Page 2 of 3

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Mon Mar 09, 2009 8:55 pm
by Rooies
Net om daai video te kyk en daai skoot te hoor loop laat my sommer hare kry van lekker kry!!

Hein asn man kan dan mag jy en jy kan.

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Tue Mar 10, 2009 7:57 am
by Tomcat
Charles

Daai skote doen n ou sommer met n standaard 243. Vra maar vir Taffie. Jy brand onnodig kruit met daai 338 en die skoot het seker net soveel soos die bok gekos. Met daai roere moet n ou verder as 600m kopskote skiet voor dit in elke geval vir die forum kwalifiseer.

Groete
Tomma

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Tue Mar 10, 2009 10:19 am
by tafjak
Ek bother nie eers om roer op te tel as bok nader as 500 meter is. Begin eers lekker gooi so 550. Ek is in elk geval te dik en groot om nader as 500 aan 'n bok te kom. :D

Taffie

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Tue Mar 10, 2009 11:59 am
by Kruger
Taffie, Taffie, Taffie....Die annner ouens praat van meters ou maat. Nie voete nie.

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Tue Mar 10, 2009 12:50 pm
by tafjak
Kruger

Die kommas was op verkeerde klekke. Ek praat eintlik in duime. :D :D Wys jou wat spelfoute kan doen. ;D

T

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Tue Oct 27, 2009 12:22 pm
by JACQUES BOTHA
BESBOKKE MET DIE BONZAI KALIBER

KLIEK OP DIE LINK OM TE SIEN WAT DOEN N BONZAI KALIBER MET N 55 GR NOSLER BALLISTIC TIP.
PHILLY HET DIE OPGESIT EN WAT DINK JULLE HIERVAN?
http://www.youtube.com/watch?v=chGelwYjcXY
GROETE
JACQUES

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Tue Oct 27, 2009 6:58 pm
by boeta
Jacques

Daai ou is eter.Hy jy die coments gesien

Boeta

Sien hy het ook n forum gehaad maar hy is toe

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Tue Oct 27, 2009 7:03 pm
by Raven
Nou wie skiet so???????? Is dit Jy Jaques??    ::)  ;D

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Tue Oct 27, 2009 7:06 pm
by Raven
Daai laaste skoot op "40 sekondes" verwag jy van regs af, maar skoot kom van links af, miskien net die kamera man se "angle".

Maar daai skote is baie indrukwekkend...

Ek dink ek moet bietjie kamera man speel vir Francois...mmmm  ;)

Raven

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Tue Oct 27, 2009 8:03 pm
by JACQUES BOTHA
RAVEN.
NEE DIS NIE EK NIE DIS PHILLIE VAN VUUREN VAN KLERKSDORP.
EK HET DIE HELE DVDGEKOOP EN GEKYK...EN....
EK HET AL SULKE LANG SKOTE GESKIET....NOGGIE RAAK NIE, MAAR AL PROBEER.
DIE VERSTE WAT EK MY LUCK GEPUSH HET OP N KOPSKOOT WAS 52O METER. MAAR DIT WAS TWEE MIS EN DERDE EEN RAAK..
BOETA
HY SKIET NOGAL NIE SLEG NIE. ONTHOU NET DAAR IS BAIE MIS SKOTE TUSSEN IN WAT ONS NIE SIEN NIE, DIS ABSOLUUT DIE HEEL BESTES VAN DIE BESTES WAT OPGENEEM IS.
EK HET MET SY 30 HART 4 SKOTE ONDER N DUIM GESKIET OP 300M.
EK IS NIE VRIEND MET HOM NIE, MAAR HET  GESELS MET HOM.
AS EK NA DIE DVD KYK IS DIE KLANK EN AFSTAND NIE VIR MY DIESELFDE NIE. EK BEDOEL OP 300M WEET EK HOE KLINK DIT AS DIE SKOOR KLAP EN DIE BOK VAL. EN DALK BENEUK DIE KAMERA MY MET AFSTAND EN TYD ENS. AS DIE AFSTANDE REG IS BLY DIT AANSKOULIK OM NA  TE KYK. DIE KAMERAMAN VRA HOE VER IS DIT, HY ANTWOORD NEE XX EK WEET NIE DIS MXXXX VER.  "DIE LES IS DONT TRY THIS AT HOME" LAG..

