Page 2 of 3

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Sun Dec 28, 2014 1:42 pm
by Fritz
Hier is 'n video clip van my Howa in die draaibank. Ek sal nou nie weet nie, maar volgens die geweersmid is dit baie reguit. Hy sê hy sien dit met al die Howa's. Weet nie hoe kry die Japanese dit reg nie.

http://youtu.be/kiqrLSBJe04

Ek sien die kwaliteit is bietjie swak, maar die loop het 0.001" runout getoon aan die binnekant.

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Mon Dec 29, 2014 11:09 am
by Kingy
nou het ek sommer lekker gelees aan Ludwig se post.

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Mon Dec 29, 2014 11:45 am
by Hein M.
Goeie post om die ondewerp in perspektief te plaas. Dankie Ludwig!

Dieselfde om te sê dat jy met 'n budget perd die July wil gaan ry. Jy gaan perdry, maar jy gaan jou gat sien :D

Persoonlik het ek nie die geld om die "teoreties-korrekte" pasmaakgeweer pad te stap nie. Sal nooit kan nie. Ek stel maar haalbare doelwitte met my pakket en geniet dit om hierdie grense met die nodige vaardigheid te verskuif. Vir my is die heerlikheid opgesluit daarin om met my 308 ghongs op onbekende afstande - in wind - tot en met 400m te skiet. Ek dink ook dat die TALENT waarmee die skut sy pakket benut 'n faktor is wat nie buite rekening gelaat moet word nie. Volgens my is hierdie talent aangebore en kan net met baie oefening vervolmaak word. As jy nie hierdie talent het nie, mors jy jou swaarverdiende geld op toerusting (wat moet kompenseer daarvoor). Wat ek bedoel hiermee is: As 'n persoon nie met 'n akkurate oopversier .22 / windgeweer 'n uitsonderlike groepering op 25m kan skiet nie, is jy nie 'n goeie skut nie.
Keep up with the Joneses is vir baie sportmense 'n duur uitgawe. 'n Mens moet jouself afvra, is ek so goed soos my toerusting?

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Tue Dec 30, 2014 3:51 pm
by Alwin
Hein M. wrote:Goeie post om die ondewerp in perspektief te plaas. Dankie Ludwig!
... Wat ek bedoel hiermee is: As 'n persoon nie met 'n akkurate oopversier .22 / windgeweer 'n uitsonderlike groepering op 25m kan skiet nie, is jy nie 'n goeie skut nie...
Soos wat jy ouer word, gaan jy nog agterkom dat opvisier-groeperingskiet 'n tydverdryf vir die jeug is. As jou retina se beweeglikheid verminder, omdat die ouderdom uiteindelik ingetree het, en jy nie meer die korrel en die teiken gelyktydig kan sien nie, word jy dan skielik'n swak skut? Pasop dat 'n ou omie jou nie dalk eendag 'n skietles gee nie. Daai ou toppie met die dik brillense, wat die teleskop uitgedink het, was dalk nie so stupid soos sommiges mag dink nie.

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Tue Dec 30, 2014 5:08 pm
by Hein M.
Alwin Fleischmann wrote:
Hein M. wrote:Goeie post om die ondewerp in perspektief te plaas. Dankie Ludwig!
... Wat ek bedoel hiermee is: As 'n persoon nie met 'n akkurate oopversier .22 / windgeweer 'n uitsonderlike groepering op 25m kan skiet nie, is jy nie 'n goeie skut nie...
Soos wat jy ouer word, gaan jy nog agterkom dat opvisier-groeperingskiet 'n tydverdryf vir die jeug is. As jou retina se beweeglikheid verminder, omdat die ouderdom uiteindelik ingetree het, en jy nie meer die korrel en die teiken gelyktydig kan sien nie, word jy dan skielik'n swak skut? Pasop dat 'n ou omie jou nie dalk eendag 'n skietles gee nie. Daai ou toppie met die dik brillense, wat die teleskop uitgedink het, was dalk nie so stupid soos sommiges mag dink nie.
Nee, ek is lankal daar by die ou oge en sou sonder scopes nie meer gewere gehad het nie... Dit is maar net 'n voorbeeld om te sê dat 'n goeie skut met 'n oopversier presteer, soos die ouens wat bv. Bisley skiet. :D

Ek wonder net partydae hoe die ouer boerestryders destyds die Kakies so goed kon skiet met hulle Mausers ><)

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Wed Dec 31, 2014 12:17 am
by Nico Harris
Baie goed gesè Ldwig! Dankie!

