Page 2 of 2

Re: andre mojet besoek

Posted: Tue Mar 19, 2013 8:34 am
by Wouter Roets
James

Die 6mm Remington of die 244 Remington. Hulle is een en dieselfde kaliber. Remington het net die naam verander om te kyk of hulle nie bietjie nuwe lewe kan blaas in die kaliber nie. Die kaliber het direk meegeding teen die 243 Win maar hulle fout was dat hulle die geweer uitgebring het met n 1:12 spiraal wat meer geskik was vir Varmint Hunting en ligte koeels. Hulle het dit later verander na n 1:9 spiraal om die swaarder koeels te stabiliseer. Die 243 Win wat van die begin n 1:10 spiraal gehad het, het nooit opdraende van die kaliber gekry nie.

Geno is reg deur te se dat die 7x57 die dop geskenk het vir die kaliber maar onthou dat 7x57 die basis dop is van die meeste kalibers wat jy ken. Jy kan 7x57 doppe afnek vir die kaliber maar die maklikste is om die voogkaliber(6mm Rem, 244 Rem) in die kamer te skiet en Bobs your uncle.

Groetnis
Wout

Re: andre mojet besoek

Posted: Tue Mar 19, 2013 8:36 am
by James Wilson
Geno wrote:
James Wilson wrote:Watter kaliber se dop word gebruik vir die 6mm Ai?
7X57

Geno,is dit basies die 6mm rem wat dan ge Ai word?

Re: andre mojet besoek

Posted: Tue Mar 19, 2013 8:44 am
by James Wilson
Watter een is n meer effektiewe kruit gebruiker die 6mm ai of die 243 ai?

Re: andre mojet besoek

Posted: Tue Mar 19, 2013 9:34 am
by Kalahari
Manne, nou watter foto is die een van die Barnard kloon? Die een wat die 6mm op gebou is? Ek kyk nou spesifiek na die prys R10500 @ R18000.

Re: andre mojet besoek

Posted: Tue Mar 19, 2013 7:52 pm
by theedge
Baie netjies

Re: andre mojet besoek

Posted: Tue Mar 19, 2013 9:38 pm
by douw
Ek was vanaand weer by Andre.
Die MerkII Mojet aksie is die een wat ek afgeneem het op die stoel(so camo materiaal) Die merkII is basies die Barnard "kloon" Dit is 'n enkelskoot

Die MerkI mojet aksie is die aksie wat gebruik is in die geweer (foto met kompleet geweer) Die aksie kan 'n magasyn vat.

Die prys vir die Mojet Merk I is R10500. Die prys vir die Mojet merk II is R10500.

Die prys vir die Merk II met Andre se eie sneller gepas is R12500.

Ek het vanaand die pryse bevestig

Groete en lekker aand.

Douw

Re: andre mojet besoek

Posted: Tue Mar 19, 2013 9:49 pm
by Kalahari
Baie dankie Douw. Dit is goeie nuus.

Re: andre mojet besoek

Posted: Tue Mar 19, 2013 10:03 pm
by Arnold
Daai is die pryse wat Andre ook vir my gemail het. Nou raak ek lus en bou my 300 WSM op so Barnard kloon.

Re: andre mojet besoek

Posted: Wed Mar 20, 2013 7:35 am
by Armand Steenkamp
Dit klink nou vir my baie maar as n man dink dis n custom aksie bigin my gat ook weer juk!!!

Re: andre mojet besoek

Posted: Wed Mar 20, 2013 8:40 am
by Johan JvR
Dankie vir die pryse Douw, toe ek my aksie bestel het was die Barnard kloon nog net in beplanning - 'I stand corrected'.

Arnold - nou praat jy!

Re: andre mojet besoek

Posted: Wed Mar 20, 2013 8:58 pm
by douw
Ek het ook die Merk 1 aksie afgeneem, asook die silencer wat Andre bou.

Ek sal dit weer aan iemand stuur om dit te laai?

Ek het 'n photobucket rekening gehad, maar kry nie reg om nou in te gaan nie?

Sal maar weer probeer.

Lekker aand
Douw

Re: andre mojet besoek

Posted: Wed Mar 20, 2013 9:42 pm
by Kalahari
Douw

Ek sukkel ook met photobucket, maar het die ander manier (attachment manier) van die forum self gisteraand "uitgefigure". Ek is nie seker of ek dit van 'n mail af sal regkry nie, maar stuur die foto's vir my dan kyk ek of ek kan regkry.

Ek stuur my mail adres per pm.

Groete
Johan