Page 2 of 3
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 12:30 pm
by Fritz
Nee dan klink dit vir my goed Wynand. Dink dit behoort baie goeie geweer te wees wat veral vir 'n skut soos jy baie plesier gaan verskaf.
Groete
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 12:32 pm
by Rudi Fischer
So dis waar al die stock heen is
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 12:55 pm
by maxboostsa1
Fritz Hagen wrote:Nee dan klink dit vir my goed Wynand. Dink dit behoort baie goeie geweer te wees wat veral vir 'n skut soos jy baie plesier gaan verskaf.
Groete
Heyyyy wat probeer jy se.... Dat ek swak skiet?

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 12:57 pm
by Fritz
Nee juis nie.

Dat jy goed skiet en dat jy die geweer tot sy potensiaal sal laat kom.
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 1:15 pm
by Wouter Roets
Hallo Wynand
Wat sal jy se maak die 6.55x55 n beter keuse as n 6.5x55 Ackley? Beskou sommer hierdie as n moontlike toekomstige vraag wat jy dalk om die kampvuur gevra kan word.
Ek sien redelike probleme met n 6.5 Creedmoor reamer wat 7mm dieper in n loop ingedruk word om die spesifieke kaliber te vorm.
Groetnis
Wouter
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 1:35 pm
by VdWalt
Wouter Roets wrote:Hallo Wynand
Wat sal jy se maak die 6.55x55 n beter keuse as n 6.5x55 Ackley?

Wouter!!! Net as ek vrede gemaak het met die feit dat my 6.5
net 'n gewone x55 gaan bly dan kom krap jy al die ou wonde oop!!
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 2:02 pm
by Pvdw
As hy dit nie in een dag regkry nie boek ek en die jong blond maar by ’n hotel in.
Hoop die geweer skiet mooi masr as ek so lees hoop ek vir jou part dit vat meer as 1 dag

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 2:04 pm
by maxboostsa1
Wouter Roets wrote:Hallo Wynand
Wat sal jy se maak die 6.55x55 n beter keuse as n 6.5x55 Ackley? Beskou sommer hierdie as n moontlike toekomstige vraag wat jy dalk om die kampvuur gevra kan word.
Ek sien redelike probleme met n 6.5 Creedmoor reamer wat 7mm dieper in n loop ingedruk word om die spesifieke kaliber te vorm.
Groetnis
Wouter
Wouter ek kan jou eerlik nie se watter een van die twee is die beter een nie, soos ek reeds gesê het, het ek ’n 6.5x55 gesoek wat die keel het vir ’n 142MK. Ek het baie gelees oor die 6.5x55 en ek dink nie ek weet van een persoon wat nie gelukkig is met hom nie. Die een gaan egter nou ’n 6.5x55 wees met ’n 30grade skouer, nou ek weet nie regtig of dit beter of slegter is nie... al voordeel kan wees dat die brass vloei minder is en die volume meer is, is dit beter of slegter as die gewone 6.5x55 dit weet ek nie....maar glo my ek gaan binnekort weet. Nadeel is natuurlik fire form van die doppe en dan FL. Die
Kan jy my dalk sê?
Ek is ook 100% seker die kamer is nie met n 6.5 Creedmoor gesny nie!
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 2:06 pm
by maxboostsa1
Pvdw wrote: As hy dit nie in een dag regkry nie boek ek en die jong blond maar by ’n hotel in.
Hoop die geweer skiet mooi masr as ek so lees hoop ek vir jou part dit vat meer as 1 dag

HHAHHAAHa

Ek ook...
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 2:20 pm
by Fritz
So dit is basies 'n 6.5x55 Improved 30deg.
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 2:34 pm
by maxboostsa1
Fritz Hagen wrote:So dit is basies 'n 6.5x55 Improved 30deg.
Ja dis presies dit
skouer is verander van 25 grade na 30 grade
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 2:45 pm
by Arnold
Ek moet eerlik sê dat 'n 6.5x55 Improved baie beter klink as 'n 6.5x55 Creedmoor en my baie meer op my gemak sal laat voel. 'n 6.5x55 Creedmoor klink soos 'n kruising wat in iemand se garage gebeur het ... en daar was drank betrokke ... en nou wil niemand verantwoordelikheid vat nie