N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Wed Dec 31, 2014 1:31 pm
by Francoisv
.[/quote]Ek wonder net partydae hoe die ouer boerestryders destyds die Kakies so goed kon skiet met hulle Mausers ><)[/quote]

Seker maar spotters gehad...

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Wed Dec 31, 2014 2:52 pm
by Alwin
Hein M. wrote:Ek wonder net partydae hoe die ouer boerestryders destyds die Kakies so goed kon skiet met hulle Mausers ><)
Dit was nogal 'n prestasie met die Mausers. Maar onthou dat die Mausers en ammunisie later opgedroog het. Ek vermoed die meeste Kakies is met hulle eie (gebuite) Lee-Metfords geskiet.

Interessant dat die Britte na die oorlog besluit het om na 'n Mauser tipe in 7mm oor te skakel (P13). Hulle het ook gedink die Boere het hulle uitgestof, omdat hulle beter gewere gehad het. Die probleem kon tog seker nooit by hul eie sketkuns gelê het nie?

As die Boere-omies destyds al teleskope op hulle Mausers gehad het, het die Queen vandag nog Afrikaans gepraat.

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Wed Dec 31, 2014 4:32 pm
by Riaan Kriel
Ek neem kennis van Ludwig se mening rondom die RSA-aksies en stel heeltemal saam met hom rakende die "inletting" van 'n ander kolf. Ek het dit self ervaar en is tans ook weer aan die sukkel om 'n ander kolf te laat bou vir 'n plank-geweer. Ek het egter wel dit by meer as een geleentheid gesien hier plaaslik dat van die manne met die plankgewere en selfs ou RSA-aksies met ander kaliber-lope die rook uit die ander manne met Remingtons, Tikas en Howa's uit skiet. Net so verander die omstandighede en val die manne ook weer uit die bus uit met hulle plankgewere.

Ek stem dus veral saam met die stelling dat die moer wat die geweer vashou die belangrikste skakel is van die akkurate ketting. Die regte skut met beter toerusting sal beter vaar as dieselfde skut met "swakker" toerusting. Sekere toerusting is ook egter net meer "forgiving" as ander kombinasies.

Dalk so ietwat ver weg van die oorspronklike post en die manne se voorstelle van "entry level langafstand gewere". Dit is nogal interessant om almal se opinies te lees. Ek wil graag julle opinie hoor oor die volgende kombinasie vir 'n "dedicated langafstand geweer"

RSA-aksie
30" SS Ferlach loop
.308 Norma Magnum kaliber
20 MOA Rail
"Goeie ringe" NF of Leupold ?????
8-32 Sightron Scope
Davies sneller
Harris bi-pod
Silent Hunter KD - Die is tans opsioneel en dalk nie onmiddelik deel van die oorweging nie
Dit is ook tans die standaard Musgrave plankgeweer kolf wat met tyd vervang gaan word met 'n Custom Laminted thumbhole kolf

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Thu Jan 01, 2015 3:56 pm
by GerhardV
Ludwig wrote:Sover "budget" opsies gaan is daar vir my persoonlik net 2 aksies wat aan meeste van die vereistes voldoen. Remington 700 as eerste keuse met 'n Howa 1500 as tweede keuse.
Voorspoed aan almal vir die Nuwe Jaar!

Ludwig, wat sal die rede wees hoekom jy die Howa bo Savage verkies? Ek is neutraal in dat ek nie een van die 2 besit nie, maar ek is geinteresseerd wat die redes mag wees. As ek na oorsese (welliswaar Amerikaanse) forums kyk, blyk die Savages baie gewild te wees. Vandaar blyk dit dat Savage gewere makliker is om aan te werk om lope te verander.

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Sat Jan 03, 2015 5:34 pm
by Koos Barnard
+ 1 Ludwig. Ek het ook jare gelede gedink RSA-aksies is die beste. Tot 'n geweersmit my gewys het hoe kruppel die afwerking is op 'n paar RSA's. Op sommiges hoef jy net 'n winkelhaak te sit om te sien hoe "sinkplaat" die buitekant afgewerk is. Om mee te begin, die scope basisse sal nie mooi pas nie - spanning op die ringe/teleskoopbuis sommer die eerste probleem. As die buitekante so lyk wonder ek oor wat binne aangaan. Die RSA-aksie van my .243 was net so lekker krom en skeef. Dit bly vir my 'n mooi aksie, maar ek glo ook daar is deesdae beter aksies beskikbaar.
Mooi loop

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Sat Jan 03, 2015 10:57 pm
by GerhardV
Dankie Ludwig en Oom Koos!

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Sun Jan 04, 2015 12:12 am
by Gawie(13mm)
Hier is my 2c bydra tot die onderwerp.

