n gedeelte van my gedagtes gekry het en ek vermoed dit sou nie 'n uitnodiging vir koffie gewees het nie.Hierdie einste persoon het n plankdwars vark op 30m solid in die pens geskiet en toe die baas van die plaas hom met die honde wou gaan soek toe die man by die kamp aankom was sy woorde hy kan maar voorgaan sonder hom want die wil eers bietjie relax!
Ek het vir my Hornaday DGS ammuniesie vir my .375 ruger gekoop. Het enige iemand al met die tipe ammuniesie gejag?
Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Invessteer in premuim koeels
Wat is die naam van die blou ammo?
Ek moet weet wat om te koop vir my nulkwes ;D

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

300Winmag
Re: Invessteer in premuim koeels
Op meeste van die plase waar ek met die boog jag moet jy eers 3 pyle
skiet voor hulle jou laat jag - klaar! Dis in die reels en as jy nie daai kol kan
piets nie, jag jy nie.

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Invessteer in premuim koeels
Wouter dit is hartseer om sulke dinge te sien.
Maar nou ja so moet mense maar aangaan en leer miskien moet hulle die bevoegdheid toers met geweer doen op 100 meter in plaas van met .22 op 20 meter.

.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: Invessteer in premuim koeels
Ek sou wou sien dat mens 'n paar skote moet skiet. Gongs is gevaarlik nader as 150m. So 150m 'n gong van 200mm deursnee met 3 skote dan jag jy.
Beyers
PS met die ouens wat jou byt en brommers in jou neus uit die vuis uit met jou linkerhand net om dit uitdagend te maak.

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Invessteer in premuim koeels
WOUTER, so loop dit. ek weet nie eers die helfde wat jy weet nie en ek kry n gatkramp as ek na sekere goette langs die vuur luister. ek het so n paar jaar terug besluit om nie meer op al wat n jagtog uitnodiging te gaan nie. my jagvriende ken hulle storie mooi en ons ken mekaar. ek kan net dink hoe het jou bloed gekook toe daai man se hy gaan nie vark help soek nie!!!!!!
ek was verlede jaar op n baie lekker jag saam met n klompie ongetroude jong manne. hulle het met gewere groot geword, het goed geskiet en was baie verantwoordelik. die een gemsbok wat gekwes was is deur almal gesoek totdat hy gekry is. al uitdaging was dat die manne een bakkie saamgestuur het vir all die amps luidsprekers en vervante toerusting. as die son sak dan het elke dier op daai plaas op aandag gestaan vir Genl De Larey!! maar ek het vooraf dit geweet en my probeer reg voorberei. (probeer) ek sal weer saam met hulle gaan jag net omdat hulle verantwoordelik was en goed kon skiet.

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: Invessteer in premuim koeels
Ek het nog nooit enige probleme
met PMP gehad nie, ek het al vier baie
Blouwildebeeste met hulle geskiet.
maar:
Wat sou julle voorstel vir 'n beter
opsie van die rak af vir die 30-06 (180gr)?
Dis nou fabriekspatrone, ek herlaai
nog nie.
met PMP gehad nie, ek het al vier baie
Blouwildebeeste met hulle geskiet.
maar:
Wat sou julle voorstel vir 'n beter
opsie van die rak af vir die 30-06 (180gr)?
Dis nou fabriekspatrone, ek herlaai
nog nie.
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: Invessteer in premuim koeels
Dis bietjie laat Ludwig, ons ry
volgende Woensdag.
Ek skiet te min om te herlaai.
volgende Woensdag.
Ek skiet te min om te herlaai.
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: Invessteer in premuim koeels
Ou, jy het duidelik nog nie kinders nie! 
Ek streamline my hobbies!
Nog 'n nuwe Mathews Z7 ook om mee te speel.
Ek sal kyk of ek van dit kry, net jammer Safari
en Outdoor maak oop na ek weg is. Sou
graag hulle eerste klient wou wees.
Verkoop Zimbi books ammo?
Anders mik ek net ekstra fyn
met die PMP, so far so good.

