Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetisie.

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Gerhard »

immelmanw wrote:Naand Manne
Eerstens geluk aan SAJWV wat met die briljante idee vorendag gekom het om skiet/jag op langafstand te beproef, toets en deur middel van dit statistiek in te win om ons almal beter jagters/skieters te maak.

Manne, n mens kan sekerlik elke sin lees soos jy wil, ek het telkens op skool die vrae anders verstaan as wat dit op die vraestel gestaan het, net so probeer ons/julle nou goed lees en sien wat nie bestaan nie. Ek het in meeste van die SAJWV vergaderings ingesit waar die skiet beplan was, nog nooit was die woorde gebruik "kom bewys jouself nie" Die hele benadering was, kom ons skep n omgewing waar ons langafstand op bokke kan skiet en saam sien en avalueer watter toerusting werk beter, watter eksterne faktore het n rol gespeel en tot op watter afstand/gemiddelde was ons suksesvol.

My eniste vereiste vir so dag was dat ek so opgewonde is oor die idee, ONS MOET SO DAG IN DIE KAAP OOK AANBIED. SAJWV het my nie een oomblik gevra vir n borgskap nie, ek dink dit is so great idee dat ek aangebied het om betrokke te raak by so n dag!

Hoekom probeer ons klein groepie Jaracal manne nie n slag die goeie en positiewe ook in iets sien nie. As jy dalk iewers iets te veel of een of ander opmerking oor die LANGAFSTANDJAG gemaak het wat die gemoedere laat kook het (ek het ook) kom ons kyk mekaar in die oe en se, right manne, ons hoor mekaar, vergewe mekaar (waarvoor ook al) en probeer saamwerk aan iets wat ons almal baat by sal vind. Daar is niks negatiefs aan so kompetisie nie, en as jy nie so goed skiet soos jou tikvermoee op Jaracal nie, so what, ons is almal grootmense, die lewe is lekkerder en belangriker as om te worry oor n mis skoot op 600m......of se n mens n kwesskoot op 600m.

Ek sien uit na n lekker dag op die baan!
Jy het raak geskiet hierbo... ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Zack Benade

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Zack Benade »

Goeie brief Willem

Ek sien dat daar baie manne is wat huiwerig is oor die skiet.
Miskien is die intensies van Die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging nie suiwer en opreg nie >:D (ek vra verskoning as dit opreg is)maar die ander kant van die munt is ook daar.

As hierdie skiet 'n lekker skiet is en die manne geniet dit kan dit mos weer en weer gedoen word. Hoekom nie???????? :police: :police:
As SA Jagters en Wildbewaringsverenigning se bedoeling vals is sny hulle uit en gaan aan met die skiet soos hulle begin het en brei daaruit uit. Pas dit aan sodat die lang afstand skiet manne gelukkig is. Dis julle game en julle kan se hoe hulle dit wil speel. :angel:

Geen sport dissipline was baie suksesvol in hulle eerste openings dag nie. Maar soos die jare aanstap word dinge makliker en meer haalbaar. Die eerste stap is om deel te neem en dit te geniet.

Dankie aan S&O vir die pryse. Wees positief en gryp die geleentheid aan en wees deel van iets goed wat klein begin maar hopelik groot gaan eindig.
Last edited by Zack Benade on Tue Jul 23, 2013 9:14 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Christo »

Ek sou ook wil dink datdie LRH manne dit positief moet opvat. Ek wil ook baie graag leer beter skiet,,waar anders as met sulke geleenthede waar ons kan leer en tips vat. Altyd raaksiet is mos nie waaroor dit hier gaan nie, om jou toerusting te toets in enige omstandighede en mekaar se kennis te verpoel moet deel van die idee wees.

Ek sal graag so dag in die Kaap wil bywoon. Nie noodwendig met my nie op standaard geweer te skiet nie, maar om te leer. Ek weet ek kan nog nie, maar ek gaan leer want ek weet dat ek die naweek nie eens clue gehad waar die skote val oppad na 1000m 560mm gong toe nie. Hoe leer ek alleen?

Sterkte met die reelings en hoop dit is die begin van iets groots. Veldskiete was amper nie op die jaarprogram as ek reg onthou.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by 243Songdaug »

Hierdie is defnitief 'n stap in die regte rigting - dankie aan SAJWV, SA Jagter en Safari and Outdoor.