Eerstens is lang afstand 'n relatiewe begrip. Vir sommige skuts is dit 300m en vir ander is dit 1000m plus.

Uit my eie ondervinding het ek geleer dat daar nie so iets soos "budget" of bekostigbaar is, as dit by gewere kom nie.

Ek het 'n dikloop .243, Howa aangeskaf vir veldskiet doeleindes, maar ge-eindig met 'n pasmaak medium afstand teikenskiet en jaggeweer.

Ek het baie navorsing gedoen en al die verbeteringe self aangebring soos my behoeftes verander het. Ek weet dat almal nie ewe prakties aangelê is nie, maar met die geld wat ek gespaar het en die kennis wat ek sodoende opgedoen het kan ek nou ingeligte besluite neem omtrent my eerste "doelgeboude" medium afstand jaggeweer.

Wat ek hiermee bedoel is dat ons hier aan die suid-punt van Afrika te veel met te min wil doen. Ons wil alles met ons "budget" rakgewere doen. Jag, groeperingskiet, veldskiet, teikenskiet en langafstand ghongskiet en nog meer. Persoonlik ken ek net een man wat dit kan doen en dit het niks met die geweer te doen nie, maar alles met natuurlike talent en baie oefening.

Die opskrif van die draad is immers " 'n "Budget" langafstand geweer opsie" en ek stem saam met Ludwig dat die aksie en kolf die basis van elke akkurate skiet platform is.

Dit is waar dat die Remingtons die grootste verskeidenheid opsies bied as dit kom by opgraderings, maar ek gaan my kop in 'n bynes steek en sê dit is omdat die rakgewere min waarde vir geld bied. >:D

Die Savage is van sy Ma af akuraat en groepeer net soos die Howas baie maklik met die regte gewig koeël vir die betrokke groefdraai. Die Remingtons se lang kele en kort magesynkaste is beperkend, sowel as die sneller wat gewoonlik eerste vervang moet word.

Die Howa's se swart Hogue kolwe is net goed vir sukkel en is gewoonlik die eerste ding wat die manne vervang. Daar is egter min opsies en die Boyds kolwe is meeste manne se eerste keuse, maar het nog aanpassings nodig om dit aanvaarbaar te maak vir langafstand skiet.

Op papier is dit die Savage wat die minste aandag nodig het om die lang houe te gooi. Hier is die 300 WSM die koning. Soos reeds genoem is die platform net die begin en herlaai komponente en ammunisie is ook deel van die paket en maak die opsie duurder as wat gewoonlik voor beplan word.

Al wat dan oorbly is die Howa 308 dikloop. Van die rak af akkuraat en bekostigbaar om te dryf maar net soos die Remington 308 is die beperking, ons plaaslike dryfmiddels wat "mak" is teenoor die Amerikaanse kruite.
Met 155cc grein koeëls is die reikafstand beperk tot ongeveer 900m.

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Sun Jan 04, 2015 9:33 am
by Wouter Roets
Gawie

Ek moet met jou saamstem. Ek het die Savage LRP roete gegaan en het nie n enkele ding aan daai geweer verander behalwe om vir hom n Jungle Julian wangstuk op te sit nie. Die geweer skiet n barshou net soos hy daar is. Vir die prys wat ek betaal het sal n mens n hele paar rand ekstra moet uithaal op die Remington en Howa gewere net om hulle op n gelyke vlak te bring. Die geweer spreek in standaard vorm al die meeste van n mens se behoeftes aan en bly n absolute bargian in my oe.

Al waarmee ek met jou gaan verskil is dat daar darem n paar opsies is as dit kom by kalibers vir langafstand skiet en dit nie net beperk is tot die 300 WSM nie.

Groetnis
Wouter

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Sun Jan 04, 2015 10:47 am
by Christo
Wouter Roets wrote:Gawie

Ek moet met jou saamstem. Ek het die Savage LRP roete gegaan en het nie n enkele ding aan daai geweer verander behalwe om vir hom n Jungle Julian wangstuk op te sit nie. Die geweer skiet n barshou net soos hy daar is. Vir die prys wat ek betaal het sal n mens n hele paar rand ekstra moet uithaal op die Remington en Howa gewere net om hulle op n gelyke vlak te bring. Die geweer spreek in standaard vorm al die meeste van n mens se behoeftes aan en bly n absolute bargian in my oe.

Al waarmee ek met jou gaan verskil is dat daar darem n paar opsies is as dit kom by kalibers vir langafstand skiet en dit nie net beperk is tot die 300 WSM nie.

