Page 2 of 2

Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?

Posted: Tue Mar 05, 2013 4:29 pm
by KC
Hallo Jean,

Ja dit is dieper as wat Nosler se maar ek sien dis wat werk uit my geweer.

Ek het nog net 2 Rooibokke met hulle geskiet en geen probleme ondervind. Was mooi dwars skote gewees en nie verder as 100m so ek gaan hulle weer saam vat en kyk wat gebeur. Ek kry dalk n minder ideale skoot en verder dan sal ek sien wat gebeur.

Ek glo hulle sal werk

Kobus

Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?

Posted: Tue Mar 05, 2013 4:39 pm
by Jean Marais
Kobus

My set diepte is ook dieper as wat Nosler sê, en ek is baie tevrede met die werkverrigting van hierdie koeëls. Ek vind hulle uiters akkuraat, min vleisskade en puik gewigretensie. Soos jy daar skiet, dink ek jy gaan dieselfde kan sê.

Groete

Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?

Posted: Mon Mar 11, 2013 4:10 pm
by LUAN
Ek sien daar is so klein verskil in prys tussen die E-tip en Partition in dieselfde gewig klas. Hoekom sal die E-tip goedkoper wees as dit n mono is?

Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?

Posted: Mon Mar 11, 2013 4:14 pm
by Jean Marais
303,

Ek dink dis omdat hulle nog stoei vir markaandeel met die kompetisie - Barnes en Hornady GMX. Ek het vir my Etips by Zimbi Books maar R350 per pak betaal, wat amper 50% goedkoper was as die Barnes. Toe sommer 4 pakke gekoop wat my redelik lank sal hou.

Groete

Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?

Posted: Wed Mar 13, 2013 5:42 am
by Babbelas
Ok dankie ek weet nou wat ek wou weet!