Page 2 of 2
Re: Molly coated
Posted: Mon Jan 17, 2011 9:59 am
by JACQUES BOTHA
jagemeister:
AFGEHANDEL
Wat van n 308 storie?
Jacques
Re: Molly coated
Posted: Mon Jan 17, 2011 10:03 am
by JOHANNIC
Jacques
Dis nie 308 nie dis 308 win, ASB praat reg man

anders kan jy dalk 6 van die bestes kry hier is n onderwyser aan diens

Groete johan
Re: Molly coated
Posted: Mon Jan 17, 2011 10:09 am
by Jeagermeister
JACQUES BOTHA wrote:
jagemeister:
AFGEHANDEL
Wat van n 308 storie?
Jacques
Dankie Jacques,
Die enigste .308 wat ek op my naam het en waarvan ek iets kan deel is 'n bruin geweer.. hy vat so 'n bilk magasyn wat 20 van daai .308 pyle huisves en skiet soos 'n droom... is my pride en joy, en die manne hier wat hom kenweet ek is heiliger op hom as my Sauer 200!!
Jagermeister
Re: Molly coated
Posted: Mon Jan 17, 2011 10:34 am
by Gerard
Riempies, jou oog vir detail is swak, ek hoop jy gee meer aandag aan jou herlaaiwerk. Dit is egter merkbaar dat die manne allerhande slimstories begin wanneer hulle nie logiese debat kan bring nie. Dit is 'n kwaal wat dikwels kop uitsteek: Speel die man en nie die bal nie.
Re: Molly coated
Posted: Mon Jan 17, 2011 11:03 am
by RIEMPIES
Ag jong die oom herlaai sommer uit die heup uit op my ouderdom weet ons nie meer veel nie veral nie die fyn ou goedjies nie.
cheers vir die man
Re: Molly coated
Posted: Mon Jan 17, 2011 11:14 am
by Wouter Roets
Gerhard
Het jy al gehoor van Pafloff en sy honne? As n mens vir hulle die bal gooi kan hulle maar nou net nie anders as om hom te jaag nie!
Sorry manne! Ek het vermoed ek gaan nou weer n ding begin en is nou bitter spyt daaroor!
Re: Molly coated
Posted: Mon Jan 17, 2011 11:40 am
by JACQUES BOTHA
GERAD.
eK DINK VERSEKER ONS HTE JOU KUNDIGHEID RONDOM KOELE HIER NODIG, DAARS BAIE WAT ONS BY JOU KAN LEER EN ONS AS HERLAAIERS PLYT SKULDIG.
VERGEET DIE GROEIENDE TAAL WAT EK WOU SE IS ONS GEBRUIK MEER AS EEN WOORD VERKEERD.
jy pasie met die rgte terminologioe is reg, hou dit so.
Verduidelik vir ons meer oor mly asb. IS moly "corrosive al dan nie";
Dit blyk nie akkuraatheid verbeter nie, ook nie spoed nie,
Dit blyk of moly nie eweredig deur die loop versprei nie omdat dit op gebande en nie gebande koele op die koel vassit en dit net logies is dat die geweer groewe dieper sny as wat ons moly kan opsit en daardeur meer moly agter in die loop deponeer as voor by die punt van die loop.
Help my as onkundige reg wat nie daaarvan hou dat sy hande vuilword om moly koele te laai nie, maar wel duisende al deur my loop geskiet het( skuus nie my loop )nie, my roer se loop .
Beteken moly meer voordele as nadele?
Sal die h20 wat moly aantrek eers n effek he as jy meer as 20 000 skote geskiet het en dus buite rekeing gelaat mag word, (die corrosive gedeelte kom van die PARSEC groep en nie my mening nie).
Laat waai pappegaai, ek luister graag
Jacques Botha
Re: Molly coated
Posted: Mon Jan 17, 2011 11:44 am
by Boesman
So wat gaan gebeur as Gerard sy terminologie verander en manne met die regte terminologie lees dit? CHAOS.
Ek wil asb. nie moly op my doppies he nie, en ook nie net op koeels wat ek skiet se punte nie.
Nie een van ons kan stry dat dit verwarring veroorsaak as ons nie die regte woorde gebruik nie, en dan wanneer gewere seerkry of bakkies stukkend agter kwesbokke aanhop, gee ons die arme Murphy skuld.
In ons wereld van gewere en ammunisie (en moly) behoort ons in elk geval pynlik akkuraat te wees.
Lekker laai en skiet. Of is dit nou 'herlaai'?
ns. Stel ook belang in Jacques se vrae?
Re: Molly coated
Posted: Mon Jan 17, 2011 11:46 am
by Gerard
As n mens vir hulle die bal gooi kan hulle maar nou net nie anders as om hom te jaag nie!
Siende dat ek nou 'n onderwyser geword het gee ek 10 uit 10 vir Sin Vir Humor.