- Geno
- Administrator

- Posts: 13647
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Invessteer in premuim koeels
PR,
As die prys nie te styf is nie kan jy vir PMP African Elite kry.

Goed, beter, 6millimeter!
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 534
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: Invessteer in premuim koeels
Thanks Geno, ek sal hoor wat dit kos.
Groete
Groete
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Invessteer in premuim koeels
Hi PR,
Daai African Elite's is so R700 per 20 vir die .30-06.
Groete
JP

- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Invessteer in premuim koeels
Naand almal
LIEWE OUERS!!!!!!
. Manne, ek verstaan die ding van bok kwes en verloor agv swak koeels. Ons het ons eie plaas met die gemsbokke en springbokke en ek moet bieg, dit sal lekker wees om iets anders te jag op ander plek, maar die geld is nie daar nie. Ook verstaan ek vir die manne (en dames , baie jammer
) in die stad en wat nie eie grond met wild het nie, is daar nie ander opsie nie, en dan is die wilpryse ook maar rof.
MAAR, om R700 vir 20 patrone te betaal, ek verstaan dit nie
. Ek kan dit nie vir myself regverdig nie, maar weereens, daar is ander wat dit tog betaal.
Dit is net my opinie, doen niemand "down" nie.
Groete
Kalahari
LIEWE OUERS!!!!!!
MAAR, om R700 vir 20 patrone te betaal, ek verstaan dit nie
Dit is net my opinie, doen niemand "down" nie.
Groete
Kalahari
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Invessteer in premuim koeels
Kalahari,
Ek moet bieg ek verstaan presies wat Wouter se oor premium koels, 100%. Maar daarbygese gaan ek ook nie R700 plus vir 20 patrone betaal nie.
Gelukkig laai ek ek kan ek premium koels op bekostigbare wayse laai
Wouter,
Weet hoe jy voel ek het vir my eerste vark 2 dae geloop deur drie plase deur oordat ek die vark gewkes het, Maak my baie mo@rig om te hoor die man reken sorry gaan nou eers relax
. Dis nou seker nie my plek nie maar weet nie as ek sulke manne in my vriende kring sal heet nie, net my oppinie.
Groete
JP
Ek moet bieg ek verstaan presies wat Wouter se oor premium koels, 100%. Maar daarbygese gaan ek ook nie R700 plus vir 20 patrone betaal nie.
Gelukkig laai ek ek kan ek premium koels op bekostigbare wayse laai
Wouter,
Weet hoe jy voel ek het vir my eerste vark 2 dae geloop deur drie plase deur oordat ek die vark gewkes het, Maak my baie mo@rig om te hoor die man reken sorry gaan nou eers relax
Groete
JP
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: Invessteer in premuim koeels
JPS
Ek hoor wat jy en Wouter se. Ek stem vir die herlaai van premium koeels as die beter opsie vir die wat kan herlaai en vir die persoon wat nie baie jag nie kan dit seker nog in 'n mate werk. My gevoel (en ek dink dit is iewers vroeer op die forum al gese) is dat hierdie spesifieke maak (en seker ander ook wat ek nie van weet nie.) wat nou van gepraat is dalk vir die buitelandse jagter "geteiken" is wat nie 'n geweer of ammo of dalk albei kan/mag invoer vir die jag nie. Jy weet met al die wette ens van julle regering.
Ek is nie kenner van daardie nie, maar ek dink dat daar tog seker sulke gevalle kan wees. Daardie jagter betaal baie vir die dier wat gejag word, so die ammo se prys is dan amper weglaatbaar klein in vergelyking. Sou ek egter op 'n ander plaas gaan jag met die huidige wildpryse, sal ek egter ook heeltemal anders daarna kyk. Prys of te not
Beste