Dis bitter hartseer dat die skiet so ver van my jagvelde plaasvind, ek sou dit graag wou bywoon, hetsy as deelnemer of as toeskouer(alhoewel ek moet sê dat om papier op die afstande te skiet nie regtig interesant is nie). As toeskouer kan die skiet mos darem heel aangenaam raak om 'n braaivleisvuur.

Ek hoop dat die weersomstandighede gunstig sal wees en dat die manne wat skiet dit sal geniet - hulle is die manne wat baanbrekerwerk vir die res gaan doen.

Kom ons staan saam en ondersteun die manne se inisiatief. Koos ek vertrou dat jy vir ons 'n puik artikel sal saamstel.

Vir die manne wat gelukkig genoeg is om die skiet te kan bywoon - alle sterkte en mag jul koele reguit vlieg.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Pvdw »

Manne die is nou 'n lekker uitnodiging aan die manne wat kan skiet. Ek sal regtig probeer om daar te wees en te sien hoe die manne wat weet van skiet dit doen. Ek glo ek sal sommer baie leer.

Hoop om so klompie van julle daar te sien.

Peet
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3964
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by tau »

Wanneer is daar een in die Kaap? Lekker kompetiesie. En as dit 'n challenge is vat hom aan.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Gerrit Visser »

Willem bring so 'n skiet na die Kaap. Die Biebers stel baie belang. Hoor hulle het laas week 110 springbokke laat val met 109 kopskote. Verste kopskoot was 497m dit nog in 'n taamlike wind. Verder hoor ek die melkman van Stormsvlei het met sy 338LM 'n bok op 1204m perfek op die knoppe geskiet [eerste skoot] nadat sy somme en wind mooi op sy TRG ingestel is.
As die toestande saamspeel glo ek sal julle baie verras wees met watter goeie skuts in ons land is. Hoop net julle keur die manne volgens toerusting.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Piet Breedt »

Daar spring SA Jagters my voor. Ek wil bitter graag weer so langafstand gongskiet dag met n bok teiken of twee daarby ingegooi hou hier by my, maar is tans elke naweek besig met voorbereiding vir die veldteiken wereld kampioenskappe wat ons op dieselfde naweek in Augustus skiet in Duitsland.

Ek hoop en vertrou dat SA Jagters se motiewe eerlik en opreg is, en daarom sal ek graag wou deelneem, as dit op n ander naweek sou val. Ek wil n voorstel maak en vra of SA Jagters dit nie sal oorweeg om die datum so bietjie aan te skuif, om ons n geleentheid te gee om eers n oefendag of twee te hou hier by my, waar ons soortgelyke teikens kan skiet en ons toerusting optimaliseer daarvoor. Die tyd is ook sekerlik een van die moeilikste wat winde aan betref, en ons almal weet dat jy maar baie gelukkig is om n windstil dag in Augustus te kry. Soos n klomp manne al hierbo uitgewys het, is dit n voor vereiste by langafstand jag. Veral vir manne met so min ervaring soos ons op die lang afstande.

Ek het nogsteeds toegang tot die plaas waar ons verlede keer die gonge geskiet het, en waar ons tot oor n km kan skiet oor n valei waar die wind baie moeilik gelees kan word, en jag baie goed nageboots kan word. Dan het ek ook toegang tot n nuwe skietbaan wat ons nou onlangs gebou het, waar ons tot op n 1000m kan skiet hier naby my.

Ek voel dat ons elkeen wat die langafstand ding wil doen, eers net n toetslopie of twee wil inkry, voor die groot toets, en dat ons nie sinvolle data kan insamel as dit vir meeste n eerste keer is nie. Ons wil dan juis bewys dat dit wel moontlik is, mits jy die regte toerusting, ervaring en kennis het, sowel as genoeg oefening.

Ek self is nie bang om getoets te word, en verwelkom dit met ope arms. Ek het al baie pak gekry so tussen die suksesse deur, en leer elke keer iets daaruit, wat my vorentoe n beter skut maak.

Dankie Hercules en jou span dat julle bereid is om hiermee te kenne te gee dat daar wel manne is wat heel suksesvol anderkand die 300m heilige lyn kan skiet. Ek self sal dit graag wil bewys, maar weet dat dit nie net van doen is nie, maar baie voorbereiding en oefening vereis.