Re: Molly coated
Posted: Mon Jan 17, 2011 11:55 am
by JACQUES BOTHA
Riempies my unsteling oom na OOM TaKOESA wat redelik stil geword het (dis seker na die reen dat hy besig is)
Onthou om die bril op die PUNT van die NEUS te sit asb anders is die FOKUS uit....of is dit dalk dan het jy n PARAlAKS fout.
Hoe lyk dit oom Jys ien nie kans om die gesin weer bietjie uit te brei nie?
Groete
Jacques Botha
Re: Molly coated
Posted: Mon Jan 17, 2011 1:47 pm
by RIEMPIES
Klein Boet Jaques wil jy nou he die oom moet nou weer trou op die ouderdom? Dit sal my agste vrou wees en die loop is nie meer so lekker nie.
Groete oom riempies
Re: Molly coated
Posted: Mon Jan 17, 2011 2:27 pm
by Wouter Roets
Riempies
Othou n goeie gehalte loop kan soms die tekorkominge van n moee koeel verbloem!!!!!!!

Kan self die punt van die koeel mooi reguit laat staan!!!!
Groete
Wout
PS Min dinge wat n persoon so opgewonde kan maak as n nuwe loop!
Re: Molly coated
Posted: Mon Jan 17, 2011 4:18 pm
by James Wilson
ek wou nog n vraag gevra het oor molly coated maar hou nou eerder my bek

Re: Molly coated
Posted: Mon Jan 17, 2011 8:13 pm
by Hein M.
Jagbehep! wrote:
ek wou nog n vraag gevra het oor molly coated maar hou nou eerder my bek
Ja. Somaliese seerowers het hierdie post beetgehad. Jammer vir die paar skote wat ek geskiet het
Hein M
Re: Molly coated
Posted: Mon Jan 17, 2011 10:59 pm
by fanie17
Ek het nou amper gese BLIKSIM
Re: Molly coated
Posted: Mon Jan 17, 2011 11:13 pm
by Gerard
Ek het raad vir Hein M en Jagbehep: Kweek dikker velle. Leer om hartaanvalle en maagsere te gee, nie te kry nie.
Op die onderwerp van moly (MoS2):
Daar is baie ouvroustories en wilde aansprake wat gemaak word. Baie daarvan is vals en sommige daarvan is waar.
Wanneer moly reg gedoen word, het dit geen negatiewe effekte nie, net voordele.
Swak gehalte (lae graad, minder beter gerafineerde) MoS2 bevat onsuiwerhede. Die onsuiwerhede het nie die goeie eienskappe van moly nie en ontbrand teen baie laer temperature as moly. Dit vorm dan oksiede wat water absorbeer (dit is higroskopies) en die resultaat is 'n lae konsentrasie swaelsuur. Swaelsuur in selfs 'n vlekvrye staal loop is nie goed nie en in 'n chroom molibdeen staal loop is dit 'n treinsmash. Goeie gehalte moly kos tussen R900.00 en R1100.00 per kilogram. Oordeel self, na gelang van wat jy betaal vir jou "moly kit", of dit 'n goeie graad moly bevat.
MoS2 is 'n metaal en dien as 'n smeermiddel. Soos met alle smeermiddels moet daar net genoeg gebruik word. Dit wat oortollig is, sal ?rens moeilikheid maak. Dus moet die minimum, wat nodig is, aangewend word.
Die aanwendingmetode moet die MoS2 aggressief aan die basismetaal bind. As dit nie gedoen word nie, kom dit maklik af en doen nie die smeerwerk effektief nie.
'n MoS2 deklaag wat reg gedoen is, is minder as 2 mikron dik. Die hoogte van 'n rif, vanaf die bodem van 'n groef in 'n geweerloop, wissel van 65 mikron tot 130 mikron. 'n Mikron is een duisendste van 'n millimeter.
MoS2 kan nie akkuraatheid verbeter nie en dit kan nie BC verbeter nie. Dit kan spoed beinvloed want dit is 'n smeermiddel. MoS2 veroorsaak dat die koe?l se graveerdruk verlaag want dit glip makliker in die loop in. Die druk verlaag dus en spoed neem af.
(Tersyde, doen 'n proef: Laai twee verskillende soorte koe?ls van dieselfde gewig met dieselfde lading. Maak seker dat die dopvolume, met die koe?l in die dop geset, identies is tussen die twee. Skiet hulle en meet die spoed. Die koe?l wat die vinnigste loop het die hoogste graveerdruk.)
As hande uitermate vuil word met die hantering van moly koe?ls, is daar te veel moly aangewend of die hegting van moly aan die koe?l is swak. Dit behoort taamlik moeilik te wees om die moly af te vryf maar dit sal afkom as mens genoeg probeer. Moly word maklik van staal af verwyder met duco thinner, M98 en verskeie ander skoonmaakmiddels.
Moet asseblief nie die MoS2 deklaag probeer se?l met waks nie. Wanneer waks oksideer, vorm dit produkte wat in die loop neerslaan wat amper onmoontlik is om te verwyder.
Re: Molly coated
Posted: Tue Jan 18, 2011 10:59 am
by James Wilson
Gerard wrote:
Ek het raad vir Hein M en Jagbehep: Kweek dikker velle. Leer om hartaanvalle en maagsere te gee, nie te kry nie.
aag ou gerhard, bly in jou baan, alles gaan nie oor jou nie.

