Page 2 of 2

Re: Hier is nou iets lekker vir manne met die platskieters

Posted: Mon Jul 28, 2014 8:44 am
by Capt. Yoda
Baie geluk Oom Piet.Is dam lekker as n man kan skiet !

Re: Hier is nou iets lekker vir manne met die platskieters

Posted: Mon Jul 28, 2014 9:24 am
by Hercules Louw
Manne, dit was 'n lekker kompetisie, lekker koud en 'n lekker wind.
Craig, baie dankie vir die reël van die skietdag en die reuse borgskap, dit was voorwaar 'n sukses.
Baie geluk aan Johannes Schoeman en sy span wat gewen het deur slegs 22 gonge uit 'n moontlike 120 mis te skiet. Geluk ook aan Piet en sy span wat tweede gekom het en net 28 gonge gemis het.

Ons span het 3de gekom (30 gonge gemis) en ons is ook vandag elk die trotse eienaar van 'n nuwe Duitsland vervaardigde Zeis Conquest DL 3-12x50 teleskoop. Die teleskoop is besonder helder en dit behoort 'n uitstekende algemene jag en nagskiet teleskoop te wees. Baie dankie Zeis.

Ons span het bestaan uit:
Flippie van Tonder
Hercules Louw
Derek Wade
Deon de Villiers.

Flippie skiet met 'n 22 Middelstead (.224 cal op 243 dop), 75gr A-Max, Nightforce 8-32 NSX teleskoop. Flippie het eers die oggend van die skiet vanaf Duitsland geland en is reguit van die lughawe na die kompetisie toe.

Ek en Deon het met 25-06 gewere geskiet, ek met 85gr Nosler BT en Deon met 90gr Sierra BK. Ek het 'n Lynx 2.5-15x50 met SA Jagters kruisdraad gebruik en Deon 'n Leopold VariXIII 6.5-20x40 met varmint reticle. Ons het beide ons teleskope op 300m op die hoofkruis ingestel en dan het die volgende afmik kruise presies op 400m en 500m gepas teen maksimum vergroting. Die wind afmik merkies het vir my kombinasie ook presies op 5mph en 10mph uitgewerk.

Derek wat vir die eerste keer in sy lewe aan 'n veldskiet deelgeneem het, het met 'n 6mm Bayete en 107gr Sierra MK's geskiet. Hy gebruik 'n Nightforce BR teleskoop. Derek het besonder goed geskiet en die skote wat hy aanvanklik gemis het was te wydte daaraan dat ons nie sy krommer trajek (3050ft/s) behoorlik in ag geneem het toe ons hom dieselfde afmik advies gegee het wat van toepassing is op ons platter trajekte wat almal bo 3500ft/s was.

Piet, ons het nie die afstande vir mekaar tydens die kompetisie met 'n +50m waarde geskree nie. Die kompetisie is moeilik genoeg en jy moet jou varkies bymekaar hou sodat jyself nie 'n fout maak nie, wat nog te sê om 'n ander span te probeer mislei. As julle op die verste gong (432m) 'n ander waarde gebruik het as die "net verder as 400m" wat ons vir Deon geskree het, dan moes julle die betrokke gong gemis het.

Re: Hier is nou iets lekker vir manne met die platskieters

Posted: Mon Jul 28, 2014 11:36 am
by Reggie Gerber
Lyk my julle manne het vet pret gehad. Geluk aan al die wenners.

Re: Hier is nou iets lekker vir manne met die platskieters

Posted: Mon Jul 28, 2014 12:33 pm
by Deon de Villiers
Wel gedaan aan almal wat deel was daarvan. Dit was besonder lekker.

Piet, ons sal volgende jaar amptelik inskryf as die "Fifty Plussers". Dit verwys nou na ons afstandskat en nie na ons ouderdomme nie.

Interessant genoeg het ons wel n afstandfout gemaak op die naaste gong van die dag (kort baan waar ons oor die klippe moes skiet)- ons het gedink dit was onder 100m terwyl dit toe 153m was. Gelukkig is dit nie krieties op die afstande nie. Wys net hou jou oe jou kan bedrieg. Dit was in die bosse voor 'n amper lodregte krans. Van die ander gongs vas op die krans.

