Watter teleskoop vir 375

jmb

Re: Watter teleskoop vir 375

Post by jmb »

Hi Wouter het ook 'n VX3 op my 375. Ek is baie gelukkig met hom.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter teleskoop vir 375

Post by Wouter Roets »

Majubaketie
Ek het vir lank net my 30-06 en 375 gehad. As ek mag eerlik wees is die 375 my favourite. Naweke as ek plaas toe gaan vat ek gewoonlik hom saam. In die begin het ek eers met Winshester Super x en later met 270 Failsafe fabrieksamunisie geskiet en toe ek begin laai het het ek vir jare met 260 Nosler Partitions geskiet. Met hierdie kombinasie het ek baie elande en gemsbokke op lang afstand geskiet, met baie goeie resultate. Hierdie was alles in die Ackley gewaad, maar die standaard 375 hoef nie veel terug te staan nie.
S355 en S365 doen baie goed met hierdie kaliber en hy kan veilig baie hoer gevat word as wat Somchem voorstel. My huidige 375 gebruik ek amper ekskelusief in die bos met 350gr  Rhinos teen 2450ft/sek. My nuwe projek is om die 7x57 Ack; 30-06 Ack; 338 Win Mag; 375 Ack almal dieselfde trjekte te gee nl. 2800ft/sek met 150;180;225;270 of 2700ft/sek met 160;200;250;300. Ek begin moeilikheid optel dat ek nie meer instunktief skiet met die verskillende gewere nie, so my oplossing is om soveel as moontlik die kalibers(groepe) die selfde te kry as dit kom by trajekte.
Wat dink julle van 375 kettie?
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: Watter teleskoop vir 375

Post by KSV »

Wout,

Dis hoekom ek my driekwart laat bou het. Op die oomblik is dit my ligste roer. Om te dra meneer. Sal seker die naweek hom klaar uitsort met lading ontwikkeling.

Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Post Reply