Page 2 of 2

Re: Skiet jy?? Ja of nee

Posted: Tue Jul 30, 2013 3:54 pm
by 243Songdaug
Ek veroordeel nie enige ander persoon se sienning of gebruik nie so asseblief bêre die latte.

My pa het my geleer dat mens nie 'n bok by water skiet nie, want die dier moet water drink om van te oorleef, meeste van die tyd het die dier nie 'n keuse van 'n ander suiping nie.

Die voorbeeld wat my pa gebruik het sal vir die res van my lewe my bybly: losweg in sy woorde gestel: "tydens die "struggle" het die sogenaande vryheidsvegters bomme in winkelsentrums en kerke geplant en sodoende sagte/maklike teikens gehad - 'n regte man gaan nie vir sagte teikens nie" (kleefmyn era)

As jagter deel ek vandag my pa se siening, om nie "maklike" situasies uit te byt nie en pas dit in my lewe toe, ek verwag nie van ander om te verstaan of selfs om dit te respekteer nie - dis deel van my mondering en 'n reel vir my en my seun wat weer hopelik in my voetspore sal moet loop.

Re: Skiet jy?? Ja of nee

Posted: Tue Jul 30, 2013 4:10 pm
by FCLoretz
243Songdaug wrote:Ek veroordeel nie enige ander persoon se sienning of gebruik nie so asseblief bêre die latte.

My pa het my geleer dat mens nie 'n bok by water skiet nie, want die dier moet water drink om van te oorleef, meeste van die tyd het die dier nie 'n keuse van 'n ander suiping nie.

Die voorbeeld wat my pa gebruik het sal vir die res van my lewe my bybly: losweg in sy woorde gestel: "tydens die "struggle" het die sogenaande vryheidsvegters bomme in winkelsentrums en kerke geplant en sodoende sagte/maklike teikens gehad - 'n regte man gaan nie vir sagte teikens nie" (kleefmyn era)

As jagter deel ek vandag my pa se siening, om nie "maklike" situasies uit te byt nie en pas dit in my lewe toe, ek verwag nie van ander om te verstaan of selfs om dit te respekteer nie - dis deel van my mondering en 'n reel vir my en my seun wat weer hopelik in my voetspore sal moet loop.
Dankie 243.

Beter as dit kon ek dit nooit stel nie.

Ek sal nie skiet nie.

Re: Skiet jy?? Ja of nee

Posted: Wed Jul 31, 2013 12:45 pm
by Piet Breedt
As hy nie by die water gestaan het, sou ek plat op my boude gaan sit het, my turret draai na 150m en die kruishaar net bokant die chevron tot ruste laat kom en die skoot af druk.

Re: Skiet jy?? Ja of nee

Posted: Mon Aug 19, 2013 3:32 pm
by dawiec
Ek sal daai koedoe by die water laat vir 'n ander dag......

ek loop al 10jaar agter my grote aan en more is nog 'n dag!

mooi loop!

Re: Skiet jy?? Ja of nee

Posted: Mon Aug 19, 2013 5:36 pm
by Stefan764
Tarzan wrote:Water gat, hide , w/stalk, maak nie saak nie, dan praat ons weer!
Weet dam nie, verstaan nie die ene so lekker nie... Maar ja, dis net ek, hou maar my opinie vir myself....

Re: Skiet jy?? Ja of nee

Posted: Mon Aug 19, 2013 5:39 pm
by Stefan764
O ja en om Cobus se vraag te antwoord. As ek so op hom afkom, water of nie dress ek hom. Maar sal nie by die water sit en wag vir hom nie en ook nie doelbewus by die water loop kyk nie (bekende water punt). Vreemde plaas waste damme n man nie ken nie is fair game voel ek.

Groete van n jagter wat nog net droom van n 50" + koedoebul

Stef

Re: Skiet jy?? Ja of nee

Posted: Mon Aug 19, 2013 6:50 pm
by JK
Ek skiet nie teel bulle nie. ;) Maar as ek 3 maande gewag het sou ek laat waai het.

Maar op n ernstige noot, vir die interresantheid, studies wys dat daar nie genoeg teel bulle (hier by ons rond) is meer, weens die trofee jag nie. So die ouens sal dalk moet meer ernstig moet begin kyk watter bulle hulle laat skiet.

Re: Skiet jy?? Ja of nee

Posted: Wed Sep 11, 2013 11:52 am
by 375fanatic
JK wrote:Ek skiet nie teel bulle nie. .
JK daar is nie n koei naby nie so hy teel nie :laugh: