Sukses (waarde van trailcam)

User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

Dankie manne, ek is net spyt ek het nie vroeer met die metode begin nie, dan kon ek dalk nou al voor gewees het op die getalle.

Pierre, ja man, ek het maar Sondag middag my tyd gevat en toe die foto en video reggekry, kon dit amper nie self glo nie ::) Ek weet nie of Marno sal hier wees nie, maar as hy hier kon wees dink ek sal hy heeldag in die bloedige wil lê net om 'n kans te kry.

hendried en Jake1: ek skiet die 125gr Nosler bt hunting nadat ek goeie akkuraatheid in my 22.250 met noslers gekry het en die 155gr pmp match koeels van my opgeraak het. Die spoed is 3160fps, maar hierdie rondtes seker dalk 3200fps, dit is nuwe doppe wat nog nie in die geweer geskiet is nie en die druk bietjie hoer gaan wees.
Die afstande wat ek al die 125gr aangewend het wissel van naby tot 440m :-X >:D , ek's baie gelukkig met hulle.
Dit is Musgrave K98, baie gelukkig met die roer. Jake1, as die adrenalien pomp dan raak daardie 120m meer nader aan 200m, maar hulle kan maar kom ek sal my kanse vat, ek lê lekker vas in daai skietgat ;)

Dankie vriell: ek was elke keer so gelukkig dat die wind 100% reg was, so die varke het nie kans gehad om my te ruik nie en het maar redelik stil gelê in my gat, alhoewel daar nie vreeslik gekamofleer is nie kon ek darem nog sover die eerste skoot afdruk sonder dat hulle my gewaar.

Gawie: Soos die gesegde hier in Nam loop: "daar is niks so dringends dat dit nie 14 dae kan wag nie" ++>: , wees nou so gaaf en gaan laai vir oom Pieter en kom kuier tog, want flippen niemand wil mos in die somer op die plaas kom nie ;D Net die plaasmense wat braai in die son.

Dankie Carl.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Gawie(13mm) »

Hier kan die manne nie 14 sek wag nie dan bel hulle weer om jou te herriner aan die ses eposse van netnou. ;D

Oom Pieter gaan bietjie Baai toe volgende week en ek sit met 15 woonstelle se kaste wat moet in voor 25 November.

As my nuwe wiele realiseer gaan ek plek soek in die rooi duine om hom deur sy passies te sit. Ek sal eers al die tupperware moet vervang met blik en dit kan tyd vat.

Groetnis.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

[quote="7mm"]Hier kan die manne nie 14 sek wag nie dan bel hulle weer om jou te herriner aan die ses eposse van netnou. [/quote

Is reg Gawie, ek weet waarvan jy praat. Ek was ook so amper 11 jaar gelede in die korporatiewe wêreld gewees, telefone en eposse ens ens.
Sterkte met die nuwe ryding, hoop jy is sommer baie gelukkig. Die pad tot by my is darem so 2 jaar gelede lekker oorgegruis, so baie beter as van ons teerpaaie. (jou verskonings raak al hoe minder :police: )

Mooi loop
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by PWV »

7mm wrote:As my nuwe wiele realiseer gaan ek plek soek in die rooi duine om hom deur sy passies te sit.
Groetnis.
Sewe-mil
Vra die manne hier op die forum wat jy moet koop. Jy kan nie sommer net so nuwe wiele aanskaf nie!
Groetnis
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Gawie(13mm) »

Pieter Willem Vorster wrote:
7mm wrote:As my nuwe wiele realiseer gaan ek plek soek in die rooi duine om hom deur sy passies te sit.
Groetnis.
Sewe-mil
Vra die manne hier op die forum wat jy moet koop. Jy kan nie sommer net so nuwe wiele aanskaf nie!
Groetnis
Uncle, moettie worry nie. Dis weer a Datsun O0
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Boertjie
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Boertjie »

Geno

Jy is lekker kwaai vanaand???
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

Naand sê almal. Ek het toe maar weer die water besoek nadat ek Dinsdag niks kon kry nie. Ek het vanoggend my kamera gaan kyk en gesien die 1 vark was Woensdag daar. Namiddag so 16:45 daar geland en begin wag. 18:00 kom die varkies toe in en ek sien eerste vir "oupa", my hartklop se revs klim woertoe alla FHM.

Die groot vark is baie slim en skelm, hy loop eers paar draaie en kom toe onder die draad deur na die kant waar daar nie 'n kamera gestel is nie, stap seker 80m onder die krip eers verby om onder die wind te kom en toe na sy neus seker sê als is reg, kom hy reguit krip toe.

