Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ockert1992 wrote:Gawie ek sien op S&O se website daardie model wat jy gekoop het kos R4400. Lyk my dis die 10x42 model wat R4700 kos.
Jy is heeltemal korrek.
Uit my vorige skrywe kon jy seker aflei dat my brein afgeskakel het toe ek die verkyker vashou en toe vroutjie begin om onnodige vra te vra het die "veg of vlug" instink ingeskop en het ek gat-skoon -gemaak.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Ek het toe op die einde besluit op 'n leupold mckenzie 8x42. Gaan hom volg week gou optel en dan hopelik kry hy volgende naweek 'n springbokke in die oë.
Geluk Ockert.
Lyk my jy het 'n baie goeie kopie gemaak as ek so op die internet loer.
Geniet hom en onthou om die bok te skiet en nie net te bewonder deur daai nuwe glase nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Gawie dankie! Ja nee ek dink ook dis waarde vir geld, maar sal sien hoe hy hom op die lang duur gedra. Nee my senuwees sal dit nie hou, ek sal maar vroeg genoeg agter die roer inskuif.
Het gister my Leupold BX-1 Mckenzie verkyker gekry. Met wat ek gesien het is ek heel impress. Sy prys is ook goed. Sal hom die naweek behoorlik bietjie toets.
Frederik wrote:+100 vir dier Nikon Monrach 10x42 dit het gehelp om baie bokke in swak lig en ruigte bos te kan skat van trofees ek is al op my tweede een.
Het so een en hy werk great. Nou nie 'n Swaro of Zeiss nie, maar hy werk.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.