Page 2 of 4
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Tue Sep 02, 2014 2:38 pm
by Jan Nel
Hercules
Jy het persoonlik baie mooi geskiet, net jammer oor 600m!
Wat is die verskil tussen +3 en +5 met 300m kopskote?
Groete
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Tue Sep 02, 2014 3:58 pm
by Hercules Louw
Ja, ek weet nog steeds nie heeltemal wat verkeerd geloop het by 600m nie, my skote was mis, 300mm regs van waar ek wou wees, in 'n klein groepie met al 3 skote. Ek het dalk net verkeerd gestel of die wind het ongemerk toegeneem terwyl ek begin skiet het.
+5 is wanneer die brein, waarvoor jy mik, getref word.
+3 is wanneer die brein gemis word, maar die skoot val nog in die nekwerwel, m.a.w. dit sal steeds 'n doodskoot wees.
Op enige ander plek in die kop, of om die kop is dit -1.
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Wed Sep 03, 2014 10:12 pm
by Vaalboer
Hi
Die dag was baie lekker. Ons het gemiddeld so 1.5 m/s wind toegelaat van 9uur af. Van die aflossings het ons geen wind toegelaat nie. Mens maak egter maklik (stupid) foute.. ek het bv op 600m regs gestel in plaas van links. Ek blameer maar die nerves...
Ek het geskiet met 243 Ackley met 95 grein Sierra Matchkings. Darm verbeter op laasjaar. Lyk my ek was 5de op die springbok - Hummer span.
Dankie vir die reelings! Mis nie hierdie kompetisie nie!
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Wed Sep 03, 2014 10:13 pm
by Vaalboer
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Thu Sep 04, 2014 3:10 pm
by EdL
Net vir die rekord..so lyk die skywe deur die teleskoop op 400m..vergroting is bietjie afgedraai van die normale 32x af om beter deur die mirage te kan sien.....dink dan net hoe klein is daai ou bokkie op 700m?
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Thu Sep 04, 2014 3:27 pm
by Eugene
Edl, dis nie die klein wat my gepla het nie, dit was die feit dat my springbok geweier het om stil te staan....

Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Thu Sep 04, 2014 3:29 pm
by EdL
Moenie alleen voel nie Eugene, ek het oorweeg om n Valoid te drink om die see-siekte tee te werk...om daai bokkie so deur n swembad se mirage te probeer skiet is nie n man se maat nie...
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Fri Sep 05, 2014 12:07 pm
by Fritz
Manne, dit was pret! Jy het nie 'n cooking clue waar jou skote land totdat jy by jou teiken kom nie. Op 300m sien jy tokkol, nie eers jou inskiet skote op die diamantteiken nie. Ek dink dit was 'n goeie jag simulasie. Ek is een van daai ouens wat met my dunloop jaggeweer daar opgedaag het, en ek voel uiters trots op hoe my die .30-06 gevaar het, al het ek nie naastenby so goed soos die top manne gevaar nie. So verskoon my maar ek gaan my teiken hier plaas. Volgende jaar is ek dalk nie so gelukkig nie. As ek so kyk na hoeveel skuts (wat kan skiet) laag geskiet het, ag ek myself gelukkig dat my hoogtes uitgewerk het.
Ek reken die oorheersende kondisie op die dag was 3-7mph vanaf 9/10h, met gusts tot 10mph en "let downs" tot 0mph. Hy het lekker vinnig van rigting verander en met tye sommer uit 3h gekom. My plan was om te wag dat hy elke keer so 5mph uit 10h waai, maar met die toegelate tyd is dit nie altyd moontlik nie. Mirage was heng kwaai, niemand kon hul inskiet skote op 300m sien nie (ons het wel die teikens besigtig daarna). Ek dink ek het heeltyd op so 12x vergroting geskiet.
Hier is my teiken vir die dag. Skote is gemerk vir elke afstand. My 600m skote is nie op die teiken nie. Ek het 'n omwentelingsfout op my turret gemaak op 600m, ek dink hulle het iewers in Faerie Glen geland. Gelukkig kom ek dit agter voor ons 500m geskiet het. Een ding wat ek geleer het is om altyd terug te draai na jou zero as jy klaar geskiet het, want jy
gaan 'n fout maak.