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 2:54 pm
by maxboostsa1
Arnold wrote:Ek moet eerlik sê dat 'n 6.5x55 Improved baie beter klink as 'n 6.5x55 Creedmoor en my baie meer op my gemak sal laat voel. 'n 6.5x55 Creedmoor klink soos 'n kruising wat in iemand se garage gebeur het ... en daar was drank betrokke ... en nou wil niemand verantwoordelikheid vat nie


Arnold jy moenie spot nie.... Die geweer is die oorsaak dat ek wakker le saans en ek weet nie meer of dit is a.g.v. opgewondenheid of stress nie.
Ek like dit om alles anders te doen as die ander mense so as ek skoolgeld betaal op die een is dit maar so.
Andre het my gebel 1 uur en gesê die geweer is aanmekaar toe gee ek hom nog werk nou strip hulle hom maar weer.

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 3:10 pm
by Arnold
Ek hou ook van anders, maar het besluit op nie soveel anders toe ek my 260 Ackley laat bou het nie. Die 30 grade skouers sou maak dat ek duur dies moes laat maak en ek was nie lus daarvoor nie en besluit toe maar op die 40 grade skouers.
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 3:16 pm
by maxboostsa1
https://www.safariandoutdoor.co.za/subc ... y_improved
40 grade is klaar duur.....ek soek duurder en meer problem anders is dit boringgggg...hahha
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 3:20 pm
by Fritz
Dink nie daai is bushing dies, of net BAIE ou stock! Redding Improved bushing dies kos jou seker R3500-R4000 saam jou bushings. Kannie dink dat 'n custom Whidden wat $270 kos veel meer gaan wees nie of hoe werk die import tax?
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 3:28 pm
by maxboostsa1
Fritz Hagen wrote:Dink nie daai is bushing dies, of net BAIE ou stock! Redding Improved bushing dies kos jou seker R3500-R4000 saam jou bushings. Kannie dink dat 'n custom Whidden wat $270 kos veel meer gaan wees nie of hoe werk die import tax?
Ek worry nie wat dit kos nie...as ek dit moet laat maak dan doen ek dit!
Ek kan nie die hele pojek aanpak en dan op die laaste bang raak nie.
Ek weet net een ding..... ek kan nie wag om die NF op te sit en te skiet nie..
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 3:31 pm
by Fritz
Ek neem aan die taper van die wande is ook verminder? Of nie?
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 3:32 pm
by Fritz
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 3:33 pm
by maxboostsa1
Fritz Hagen wrote:Ek neem aan die taper van die wande is ook verminder? Of nie?
Sover ek weet ja, moet my nie die presiese specs vra nie want ek het dit nie.....sal alles kry as ek die geweer gaan haal.
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Wed May 21, 2014 4:02 pm
by Fritz
Elke ou het sy eie manier. Al wat ek weet is Andre skiet al sy gewere self, en sal nie vir jou 'n gun gee wat nie 0.5MOA kan doen nie.
Kry daai specs en hou dit, eendag wil jy die geweer herkamer of nuwe loop opsit en dan is daardie reamer weg!!
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Thu May 22, 2014 11:53 am
by Sangoma (IAN)
En? Is hy reg? Fotos!!!
Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Thu May 22, 2014 12:44 pm
by maxboostsa1
Sangoma wrote:En? Is hy reg? Fotos!!!
Ek wennnnssss..... Ek wag geduldig... As hy bel is dit 260km se ry om hom te gaan haal ook. En nog erger....260km terug voor ek kan skiet!

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Thu May 22, 2014 1:55 pm
by Fritz
maxboostsa1 wrote:Sangoma wrote:En? Is hy reg? Fotos!!!
Ek wennnnssss..... Ek wag geduldig... As hy bel is dit 260km se ry om hom te gaan haal ook. En nog erger....260km terug voor ek kan skiet!

En dan eers loop inskiet

Re: 6.5x55 Creedmoor Mojet
Posted: Thu May 22, 2014 2:02 pm
by Fritz
Sangoma wrote:En? Is hy reg? Fotos!!!
Hy gaan seker soos meeste Mojet gewere lyk met GRS kolf, of hoe Wynand?
http://i881.photobucket.com/albums/ac12/fhagen1/Mobile%20Uploads/EF652266-CD55-430B-B73A-78506C117C29_zpscphb4dxw.jpg
Natuurlik rond die NF die pakkie mooi af.