Dankie Willem dat jy en S & O weereens ons skietsport ondersteun met julle bydrae

Ek self gaan van die veronderstelling uit en vertrou dat die bedoelings eg en opreg is, en sal beslis so dag ondersteun as dit op n datum gehou kan word waar ek dit kan bywoon.
User avatar
Jan Nel
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Jan Nel »

Hercules

Hoekom is dit nie moontlik vir individue om ook in te skryf nie? Ek sou wou deelneem, maar skiet alleen op langafstande. Ek gee nie om om die totale 30 skote self te skiet nie. Geen van my jagpelle is in langafstand skiet nie. Ek sou wel 'n spotter wou saambring.

Dan ook, in die jagveld sal ek nie die skoot aftrek sou die kondisies (wind) my nie pas nie. Sou ek in hierdie kompetisie besluit on nie 'n skoot te neem nie, hoe gaan ek gepenaliseer word?

Groete

Jan
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by James Wilson »

Ek moet se toe ek die aanvanklike post gelees het was ek agterdogtig. Koos en Immelman se posts laat my egter beter voel.

Na die genoemde baan is dit egter so n 1200km roundtrip vir my,en sal ek dit dus nie maak nie, maar versoek dat daar tog mooi terugvoer gegee sal word. As die intensie nie opreg is nie sal dit sekerlik kort daarna duidelik wees, intussen lyk dit opreg.

Ter afsluiting voel ek so n komp sal net soveel meer beteken as Piet Breedt dit kan bywoon.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Marc »

Harde gat, word sagte gat

Na aanleiding van die manne se posts hier bo sal ek dit ook oorweeg om te kom deelneem. Die datum sal moet aanpas om meer gunstige en realistiese kondisies te bekom. Veral as die resultaat van hierdie dag wel as n maatstaf aangewend wil word. Geen etiese/verantwoordelike jagter gaan 18h30 aanlê na bok in Alldays gedurende Junie nie. Kom ons wees dan minstens op die grond gelyk.

Dankie Oom Koos en Willem vir julle briewe, Oom Hercules ek vra dan on verskoning vir my kort hou.

Mooi loop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by VdWalt »

BLOK wrote:
matewis wrote:Hier kom 'n ding.
EK sien ook daai ding wat kom. ;)
Ek sien hom ook en hy raak al beter hoe nader hy kom !! ;)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Arnold »

Hercules, dankie vir die uitnodiging. Dit is bietjie vêr en my spanmaat sit in Duitsland saam met Piet Breedt daai naweek.

Sterkte aan die ouens wat wel gaan inskryf en deelneem. Hopelik is dit n windstil dag vir julle.

n Springbikkie op 500m is maar klein en ek het hom al probeer alhoewel ek eintlik staal skiet omdat ek nie gemaklik voel om enigsins op die stadium op daai afstande te jag nie. Soos ek al voorheen gesê het werk dinge tot op 500m redelik, 6 en 700m gaan regtig die manne beproef.

Willem en Safari, ek glo nie julle sal julle koppel aan iets wat tot die nadeel van skiet sal wees nie. Ek is egter bekommerd dat die statistiek nie verteenwoordigend sal wees nie en dat die ouens wat regtig lang afstande skiet nie die komp sal bywoon nie. Ek hoop die teendeel is waar.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by BRNO (Pierre) »

Yis manne, ek kamp daai naweek tussen Warmbad en Thaba, maar het klaar vir mamma gese ek is daai Saterdag nie beskikbaar nie. Indien dit 31 Aug plaasvind, sal dit verseker vir my lekker wees om te kom hand skut, en van julle manne te ontmoet. Self skiet, gaan ek verseker nie.

Ek het nie aan die LRH debat vroeer deelgeneem nie, maar dit lyk vir my asof hier eerlike intensies op die tafel is, daar is in elk geval niks wat dit weer spreek nie. Dit sal vir my n absolute plesier wees om van julle manne in aksie te sien.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Gerhard »

Stats kan nie net in een kompetisie in gesamel word nie.

Daar sal oor n tydperk van 2-3 jaar kompetisie geskiet word in die formaat om stats by mekaar te maak...