Die jong varkie kom eerste en oupa het nog nie behoorlik stil gestaan nie, toe loop die skoot. Die 125gr nosler teen 3200fps stamp hom op die skouer, maar hy gaan toe nog seker 20 tree waar hy omdop. Die jong varkie was redelik deurmekaar en het so omkyk omkyk weggehardloop, die 2de skoot met die nul kwes in die hardloop is toe mis. Die dat ek toe mos my m%$%r strip en die LM gryp, een van die eerste 3 skote is toe 'n vrystaatse hartskoot op 200m en anker die vark.
Manne my hart het lanklaas so vinnig geklop, net oor die groot vark. Ek sal die foto's ook opsit. Ek vra verskoning vir die laaste klompie skote wat klink na overkill, maar die jong vark was nie plat nie. Ek het toe besef ek mors het toe die doodskoot (wat nie op die video is nie) breinskoot met die nulkwes op 230m geskiet.

Hoop julle geniet die video, jammer ek kan nie al die aksie opneem nie, dit is net die eerste skoot en dan die groot geraas. (Sorry 7mm, ek het darem die eerste skoot doodskoot geskiet en toe eers begin raas ++>: )

http://www.youtube.com/watch?v=e4eerd8V ... e=youtu.be

Groete
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

Hier is die foto's van die 2 varke. Dit is jammer van die regtertand wat gebreek is, hy sou darem heel anders gelyk het met altwee tande heel.
Die 4 klein tandtjies voor is amper heel geslyt, so die ouderdom kan nie te laag wees nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Gawie(13mm) »

Mooi gemaak maat.
Ek is bly jy was suksesvol. Aanhouer wen.

Groete,
Gawie.

NS. Daai eerste skoot storie is net om my self te herrinner ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

Dankie Gawie, ek dink egter nie dit is die einde nie, alhoewel ek darem nou seker al 'n duik in die getalle gemaak het.
Ek moet eintlik ook die eerste skoot storie maar gewoonte probeer maak, want dit gaan nie altyd so "lekker" nie.
chrisman
Full Member
Full Member
Posts: 133
Joined: Tue Sep 24, 2013 2:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by chrisman »

Baie mooi gedoen,
Pragtige groot vark, geluk.
Israeli 7.62 (.308)
Marlin 30-06
Mauser .22
Taurus .40 S&W
Ou windbuks
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by BRNO (Pierre) »

Lekker lag ek nou soos ek na die skote luister Johan. Daai was nie over kill nie, dit was lakker gewees!!!
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

Dankie manne, ek het vergeet om die groot vark se gewig te gee. Aan die skaal net so van die veld af, sonder enige iets verwyder het die wyser op 65kg gestaan. By verre die swaarste nog in my omgewing wat ek van weet.
BRNO .06 (Pierre) wrote:Lekker lag ek nou soos ek na die skote luister Johan. Daai was nie over kill nie, dit was lakker gewees!!!
Dit was lekker Pierre :angel: ;)
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by James Wilson »

Netjies man demmit
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by johans »

daai LM klink baie mooi
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Jake1 »

Blikskottel man, mooi gedoen, het jy nie daai ander vark agter hom ook raakgeskiet met die 1e skoot nie, lyk of hy agter hom was. Daai LM klink verskriklik mooi. Dis nie overkill nie, dis hoe dit moet klink, mooi double tap skote getrek, hel man, wens ek kon jou join, dis mos baie lekkerder as werk. Wat doen jy met die varke, by ons koop die slaghuise en privaat vleisverkopers dit. Dit help darem om mens se hobby te finansier, miskien nog 'n winsie maak ook.

Jy het my ook nou laat begin dink daaraan om bietjie ligter koele te skiet met my 3006 musgrave, my skote op die varke wissel tussen 80 en 200plus meter. Hou aan met die videos ek geniet dit baie en dink die ander mense ook. Ek hou hierdie draad fein dop en geniet hom.

Jake1
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

Jake1 wrote:Wat doen jy met die varke, by ons koop die slaghuise en privaat vleisverkopers dit. Dit help darem om mens se hobby te finansier, miskien nog 'n winsie maak ook.

Jy het my ook nou laat begin dink daaraan om bietjie ligter koele te skiet met my 3006 musgrave, my skote op die varke wissel tussen 80 en 200plus meter. Hou aan met die videos ek geniet dit baie en dink die ander mense ook. Ek hou hierdie draad fein dop en geniet hom.
Jake1, dankie man, solank die varke hier sal ek terugvoering gee, so die draad kan dalk later lank raak ;D . Die varkvleis vat die plaaswerkers maar, die hitte is bietjie moeilik daardie tyd van die aand en ek het nie koelkamer nie. Alles sover was ook nog bere gewees, sal kyk is daar jong soggie val om die vleis dan te gebruik. Wintertyd maak ons varkrussian.
Ek is baie tevrede met die 125gr in die 30.06, waarvoor ek dit gebruik sal ek nie sommer weer swaarder koeels skiet nie. Ek wou die 2de vark probeer kry met die "pass through", maar die ou vark se lyf was bietjie harder as die vorige jong varke wat ek geskiet het waar die noslers dwarsdeur die vark is.
Daar bly egter net so 60% van die mantel oor, dus sal ek nie normale jag vir huisvleis "vitals" skote aanbeveel nie, baie lood en mors vleis.
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Stefan Fourie »