Groetnis
Wouter
Hier stem ek +1 saam. Ek het 'n 260 wat net dieselfe wangstuk gekry het en hy is beter as my vermoëns op die stadium.

Ek laat bou nou 'n 284Win op Savage aksie (ek hou van/ken die accutrigger) met 'n Savage LRP kolf en Walther loop. Geweer sonder scope en ander dinge (soos ander geweer van rak af) gaan R20-23k kos. Hier lê nou laminated blank wat seker later sal bykom, maar vir nou is dit my "budget" geweer.

Hoekom ek hou by kolf vir nou is omdat amper al die komponente dieselfde gaan "voel" as die 260.

Kan nie wag nie.

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Sun Jan 04, 2015 10:52 am
by Christo
Net nog iets.

Die kompetiesie matrysse, bulk koeëls, bulk primers, bulk kruit ( omdat jy nie weet wanneer jy weer gaan kry van dieselfde soort), Lapua doppe, nuwe "tactical" geweersak, ens. se kostes moet jy ook byreken.

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Sun Jan 04, 2015 11:30 am
by Wouter Roets
Christo

Dit is presies wat ek gese het met my eerste bydra tot hierdie draad. Al daai goedtjies en moet nou nie vergeet van die nek skillertjie, run-out gauge, anneal mashien, micrometers, ens ens wat bykom as jy ernstig begin laai vir langafstand nie. Hierdie goed kan baie maklik en baie gou meer raak as die prys van die roer in die eerste plek. My teleskoop was bv meer as die prys van die roer in my geval. Die goed soos oordentlike ringe, rail, inclometer, bubble level was nog n verdere helfte van die geweer.

Soos ek se "In for a penny, in for a pound!"

Groetnis
Wouter

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Sun Jan 04, 2015 11:30 am
by ruaanb
En dit is n geweer se prys op sy eie

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Sun Jan 04, 2015 12:15 pm
by Wouter Roets
Ludie

Die 6.5 Creedmoor Savage LRP kan ek net so skiet totdat sy loop gaar is. Dit is vir baie mense n redelike groot konsidirasie en wil nie eers begin skiet die dag as hy n nuwe loop eers op het nie. Ek het al gese daar is lope wat makliker skoonmaak, maar in die akkuraadheids departement skort daar net mooi niks.

Die sneller is nie n Jewel nie, maar bring ook sy kant en breek lig en konstand. Ek het nog nie eers gekyk met wat ek hom mee kan vervang nie, maar huidig is die behoefde nie daar nie. Die aksie is baie rigied en met sy unieke trueing slotgesig het ek nie nodig om hom na n geweersmid vir die proses te vat nie. Ek is van die opinie hy kan dalk die mees rigiede een wees tussen die lot wat jy genoem het.

Die detachable magesyn skort daar ook niks mee nie. Hy align die koeel pragtig met die kamer wanneer jy laai so min kans dat jy die koeel gaan skeef druk met die proses. Die gaatjies was true geboor vir die basisse en verleen baie opsies op die gebied. Die kolf pas heel goed net soos hy is en met die wangstuk op kan ek aan n hele paar swakker opsies dink in die departement.

Ja jy kan met die geweer ook n dud koop soos in enige geweer, maar die punt bly staan dat jy met n helse goeie geweer sit wat jy standaard al n hele paar funksies sit wat jy met die ander nog moet doen. Nou vir om en by R20 000 en die moeite en beslommernis van wapensmede wat nie nodig is om hierdie veranderinge by te voeg nie dink ek dit is verseker een van die beter budget gewere daar buite. Nou indien iets jou pla kan jy dit vervang met die verdere voordeel dat ons lanf se premiere wapeninstansie dit vir jou kan doen deur net n oproep te maak.

Groetnis
Wout

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Sun Jan 04, 2015 12:51 pm
by Wouter Roets
Ludie

Ek is eerlik met jou maar ek dink nie jy kan n Howa Varminter in dieselfde klas plaas as Savage LRP nie. My broer het een en ek het nou heelwat met hom te doen gehad. Daar moet heelwat op daai geweer vervang/verbeter word voordat hy by die Savage LRP kom. Ja hy skiet klein groepies op 100m maar dit bly ongelukkig nie daar oor die langer afstande nie. Ek se weer die Savage uit die boks uit is baie kompeterend oor die langer afstande selfs teenoor baie fensie doelgerigte langafstand gewere. Min gewere kan dit dit se vir R20 000 en dan het jy nog die opsie om hom te verbeter indien jy wil.

Groetnis
Wouter

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Sun Jan 04, 2015 1:23 pm
by Fritz
Wat sal gebeur as daar Howa Varminters in .260rem uitkom?

