Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Nee Dawie ek dink hulle het 'n morele beswaar teen die veelwywery waartoe skaap boere hul kuddes dwing. Hierdie ouens wil seker nou baklei teen die onderdrukking van die ooie wat op hierdie plase plaasvind. Boere moet dus onmiddelik toesien dat elke ooi 'n ram kry en verkeislik moet elke paartjie op hul eie kamp he waar hul vry kan wees en hul regte nie misken kan word nie. Volgende stap sal dan wees dat skape se regte misken word as hulle geslag word en dat geen skaap geslag mag word sonder sy persoonlike toestemming nie. Daar sal 'n standaard dokument moet opgetrek word wat dan deur die skaap onderteken moet word alvorens hy of sy slagpale toe geneem mag word. Daar sal natuurlik spesiale offisiere aangestel moet word om te verseker dat die dokumente nie vervals of onder dwang geteken is nie.