Vlakvarke raak al groter probleem in die suide van Namibië. Met die algemene goeie reëns van die afgelope klomp jare en die bosverdigting wat daarop gevolg het het hulle getalle baie toegeneem. 'n Lekker handvas man in ons omgewing het egter vasgetrap en op 'n paar plase in ons omgewing 216 geskiet, Junie tot Augustus. Nou is hulle weer onder beheer. Ons middeljariges is bly oor die stand van sake, maar die jong laaities is weer erg bek-af, hulle is nou op daardie stadium wat ons was toe dit vet pret was om hulle te jag. (Dis eintlik nou nog vet pret, tyd is net te min vir daai soort sports)
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

Middag Stefan, in watter omgewing (ek sien jy is van Keetmanshoop) se plase het die klomp varke geval :o Op watter metode is die varke geskiet/jag?
Ek is seker amper al middeljarig soos jy sê, maar dit bly vet pret om die otte te jag/skiet en as die tyd nie daar is nie, dan probeer ek my bes om tyd te maak.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by RUPERT »

grumpy wrote:Mooi Kalahari, gee hulle gas.

Ek gaan seker oor so 2-3 weke ook varke skiet wat die ou se lande opneuk.
Oom Grumpy kan ek bestuur daai dag ek belowe ek sal mooi bestuur.
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Stefan Fourie »

Hallo Kalahari, dis in die Stampriet omgewing, uit 'n gyro geskiet. Die eerste 106, in 1 week gedoen, het 'n skut wat 'n haelgeweer lekker verstaan saam gevlieg en hulle gelooi. Daarna het hy self geskiet, met 'n pistoolgreep 12-boor. Omdat hy alleen vlieg kan hy baie stadiger inkom om te skiet en is dit ook nie nodig om die engine spoed te verander as hy klaar geskiet het nie, hy stel die hand throttle op 'n sekere spoed en hou dit vanaf die ingaan, skiet en uitklim ander kant. Dit gee hom sy regterhand vry om te skiet, hy hanteer dan met sy linkerhand die joystick. Die gyro is dan ook baie meer hanteerbaar oor hy ligter is. Nie dat hy andersins moeilik maneuver nie, dan kan hy dit teen 'n laer spoed doen.
Daar het 4 jakkalse ook in die proses geval. 4 klink min in vergelyking met die plekke waar hulle op 'n aand 'n bakkie kan vol skiet, by ons is die jakkalse wat oorleef absoluut uitgeslape en geleerd.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Kalahari »

Dankie Stefan. Is jou ouer of jonger broer se naam nie Werner nie? Ek vermoed ek was saam met Werner op skool in Mariental gewees.
Jammer as ek verkeerd is.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by PWV »

Werner werk mos nou vir FNB?
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Stefan Fourie »

Kalahari, jy is reg, julle was saam gewees, dink jy is 'n jaar jonger as hy.
PW Voster, Werner het na skool sy diensplig op die plaas gaan doen en toe "pf" geword. Hy het dalk 'n huurkoop by FNB, dan werk hy mos ook vir hulle? Just kidding..
Stefan Fourie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am

Re: Sukses (waarde van trailcam)

Post by Stefan Fourie »

Kalahari, jy praat van gewig. As 'n vlakvark 'n "maklike" lewe het, dus nie ver te loop vir kos nie word hulle baie swaar. By ons en daar by julle ook word hulle maklik 80+kg. Ek al van nog swaarder gehoor, maar dan bly hulle basies langs 'n mielie land. As ek net die kuns verstaan om fotos kleiner te kry sal ek fotos laai van 'n 85kg beer. Ek praat onder korreksie, maar dis seker die 2de swaarste wat ons geskiet het, die ander een was swaarder, maar nie verby 90kg nie.
Werner hou die tande rekord. Maar ek moet bysê ek het 'n groot aandeel in daardie rekord, met my bakkie vol kinders en mense gejaag toe die skietery nie na wense verloop nie, hom in 'n volgende vlei ingejaag waar Werner hom toe uitgesort het. Dit was 'n lekker geveg! My bakkie het maar woes gelyk en die kinders was bleek geskrik, maar ottie was op die bak...
Post Reply