http://i881.photobucket.com/albums/ac12/fhagen1/SAJLA2014-swb_zps84ecdd4f.jpg
Hercules. Ek moet vir jou krediet gee hierso. Die byeenkoms is regtig uiters goed georganiseerd en ek sal sonder twyfel volgende jaar weer wil deelneem. Jy het ook self baie goed geskiet, well done
By die braai het ek vir jou gesê ek sal niks aan die formaat verander nie, maar daar is wel een stukkie konstruktiewe kritiek as ek mag. Ek voel baie sterk dat ons die kans gegun moet word om op 100m te zero (indien enigsins moontlik). Daar is baie geldige redes hiervoor as mens praat van "first round hits" of jag. Ons is nie Bisley skuts nie. Ons kry nie sighters nie en ons skote word nie gemerk nie. Jy moet 100% seker wees van jou zero. Nou gee hulle jou een kans om op 300m in te skiet. Die invloed in MOA van jou windbepalingsfout en ook die invloed van temperatuur gaan baie groter wees op 300m as 100m, veral as die wind die oggend al klaar aan die waai is. Dit moet sekerlik een van die redes wees hoekom gesoute langafstand skuts wat ballistiek verstaan soos Bryan Litz aanbeveel dat jy jou geweer op kortafstand inskiet. Dan ook op 300m skiet ek nooit kopskote in die veld nie, maar vir die doel van hierdie kompetisie sal ek nie 'n issue maak daarvan nie.
Weereens baie geluk met die suksesvolle aanbieding van die kompetisie. Hou so voort!
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Fri Sep 05, 2014 12:50 pm
by Capt. Yoda
Baie mooi Frtiz. Ek wil ook volgende jaar baie graag die komp skiet
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Fri Sep 05, 2014 12:53 pm
by Fritz
Capt. Oblivious wrote:Ek wil ook volgende jaar baie graag die komp skiet
Jy moet verseker! Mens kan net leer uit die ervaring.
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Fri Sep 05, 2014 3:38 pm
by Koos Barnard
Fritz se teiken is 'n goeie bewys dat jy met 'n gewone jagroer baie goed kan meeding. Die klomp wat altyd so kla hulle kan nie meeding nie (daar is altyd klakouse in enige skietdissipline) omdat hulle nie geld het om aan die equipment race deel te neem is moet maar net by Fritz gaan lesse neem. Wel gedaan mater!
Mooi loop
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Fri Sep 05, 2014 4:11 pm
by Fritz
Dankie oom Koos. Ja dit verstom my elke dag as ek dink hoe vêr die nul kwes my al gevat het. As ek maar net 14 jaar terug geweet het wat ek nou weet. So leer mens.
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Tue Sep 30, 2014 11:10 am
by swc-tr
Koos Barnard wrote:Fritz se teiken is 'n goeie bewys dat jy met 'n gewone jagroer baie goed kan meeding. Die klomp wat altyd so kla hulle kan nie meeding nie (daar is altyd klakouse in enige skietdissipline) omdat hulle nie geld het om aan die equipment race deel te neem is moet maar net by Fritz gaan lesse neem. Wel gedaan mater!
Mooi loop
Baie waar woorde Koos.
Hierdie jaar se wenners, Dr Alewyn Conradie en Elardus de Lang, het ook deelgeneem aan NW Bisley se Super League in die jagters kategorie, (Fritz en Eugene ook.) hulle skryf hulle goeie prestasie gedeeltelik daaraan toe, teenoor verlede jaar waar hulle 2de laaste was.
SAJWV LR Wenners 2014.jpg
Hiermee dus 'n ope uitnodiging aan alle voornemende langafstand jagters, kom oefen met jul jaggewere saam die Bisley F-klas manne, die kennis en ondervinding wat daar gekry kan word, sal baie help met bg tipe kompetisies.
(Dankie vir die geleentheid om bietjie bemarking te mag doen van ons ander skietsporte.

)
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Tue Sep 30, 2014 11:22 am
by Eugene
Schalk, ek sal baie graag meer wil gaan skiet en oefen saam met die Bisley manne in Potch. Ek het al my kontakbesonderhede vir Tielman (dink ek...) per e-pos gestuur, maar nog geen terugvoering gekry daar nie... Hoe maak ek om te weet wanneer die manne skiet en oefen en so aan?
Ek sal elke keer vol betaal en gehoor gee aan al hulle reels en dinge, maar wil net op my eie saamskiet en nie kompeterend of so nie? Miskien eendag as ek geleer het om raak te skiet!
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Tue Sep 30, 2014 11:26 am
by swc-tr
Eugene, sover ek weet vergader hulle hierdie naweek om volgende jaar se datums vas te maak.
Ek sal by Tielman uitvind en dit vir jou laat kry.
Spring by die diepkant in, skiet saam, niemand gaan vir jou lag nie. Onthou, almal van hulle het ook moes leer kruip voor hulle kon loop of hardloop.
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Tue Sep 30, 2014 11:32 am
by Capt. Yoda
Schalk, hoe maak ek om ook die datums en relings en al daai te kry?
Groete
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Tue Sep 30, 2014 11:40 am
by swc-tr
Capt. Oblivious wrote:Schalk, hoe maak ek om ook die datums en relings en al daai te kry?
Groete
Die maklikste, sluit aan by jou naaste Bisley klub.
PM my, dan gee ek jou die besonderhede.
