Page 2 of 4

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Wed May 27, 2009 6:51 am
by Beyers
Hein
Die foto van die 30-06AI wys 'n snellerskoen. Mens kan hulle seker koop. Ek weet Johan het al gemaak. Ek kan net nie die mate onthou nie, maar sal so tussen my ysters krap vir 'n blank een. Mens het die breedte van die sneller nodig om een te maak. Hulle kan uit aluminium, staal of brass gemaak word en skroef met 2 allen skroefies vas.
Beyers

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Wed May 27, 2009 6:16 pm
by Francois Marais
Hein

Beyers gee mooi verduidelikking. Ek dink die ding kom van die OU plank manne af, nog lank voor BR hier by ons bekend was, die BR manne se snellers is so lig, 2oz, hulle het dit nie nodig nie.

Mooi loop

Francois

NS Ek het met een op m plankgeweer geskiet en het nie van die bree sneller gehou nie, maar sit een op en probr hom, ek moet ook nog een he wat hier iewers rondle.

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Wed May 27, 2009 7:32 pm
by Hein M.
Baie dankie!  Alles is nuwe inligting, so ek is nuuskierig oor hoe dit lyk en hoe dit akkuraatheid bevorder.

Hein M.

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Tue Jun 02, 2009 7:47 pm
by Hein M.
Dit lyk my tog asof ek van hierdie snellerskoene gaan aanskaf.  Baie dankie vir die raad.

My volgende vraag is:  Hoe moet ek te werk gaan om die teleskoop op die laagste moontlike manier te monteer?  Daar is nie gleuwe op my geweer om Weaver-tipe teleskoopringe te monteer nie.  So die ringe sal op 'n basis gemonteer moet word?  Die probleem is net dat die spul te hoog is na my sin.  Dit het natuurlik 'n negatiewe effek op effektiewe wangdruk en dan sal ek die ho? kolfkam-pad moet stap - en ek hou nie van die Monte-Carlo-tipe kolwe nie.

Ek sal uit die aard van die saak ook die slot se grendel moet laat buig.  Nie wenslik nie - maar hoe dan anders?

Is daar 'n beter (laer) manier? ???

Hein M.

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Fri Jun 05, 2009 8:41 pm
by Beyers
Hein
Ek het nie baie erg aan monterings wat met swaelstert groewe vasmaak nie. 'n Skroefie of twee en Lynx basisse en dan ook die ringe, lae profiel natuurlik is net die merisyne. Die reguit engelse styl kolwe is pragtig, maar die praktiese aspek van die MC is dat jy nie jou nek op 'n knop trek om skouer, wang en kolf bymekaar te bring nie.

Ek wag nog vir die mate van die snellers dan sny ek vir jou skoene

Groetnis
Beyers

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Sun Jun 14, 2009 11:28 am
by Hein M.
Beyers,

Ja ek is nog 'n hotklou ook, so dalk sal ek jou in die toekoms nader om 'n ander plank aan my geweer te kap.  Na dit wat jy ges? het is die MC-tipe kolfkam dalk nie 'n slegte idee nie.
Jammer, ek het nog nie kans gehad om daardie sneller te gaan meet nie.  Sal dit wel binne die volgende weke op Worchester gaan doen.

Hein M

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Sun Jun 14, 2009 4:37 pm
by Tomcat
Beyers

Ek het hier iewers op die vorige posts gelees dat julle versigtig is om die glybaan (feeding ramp) met n dremel by te kom.
Ek het my RSA aksie al so n bietjie gegrind en toe gepolleer. Net n plesier. Daar is na die werkie seker al 10000 patrone teen daai ramp uit en die ramp is nog nie vol slote nie ;D. Ek dink regtig n ou kan maar die veranderingtjie aanbring indien nodig.

Groete
Tomma

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Mon Jun 15, 2009 7:47 am
by Yalair
Tomma
Kan jy dalk vir ons foto plaas van waar presies en hoe jy tewerk gegaan het.

Groete
Ben

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Mon Jun 15, 2009 2:46 pm
by Tomcat
Ben

Ek is einde Junie weer by die huis en by al die tools. Sal dan vir jou n foto stuur.

Groete
Tomcat

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Fri Jun 19, 2009 4:05 pm
by Hein M.
Beyers,

Ek het in 'n ander post daardie alminium bedding blokke gesien wat jy in die kolwe monteer het.  Waar koop / bestel 'n mens hierdie items en wat is die pryse.  Ek neem aan dat jy 'n orgaan op die swartmark moet verkwansel om een te kan bekom ;D

Laat weet asb, man

Hein M

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Fri Jun 19, 2009 4:18 pm
by Hein M.
Tomcat wrote: Ben

Ek is einde Junie weer by die huis en by al die tools. Sal dan vir jou n foto stuur.

Groete
Tomcat
Tomcat,

Jy wil nie asb. daai dremel se foto's op die post plaas nie.  Ek sukkel ook steeds met die stadige voer van patrone en ek dink dat die glyplaat die sondebok is.

Vele dank!

Hein M.