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Tue Oct 27, 2009 9:14 pm
by Christo
Ek kyk toe sommer ook sy ander video's op die tube, die man is trots op sy mylpale en hy skroom nie om dit te verkondig nie. Ek so ook as ek so kon gooi. Ek skiet deesdae 'n 6" gong 5 keer in 'n ry raak................. maar eers na so 4 of 5 misskote  ;D  ;D

Hy moet nie dat NB hom sien skiet met 'n bonzai nie. Moeilikheid

Ek droom maar net aan. Hoop om nie wakker te word.

Christo

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Wed Oct 28, 2009 6:30 am
by Freek
Nee wat daai ou mag maar selfs al staan daai bokke net op 100m is dit klaar 'n vreeslike prestasie. Eerste keer wat ek so iets sien, glad nie sleg nie. Sal ook 2 keer dink voor ek dit self probeer.

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Wed Oct 28, 2009 7:38 pm
by Francois Marais
Almal

Ek kom redelik reg tot so op 400m, het al paar springbokke geskiet tot op 430m, kopskote, maar soos JB se, gewoonlik so by die 2-3de skoot, ook net as jy jou mis skoot kon sien en weet waar om te korrigeer.

Het beginne om op die springbok teikens te skiet op die baan, as jy weet waar jou gun gestel moet wees (kripnotes oppi kolf) en n goeie r-finder het, sal jy verbaas wees wat n roertjie regkry wat so om en by die 15mm skiet op n 100m. Hy gooi somme maklik tot da by 400 oppi koppe. (Helmit houe, hoor ek)

Probeer gerus, julle sal verbaas wees, baie maklikker as wat dit lyk.

Mooi loop
Francois

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Mon Nov 09, 2009 9:43 am
by JACQUES BOTHA
FM
Trust your gun and trust yourself...
maar oefen eers asb anders gaan jy duur betaal...
n goeie begin is valplaat op 300 350 400 450 en 500meter. (jy sal bitter bitter min daai laaste een nodig he,) maar hy is die en wat jou vertroue gee dat dit wat jy doen reg is en wat jou laat besef hoe van daai projektiel  op 500 meter en hoeveel slaankrag jou bonzaikie oor het op daai afstand.
Moet nie op bokke oefen nie.... dis nie eties nie en gaan jou net laat sukkel..
Speel eers op die baan tot jy tevrede is en gaan dan oor tot  teikens...(as daar nie wind is nie)
groete
JB

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Mon Nov 09, 2009 9:36 pm
by Ambessa
Hallo Jacques
JACQUES wrote:...Trust your gun and trust yourself...
Mooi - sien jy het pas deur die 1000 merk gebreek.

Ambessa

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Tue Nov 10, 2009 8:51 am
by JACQUES BOTHA
Amb.
Ek is mos nie een vir stats en syfers en sulke goed nie, doen my deng en klaar. Maar dankie dat jy my daarop gewys het, anders sou ek dit nooit geweet het nie....
groete
jb

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Tue Nov 17, 2009 2:32 pm
by Francois Marais
JB

Het laasweek Gemsbokke geskiet met 260 Remington, 120gr Sierra M/K, twee omgedop 530 en 544 m, daai Leupold, met die Varmint kruis, se laaste kruis loop mooi op die 530m merk.

Mooi loop
Francois

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Thu Nov 19, 2009 12:23 pm
by JACQUES BOTHA
FM.
MMMM HEERLIK BAIE GOED..
DIS NIE ENIGE BOER EN ENIGE ROER WAT KOPSKOTE SKIET OP DAAI AFSTAND NIE....
HOEKOM  HET JY HULLE NIE MET DIE 25-06 GEPIETS NIE, DAN KON JY IN DIE SWART VAN DIE OOG GESKIET HET.....MET N NIGHTFORCE TELESKOOP...)LAG LAG)
NEE WAT DIS GREAT SHOOTING MATE...
LEKKER OM DIT TE HOOR  EN TE SIEN SOMS, PERSOONLIK VERKIES EK HULLE SO NABY AS MOONTLIK EK MIS NIE SOMMER OP 40 METER NIE...