So op jou eie plaas sal jy met standaard gehalte ammo jag, net omdat jy nie vir die wild betaal nie?Kalahari wrote: Sou ek egter op 'n ander plaas gaan jag met die huidige wildpryse, sal ek egter ook heeltemal anders daarna kyk. Prys of te not
Onthou, eintlik betaal jy vir daai bokke, want 'n klient sou hom kon skiet, wat geld in jou sak sou sit, maar nou skiet jy hom en die geld is nie meer in jou sak nie. So JY betaal die bok.
Almal moet/wil/probeer 'n dier so gou moontlik dood kry, so hoekom sukkel met ammo wat dit nie effektief/konstant kan regkry nie?
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Invessteer in premuim koeels
African Elite is belaglik met hule pryse ja !!!
Maar nou jy gaan nie sommer minder as R2000.00 vir 'n gemsbok betaal nie en jy gaan seker nie sommer net een gemsbok skiet niet tel alles op wat jy spaandeer oor so lekker naweek kos, drank, vervoer en verblyf en ewe skielik sit jy by R10 000.00
Dan is R700 nie veel Manne 'n vol tenk petrol of diesel vir die bakkie kos meer as R700.00 nie eers te praat van tolgelde.
Koop twee pakkies en die manne sal begin dink om Lee se anisersary kit te koop en so gaan ons aan.
Federal se pryse is nie sleg nie en die Core Lokts werk ook so daar is regtig nie 'n verskoning om iets beter te probeer nie tensy jy onder 2500 fps skiet.
R700 vir 'n pak patrone of R2000 vir 'n bok wat weggekom het en selfs al kry jy die bok gaan die bok nie lekker smaak nie.
Maar nou jy gaan nie sommer minder as R2000.00 vir 'n gemsbok betaal nie en jy gaan seker nie sommer net een gemsbok skiet niet tel alles op wat jy spaandeer oor so lekker naweek kos, drank, vervoer en verblyf en ewe skielik sit jy by R10 000.00
Dan is R700 nie veel Manne 'n vol tenk petrol of diesel vir die bakkie kos meer as R700.00 nie eers te praat van tolgelde.
Koop twee pakkies en die manne sal begin dink om Lee se anisersary kit te koop en so gaan ons aan.
Federal se pryse is nie sleg nie en die Core Lokts werk ook so daar is regtig nie 'n verskoning om iets beter te probeer nie tensy jy onder 2500 fps skiet.
R700 vir 'n pak patrone of R2000 vir 'n bok wat weggekom het en selfs al kry jy die bok gaan die bok nie lekker smaak nie.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- Geno
- Administrator

- Posts: 13647
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Invessteer in premuim koeels
Nes jy daar se Frederik!Frederik wrote: R700 vir 'n pak patrone of R2000 vir 'n bok wat weggekom het en selfs al kry jy die bok gaan die bok nie lekker smaak nie.
Goed, beter, 6millimeter!
- Wielie Waps
- Hero Member

- Posts: 869
- Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am
Re: Invessteer in premuim koeels
Ek gaan my 2c ook hier bygooi.
Die meeste manne wat so rak ammunisie koop is ook nie seker waar sy geweer skiet nie of hoe sy geweer groepeer met die ammo nie. So daardie R700 se pakkie word halfpad leeggeskiet om die geweer in te stel en so voorts.
Jy het na regte net een maksimum 2 rondtes nodig om 'n bok te dood.
As ek hier dan by Frederik kan aansluit sou ek se dat as jy jou geweer ingestel het met sekere rak ammo en jy gooi net 'n hou of 2 op die plaas waar jy gaan jag , dan is R700 vir daardie pak patrone nie te rof nie. Dit gaan jou egter n' paar rand kos aan die begin wanner jy oorslaan na nuwe ammo toe om te sien hoe jou geweer met die ammo reageer. Dit is basies dieselfde as wanneer jy lading ontwikkel wanneer jy herlaai.
Ek wil hier ook korporatiewe jagte blameer , want as 'n man sy bok verniet kry worry hy nie veel nie.