Die eerste gong op die baan het net halflyf bo 'n klip uitgesteek. Dus moes ons vir die klip mik om die halve gong daarbo raak te skiet (teiken op 200m met 'n 300m setting)!

375fanatic - a gong is a round armour steel plate, 200mm across, painted white, hanging on a rubber belt. A hit results in a sound (gong) and a swing - for everybody to see!

Re: Hier is nou iets lekker vir manne met die platskieters

Posted: Mon Jul 28, 2014 12:58 pm
by Piet Breedt
Ja Hercules en Deon, en my naam is Piet Pompies

Re: Hier is nou iets lekker vir manne met die platskieters

Posted: Mon Jul 28, 2014 1:57 pm
by Armand9
Baie goed geskiet manne. Net n vragie van my kant. Ek neem aan die gongs is ewe groot op die verskillende afstande. Gebruik julle dan jul scopes se kruishare om afstande te bepaal? Mag jul wind meters gebruik? Lyk nie vir my maklik nie maar kan n verslawende skiet raak.

Re: Hier is nou iets lekker vir manne met die platskieters

Posted: Mon Jul 28, 2014 2:43 pm
by Piet Breedt
Armand, geen windmeters of rangefinders, of rangefinding scopes soos die Burris Eliminators word toegelaat. Afstande en wind sterkte moet geskat word.

Jy mag wel n gong skat deer jou scope drade te gebruik. Dit is hoekom meeste van ons met n kruishaar soos n krismisboom skiet.

Al die gongs is 200mm in groote.

Re: Hier is nou iets lekker vir manne met die platskieters

Posted: Mon Jul 28, 2014 4:07 pm
by Armand9
Bakgat! Dit wil gedoen wees. Die man wat eerste skiet van die span op daai 400m gong is dan seker die proefkonyn. Hy moet dan roep afhangende of hy hoog of laag geskiet het of die afstand reg geskat is. Dis nou as jy stof kan sien! Hier moet jy jou scope en geweer goed ken!

Re: Hier is nou iets lekker vir manne met die platskieters

Posted: Mon Jul 28, 2014 6:21 pm
by Johannes Schoeman
Jip , stem saam oom Piet. Sekker die lekkerste skiet wat ek al geskiet het. Baie goed gereel .Dankie Craig en jou Zeiss span.Ons span het n geheime wapen gehaad..... n Duitse wind meter !!! Rob Fortmann. Met meer as 100 000 skote uit R4 s is hy die wind se baas. Ek en Rob skiet al van 2006 saam in Natal span . Jacoos en Jasson het ook baie goed geskiet. Ek het 3 gongs vir dag gemis . kon net nie daai ver gongs by kom ... Wel

Re: Hier is nou iets lekker vir manne met die platskieters

Posted: Mon Jul 28, 2014 7:38 pm
by Hein22
Johannes Schoeman wrote:Ek het 3 gongs vir dag gemis .
Skaam jou!!

Grap sommer net, dit wil gedoen word. Baie baie goed.

Re: Hier is nou iets lekker vir manne met die platskieters

Posted: Mon Jul 28, 2014 7:44 pm
by douw
Baie goed gedoen manne!

Re: Hier is nou iets lekker vir manne met die platskieters

Posted: Mon Jul 28, 2014 9:38 pm
by vanderlindedj
Goeie Naand almal.

Dit was my eerste gong skietdag en was baie lekker. Ek het ook die voorreg gehad om heledag net na Oom Piet hul te skiet en ek het baie geleer! Ekt ook my Vortex Viper SPT 6-24x50 met EBR-1 (MRAD) rectile baie geniet, afstande baie lekker gelees met kruishaar.
Ek hoop regtig die skietdag is weer volgende jaar!

Lekker aand.

Re: Hier is nou iets lekker vir manne met die platskieters

Posted: Mon Jul 28, 2014 10:10 pm
by Piet Breedt
Johannes, baie mooi geskiet..respekte.

Ons gaan volgende jaar as die "Kraaigeweer span" inskryf. Ons .22 250's het die ver gonge lekker bygekom in die wind.