WELKOM TERUG..
MOOI LOOP
JB

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Thu Nov 19, 2009 12:32 pm
by Francois Marais
JB

Man ja, eintlik hou ek ook van hulle so naby moontlik, maar.......

Dis n plaas wat die regering wil koop, en hulle betaal nie virri wild nie, nou moet hulle afgehaal word........ so hulle is al redelik gedreun, seker vir 6mnde lank al, hulle staan nie meer nie, nie sommer nie, en daar is KLIPPE, swartrand klippe, weet nie of jy van daai rante al gehoor het nie, Cruiser loop donkie 2de rat, niks vinniger nie, so as hy staan moet man se somme klaar wees.

Die 25 kwessie........ mos nou myne ge-Ackley, nou jammer ek hom, en die 260 is n nuwe gun, moes hom self eers bewys.........hy het goed gedoen.

Mooi loop
Francois

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Thu Nov 19, 2009 12:48 pm
by JACQUES BOTHA
FM
EK HET NOG ALTYD GEDINK DIS MORS OM 25 TE UGLIFISEER.. DALK KAN JY MY VERKEERD BEWYS, EK DINK NET MENS WEN TE MIN OM N VERSKIL TE MAAK IN TERME VAN SPOED EN TRAJEK.... EK HET NIE NA SWAARDER AS 105GR  GEKYK NIE...
GEBRUIK JY DIE AMASOL 105 OP JOU 25 OF HET EK DIT NOU VERKEERD? KAN MENS DIT NOG KRY EN WAAR ,? EK WEET NIE OF GEFF DIT NOG MAAK NIE?

GROETNIS
JB

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Thu Nov 19, 2009 1:24 pm
by Francois Marais
JB

Jy is baie reg, ek het n 25 gehad, sien toe PTG het n 25 Ugly reamer op n special, toe die reamer oppad is beginne ek lees en toe is ek nie meer so heel impress nie.

Ek skiet Sierra M/K punte 100gr, gemolly. 58.5 gr S385 vir 3330 ft/sec. Eerste lading wat ek gekry het wat groep, sal seker later nog bietjie speel.

Die laaitie skiet 100gr Ammocills in sy 25. Hulle is heel goed vir die oessery, maar ek het dat Geoff hulle skoon tumble, het nie baie vertroue in sy molly proses nie. Kry nie vir Geoff meer op n telefoon in die hande nie, wil hoor of hy nog 25 punte het of maak, laas het hy my laat verstaan hy maak nog net 22 punte.

Mooi loop
Francois

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Tue Sep 25, 2012 8:00 pm
by Marc
Hier is 'n paar manne wat lekker v????r kan gooi  ;D ;D ;D ;D

Oom Hein daai was darem maar paar mooi skote gewees Image

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Tue Sep 25, 2012 9:10 pm
by JAGTERSREG-JRM
Netjiese skote......daai jakaalse val darm snaaks om.Lyk amper of hulle "bietjie stadig" is

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Mon Jul 04, 2016 11:29 am
by Tinus Britz
338 Umfezi
Ek het nou vir n kliënt van Oom Chris die 338 Umfezi afgehandel. Dit was ’n pasmaak geweer met ’n duimgreep kolf, die kolf het ons van Geoffry se broer gekoop. Ek het ook ’n Krieger loop gebruik met ’n Gwaza aksie.
Ons gebruik 8 x 68 RWS doppe. Ek het Vrydag gaan skiet en het 10.35mm groepering geskiet op 100m met ’n 250gr punt. Die snelheid op die 250 gr Sierra Match King punt was gemeet op 2950 fps. Om die doppies te vorm was maklik en het vinnig gegaan.
Ek is baie tevrede met die resultate. Ons gaan nog verder werk aan die lading. Beslis ’n kaliber wat ek sal aanbeveel.
Ek het sonder die silencer geskiet om alle moontlike onbekendes uitgeskakel. Omdat die geweer so swaar is skop dit regtig min, met die silencer skop dit min, minder as standaard 3006.

Re: Blesbok 514 Yards

Posted: Mon Jul 04, 2016 11:33 am
by Capt. Yoda
http://ct.fra.bz/ol/fz/sw/i38/2/10/27/frabz-Thread-revival-Thread-revival-everywhere-216bd9.jpg