Zack Benade wrote:Ek jag net een keer as die geleentheid kom in die bosveld met 'n geweer so my kennis en ondervinding is baie beperk wat dit betref.
Ek luister graag.
Zack, ek was ook baie onkundig oor KD's en amper daarteen, totdat ek gesien het hoe 'n pel van my, 4 springbokke uit dieselfde trop skiet, alhoewel elkeen so 15-20m verder as die vorige een!
Dit het my oortuig om ook 'n KD te koop en ek is nie 'n oomblik spyt nie. Die belangrike ding is egter om steeds so onopsigtelik as moontlik te bekruip en te skiet. As die bokke weet jy is daar, gaan hulle padgee as die skoot klap teen 'n bok, maar as hulle onbewus is van jou, het jy meestal nog 'n kans terwyl hulle wonder wat gebeur het.
Op plase waar daar gereeld van die bakkie gejag word, gee hulle jou egter nie 'n tweede kans nie, KD of te not!
Daarom het ons eendag met 'n klient se Discovery, oor die spieeltjie en een keer vanuit die sunroof, gaan bokke uitskiet!

Dit het ook net die eerste keer gewerk...
Groete