Zeiss conquest hd5 5-25x50

CarelG
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 462
Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by CarelG »

Het iemand al bietjie die HD5 vergelyk met die Swarovski Z5 itv helderheid, kwaliteit ens.?

Groete
Carel
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by Raven »

Manne,

Teen watse prys kry julle nou die HD5 ?

Raves
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by Hein (Haan) »

Raven
Ek het die 5-25x50 gekoop met die target turrets
@ R11500
Groete
Hein
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by Pinkes »

Manne

Ekt nou een gekry(HD5 5-25x50 plex,target turrets) teen R9880... :P Vir
n slag is ek ook aan die gelukkige kant. Hy gaan mooi werk op my LRP243.

Groete
P
SAKO
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Thu Aug 15, 2013 3:59 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by SAKO »

My gat jeuk nou...
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by Capt. Yoda »

SAKO wrote:My gat jeuk nou...

Ja dit maak 2 van ons
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Jurie
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Sun May 29, 2011 12:46 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by Jurie »

Zeiss het n baie lekker scope hier en ek is baie tevrede met myne. Ek het hulle nou op 2 jag gewere en hy werk goed in die nag ook.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by Carl »

Kan ons die post sluit, my lus hang op die grond!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Jurie
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Sun May 29, 2011 12:46 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by Jurie »

Carl.
Dis soos hulle se as hy jeuk vir n zeiss dan kan jy hom net met dit krap.
Jy kan maar vastrap en koop. Jy sal nie spyt wees nie.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by Carl »

Jurie
Ek twyfel nie daaroor nie, het al 2. Ek het net voor die HD5 in SA uitgekom het die Duralyt 3x12 vir die 243 gekoop, miskien moet ek my 300-6 se Schmidt verkoop.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Ruhan
Full Member
Full Member
Posts: 232
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:28 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by Ruhan »

As ek so lees hoe julle manne "rave" oor die Conquest, wonder of ek nie dalk 'n blaps gekoop het nie...

Ek het die 5-25 op ,my 243 en ek moet se ek is nie so beindruk my Conquest nie. Tot en met 20x vergroting is alles mooi helder en skerp. Van 20x tot 25x is dit afdraande van daar af.
Toe ek nou die dag op krokodilspruit was het ek my dinges af gesukkel om 'n klip te identifiseer op 500m. Ek kan nie eers die gong mooi gesien het nie. Ek sien beter deur 'n vriend van my se Burris Eliminator III op daai afstand.

Nico, ek weet nie hoe jy jou skote op 500m kan sien nie ou maat. Ek kan skaars my skote op 300m sien.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by Carl »

Ruhan,
Wanneer laas was jy by die optometris? ;)
Ek vind dieselfde met my Duralyt tot op 10X mooi duidelik die 12X is effe onduideliker (200,300).Dis baie goed vir jag, maar die fyn goed pla. Ek het ook al gewonder of dit dalk net die teleskoop is. Die ander Duralyt is perfek tot op maks vergroting 8X in die geval.
Last edited by Carl on Wed Aug 21, 2013 9:00 am, edited 1 time in total.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Ruhan
Full Member
Full Member
Posts: 232
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:28 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by Ruhan »

Ek het ook gedink dis dalk die oe wat begin pla maar ek kan jou verseker dis nie dit nie.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by Nico Harris »

Ruhan soek jy nommers van 3 ouens wat saam met my op die baan was?
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by douw »

Nico Harris wrote:Ruhan soek jy nommers van 3 ouens wat saam met my op die baan was?
Ruhan trek nie jou woord in twyfel nie, hy sê bloot dat hy nie eers sy gate op 300m kan sien nie, vandaar sy skrywe dat hy dink hy moontlik 'n probleem teleskoop gekoop het.

Groete
Douw
User avatar
Ruhan
Full Member
Full Member
Posts: 232
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:28 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by Ruhan »

Nico, Dis soos Douw daar se. :)
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by Nico Harris »

Ruhan jy moet dalk kyk of jy nie nog so scope kan kry om met joune te vergelyk nie. My e is regtig uitstekend!
User avatar
Ruhan
Full Member
Full Member
Posts: 232
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:28 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by Ruhan »

Ek sal kyk wanneer ek weer skietbaan toe gaan. Hierdie scopes raak so populer so dat ek nie lank gaan vat voor ek nog 'n mede zeiss eienaar op die baan gaan kry nie
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by Piet Breedt »

As daar mirage teenwoordig is, sien jy al hoe minder veral op hoe vergrotings, met enige scope, ongeag die maak. As mens verskillende scopes teen mekaar vergelyk moet hulle ten minste op dieselfde vergroting gedraai word.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by cassie_calvinia »

ek kyk nou na so scope!
julle skiet mos nou al 'n rukkie met julle sin.
nuwe terugvoer? nadele?
waar kry 'n mens die beste prys nou?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by LRLaubscher »

Optics international! Jan se pryse is goed.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by cassie_calvinia »

safari op die oomblik beter as jan
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by LRLaubscher »

Sal met Jan moet praat....:)
Ek het my Vortex Viper PST by hom gekoop.
Dis nog n teleskoop wat mens kan kyk na.
Vriend het by Huntex n zeiss HD gekoop, en die zeiss kyk niks beter as die PST nie.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by cassie_calvinia »

ek is nie 'n vortex fan nie.
en vir 'n algemene rugged, allrounder, is die hd5 maar die man
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25x50

Post by LRLaubscher »

Ek het altwee langs mekaar in die hand gehad, en moet met jou verskil.
Dis net omdat zeiss langer aankom en meer bekend is dat die meeste mense hom verkies bo byvoorbeeld die vortex.

Die zeiss se turrets gaan mens stukend stel as jy elke dag ver skiet en die scope spesifiek gebruik net vir stel die heel tyd.
Ek stem saam vir n algemene all round jag teleskoop is die zeiss baie goed. En hy kyk ook verdood. Lae lig "clarity" is baie goed. Maar die Vortex Viper PST, of enige Vortex scope wat in die philipeine gebou is, staan nie terug nie.
Dis jammer dat mens wel die intree vlak daimondback series vortex scopes kry wat die brand baie skade doen.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
Post Reply