Moet julle nie blind staar teen stats nie.

Gaan eerder en beproef jou skiet vermoe met jou uitrusting op die afstande wat die kompetisie geskiet word en gebruik dit as n oefen en leer sessies...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Piet Breedt »

Baie van die ver skieters wat tans op die langafstande jag moet genooi word. Meeste van ons wat hier op die forum deelgeneem het aan die debat is maar aspirant langafstand jagters en ons poog om onsself voor te berei en te oefen, en om ons toerusting op standaard te kry om dit wel eendag op n lewendige dier te probeer.

Sulke dae soos die is juis daarop gemik om enige ulisies daaroor uit die weg te ruim en vir ons n realistiese idee te gee van wat werklik in die veld gaan gebeur sou ons op hierdie stadium gaan jag, met die toerusting wat ons tans het en beskou as voldoende.

Ek self weet dat dit n bo menslikke poging gaan vat om n voltal op so dag te skiet. Daar word weinig voltalle op enige bestaande skiet dissiplines behaal waar daar elke naweek voor ge oefen word, en daarom glo ek dat n voltal op die eerste poging bykans onmoontlik sal wees. Ek self sal daarom dan bitter graag wil sien watse persentasie ek sou raakskiet (dood skiet) op so dag.

Ek stem saam Arnold dat tot op 500m dit nog redelik maklik sal gaan, maar daarna is n ander storie. Kom ons gaan kyk vir ons self wat sou gebeur en kom ons almal leer daaruit in ons soeke na die perfekte skoot in langafstand jag
Last edited by Piet Breedt on Wed Jul 24, 2013 7:52 am, edited 1 time in total.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Gerhard »

Piet,

Dink jy nie dat die F Klas manne ook saam genooi moet word op die tipe van skiet kompetisie nie?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Eugene »

immelmanw wrote:Naand Manne
Eerstens geluk aan SAJWV wat met die briljante idee vorendag gekom het om skiet/jag op langafstand te beproef, toets en deur middel van dit statistiek in te win om ons almal beter jagters/skieters te maak.

Manne, n mens kan sekerlik elke sin lees soos jy wil, ek het telkens op skool die vrae anders verstaan as wat dit op die vraestel gestaan het, net so probeer ons/julle nou goed lees en sien wat nie bestaan nie. Ek het in meeste van die SAJWV vergaderings ingesit waar die skiet beplan was, nog nooit was die woorde gebruik "kom bewys jouself nie" Die hele benadering was, kom ons skep n omgewing waar ons langafstand op bokke kan skiet en saam sien en avalueer watter toerusting werk beter, watter eksterne faktore het n rol gespeel en tot op watter afstand/gemiddelde was ons suksesvol.

My eniste vereiste vir so dag was dat ek so opgewonde is oor die idee, ONS MOET SO DAG IN DIE KAAP OOK AANBIED. SAJWV het my nie een oomblik gevra vir n borgskap nie, ek dink dit is so great idee dat ek aangebied het om betrokke te raak by so n dag!

Hoekom probeer ons klein groepie Jaracal manne nie n slag die goeie en positiewe ook in iets sien nie. As jy dalk iewers iets te veel of een of ander opmerking oor die LANGAFSTANDJAG gemaak het wat die gemoedere laat kook het (ek het ook) kom ons kyk mekaar in die oe en se, right manne, ons hoor mekaar, vergewe mekaar (waarvoor ook al) en probeer saamwerk aan iets wat ons almal baat by sal vind. Daar is niks negatiefs aan so kompetisie nie, en as jy nie so goed skiet soos jou tikvermoee op Jaracal nie, so what, ons is almal grootmense, die lewe is lekkerder en belangriker as om te worry oor n mis skoot op 600m......of se n mens n kwesskoot op 600m.

Ek sien uit na n lekker dag op die baan!
Willem, dankie vir jou skrywe en aanvaar asseblief my nederige verskoning vir my aanvanklike hardegat houding. Na jou skrywe, besef ek dat ek dalk bietjie vinnig op my perdjie was, maar dit gesê, het ek darem ook al my tyd op die skoolbanke deurgebring en wil nie meer soos 'n kind behandel word deur 'n skoolmeester nie...

