Pierre, ja man, ek het maar Sondag middag my tyd gevat en toe die foto en video reggekry, kon dit amper nie self glo nie
hendried en Jake1: ek skiet die 125gr Nosler bt hunting nadat ek goeie akkuraatheid in my 22.250 met noslers gekry het en die 155gr pmp match koeels van my opgeraak het. Die spoed is 3160fps, maar hierdie rondtes seker dalk 3200fps, dit is nuwe doppe wat nog nie in die geweer geskiet is nie en die druk bietjie hoer gaan wees.
Die afstande wat ek al die 125gr aangewend het wissel van naby tot 440m
Dit is Musgrave K98, baie gelukkig met die roer. Jake1, as die adrenalien pomp dan raak daardie 120m meer nader aan 200m, maar hulle kan maar kom ek sal my kanse vat, ek lê lekker vas in daai skietgat
Dankie vriell: ek was elke keer so gelukkig dat die wind 100% reg was, so die varke het nie kans gehad om my te ruik nie en het maar redelik stil gelê in my gat, alhoewel daar nie vreeslik gekamofleer is nie kon ek darem nog sover die eerste skoot afdruk sonder dat hulle my gewaar.
Gawie: Soos die gesegde hier in Nam loop: "daar is niks so dringends dat dit nie 14 dae kan wag nie"
Dankie Carl.