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Sun Jan 04, 2015 1:30 pm
by Fritz
Ludwig wrote:
Fritz Hagen wrote:Wat sal gebeur as daar Howa Varminters in .260rem uitkom?
Hulle sal nie kan voorbly om hulle te maak nie. ;D
My thinking exactly

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Sun Jan 04, 2015 2:11 pm
by Johan JvR
Howa Stainless Varminter
Euro classic kolf
243win, laat Ackley en knaldemper opsit.
Lapua doppe, CCI Magnum primers, Berger 87gr VLD
Self met Devcon gepak, (3cm onder loop ook)
Een van my teleskope afgehaal en op Howatjie vasgebout.
NF 34mm ringe, warne rail

Met hulp van Qload het ek 'n lading geskat en sy eerste paar skote gaan skiet wat halfduim op 100m gegroep het.
Toe het ek die lading gaan finetune na ek die spoed gemeet het en die geweer het snyers op 200m geskiet.

Die jump is om en by 1mm. Ek het nognie tyd gehad om behoorlike ladings uit te werk nie en het gou 50 rondtes gelaai omdat vakansie voor die deur was en die tarentale en wildemakoue vir my gewag het.
Die plan was om die doppe eers te fireform en dan weer ladings te ontwikkel.
Die standard sneller breek steeds oneweredig tussen 3 en 4 pond. Daar was nie tyd om aan hom te karring nie.

Op die plaas het ek jeukerig begin raak en daar het 'n ou padbord rondgele wat hulle 5 jaar gelede vergeet het en nooit kom haal het nie.
Ek en my pa het die teiken gaan opsit op 1000m, Applied Ballistics geraadpleeg, clicks gedraai en voor sononder gaan skiet.
Ek het nie wind of temperatuur in ag geneem nie, mens kon die wind(ligte trek) effens op jou gesig voel.

Skiet 1e skoot, sien wonder bo wonder hoe 'n stoffie in die nat vrystaat 2m bo teiken uitslaan. Kom 10 clicks af en skiet weer.
Ry nader en sien ek het die bord netnet bo raak.

Kom nog 10 clicks af en skiet 4 skote.

Die foto wys die groep, let wel die gat heel links is nie geskiet nie. Hy was daar.

[image]http://i494.photobucket.com/albums/rr307/bolenpoen/P1060063_zpsbba44f24.jpg[/image]

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Sun Jan 04, 2015 4:42 pm
by Wouter Roets
Johan

Baie netjies geskiet en n baie mooi en lekker roer wat jy daar het. Hou ook net ingedagte dat jy met n Ackley kaliber skiet en dit eintlik die rede is vir die prestasie! ;D Manne moet my asb nie verkeerd verstaan nie ek het op die aarde niks teen die Remington of Howa nie. In teendeel stel ook nog altyd die Remington voor as basis vir n raakskiet roer en het ek dit al verskeie kere gese op hierdie forum. Die Howa's verbaas my ook verseker net meer en meer. Ek wou maar ook net my ervaringe met Savage deel, maar ons moet dalk hier ook meer spesifiek wees deur spisifieke modelle te begin noem en nie net n naam nie. n Savage Axis en n LRP is nie dieselfde ding nie en so ook by die ander make.

Ek en Luddie het nou n rekord Watsup gesprek gehad en besef ook nou terdee dat ek dalk n dud gekoop het. ;D :): Dankie Luddie vir die lekker geselsie. Die feit bly staan dat n langafstandgeweer wat meer agter die 600-700m merk gaan kuier n baie doelgerigte instrument is en dat daar min fabrieks gewere is wat dit met reelmaat kan doen behalwe die dud's natuurlik.

Groetnis
Wouter

Re: N "Budget" langafstand geweer opsie.

Posted: Sun Jan 04, 2015 5:19 pm
by Johan JvR
Dankie Wout

Ek besef ek was ook maar vrek gelukkig en sal heelwaarskynlik nie weer maklik so 'n grootte teiken op daardie afstand so vinnig tref nie. Dit was nou regtig blind vlieg.

Maar dit wys ook dat dit gedoen kan word.
As ek daardie dag my stock standard Tikka varminter in 270 gehad het dink ek die groep sou nog beter gelyk het. Sou ek met 'n custom Stiller of iets dergeliks geskiet het ?? Wie weet.
Ek moet byvoeg, dis my 1e keer wat ek 1000m skiet. Ek besit nie eens 'n windmeter nie. So ek is geen ekspert nie.

Om terug te kom na die topic...my idee is koop 'n goeie budget geweer en karring met hom maar kry ordentlike glas.