Geroer-nie geskud nie
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: Invessteer in premuim koeels
R700 vir 20 patrone klink onmiddelik rof, maar as jy in ag neem hy werk en perform dodelik op 'n Koedoebul van R4000, dan is R35 vir daardie skoot eintlik "negligible" as persentasie van 'n jagtrip. Dit is nie eers 6 biere nie en die hoofdoel van 1 skoot dood skoot is tog die belangrikste aspek van die hele ondervinding. Ek het op 'n stadium geloer na goedkoper rak opsies, maar dit maak duidelik nie sin om op ammunisie van alle dinge te probeer bespaar nie.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Invessteer in premuim koeels
Ek post nou vir die derde keer en hoop hy gaan nou deur!
Die twee skote waar die koeel gefaal het was albei PMP gewoon 150gr uit n 270. Albei skote was onder 70m met die eerste wat die voorpoot bevang het en opgebreek het. Van die projektiele het die eerste gedeelte van die long gevang maar min skade aangerig. Dit was op n koedoebul. Die tweede skoot was op n koedoekoei wat skuins weggekyk het en die skoot is by die pens in en het toe nooit by die vitals uitgekom nie. Kaliberkeuse is ook seker nie van die beste nie vir die kort afstande maar indien n premuim koeel gebruik was sou dit nie nodig gewees het vir die honde nie!
Ek moet ook byse dat opvolg van n bok met net een koeelgat ook darem dinge baie vergemoeilik. Die bokke wat ek geskiet het met ingangs en uitgangs wonde het dit darm weereens moontlik gemaak dat n blinde man die bloedspoor kon volg.
Ek en my broer het lank gister oor die naweek se verrigtinge gepraat en tot die slotsom gekom dat ons moet besef dat nie al die mense oor jag en dit wat dit alles behels dieselfde voel as ons nie. Oor die algemeen voel mense maar net oor terminale verigting van n koeel, vleisskade, penetrasie, akkuraadheid, trajek, diergewoontes, boomspesies wat geeet word en dies meer maar net n veer. Dit is sad maar daaraan kan ons nie veel doen nie. Daar is ander wat wel belang stel maar net nie die tyd of geleentheid altyd kry om dit na te volg nie.
Ek en my broer jag baie. Ons vriende neem maar aanstoot as hulle nie uitgenooi word nie so dit gebeur wel dat alhoewel hy n goeie persoon is hy maar net nie my idiale jamaat is nie. Dit is jammer. My idiale jagmaats kan nie altyd al die trips meemaak nie en dit maak dit moelik as ons op plase kom waar daar n minimum hoefeelheid jagters verlang word. My broer het die naweek met sy 9.3x62 ook geskiet met PMP ProAmm ammo. die lae spoed tesame met die koeel wat nie opgebreek het nie het bitter min vleisskade veroorsaak. Die bokke het ook niks gehou van die medesyne nie en bitter min het verder gekom as die gewraakte "Two-step"! Dit is maar in hierdie klas spoed waar gewone konvensionele koeels wel presteer maar die oomblik as jy na die meer algemene kalibers toe gaan verdwyn hierdie werksverrigting.
Daar is vandag heelwat fabrieksammo beskikbaar teen baie billike pryse en julle het die meeste al opgenoem. Ek was verbaas oor die baie goeie pryse van die ammo nou die dag in n geweerwinkel en kan nie meer insien dat enige persoon n verskoning meer het om nie met hulle te skiet nie.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Invessteer in premuim koeels
PMP se naam is nou al verskeie kere genoem synde dit die mees geredelik beskikbaar is. Die gewone PMP in die bruin pakkie het my na herlaai laat gaan. Koeels het opgebreek. Sierra in daardie dae het egter nie veel beter presteer nie (1980's). Het onlangs vleis vir die arbeid op 'n wildsplaas geskiet. Vier skote met 7x64 Pro-amm 170gr - 3 bladskote en 1 kopskoot en 3 rooibokke en vlakvark was reg vir opsny.
Skootplasing was reg en afstande was van 15m tot 100m. Ek het nie kans gekry om die werklike werkverrigting en vleisskade na te gaan nie.
Die koste van PMP is egter deesdae van so aard dat die ingevoerde patrone 'n proposisie is.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Invessteer in premuim koeels
Baas Wout
Ek deel jou sentiment 2000%
Ek deel jou sentiment 2000%
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]