My eerste gedagte was dat hierdie 'n wonderlike geleentheid is om LAJ bekend te stel en om LAJ die geleentheid te bied om aan SAJWV te wys waaroor dit gaan en hoe ernstig die manne oor hierdie passie is. Ekself is 'n ABSOLUTE beginner wat dit aanbetref en was my verste skoot tot op hede, maar 280m. Ek baklei egter steeds vir die regte van LAJ omdat dit iets is wat my belangstelling erg prikkel en met die regte dissipline en toerusting, baie bevredigend kan wees.
Daarom my agterdogtigheid toe ek na die reëls en aansoekvorm kyk. Dit wek die indruk dat dit ‘n “kom wys nou hoe goed jy is, toe” houding en Hercules se sarkastiese antwoorde op my en ander se vrae, het daardie indruk verskerp, moontlik onnodig...
Die volgende is my opregte bekommernisse:
1. Waarom word hierdie kompetisie op so kort kennisgewing adverteer? Plus-minus 30 dae voor die tyd...
2. Waarom in Augustus, die winderigste maand van die jaar?
3. Waarom die vereiste dat kopskote op 300m geskiet MOET word? Hoe is dit eties en verantwoordelik, gesien in lig van SAJWV se skootplasing boekie wat dit TEN STERKSTE afraai?
4. Waarom die kort tydsbeperking op die skote? Ek neem soms langer as 5 min net om die wind te lees en in Bulletflight in te lees...
5. Waarom is geen erkende langafstand skut genader om te help met die reël en formaat van die kompetisie nie? As manne by die naam genoem kan word, kan hulle seker gevra word om te kom help met die reël van so iets?

Ek wil graag glo dat hierdie ‘n opregte poging is om LA jagters en skuts tegemoet te kom en ‘n hand van vriendskap uit te steek en sal alle bespreking hiervan in daardie lig sien, maar kom ons praat soos grootmense oor die ding en aanvaar dat sommige van ons wantrouig hieroor is, spesifiek oor die vorige bespreking oor SAJWV se houding hieroor en die stellings en uitdagings wat gemaak is...

Ek wil saam met Piet Breedt stem, miskien sal een of twee oefeninge voor so ‘n groot kompetisie beter wees vir beide partye se doelwitte.
Ek luister graag.

Groete
Aim small, miss small
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Piet Breedt »

Beslis ja Gerhard. Daar is waarskynlik baie min skuts indien enige wat beter weet van langafstand skiet as juis hulle.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Hercules Louw »

Johan Nel, jammer ek het jou met Jan Nel verwar, en die uitnodiging was vir Jan bedoel gewees.

Eugene, ek is jammer jy het die gebruik van André Venter se Karoo humor as sarkasme gesien, dit was nie so bedoel nie.

Waarom kopskote op 300m? - eenvoudig omdat dit op 300m geen kuns sal wees om 3 doodskote in die lyf te skiet nie, in ons standaard springbok skiettabel skiet die manne gereeld 3 skote in die hart vanaf 300m. Hierdie kompetisie gaan oor doodskote (die hele tel area op die teikens tel) en dit sal onregverdig teenoor die borg wees om te verwag daar moet betaal word vir doodskote in die lyf vanaf 300m. Daar is ook voldoende statistiek op 300m beskikbaar vir lyfskote. Kopskote op 300m is egter meer van 'n uitdaging, al word daar gereeld aansprake op die suksesvolle skiet van kopskote op 300m en verder gemaak.

Waarom 31 Augustus - manne kyk na ons skietkalender op die SA Jagters se Skietforum. Die eerste 6 maande van die jaar is vol van landswye streek skietkompetisies waar daar gepoog word om te kwalifiseer vir ons nasionale Presidentskiet en nasionale Intertak Spanskietkompetisies. Die Spanskiet vind op 17 Augustus en die Presidentskiet op 29 September plaas. In Julie jag almal, en die kennisgewing sou nog korter gewees het. In Nov is dit ons jaarlikse kongres en in Oktober sal daar waarskynlik weer Gallery Rifle kompetisies wees. In Oktober en Nov sal daar ook gekla word oor die hitte en mirage. Dan moet die bisley baan ook nog beskikbaar wees. Die beskikbare datum is 31 Augustus en kan nie verander word nie.