ek het sommer die inligting wat ek wou he op wiki gekry. ek sien so elke nou en dan dan wil die site net soos gunsite sa word.

Re: Molly coated
Posted: Tue Jan 18, 2011 12:05 pm
by Gerard
ek wou nog n vraag gevra het oor molly coated maar hou nou eerder my bek
Shame, ek dag ek help jou met jou vloermoer en daar gooi jy al jou speelgoed uit jou bababedjie uit. Jammer man, maar ek het goed bedoel toe ek ges? het dit sal help as jy 'n dikker vel kweek.
Re: Molly coated
Posted: Tue Jan 18, 2011 12:37 pm
by Stefan764
Gerard wrote:
... en daar gooi jy al jou speelgoed uit jou bababedjie uit...
Sjoe...
Oom Gerard, net so terloops. Ek sien Safari and Outdoor praat ook van PUNTE op hulle website, dalk moet oom maar so vermaningkie diekantoe ook stuur. Netnou raak al die gereelde kliente deurmekaar na al die reghelp op die forum van oom se kant af en dink hulle dalk net S&O verkoop glad nie KOEELS nie...
Net n gedagte....ons help mekaar mos maar so hier?
Goed gaan en dankie vir oom se reghelp, ek gan nou probeer reg praat/skryf hie oppi forum.
Stefan
Re: Molly coated
Posted: Tue Jan 18, 2011 2:55 pm
by Skolla
RIEMPIES wrote:
Dit sal my agste vrou wees en die loop is nie meer so lekker nie.
Wat van molly coat?

Re: Molly coated
Posted: Tue Jan 18, 2011 2:58 pm
by RIEMPIES
Skolla die oom het al als getry erger as n moertoe landy, unrepearable niemand wil meer in vandag se lewe bietjie organe skenk nie jong jy moet mos als koop betaal,betaal!!!
Lekke dag
Re: Molly coated
Posted: Tue Jan 18, 2011 9:51 pm
by James Wilson
Gerard wrote:
ek wou nog n vraag gevra het oor molly coated maar hou nou eerder my bek
Shame, ek dag ek help jou met jou vloermoer en daar gooi jy al jou speelgoed uit jou bababedjie uit. Jammer man, maar ek het goed bedoel toe ek ges? het dit sal help as jy 'n dikker vel kweek.
ai ou Gerhard, ek sien korporaal is bly korporaal is n korporaal, korporaal! nee wat! verder reageer ek nie op die topic nie. ek is baie jaloers en trots op die waardes en norme wat die jaracal forums het. ek gaan nie bydra dat die forum nog n gunsite SA word nie. alle seen en voorspoed ou gerhard!!
Re: Molly coated
Posted: Tue Jan 18, 2011 10:30 pm
by Spanner
Oom Gerard, dankie vir die verduideliking. Oom se kennis, en deelname aan ons forum word waardeer.
Groete
Re: Molly coated
Posted: Wed Jan 19, 2011 11:03 pm
by Hein M.
Skolla wrote:
RIEMPIES wrote:
Dit sal my agste vrou wees en die loop is nie meer so lekker nie.
Wat van molly coat?
Die oom moet dalk daai bobbejaanboud-beklaaier met lopers laai - en so 'n kwartkoppie meer kruit ingooi.
En as die ou gun moertoe is haal daardie
KNUPPEL uit
Sterkte!
Heun M