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Fri Jun 19, 2009 5:09 pm
by Tomcat
Hein

Ek sal so maak

Tomma

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Sun Jun 21, 2009 7:37 am
by Beyers
hein wrote: Beyers,

Ek het in 'n ander post daardie alminium bedding blokke gesien wat jy in die kolwe monteer het.  Waar koop / bestel 'n mens hierdie items en wat is die pryse.  Ek neem aan dat jy 'n orgaan op die swartmark moet verkwansel om een te kan bekom ;D

Laat weet asb, man

Hein M
Hein
Twee organe sal dalk net genoeg wees. Nee Hein ek het een beskikbaar vir 'n k98. En wyl jy nou 'n hotpoot is en geweerkolwe net vir haarpote gemaak word sal jy maar 'n plan moet maak om een sommer direk in 'n nuwe kolf met 'n montecarlo te laat inbou.
Beyers

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Sat Jul 11, 2009 10:03 pm
by Mac
Beyers,

Check your pm's

Graham

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Sat Aug 29, 2009 6:43 pm
by Beyers
Wat doen mens as die bokke gewen het en die vrieskas is vol en biltong is droog en daar is nie meer primers nie want dis Saterdag middag.
Image
6mm Rem op 'n Remington aksie en 26" loop
Image
Image

Groetnis
Beyers

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Sat Aug 29, 2009 8:12 pm
by Francois Marais
Beyers

Baie mooi roer daai, hy gooi seker n mooi hou?????

Myne het ek so n week terug gekry, nog nie kans gehad om n enkele skoot met hom te skiet nie. 1-9 Twist Walther Match barrel, 26", het 243 Norma doppe net op genek, en wil graag 120 gr Sierra Match punte skiet. Help asb met n lading of twee as jy kan, much appreciated.

Sal n foto opsit later as jy wil sien.

Mooi loop
Francois

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Sun Aug 30, 2009 8:23 am
by Christo
Hierdie gewere laat my dink aan Tomcat se b?regewere. Hulle is jaloers mooi mar daar issie eens een skrapie op wat s? hulle word gebruik nie.  ;)  ;)  ;)

Beyers - baie mooi, miskien is dit net jaloesie wat my so laat kwyl.

Christo

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Sun Aug 30, 2009 10:03 am
by Beyers
Vanoggend gou op die bank met 'n paar rondte gaan skiet net vir die gevoel en om darem te kyk of die ou die papier raakskiet.
70gr vmax op federal doppe 47gr s365 spoed gemiddeld 3650
Teleskoop is verstel na elke skoot
Laaste 3 skote 1 links, 1op, 1op
Image

Geniet maar die roer Gabriel

Groetnis en baie jaloers
Beyers

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Sun Aug 30, 2009 10:30 am
by Francois Marais
Beyers

70 gr V-max op n 260 Rem???  Het nie eers geweet jy kry so n ligte punt in 6.5 cal nie.

Mooi loop
Francois

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Sun Aug 30, 2009 3:28 pm
by Beyers
Sorry 75gr 6mm = 244 ;)

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Tue Sep 01, 2009 7:34 am
by Beyers
Francois Marais wrote: Beyers

Baie mooi roer daai, hy gooi seker n mooi hou?????

Myne het ek so n week terug gekry, nog nie kans gehad om n enkele skoot met hom te skiet nie. 1-9 Twist Walther Match barrel, 26", het 243 Norma doppe net op genek, en wil graag 120 gr Sierra Match punte skiet. Help asb met n lading of twee as jy kan, much appreciated.

Sal n foto opsit later as jy wil sien.

Mooi loop
Francois
Sit op die fotos asb

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Tue Sep 01, 2009 9:54 am
by Francois Marais
Beyers

Sal bietjie later vandag doen.

Mooi loop
Francois

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Wed Sep 02, 2009 3:34 pm
by Francois Marais
Beyers

Hier is die 260 Remington, Walther Match loop, Skyfskiet aksie, Bench rest hunter kolf van Armtech.Het lading van 40-44.5 gr S365 gelaai op 120 gr Sierra pro hunters, spoed was so van 2700-3000 ft/sec, lyk my hy wil hier rondom 43-43.5gr skiet, spoed so 2950 ft/sec, skiet  5 skote onder n duim op 100m, met drie wat sny aan mekaar, ek het ongelukking nie fotos geneem nie, wil bietjie met seating diepte speel, en wil ook die 120 gr Sierra M/Kings probeer. Sal laat weet as ek n beter groep skiet. Die Weaver bases het ek LANK terug al gekoop, wou vanni begin af n 56 mm scope opsit, dit sou goed gewerk het, maar het nou n VX-L op, en scope kan n goeie 6-7mm sak, kon tot noutoe nie laer mounts kry nie.

Image

Image

Image

Image

Hierdie is die 204 Ruger, silencer moet nog geblue word. Howa 1500 met thumbhole kolf, ek moes ook maar "thumb suck" oor n lading vir hom, en die ladings wat ek gelaai het was baie laag gelaai, net oor die 3000 ft/sec met n 40 gr V-max. Die geweer het egter lekker met hulle groeppeer, so ek dink as ek die spoed bietjie aanjaag gaan hy ook mooi gooi.

Image

Image

Image

Image

Image

Laat weet maar wat jy/julle dink, dit bly maar lekker om so af en toe met n nuwe speelding te speel.

Mooi loop
Francois

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Wed Sep 02, 2009 5:47 pm
by Beyers
Francois

Sjoe moer

Beyers

Re: Gerieflikmaak van die instrument...

Posted: Wed Sep 02, 2009 7:49 pm
by Ja3
Sjoe Francois

Soos ek al van tevore ges? het, jy verstaan hoe werk die winkel. Daai blou geweer lyk na 'n ware wenner.
Als lyk baie goed op daardie kettie. Soos jy s? net die mounts moet laer. Dis so jammer, want jy't die ideale
konstruksie daar (glo ek). Hy kan ten minste 10mm sak (inaggenome moontlike refleksie van jou kd), en jy moet dit probeer as jy kan, jy sal nie spyt wees nie.

Ek sien uit na die goeie resultate.
Mooi so.
Ja3

ns- jy't 'n uitstekende geweer daar, net so bietjie bekommerd oor die skut    grappie :D :D