As julle na die reëls kyk sal julle sien dat ons beplan om vroeg te begin, en gaan ook op die 700m begin juis om die risiko van te sterk wind en mirage op die langer afstande te verminder.

Manne, dit is 'n skietkompetisie, en as dit suksesvol is en daar genoeg belangstelling is, sal dit herhaal word volgende jaar. Ons skiet na papier en daar is dus nie risiko's van regte kwesbokke op die spel nie. Ludwig, ek en waarskynlik die meeste ander deelnemers het ook nog nie verder as 500m na teikens geskiet nie, hierdie is 'n kans om te leer. En as die wind pla, windmeters en weerstasies is toegelaat en dan kan 'n mens leer wat die effek is, hoe die teorie met die praktyk vergelyk. Elke deelnemer sal sy teiken na die tyd kry en al die skote sal gemerk wees met die afstand waarop dit geskiet was. Om tot op 700m na 'n teiken te skiet beteken beslis nie dat jy in die praktyk al op daardie afstand na wild moes geskiet het nie.

Die idee met die spanne is om samehorigheid en gees in te werk. Hierdie tipe van skiet het 'n spotter of windmeter leser nodig, daarom 2-man spanne waar daar om die beurt geskiet en waargeneem word. Die verpligte skiet van beide persone en die feit dat dat die geweer nie gedeel mag word nie, is om 'n groter variasie van toerusting te kry wat statisties meer sin maak.

Die kwalifiserende telling vir die top 100 na ons nasionale Presidentskiet was 'n paar jaar gelede skaars 400 uit 'n moontlike 540. Hierdie jaar is jy op risiko met 'n telling van 470 - die standaard het geweldig verbeter en dit word net deur deelname reggekry. Net so verwag ek hierdie jaar redelike swak resultate op afstande verder as 400m, maar dit sal beslis verbeter met deelname.

So manne, los al die voorspooksels en vrese, kry 'n spanmaat en skryf in en kom neem deel en geniet die lekker steak en kuier na die tyd - so sal ons almal leer.

Daar is nog plek vir 20 spanne beskikbaar.
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by the kid »

Dit is vreeslik jammer oor al die politiek wat gepaard gaan met hierdie kompetisie, Ek sal baie graag so dag wil bywoon om te sien hoe dit gedoen word en om te leer by die manne wat kan.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by James Wilson »

Fotos manne fotos en n lekker verlsag na die tyd. Spyt ek gaan dit mis
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Eugene »

Ludwig wrote:Hercules, jou laaste skrywe het my nou meer gerus gestel oor die formaat en die intensies van die kompetisie, dankie daarvoor. In daardie lig gesien glo ek daar kan net goeie dinge hiervan kom, as ons almal dit met 'n positiewe gesindheid benader.
Stem saam, dankie vir jou terugvoer, Hercules! :)
Aim small, miss small
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by BLOK »

Ek het dan net nog een vraag en daarvoor haal ek Hercules se woorde aan

"Die groot vraag is nou in watter mate al hierdie tegnologie die risiko van 'n kwesskoot op langer afstande verminder? Kan daar met sekerheid op afstande verder as 300m na wild geskiet word? Wat word van die skut en sy toerusting vereis om dit te kan doen? Die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging het in samewerking met die SA Jagter tydskrif besluit om uit te vind"

So as daar op die spesifieke winderige dag met ongunstige toestande tydens die kompetiesie nie goeie resultate verkry word nie, wat sal die vereniging se standpunt dan wees rakende langafstand jag of dan skiet van wild. En sou daar wel uitsonderlike resultate deur sekere deelnemers wees, sou dit hul huidige standpunt verander.

Wat my bekommer is agv pryse wat redelik groot is gaan jy manne daar kry wat baie maklik juis kan bewys hoe dinge kan skeef loop op langer afstande. Hoe gaan dit die manne wat dit reg doen beinvloed in die langer duur.
Last edited by BLOK on Wed Jul 24, 2013 12:24 pm, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Chrisjan

Re: Safari & Outdoor en SA Jagters Langafstand Skietkompetis

Post by Chrisjan »

Mag ek namens 'n vriend vra, is die reel op die BWB buigbaar as jy nie 'n .257 kaliber het nie?
Post Reply