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Tue Sep 30, 2014 12:48 pm
by Fritz
Eugene wrote:Schalk, ek sal baie graag meer wil gaan skiet en oefen saam met die Bisley manne in Potch. Ek het al my kontakbesonderhede vir Tielman (dink ek...) per e-pos gestuur, maar nog geen terugvoering gekry daar nie... Hoe maak ek om te weet wanneer die manne skiet en oefen en so aan?
Ek sal elke keer vol betaal en gehoor gee aan al hulle reels en dinge, maar wil net op my eie saamskiet en nie kompeterend of so nie? Miskien eendag as ek geleer het om raak te skiet!
Ek het my en jou details vir Johan du Toit en Tielman gegee. Blybaar wil hulle nog so een of twee Hunter kompetisies hou voor die einde van die jaar. Die groot ding is maar net om hulle die Maandag voor die skiet te laat weet dat jy wil kom sodat hulle genoeg teikens en merkers kan reel.
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Wed Oct 01, 2014 7:32 am
by EdL
More Manne,
Vir diegene wat meer inligting rondom Superleague wil hê, gaan gerus na die volgende link toe vir reels, uitslae, ens.:
http://www.superleaguesa.com/
Dit is regtig een van die lekkerste skiet kompetisies die en gee jou ook die kans om jou geweer se treë so n bietjie te rek en op langer afstande te kan skiet. Omdat jou skote ''gemerk'' word van skoot na skoot kry jy dus onmiddelikke terugvoering oor enige verandering in kondisies wat jy dalk gemis het - en so leer n mens kondisies lees.
En moenie dink dat die geweer wat daar in jou kluis lê nie die mas gaan opkom vir een of ander rede nie....by een van die rondtes van die Super league het ek saam met n man in die span geskiet met n doodgewone 243 jaggeweer met 85gr Sierra gamekings...hy het skoot vir skoot bygebly tot op 700....
Ek en Alewyn het maar net toegepas wat ons by Super league geleer het en was bevoorreg genoeg om die SA jagters se LR kompetisie te kon wen - daar is nie n beter leerskool nie.
So manne, haal daai roere uit die kluise uit en kom speel saam by Super League, julle sal nie spyt wees nie!
Skiet groete
Elardus
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Wed Oct 01, 2014 4:26 pm
by Fritz
Hi Elardus. Jy kom nie dalk oorspronklik van Klerksdorp af nie?
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Thu Oct 02, 2014 7:14 am
by EdL
Hi Fritz,
Inderdaad so ja.....ek sien jy is ook n Klerksdorper...
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Fri Oct 03, 2014 1:19 pm
by EdL
Middag manne,
Tielman het gereel dat ons 8 November n afsluitings skiet gaan hê op Potch vir die Super League vir die jaar. Die ampelikke Super League is reeds verby so dit sal die idealle geleentheid wees vir enige belangstellendes om bietjie te kom saam skiet en vertroud te raak met die skietformaat (en natuurlik gaan die gogga byt en dan word die slapies getel tot die volgende geleentheid). Sodoende kan almal reg wees vir die aptelikke skiette van volgende jaar.
Die kompetisie strek oor 300, 500, 600 en 700 tree met 5 tel skote en 2 ''sighters'' per afstand.
Ons gaan ook n lekker bring en braai na afloop van die skiet hê om bietjie gesellig te verkeer en die wereld se ballistiese probleme oor n vleisie op te los.
Daar is darem n hele paar naweke voor dan om alles uit te sorteer indien nodig. Ons sien uit om so veel as moontlik manne op die baan te kan hê. Meeste vann ons sit met n' Ferrari in die kluis maar ons ry hulle net teen 60km/h op kort afstande. Bring daai sportskar en rek sy tree op die highway.. ;-)...julle sal nie een oomblik spyt wees nie....
Dalk kan ons Hercules se arm ook draai en meer as een SA Jagters lang afstand skiet reel volgende jaar as ons hom bombardeer met inskrywings, of hoe Hercules? :-)
Groete
Elardus
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Fri Oct 03, 2014 1:25 pm
by swc-tr
Elardus, daardie datum is ook die MP langafstand gong skiet op Middelburg, wat baie manne reeds voor commit het.
Vir Hercules, ons kan 'n langafstand jag skiet hou volgende jaar op Doornkop skietbaan buite Middelburg, as daar nie genoeg geskikte datums op Piet Joubert is nie.
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Fri Oct 03, 2014 2:30 pm
by DWB
EdL wrote:Hi Fritz,
Inderdaad so ja.....ek sien jy is ook n Bokslagter

...
Re: Safari & Outdoor SA Jagters Langafstand skietkompetisie
Posted: Fri Oct 03, 2014 2:55 pm
by Fritz
DWB wrote:EdL wrote:Hi Fritz,
Inderdaad so ja.....ek sien jy is ook n Bokslagter

...
Ja daai ene sal maar net nooit verdwyn nie.